Jump to content

Are you going to the Pretorianer Braai (Gauteng Coffee Club) - Saturday, 7 April 2007?


Fanie Van SA

Pretorianer Braai (Gauteng Coffee Club) - Saturday, 7 April 2007  

22 members have voted

  1. 1. Are you going to the Pretorianers (Gauteng Coffee Club) Braai on 7 April 2007 at the Voortrekker Monument in Pretoria?

    • Yes
      15
    • No
      7


Recommended Posts

Dagsê Almal

Ek wil graag weet of daar lede is wat tans nog in Pretoria bly. Ek Dink daar aan om 'n klein bymekaarkoms te reel in die vorm van 'n braai sodat ons bietjie kan kuier en gedagtes en inligting kan uitruil. Ons is tans drie gesinne wat oor jare al vriende is wat beplan en besig is met relings om Oz toe te gaan.

Ek dink dit kan lekker wees en veral sal ons mekaar so kan bystaan.

Groete

Fanie Enslin

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 97
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Fanie Van SA

    23

  • MANDYL

    8

  • Pippa

    7

  • Sheila2oz

    6

Top Posters In This Topic

Posted Images

Hi Fanie.

Ek is van Pretoria. :huh: Hier is baie Pretorianers op hierdie forum hoor. Aansoek gedoen in Sept 06, PR136. Maar wag nog. Beplan eers om Sept/Oct te trek.

Laat weet maar van die braai. B)

Groete

Sheila2oz

Link to comment
Share on other sites

Ek dink dis 'n goeie idee.

Ons probeer met 'n sponsorship oorgaan so het nog niks papier werk begin doen nie, maar ons sal graag kom braai en almal ontmoet wat die groot trek aangaan B)

Se maar net waar, wanneer en wat ons moet doen/maak/bring :huh:

Link to comment
Share on other sites

.....yip, ons is ook in Petoors dorp (alhoewel ek 'n Sharkie is). So, as die Blou Bulle nie omgee om saam 'n Sharkie te braai nie, is ons daar ! .....seg net waar !

.....yip, ons is ook in Petoors dorp (alhoewel ek 'n Sharkie is). So, as die Blou Bulle nie omgee om saam 'n Sharkie te braai nie, is ons daar ! .....seg net waar !

Link to comment
Share on other sites

Goeie Idee - Ons is ook Pretorianers. Daar gaan dalk te veel belangstellendes wees vir iemand se huis. Van die vorige groepe wat bymekaar gekom het, het by Irene Country Lodge ontmoet. Net 'n voorstel oorweeg dit selfs enige ander plek sal ook werk, Diep in die Berg ..... .

Link to comment
Share on other sites

Hi Daar almal,

Dis wonderlik om te weet daar is so baie van ons op die forum en dit blyk dat almal ook gemaklike mense is om mee oor die weg te kom. Ek en vroulief Thelma is plat oppie aarde (commin soos gras) en hou nie van mense met hul neuse innie lug nie. So dit lyk of dit net pret kan wees om jul te ontmoet.

Ek sal so gou moontlik begin met relings en julle op hoogte hou!

Kyk uit vir'n topic wat sê: Die Nuwe Groot Trek ek sal daar die relings bekend maak.

En moenie worry nie al hou ek nie baie van Sharks nie beteken dit nie ons is nie lief vir mekaar nie. Ons is almal op dieselfde mision en dan STAAN ONS BY MEKAAR!

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hiers nog 'n Pretorianer

Ons sal ook daar wees. Sê net waar en wanneer. :huh:

Ons is nou nie kranige sport ondersteuners nie, maar dit maak dan ook nou nie saak nie.

So kan ons mekaar weer opbeur en nuwe moed inpraat.

Wat braai ons? SKAAP? HAHA! B) Moet ook nie vergeet van beet nie! :P

Sommer nou laf.

Lekker dag!

