Jump to content

Kom ons begin ons eie koffie klub in Pretoria!!


Pink Missy

Recommended Posts

Hi Miri,

Die datum pas ons, maar ons is flexable. Sal inval by wat die meerderheid besluit.

Cheers!

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 91
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Pink Missy

    25

  • BasinOzson

    8

  • Wessies

    8

  • Lindie

    5

Top Posters In This Topic

Posted Images

Ons kom van vakansie af terug Saterdag die 3e en sal so 12 uur kan aansluit.

Francois

Link to comment
Share on other sites

Is dit waar dit is? Het van MapSource af gewerk... :whome:

post-9543-1208327278.jpg

Link to comment
Share on other sites

Miri die datum is ook nog reg vir ons!!

Vlam (Pieter en Anmarie)

Link to comment
Share on other sites

Die 3de is nog reg vir ons ook, Miri. Miskien kan jy 'n poll opsit met so 2 of 3 datums en kyk wat die reaksie daarop is?

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Hi ouens

Wat 'n dag !!! Ons het vir ons Med gegaan en dit was 'n mal dag. Nou behoort ek darem meer tyd te he om aandag aan ons dag te gee.

Hopelik as alles goed gaan sal ek more of Saterdag fees terrein toe gaan.

Ek dink ons hou by die 3de Mei. Die meeste mense lyk my is tevrede met die datum.

Iemand het voorgestel dat ons plakate maak van verskillende plekke waarheen ons van plan is om te gaan in

Oz. dit maak dit makliker vir die mense wat met hulle wil gaan praat oor daardie area. Wat dink julle van die plan?

Ons moet ook besluit of ons gaan braai of sommer net piekniek gaan hou. Kom ouens, ek wil weet wat julle dink en hoeveel

tyd julle dink ons nodig het om mekaar beter te leer ken en kennis uit te ruil!

Ek hoor graag van julle

Groete

Miri

Link to comment
Share on other sites

hi daar

klink na 'n great plan! ons het nodig om nuwe vriende te maak. Ons kan nie vir ure gesels oor ons OZ planne met vriende wat hier gaan bly nie. ons verveel hulle net!!

Sal sel no stuur.

groete

Marlé & Edward

Link to comment
Share on other sites

Great Marle

Ek dink ook ons vriende as al g****l vir ons praatjies!!! Ons sien uit om almal te ontmoet en oor gemeenskaplike belangstellinge te kan gesels.

Ek dink nie ek het al met 'n groep mense gesels wat almal weg gaan nie. Nou dat ek daar aan dink, dit kan net 'n fees wees!!

Sien julle

Link to comment
Share on other sites

Plakkate klink na 'n goeie idee!

Ons is vir braai, maar ander sal dalk weer te vinde wees vir die piekniek idee. Ek stel voor dat elkeen self besluit en as iemand wil braai moet hulle net hulle eie kole & blitz saambring. Daar is heelwat braaiplekke daar en die wat wil braai kan seker almal van dieselfde 2 of 3 braaiplekke gebruik maak?

Edited by Lindie
Link to comment
Share on other sites

Hi Almal

Ek was soooo opgewonde toe ek sien van 'n eie koffieklub in Pretoria, maar ons sal ongelukkig nie die 3de Mei kan bywoon nie. Ek wil ASSEBLIEF nie 'n volgende geleentheid ook mis nie, so hou ons maar op hoogte.

Dankie vir julle ouens wat die ding begin. dis lekker

Newcomer

Link to comment
Share on other sites

Hi

3rd May sounds good for us to. We are looking forward to meeting up with others who are going. Will keep watching the site for details.

Thanks for arranging this

Regards

Adene

Link to comment
Share on other sites

Hi julle

Dis nog steeds Miri en Johan. EK het net ons naam verander want ek het gevoel dis hoe ons voel!! Ons wil mos Ozzies wees.

So moenie worry oor die name change nie.

Groete

Miri

Link to comment
Share on other sites

Hi Miri

Lyk my ons wil hier op die hond se stert aansluit maar as daar nog plek is sal ons (Burger & Debbie) ook graag deel wil wees van die koffie klub.

Ons planne is om einde Des 08/Jan 09 no Sydney te verhuis.

