Jump to content

Are you going to the Pretorianer Braai (Gauteng Coffee Club) - Saturday, 7 April 2007?


Fanie Van SA

Pretorianer Braai (Gauteng Coffee Club) - Saturday, 7 April 2007  

22 members have voted

  1. 1. Are you going to the Pretorianers (Gauteng Coffee Club) Braai on 7 April 2007 at the Voortrekker Monument in Pretoria?

    • Yes
      15
    • No
      7


Recommended Posts

Hi Wannebee,

So Mond Moet Heuning kry!

Ek Kyk uit vir julle

Fanie

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 97
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Fanie Van SA

    23

  • MANDYL

    8

  • Pippa

    7

  • Sheila2oz

    6

Top Posters In This Topic

Posted Images

Hi Daar Almal,

Dankie vir al die PM's wat jul stuur ivm die braai.

Ek dink dit gaan sommer 'n lekker fees wees. Ek is net bekommerd oor die hoeveelheid mense wat sover laat weet het of hulle gaan kom. ;)

Ek het sover byna alles gereel wat gereel moet word. Daar sal genoeg hout en charcole wees. Ek het sommer twee spring kastele ens. Die pap en sous is ook gereel, alles loop klop disselboom!

Jul moet net asb kennis neem dat die Monument slegs die hoeveelheid tafels en stoele vir ons gaan uithaal wat ons vooraf voor reel. Indien jy 'n tafel en stoele wil hê en nog nie vir my laat weet het nie moet jy dit so gou moonbtlik doen asb. Ek moet op die laatste donderdag aandui hoeveel ons nodig het. Onthou die tafels en stoele is adisionele koste en die koste is reeds op die forum aangedui. Die maklikste is om 'n PM vir my te stuur. As jy net 'n tafel wil hê onthou jou kamp stoelle. Ek stel voor bring dit in elkgeval want die stoele wat da is lyk nie te gemaklik vir kuier nie. :lol:

Wat ek nog nie gefinaliseer het nie, is musiek. Wil jul dans en kuier of net kuier? Dit sal bepaal wat ek moet reel vir die musiek. Ek het iemand op standby indien jul wil dans. Laat weet net dan reel ek.

:lol: Ek sien uit na Saterdag en onhou, BRING JUL VRIENDE wat potensiale Oz-gangers is saam!

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Ons het gestem.

Ons is 2 Volwassenes, en 3 kinders onder 12jr.

Wil liewer net tafel huur (sal eie stoele bring)

Wat die musiek betref: Ons is game vir enigiets!!

Sien uit daarna om almal te ontmoet!

Karen

Link to comment
Share on other sites

'n Bietjie musiek sal nie skade doen nie ! laat weet hoeveel is ons bydrae dat ek dit saam in die koevert met die tafel en die stoele se geld kan insit.

Link to comment
Share on other sites

Hier is 'n opsomming van die belanrike inligting in hierdie topic. As jou naam nie hier op is nie, of nie hier moet wees nie, post dan die aantal mense. Maar ek dink hierdie "about covers it"

:ilikeit:

Kostes sal wees R25/Volwassene en kinders is gratis. Die kostes dek die huur van die saal en braai geriewe asook die

hout, pap & sous en die sprinkasteel. Neem kennis dat normaalweg is toegang kostes by die Monument R10.00 per motor

maar as ons die venue huur is dit by die R25.00 ingesluit

Fanie Van SA = 3 adults + 1 kid below 12 (Fanie Enslin,Thelma (Smith), Gideon (13) en Johan (11))

Buck = 2 adult + 1 baby

cristel = 2 adults + 1 kid

Tomdoel = 2 adults + 3 kids

Hannes en Karen: 2 adults + 3 kid (all under 12)

Swerwer(Tania): 2 adults + 2 kids (5 and 7)

Leana: 2 adults + 2 kids (6 and 4)

Sheila2oz: 3 adults (maximum of 7 people)

Lotters van Centurion: 2 adults + 1 kid (6)

MANDYL: 3 adults

TanjaU: 2 adults + 2 kids (4 and under 1)

Lindie: 2 adults + 2 kids (11 and 5)

Liza(rsteyn): 2 adults + 1 kid (3)

Bernie = 2 adults + 2 kids

hanneskn = 2 adults + 2 kids

Marissa = 2 adults + 1 kid

anchen = 4 adults + 1 kid

Wannebee = 5 adults + 3 kids

wizard = 3 adults ?

