Jump to content

Are you going to the Pretorianer Braai (Gauteng Coffee Club) - Saturday, 7 April 2007?


Fanie Van SA

Pretorianer Braai (Gauteng Coffee Club) - Saturday, 7 April 2007  

22 members have voted

  1. 1. Are you going to the Pretorianers (Gauteng Coffee Club) Braai on 7 April 2007 at the Voortrekker Monument in Pretoria?

    • Yes
      15
    • No
      7


Recommended Posts

Rietvlei Nature Reserve ? Huur van die Lapa is R1500 - 10 uur oggend tot 12 uur in die aand. Plek vir 200 mense. al die hout vir die vure word verskaf. Daar is 'n ysmasjien, yskas. Mense moet eie catering, eie eetgerei daar is 12 opvou tafels ingeboude sitplekke vir 200 mense. saterdae reeds vol bespreek. Redelik plek oop vir 'n Sondag. Dis die enigste plek waaraan ek kan dink.

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 97
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Fanie Van SA

    23

  • MANDYL

    8

  • Pippa

    7

  • Sheila2oz

    6

Top Posters In This Topic

Posted Images

Hi Fanie !

Ek is ook van Pretoria, en ons is daar, jy moet ne sê wanneer ! 3 mense.

Groete

Cristel

Link to comment
Share on other sites

Haai Fanie

Tel ons ook by - 3 mense :);):( . PM almal asb. met die FINALE FINALE reelings - ek's bang ek mis dit !

Mag ek vra dat die sekuriteit by die venue TOP prioriteit geniet asb ?!............ek wil nie my braaivleis en bier met 'n :P deel nie !

Tot later !

;)

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Almal

Ek wil jul net die versekering gee dat jul nie hoef bekommerd te wees oor die sekuriteit van die venue vir die braai nie. Dit is hoekom ek 'n plotjie soek vir die geleentheid. Dit is gewoonlik omhein en het gewoonlik genoeg parkering.

Ek is self 'n ou wat omgekrap raak oor :ilikeit: en sal kyk wat ek kan doen om ons kommervry te kan laat kuier!

Ek wil ook net noem dat die braai nie sleg vir Pretorianers is nie! Almal wat belangstel en naby genoeg bly is welkom!

Ek hoop om teen Maandag met voorstelle vir 'n Venue en die datum te raporteer.

Sover het 24 mense gestem en teen 'n gemiddeld 4 per gesin blyk dit dat ons tussen 100 en 150 gaste gaan wees. Dit kan net pret wees!!

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hallo da Fanie

Ek en my man en 3 kinners sa verseker da wees. Terloops ek sa help slaaie of poeding maak se net! Ek's

bly jy reel n braakie want soms het mens lis vi lekke kyjer en dan loopie tyd te vinnig met net koffie drinkery. :ilikeit:

Moibly

Tomdoel

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Almal.

Ek het na jul voorstelle gekyk en het 'n venue gekry vir die braai wat ons wil reel.

Die beste plek wat ek kon kry was Die Voortrekker Monument en hul het twee datums beskikbaar, 7April en 5Mei. (dit Pas ook in by die tema "Die Nuwe Grroot Trek")

Baie belangrik!!! ek moet by more (dis nou Dinsdag 20 Maart) voor 14H00 met hulle 'n datum vasmaak.

So jul moet my asseblief so gou moontlik laatweet sodat ek die venue kan bespreek.

Dit sal in die form van 'n bring en braai wees, elkeen bring sy eie tjop en drinkgoedjies. Pap en sous asook hout vir die vuur sal verskaf word. Daar is veertien braaiers en genoeg toilet geriewe asook speel plek vir die kinders. Ek sal ook kyk of ek 'n spring kasteel vir die kinders kan reel.

Kostes sal wees R25/Volwassene en kinders is gratis. Die kostes dek die huur van die saal en braai geriewe asook die hout, pap & sous en die sprinkasteel. Neem kennis dat normaalweg is toegang kostes by die Monument R10.00 per motor maar as ons die venue huur is dit by die R25.00 ingesluit

Ek sal sodra ons die venue vasgemaak het meer inligting verskaf.

Laat ek gou van jul hoor asb!!

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Dagsê hDt,

Ja ek het na die Skedule gekyk, jy is sopas aangestel om te reel vir 'n TV sodat die wedstryd van die dag gevolg kan word deur die wat belangstel. :whome: (laat dit vir jou 'n les wees!)

Ek weet nie hoeveel mense gaan belangstel om te kyk nie want ons is oppad Oz toe. Dis nou in jou hande!

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Almal,

Ek wil net weer beklemtoon dat almal wat belangstel om saam te braai voor more om 14H00 op die Poll vir die braai te stem vir die datum. Moenie die poll vir die datum verwar met die poll vir die venue nie!