Buck

Link to comment
Share on other sites

Wat braai ons? SKAAP? HAHA! B)

Ja lekker skaap tjoppies en Blou Bul Steaks. :huh:

Spreek net die woord en ons is daar.

Groete

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Beste Fanie en Pretorianers!

Dit is great dat julle die initiatief neem :ilikeit: - BAIE DANKIE :huh: ! Ek het in die verlede die Coffee Clubs in Pretoria gereel, maar gaan vir die volgende maand (tot einde April 2007) uit aksie wees, omdat ons vir ons LSD trip aan die einde van die maand gaan en dan einde April gaan moet trek. My tyd word al hoe minder, omdat ons beplan om op die laaste 1 Augustus permanent Oz toe te vertrek... (YIPPEE!)

Ek sal waarskynlik eers in Mei weer iets reel... :P Ek dink die belangstelling in Pretoria is groot :ilikeit: en hoe meer mense die inisiatief neem, hoe beter B) .

Sterkte, geniet dit en hoop om die moontlike volgende braai by te woon :ilikeit: !

Groete, Pippa! X

PS. Ek skuif julle post na "Coffee Clubs" toe.

Link to comment
Share on other sites

Hi daar almal,

Dit lyk of daar goeie belangstelling is. Laat weet asseblief wie wil kom en hoeveel julle is. Dan kan ons 'n plek bespreek en oor 'n datum praat.

Groete,

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie,

Sal ook graag daar wees ... is net die hele April in die buitland (Europa en Amerika) ... maar noem die dag en as ek hier is is ek daar ... sou dit sin maak?! B) Maar hou op hoogte met reelings.

Groete

Jannie

:huh:

Link to comment
Share on other sites

Ons gaan saam, ons gaan saam, ons gaan saam. Laat weet net waar.

PS: Ek moet net eers volgende week gaan kraam maar as ek klaar is sal ons 2 adults en 2 kidz wees!

Kan nie wag om almal te ontmoet nie!

Cheers

Tanja - Centurion

Link to comment
Share on other sites

Fanie, die Laubschers sal 3 wees. Ek my man Nick en ons tiener Megan.

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie,

Die Mancini familie is 5: 2 groot mense en 3 klein kinnertjies :(

Ons is baie opgewonde om almal te ontmoet :D

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Pretorianers en SA Ozzies

:D

Ek glimlag vandag breed as ek kyk na die belangstelling. Ek het regtig nie gister besef dat dit soveel belangstelling gaan oplewer nie.

Dit sê net een ding, mense kry jul visas en pak julle tasse! Moenie oor 'n jaar agter kom jy is alleen in Gangsters Paradise nie!

Ek het aanvanklik sowat dertig mense verwag en gedink my huis sal geskik wees. (toe nie)

So ons kyk daarna om 'n geskikte perseel te kry waar ons in vrede kan kuier. As iemand dalk 'n plot het kan dit help, want om deesdae na 'n plek soos Fonteine of Wonderboom toe te gaan kan dalk net die mense se gemoedere opjaag. (ek dink die wat onlangs gesien het hoe dit daar lyk sal bedoel wat ek verstaan! haha) Laat weet my asseblief want die idee is nie om iemand ryk uit die saak te maak nie, dit is eerder om kommervry die dag te geniet.

Die basiese gedagte is dat ons so 14H00 bymekaar kom en kuier. Dan kan ons so by 16H00 vure begin aansteek en 17H00 braai! As daar belangstelling is kan ek musiek reel (was lank self in die bedryf en het die kontakte) dalk wil iemand 'n walsie maak.

Ek dink sodra ons 'n plek het waar ons dit kan doen, dan kan ons meer spesifiek op 'n datum besluit. (voorstelle?)

Ek wil so ver moontlik almal akomideer, voel dus vry om jul iedees by te voeg en moenie skaam wees om te help met die relings nie.

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie.