Adults = 47

Kids = 28

Total = 75

Edited by Swerwer
Link to comment
Share on other sites

Hi Swerwer,

:ilikeit::ilikeit: Dankie vir jou inisiatief, jy maak dit regtig maklik vir ons.

Ek besef net weereens hoe nice die mense van die forum is. As al die mense in die land net so was!

Jy weet natuurlik jy het sopas 'n lat vir jou bas gepluk vir die volgende braai! :ilikeit:

Dankie ek wardeer dit!

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Dagsê almal

Sien jul vandag by die braai. Indien iemand my wil kontak, my sel no is 073788469.

Groete

Fanie Enslin

Link to comment
Share on other sites

Ek wil net vir Fanie en Thelma verskriklik baie dankie se vir gister se braai. Julle het 'n great job gedoen. Alles was perfek en ons het vreeslik lekker gekuier. Baie dankie julle, ons sien uit na die volgende een.

Groete

Willem & Lindie

Link to comment
Share on other sites

Ons wil ook net vreeslik dankie se vir Fanie en Thelma vir al die harde werk!!! Dit was baie lekker.

Johan & Leana

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie & Thelma,

Baie dankie vir gister aand, dit was lekker om saam te kon kuier en nuwe mense te leer ken. Julle pap was lekker, ons het vanmiddag nog 'leftovers' ge eet.

Groete,

Hannes & Lizelle

Link to comment
Share on other sites

Hi da Almal

Van my kant af wil ek sê: Thanx vir almal wat opgedaag het. Dit was lekker en ek is bly dat jul dit geniet het. Die wat vroeg geloop het; ja ek verstaan, ons bly in n rowwe plek. Jul het natuurlik gemis hoe Thelma vir haar n stukkie van die Monument gekoop het. Sy't letterlik haar g-a-t afgeval! Sy is darem OK, bietjie lyfseer maar sy lyk oraait.

Daar het n paar goedjies agter gebly wat hul baas soek. Daar is n pragtige mandjie met eetgerei en n tafeldoek. Daar is ook n Tupper bak vir vleis wat agter gebly het. As jy dit soek bel my gerus. My no is op my vorrige reply, da kort n 4 by die ander vier. Dit moet 4469 wees.

Groete

Fanie & Thelma

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie & Thelma.

Baie dankie vir al julle moeite dit was baie nice en lekker gewees. ;) Ek hoop Thelma voel ok, ons het laat gebly maar die val gemis, shame man na die hele dag se rond hol was sy seker flou, hoop daar is nie blou kolle nie, maar soos hulle sê elke "Sport het hul beserings" :P

Ons almal was daar met dieselfde doel en dit was lekker om met almal te kon praat en nuwe mense te leer ken. Die venue was perfek, die uitsig oor Pretoria is darem maar 'n mooi prentjie, net jammer ons kan dit nie meer ten volle gebruik en geniet soos vroeër jare nie. Darem foto gekry vir ons plak boek. B)

Dankie weer vir al die reëlings en ons maak weer so. :)

Cheers vir eers

Trudie en Scotty

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

As ek nou vir Fanie van SA kan opsom, dan is dit : Fanie Gaan Groot of Fanie Gaan Huistoe,

want hierdie man doen nie 'n ding half nie !! :ilikeit:

Mooi so Fanie, ons almal wat by die Uitspan was in die skadu van die Voortrekker monument, wil jou en Thelma net baie bedank vir al julle reëlings met die laertrek van die Oz Trekgeselskap. Ons almal het dit baie geniet.