Ons het verder 2 kinders van 6(graad een) en 4 en ons het menigte vra rondom hulle en die skole ding ens

Hoop om gou van julle te hoor.

Burger

Link to comment
Share on other sites

Hi Burger & Debbie, welkom op die forum!

Die koffie klub (wat 'n piekniek klub geword het!!) is oop vir almal so julle is baie welkom!

Vir die res - ek weet nie of die plakaat-ding 'n goeie idee is nie omdat daar sommiges is wat nog nie besluit het waarheen hulle gaan nie en waarskynlik ook die wat nog op die stadium is van inligting bymekaarmaak (ons was almal daar!). As almal gaan groepies-groepies maak, gaan ander dalk uit voel? Ek deel net my gedagtes!

Hey Miri ons like jou nuwe naam! Ons is almal wannabee ausies!

Cheers!

Link to comment
Share on other sites

Hi julle. Ek stem saam met Wessies oor die plakkate, ons is van die wat nog nie weet waar nie. Ek het wel so paar pakke naam plakkers wat ek wil saambring, want ek is so bad met die name en dink ons kan dalk ons name opplak, is jul dink dis 'n idee.

Dink ons sal ook 'n worsie braai en sal dus vuurmaakgoed saambring, almal kan maar kom inval en saam braai. Onthou om vir jul kiddies ou brood en groente saam te vat sodat hul die diere kan voer.

Miri het jul al 'n tyd? Hou van jul naamsverandering!!!!!

groete Vlam

Link to comment
Share on other sites

Hi Wessies

Ek dink jy is reg. Ons wil he almal moet meng en nie groepies maak nie! Die plakaat idee is af.

Ja, nou is ons koffie klub amptelik 'n pikniek/braai club!! Maar ek dink in elk geval dis baie meer gesellig en beter vir al die kiddies. Hulle gaan mos ook saam!

Die naam plakker idee klink vir my goed. As daar nou een ding is waarmee ek suck, dan is dit nou name. So vir my is dit in. As iemand dit nie wil op he nie, dis mos nie verpligtend nie. So, Vlam, kan ek op jou staat maak om die naam plakkers vir ons te verskaf?

Ouens, dit lyk my ons gaan 'n hele klompie mense daar wees. Ek het werklik nie gedink dit gaan so boom nie. Ons gaan sommer 'n heerlike dag vol pret en baaaie inligting he om uit te ruil! Moenie dit mis loop nie!

Nou ja, laat die mense wat nog wil kom hulle nrs stuur sodat ons darrem naastenby getalle het.

Tot later

Link to comment
Share on other sites

Hi julle

Ek het hier 'n lysie van die mense wat al gese het hulle kom.

As jou naam nog nie hier is nie, pm tog julle nrs dat ek later kan bevestig.

Annecke

Johan en Melanie

Lindie

Tanya

Andrewette

Melissa

Nita

San

Adri

Marle

Miles

Chris en Natasha

Mara

Al kom loer julle net in en julle name is nie hier op nie, moet nie bekommerd wees nie, julle is almal baie welkom!! Dis maar net dat ons so naastenby 'n idee het van wat om te verwag.

Die van julle wat so 'n entjie in die proses is, wil julle nie sommer 'n bietjie inligting wat julle so langs die pad bymekaar gemaak het saam bring vir die ouens wat nog nuut is nie? Dit sal dit dalk net vir hulle baie tyd spaar. Ons weet mos nou al hoeveel ure ons op die net en telefone gespandeer om goed uit te vind! En om by sekere plekke net elke keer teen 'n muur vas te loop is soooo frustreerend!

Nog 'n gedagte is dalk om jou naam en e-mail adres op papier te druk en uit te sny sodat van die newbies 'n mens kan kontak as hulle meer wil weet. Enige komentaar?

Enige ander voorstelle sal welkom wees, julle weet mos wat julle graag sou wou he toe julle begin het.

Link to comment
Share on other sites

HI Wannebee_Oz

Please count Christo and I in, sent you a private mail with my cell number,check New Messages,should be there.

Thanks,

Adene

Link to comment
Share on other sites

Hi julle

Ek het hier 'n lysie van die mense wat al gese het hulle kom.

As jou naam nog nie hier is nie, pm tog julle nrs dat ek later kan bevestig.