Jong ek ken nie die plek nie maar weet dat mense gebruik die Rooihuiskraal terrein gereeld vir funksies.

Ek hoor daar is Lapa's wat gehuur kan word. Enige iemand wat dalk weet of dit al gebruik het.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Dear Fanie,

Thank you for your PM this morning :) ; I will send you a reply on it shortly.

As mentioned previously, I used Irene as a location, as it is easily accessible for people from Johannesburg and Pretoria :ilikeit: . Irene Dairy Farm is quite busy over weekends :whome: and I felt that you could not really get to everyone. Irene Country Lodge was definitely a better choice, but you have to book well in advance. They might charge you venue hire :ilikeit: should you be over a certain number of people, but in my opinion, they are still extremely professional and their service is excellent :ilikeit: . It helps if you go to see them and explain to them what the function is all about :ilikeit: .

The other alternative is having a picnic / braai :) . In the past, I decided not to opt fro a picnic / braai due to the security risk :D and did not want to take a chance, but if people feel comfortable, I definitely think you should consider it :D . We can always do a poll to ascertain what people prefer.

Fanie, please feel free to contact me if you need any assistance / advise :D . I am more than willing to assist and I am very grateful that you are willing to continue with the Gauteng Coffee Club (get-together) culture :ilikeit::ilikeit::ilikeit: .

Depending on the date and time, I will do my best to attend ;) .

Lovies, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

'n Poll is dalk die beste idee om te sien wat almal verkies. :ilikeit:

Daar is 'n baie nice park in Soutpansberg weg, Rietondale (in die moot) waar die kinders kan speel en die groot mense kan braai sonder om iets te betaal. (ek dink nie mens hoef te betaal om 'n park te gebruik nie) Hulle hou gereeld groot sports byeenkomste daar.

Almal kan dan sy eie piekniek mandjie of weber bring en ons kuier dan net almal saam.

Dis maar net my 2c. Ons is maklik en "game" vir enige iets :D

ps: ek bring nog 2 families saam wat nie members van die forum is nie. Al te saam is hulle 4 volwassenes en 2 kinders

Edited by Michelle M
Link to comment
Share on other sites

Hi Everyone,

Fanie van SA's recent Pretorianers thread refers. All members in Pretoria and surrounding area are invited to vote on which type of venue they prefer for the Gauteng Coffee Club.

Fanie van SA will post a notice of the next Coffee Club soon.

Lovies, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Nog idee vir n braai plek kan die Voortrekker Monument wees. Dit kos R10 n kar en die braai geriewe is gratis en skoon. Die badkamers is skoon en die area baie veilig.

So baie boere gaan na AUS so n mense moet seker maar totsiens se vir die groot Monument.

Wel anders is ek en my vrou ook in.

Link to comment
Share on other sites

Ons is ook hier van Centurion tot einde Maart en dan Sunshine Coast toe...So julle moet gou-gou reël:)

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Almal

Die van julle wat belang stel om saam te braai gaan kyk by Koffie Clubs onder Pretorianers en stem op die pol sodat ek 'n idee kan kry van hoeveel belangstelling ons het.

Dit gaan afhang waar ons dit gaan hou!

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Almal

Etienne ek dink glad nie dis 'n slegte idee nie, ek sal gaan kyk en met hulle hoor of dit so gedoen kan word.

Ons is mos besig met Die Nuwe Groot Trek

Ek wil dit so informeel moontlik doen. Ek wil hê ons moet saam kuier en gemaklik wees, dis hoekom ek dit eintlik op iemand se plotjie wou hou waar ons nie gesteur kan word nie.

Daarom wil ek weer vra as daar iemand met so plekkie is deel dit met ons. En moenie bekommer nie ek sal sorg die plek word weer skoon agter gelaat. Ons kan selfs reel vir ekstra toilet geriewe niks is onmoontlik nie.

En moenie vergeet om te stem op die Poll nie

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...