Kyk...daar was 'n driepoot pot vol lekker pap wat 'n klein kommando se mae kon vul. Die vreugdevuur het tot laat die aand gebrand onder die geklank van lekker Afrikaanse musiek en die geurige aroma van braaivleis en bredie. Die gesellige atmosfeer van totale vreemdelinge wat soos ou vriende en jarelange familie gesels het, het die koel aandlug gevul met 'n warmte. Daar is opgewonde gesels oor die nuwe lewe in 'n ver land waar meeste nog net van gehoor het. Kyk, dis dapper volksgenote die'. Daar is nuwe vriendskappe gesluit en planne is uitgeruil vir die lang proses wat voorlê omtrent die gunstigste roetes wat gevolg moet word. Sommige het entoesiasties soos wafferse verspieders vertel van hul 2 week lange LSD wedervaringe en avonture in hierdie nuwe land ver oor die see terwyl ander aandagtig geluister het na die VISA wyshede wat deur die PR veterane kwytgeraak is. Kyk, hierdie braai was nou vir jou 'n rein gedagte.... Te dankie aan die versiendheid van 'n ene Suster Riekie wat reeds in die heuwelagtige verre land woonagtig is en goedgunstiglik kleinhandel advertensies vir ons gepos het oor die see, het die trekkers onder 'n geroesemoes van stemme sorgvuldig deur die pryse van yskaste en televisies gesuffel en plotselings 'n voorsmakie gekry van die lewe in die vreemde.

Hier is 'n paar fotos wat deur ons befaamde fotograaf Swerwer tot die argiewe van die Nuwe Groot Trek gevoeg is:

Buck en Michelle

Rudi Steyn (rsteyn) en Liza

Tania(tania) en Liza(liza)

Herman en Achen (anchen)

Jaco (gekom saam met cristel) en Stefan (gekom saam met Nicola)

Renee' en Daleen (WannaB Ozzie)

Cristel

Lindie, Trudie (Sheila2Oz) en Mandy (MandyL)

Lizelle en Hannes (Hanneskn)

Link to comment
Share on other sites

Hier is nog fotos...

Nicola en Megan

Hannes (van Hannes en Karin) en Johan (van Leana)

'n Paar van die Trekkers se kinders

Frans en Marissa (Marissa)

Leana en Karin

Amelie (van Achen) en maatjie - stoere rugby ondersteuners

Herman (van achen) by die Pot waaraan Fanie hulle seker nou nog aan eet...paptert, pap slaai, pap vir ontbyt, pap poeding, pap en tik...

Louis en rsteyn se Ma

Die Trekkers lees die reklamenuus uit die vreemde

post-483-1176128225.jpg

Fanie, Thelma, Mandy (mandyL) en Nick by "Die Kampvuur"

Fluit fluit, my storie is uit...want my "upload limiet" is bereik... check maar op my blog se post van 9 April 2007, daar is 2 nice fotos van Pretoria en die Voortrekker monument...

Edited by Swerwer
Link to comment
Share on other sites

Fanie en Thelma, julle is sulke vriendelike en opregte mense !! Baie dankie vir al julle moeite van Saterdag. dit was 'n wen. Het sommer lekker gesels met 'n paar mense en nuwe vriende ontmoet. As ons so kuier in SA gaan dit in Oz baie lekker en maklik wees om bymekaar te kom. Weereens Baie Dankie !!

Link to comment
Share on other sites

HI Fanie en Familie

Baie dankie vir all die mooite en 'n baie lekker kuier. Dit was verskriklike lekker en julle moet weer so maar.

Baie Dankie

Rudi + Liza

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie Fanie en Thelma, ons het heerlik gekuier en sien uit na nog so 'n funksie. Dit was lekker om almal te leer ken en ons het heerlik gesels.

Lekker dag!

Link to comment
Share on other sites

Onthou om na die fotos op bladsy 6 van die' post te kyk.