Die braai is ook nie slegs net vir die Pretorianers nie, almal in die omgewing is welkom! En as jy iemand ken wat nog nie seker is of hulle die groot skuif wil maak nie nooi hulle saam. As hul eers saam gekuier het is ek seker hul sal makliker 'n besluit kan maak.

Wat die venue aanbetref dit gaan nogsteeds in die form van 'n piekniek wees.

NB! Doen my asb die guns indien jul weet van iemand wat nie elke dag op die forum log nie laat weet hul ook van die poll. Ek wil soveel moontlik mense tevrede hou deur dit op 'n gerieflike datum te reel.

En Pippa, Dankie vir al jou moeite ek wardeer dit. Ek besef ook dat jy baie besig is. Thanx!

Dit gaan 'n fees wees om almal daar te hê!!

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Fanie - Ons is beskikbaar die 7de April of die 5de Mei, maar sal die 5de Mei verkies. So ons sal saam met die meerderheid inval - Laubscher Familie - ons is 3

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Enige datum is ook reg vir my. Onthou net dat 7 April is deel van die paasnaweek, dalk gaan baie mense weg.

Link to comment
Share on other sites

Haai Fanie

Ons is 3 en wil dit BAIE GRAAG bywoon, maar slegs 5 Mei. (ons gaan weg wees die 7 de vir Paasnaweek).

Groete

Wi(m)zard

Dagsê Almal.

Ek het na jul voorstelle gekyk en het 'n venue gekry vir die braai wat ons wil reel.

Die beste plek wat ek kon kry was Die Voortrekker Monument en hul het twee datums beskikbaar, 7April en 5Mei. (dit Pas ook in by die tema "Die Nuwe Grroot Trek")

Baie belangrik!!! ek moet by more (dis nou Dinsdag 20 Maart) voor 14H00 met hulle 'n datum vasmaak.

So jul moet my asseblief so gou moontlik laatweet sodat ek die venue kan bespreek.

Dit sal in die form van 'n bring en braai wees, elkeen bring sy eie tjop en drinkgoedjies. Pap en sous asook hout vir die vuur sal verskaf word. Daar is veertien braaiers en genoeg toilet geriewe asook speel plek vir die kinders. Ek sal ook kyk of ek 'n spring kasteel vir die kinders kan reel.

Kostes sal wees R25/Volwassene en kinders is gratis. Die kostes dek die huur van die saal en braai geriewe asook die hout, pap & sous en die sprinkasteel. Neem kennis dat normaalweg is toegang kostes by die Monument R10.00 per motor maar as ons die venue huur is dit by die R25.00 ingesluit

Ek sal sodra ons die venue vasgemaak het meer inligting verskaf.

Laat ek gou van jul hoor asb!!

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Almal,

Ek is moes nou ongelukkig die datum van die Venue vasmaak met die Voortrekker Monument.

Tot op hede het ons net 10 stemme gekry waarvan 60% vir die 7e April gestem het.

Ek was dus verplig om toe maar te bespreek vir 7April.

Dit is kort kennisgewing maar ons volkie kan mos dinge vinnig doen ook, of hoe?

Die wat dit nie kan maak nie hoef regtig nie bekommerd te wees nie dit sal nie die laaste braai wees nie. As ek sien dat dit 'n sukses is sal ek verseker weer so iets reel.

Baie belangrik!! die wat nie weg gaan nie maak asb 'n knoop iewers sodat julle die datum kan onthou en sorg dat julle daar is!

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie!

Ek, Hannes, en ons kroos(3) is baie opgewonde om ons eerste saamkuier by te woon. Ons is by die absoluute begin van ons beplanning van die "nuwe GROOT TREK"!! Ons is nog opsoek na 'n agent vir ons dinge....

Die besluit om te gaan is gelukkig geneem!!!

Sien uit daarna om julle te ontmoet op 7 April

Hannes en Karen

Link to comment
Share on other sites

Ons sal dit met graagte bywoon. Dit sal dus ek (Swerwer), my vrou Tania en my 2 kinders van 7 en 5 wees.

4 aspirant Aussies

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie.

Tel ons by asb. Ons is minimum 3, maksimum 7. :blink: Sal later getalle kan bevestig.

Cheers vir eers

Sheila2oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Die Lotters van centurion gaan daar wees.Ons is Zack en Chantel en ons dogter van 6.Kan nie wag om almal te ontmoet en gedagtes te ruil nie.

Groete

Lotters van Centurion

Link to comment
Share on other sites

Wil net se ek dink dis 'n great idee en sou verseker daar gewees het, maar is ongelukkig weg vir daai naweek!

Sien julle volgende keer!

W

Link to comment
Share on other sites

:whome:Pretorianers Braai 7 April :ilikeit:

Dagsê Almal,

Hier is die finale reelings vir die braai.

Venue: Die Voortrekker Monument ontspannings area

Ek het sopas die deposito betaal en dus die venue vas gemaak vir 7 April.