Annecke

Johan en Melanie

Lindie

Tanya

Andrewette

Melissa

Nita

San

Adri

Marle

Miles

Chris en Natasha

Mara

Al kom loer julle net in en julle name is nie hier op nie, moet nie bekommerd wees nie, julle is almal baie welkom!! Dis maar net dat ons so naastenby 'n idee het van wat om te verwag.

Die van julle wat so 'n entjie in die proses is, wil julle nie sommer 'n bietjie inligting wat julle so langs die pad bymekaar gemaak het saam bring vir die ouens wat nog nuut is nie? Dit sal dit dalk net vir hulle baie tyd spaar. Ons weet mos nou al hoeveel ure ons op die net en telefone gespandeer om goed uit te vind! En om by sekere plekke net elke keer teen 'n muur vas te loop is soooo frustreerend!

Nog 'n gedagte is dalk om jou naam en e-mail adres op papier te druk en uit te sny sodat van die newbies 'n mens kan kontak as hulle meer wil weet. Enige komentaar?

Enige ander voorstelle sal welkom wees, julle weet mos wat julle graag sou wou he toe julle begin het.

Link to comment
Share on other sites

Hi Wannebee_Oz

Tel asb vir Burger en Debbie in vir die Piekniek van Saterdag 3 Mei. Sien uit om al die voornemende Aussies te sien!

Groete

Burger en Debbie

Link to comment
Share on other sites

Hi

Ons sal ook graag wil kom. Die 3de Mei klink 100%.

Gee asb die persoonlike email adres waarheen ons, ons nr.'s vir verdere reelings moet stuur.

Groete

Schoemans

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle

My e-mail is miri_tb@hotmail.com

Dis sommer vir enige iemand wat veiliger voel om dit te gebruik.

Ek dink oms moet die byeenkoms so vir 12/1uur se kant reel. Dit gee die ouens wat wil, kans om nog shopping te gaan doen. Laat weet wat julle daarvan dink.

Vlam, is dit nog reg vir die plakkers?

Ouens moenie vergeet om inligting vir die ander saam te bring nie.

As daar enige van die newbies is wat nog nie IELTS geskryf het nie, en na die boek en cd soek, stuur vir my e-mail! Ek kan dalk help.

Die ouens wat hulle name gegee het nadat ek die lys gemaak het, moenie worry nie, julle name is op! So ook 'n hele paar wat ek van weet wat vriende ook

genooi het. So lyk my daar gaan 'n hele klompie mense wees.

Ek wag nog vir enige ander voorstelle as daar is.

Link to comment
Share on other sites

Hi Wessies

Ek dink jy is reg. Ons wil he almal moet meng en nie groepies maak nie! Die plakaat idee is af.

Ja, nou is ons koffie klub amptelik 'n pikniek/braai club!! Maar ek dink in elk geval dis baie meer gesellig en beter vir al die kiddies. Hulle gaan mos ook saam!

Die naam plakker idee klink vir my goed. As daar nou een ding is waarmee ek suck, dan is dit nou name. So vir my is dit in. As iemand dit nie wil op he nie, dis mos nie verpligtend nie. So, Vlam, kan ek op jou staat maak om die naam plakkers vir ons te verskaf?

Ouens, dit lyk my ons gaan 'n hele klompie mense daar wees. Ek het werklik nie gedink dit gaan so boom nie. Ons gaan sommer 'n heerlike dag vol pret en baaaie inligting he om uit te ruil! Moenie dit mis loop nie!

Nou ja, laat die mense wat nog wil kom hulle nrs stuur sodat ons darrem naastenby getalle het.

Tot later

Haai daar almal,

Ons wil ook kom kuier saam julle as dit oraait is.

Ons wil graag Perth toe gaan en wag op die oomblik vir 'n werks aanbod.

Ons sal 4+ mense wees.

Ek is David en my vrou is Alet

0823708644

Sien julle daar.

Link to comment
Share on other sites

Hi daar Almal,

:ilikeit: Mensig ek kan sien julle is almal regte Afrikaners! 'n Boer maak mos 'n plan! Dit lyk of julle baie mooi regkom met die nuwe koffie klub reelings.

Sorry ek het skielik laas verdwyn. Was so bietjie uit aksie vir 'n tydjie!

Ek en Thelma sal ook kyk of ons daar kan inloer.

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...