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal

Baie dankie dan ook van ons kant af. Fanie en Thelma, spesiaal dankie vir julle. Thelma, ek hoop jou oë en hande voel beter na al daai Tamaties en Uie wat jy daar moes skil en sny.

Jammer ons moes so vroeg waai, maar Michaela is siek en sy was regtig nie lekker nie.

Andersins was dit great, en lekker om julle mense te ontmoet het. Dit voel baie beter om 'n gesig by 'n naam te sit.

See you again.

Buck, Michelle en Michaela

Link to comment
Share on other sites

Hi daar Almal,

Buck, dankie vir jou insetsel. Ek dink nie ek kon Saterdag-aand beter beskryf nie.

Dit was 'n groot eer en plesier om die braai te reel. Dit maak mens warm in jou hart as jy sien almal was tevrede.

Ek sit eintlik met trane in my oë. Om te besef dis presies soos Buck sê, mense wat mekaar vir die eerste keer ontmoet het- het soos ou vriende en Familie gekuier. Wat ons nog nie besef nie, ons gaan eindelik waneer ons eers daar is mekaar nodig hê. Ons gaan 'n nuwe familie wees wat mekaar gaan troos as die verlange na ons families in SA te groot gaan raak. Mense, julle is wonderlik.

Ja dit was regtig baie lekker! Dit was net gouer verby as wat ek wou hê dit moes wees. Ek het reeds idees vir 'n volgende keer, maar ek dink die keer moet ons 'n klein kommitee aanstel. Ek het glad nie 'n probleem gehad om die reelings te maak nie, ek dink net as daar meer mense betrek word by die reelings dan kan dinge meer seepglad verloop. Ek dink volgende keer maak ons dit weer by die Monument, dit pas immers by die tema "Die Nuwe Groot Trek" (deesdae vlieg ons oor die mountains). Wat van 'n brêkvis? Dan het ons die hele dag om te kuier en niemand hoef bekommerd te wees as die son sak nie.

Ek het nogsteeds die mandjie en die tupper bakkie wat agter gebly het. Eddie Button van die Monument het gister vir my genoem dat daar Sondag oggend mense was opsoek na hul mandjie. Hy kon egter nie vir my sê wie dit was nie. Kontak my gerus my sel no is 073 788 4469.

Wat die pap betref, Maleen jammer oor die bacon! :jester: Sal volgende keer net vir jou 'n potjie pap sonder bacon maak! :ph34r: Ek hoor Eddie sê die ganse het lekker daaraan geeet.

O ja, Louis (dis nou die nuwe dominee) Dankie vir jou tafel gebed.

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Van ons kant af ook 'n baie groot dankie!

Veral vir Thelma wat tussen deur al die baie dinge nog tyd gehad het om Ame'lie te entertain. :thumbdown:

Laat maar weet as ons enige iets kan help met reelings.

Anchen, Herman en Ame'lie

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...
Hi Daar almal,

Dis wonderlik om te weet daar is so baie van ons op die forum en dit blyk dat almal ook gemaklike mense is om mee oor die weg te kom. Ek en vroulief Thelma is plat oppie aarde (commin soos gras) en hou nie van mense met hul neuse innie lug nie. So dit lyk of dit net pret kan wees om jul te ontmoet.

Ek sal so gou moontlik begin met relings en julle op hoogte hou!

Kyk uit vir'n topic wat sê: Die Nuwe Groot Trek ek sal daar die relings bekend maak.

En moenie worry nie al hou ek nie baie van Sharks nie beteken dit nie ons is nie lief vir mekaar nie. Ons is almal op dieselfde mision en dan STAAN ONS BY MEKAAR!

Groete

Fanie

Hi Fanie

Ons die Becker Familie is nuut op Forum en is op 'n 457 gesponser besig met papier werk.

Sien nou eers die oulike idees jy het om bymekaar te kom. Sal ons kan gaan of is dit net vir lede wat jou reeds sken?

Groete Mandy

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...