Die kostes is soos volg: R25/ volwassene Betaalbaar by my op die dag van die braai. Kinders onder twaalf is gratis. Bo twaalf betaal ook R25 want hulle eet net soveel soos grootmense (Tieners is mos Hol vandie enkels af)

Die R25 sluit in:

Die huur van die venue van R750+btw

Die Pap en sous se bestandele + huur van die potte.

Die Sprinkasteel vir die kinders

Die Toegang by die hek van R10.00 per kar.

En Charcoal ( ek gaan 15 sakkies bring en baie hout) ek dink dit sal genoeg wees

Onthou dis 'n bring en braai, so elkeen bring sy eie vleis en "voggies" :o

Daar is veilige parkeer plek en ek dink nie daar sal 'n sekuriteits probleem wees nie. :ph34r:

Ek sal tussen tien en elf die oggend daar wees om voorberidings te doen.

Ons sal amptelik 14H00 begin KUIER.

Ons kan teen 16H00 vure aansteek en dan kan ons begin braai. Hout en Charcoal sal beskikbaar wees.

17H00 sal ons iemand hê wat 'n tafel gebed :holy: sal maak en dan kan ons eet en verder kuier. Ek sal sorg vir 'n K-Pot pap en 'n K-pot sous.

Ek het gereel vir 'n sprinkasteel vir die kinders. Daar is ook heelwat diere op die terein en baie natuur en ander besiens waardighede. Die wat wil kan vroeer kom en kan ook die Monument gaan besoek.

Die kinders is welkom om bal -speletjies saam te bring want daar is 'n lekker groot grasperk waarop hul kan speel.

Daar is genoeg braaiers maar ek sal voorstel dat jul miskien daaraan dink om 'n toeknyp rooster saam te bring. dit werk net lekkerder. Daar is ook 'n oop saal met toilet geriewe vir ons gereel by die braai plekke.

NB!!! Daar is stoele en tafels beskikbaar maar dit moet adisioneel gehuur word. Dus, die wat 'n tafel of stoele wil hê moet voor 6April my in kennis stel sodat ek dit kan reel. Die kostes is R5.00/ stoel en R20.00/tafel.

Hier is 'n lys goedjies wat jul aan kan dink om saam te bring:

Onthou jou eie vleis!

Drinkgoed (cooler box)

Braai gereedskap

Kampstoele

Rolletjie wit goud (mens weet nooit hoe gou die wat daar is opraak nie) :blink:

Snacks

Borde, mes & vurk en glase

As jy lus het bring jou eie slaai

En moet ook nie jul kinders vergeet nie.

Indien jul navrae het is jul welkom om my op die forum te mail.

Groete

Fanie

PS. Aangeheg is 'n paar foto's om julle 'n idee van die venue te gee.

post-33-1174556746.jpg

post-33-1174556795.jpg

post-33-1174556836.jpg

Link to comment
Share on other sites

Danie vir al jou reëlings Fanie! Dit klink sommer bakgat!

Ons het al die oujaarsdanse by die Voortrekker monument bygewoon. Ons kinders geniet dit altyd baie, hulle raak sommer gou gou van hul oortollige energie ontslae op die lekker grasperke. 'n Mens kan nie glo hoe mooi is die uitsig in die aand daar nie!

Groete van huis tot huis

Tania

Link to comment
Share on other sites

Dear Fanie,

Thanks so much for organising this event :D:ilikeit::D and I am sure that it is going to be lots of fun :o:):( . Unfortunately, we will not be able to attend, as we will be on our LSD Trip and will be in Melbourne that day :P .

Enjoy every moment ;) !

Lovies, Pippa! X

PS. I still can’t get your pics resized :lol: and hope that Hendie will be able to assist. My apologies… :lol:

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie, Asb Laubscher Familie : ons tel as 3 Grootmense sal eie stoele bring maar wil asb 'n tafel hê sal met jou regmaak vir die tafel wanneer ons daar is Saterdag. baie dankie sien vreeslik uit daarna.

Link to comment
Share on other sites

Hi Pippa,

Ek wil net vir jou ook dankie sê vir elke keer wat jy vir my die post gemodify het en vir al jou moeite. Ek weet dat jy besig is met al jou reelings en dat dit rof gaan. Jy is 'n Ster :ilikeit:

Dit is regtig jammer dat julle dit gaan mis, maar trust me as ek nou kan kies of ek braai toe gaan of 'n LSD trip doen, sal dit glad nie moeilik wees om te kies nie. Die LSD trip natuurlik. Julle moet dit geniet en asb hou ons op hoogte. Ek brand om te weet hoe dit is. Aan die ander kant sal dit glad nie 'n probleem wees om weer 'n braai te reel sodat jy ons van als kan vertel nie. Sodra jy terug is dan reel ons saam 'n Bash!

Wat die fotos betref, dis nie 'n trein smash nie. Dit vat net langer om oop te maak maar het die voordeel dat jy dit beter kan sien.

Geniet jou trip

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...