Jump to content

Kom ons begin ons eie koffie klub in Pretoria!!


Pink Missy

Recommended Posts

Hi julle ouens

Ons wag nou al so lank vir die volgende koffie by eenkoms! :whome: Niks keer ons om een te reel nie. Ek is meer as bereid om al die reelings te doen en dan kan ons mos bymekaar kom en 'n heerlike tydjie saam deur bring en sommer nuwe vriende maak, lekker gesels en baie tips uit deel!! :rolleyes:

Wat se julle ouens??

Laat weet dat ons sommer binne kort dit kan doen sodat die wat binnekort oor gaan ook nog deel kan wees!!

Hoor graag van julle

Miri

Edited by Mara
Link to comment
Share on other sites

  • Replies 91
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Pink Missy

    25

  • BasinOzson

    8

  • Wessies

    8

  • Lindie

    5

Top Posters In This Topic

Posted Images

Hi julle ouens

Ons wag nou al so lank vir die volgende koffie by eenkoms! :whome: Niks keer ons om een te reel nie. Ek is meer as bereid om al die reelings te doen en dan kan ons mos bymekaar kom en 'n heerlike tydjie saam deur bring en sommer nuwe vriende maak, lekker gesels en baie tips uit deel!! :rolleyes:

Wat se julle ouens??

Laat weet dat ons sommer binne kort dit kan doen sodat die wat binnekort oor gaan ook nog deel kan wees!!

Hoor graag van julle

Miri

ons is in laat weet net wanneer en waar!

Link to comment
Share on other sites

Hi julle,

Dit is 'n uitstekende idee om weer 'n slag bymekaar te kom, ek glo daar het intussen hordes voornemende immigrante op die forum begin kuier, en 'n lekker kuier is net wat ons almal nodig het met hierdie enorme stap en besluit in ons lewens.

Ons is in Centurion so laat weet as ons enigsins van hulp kan wees, hoor.

Groete,

Stefan & Suzette Jacobs

Amberfield Heights :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Hi Miri!

Ons is ook in! My man vertrek rondom middel Mei Brisbane toe vir 3 maande (sy werkgewers soek hom daar voordat hy permanent oorgeplaas word). Ons beplan om Desember permanent oor te gaan.

Sal baie bly wees as die byeenkoms kan gebeur voordat hy middel Mei oorgaan.

Baie dankie vir jou bereidwilligheid om die leiding te neem! Laat weet as ek kan help met iets!

Andrewette

NS: Ons het ook die vorige coffee club gemis, sal ons eerste wees!

Edited by Wessies
Link to comment
Share on other sites

Hi Miri

Ons is op die Oos Rand maar is definitief bereid om Pretoria toe te ry as julle ons sal he! :rolleyes:

Ek is ook meer as happy om te help met reelings.

Groete

Melissa

Link to comment
Share on other sites

Hi Miri,

Dankie vir die iniasitief! :rolleyes:

Ons stel defnitief belang! Was ook nie by die voriges nie...

Suzanne en Jacques

Link to comment
Share on other sites

Hi Miri,

Ons sal ook graag weer 'n lekker byeenkoms wil bywoon en lekker wil saamkuier met almal. As ek mag wil ook graag voorstel dat ons dalk eerder 'n piekniek / braai hou, eerder as dat ons by 'n restaurant bymekaar kom. Die Rooihuiskraal feesterein is nogal 'n geskikte plek vir so iets: daar gaan nie geweldige reelings wees nie, want dit is 'n gewone piekniekterrein waar elkeen sy eie toegang betaal, en sy eie eetgoed bring. Dit is nou die enigste venue wat ek vinnig aan kan dink, maar daar is beslis ook ander wat ons kan gebruik. Laat weet asb. as ek kan help met enige iets.

Groete

Lindie

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit:i quote name='Miri/Johan' date='Apr 12 2008, 06:42 AM' post='100474']

Hi julle ouens

Ons wag nou al so lank vir die volgende koffie by eenkoms! :rolleyes: Niks keer ons om een te reel nie. Ek is meer as bereid om al die reelings te doen en dan kan ons mos bymekaar kom en 'n heerlike tydjie saam deur bring en sommer nuwe vriende maak, lekker gesels en baie tips uit deel!! :rolleyes:

Wat se julle ouens??

Laat weet dat ons sommer binne kort dit kan doen sodat die wat binnekort oor gaan ook nog deel kan wees!!

Hoor graag van julle

Miri

Link to comment
Share on other sites

Hi Miri!!!!! Ek dink ons kan defn iets reel. Ek stem dat die Rooihuiskraalfeesterrein kan werk, so ook die piekniek idee. Vir die kids is daar speelplek en diere om te voer. :rolleyes:

Ek is so opgewonde......wonder hoe die mense lyk wat hier rond bly....ons loop dalk elke dag bymekaar verby....ek sien dat ons selfs bure het....ons bly in Amberfield Glen.

Ek sal ook enige tyd help met die reelings. Wat van een van die vakansie dae wat nou kom, of sal 'n Saterdagmiddag of Sondag beter wees. Ek dink besluit op 'n datum...daar gaan ongelukkig altyd iemand wees wat dit nie maak nie.....wat jammer gaan wees....maar mens moet die datum vasmaak van die begin......

Sien jul een van die dae Mirri :ilikeit:

Liefde

Vlam

Link to comment
Share on other sites

Ek stem dat die Rooihuiskraalfeesterrein kan werk, so ook die piekniek idee. Vir die kids is daar speelplek en diere om te voer. :rolleyes:

Klink vir my ook goed !

....ons loop dalk elke dag bymekaar verby....ek sien dat ons selfs bure het....ons bly in Amberfield Glen.

Ons is in wierda park x 2, reg agter bakenkop laerskool. En ja dalk was ons al saam by n skool by eenkoms of do iets :lol::ilikeit:

Wat van een van die vakansie dae wat nou kom, of sal 'n Saterdagmiddag of Sondag beter wees.

Ja ons het die expo mis geloop, daar was nie meer kartjies te koop nie. So sal baie graag so iets wil bywoon.

Sien julle daar ! B)

Edited by Chris&Natasha
Link to comment
Share on other sites

Hi ouens

Jammer ek andwoord nou eers. Ons het vriende gaan groet wat vertrek het New Zeeland toe en met al ons reeling het ek net nie by ons forum uit gekom nie!! Maar nou is ek hier en ons kan met die reelings begin!! Ek sien so uit daarna om julle almal te ontmoet!! Dit sal wonderlik wees.

Ek dink die Roihuiskraal feesteruin is die idiale plek. Dit gee ons almal die kans om met kinders en al sommer 'n dag daarvan te maak. En die wat sommer net wil kom hallo se is meer as welkom. Koffie klink vir my in elkgeval asof jy net moet drink en waai, en ek dink ons het meer as dit nodig om alles uit te ruil met mekaar, of wat se julle!!

Ek het bietjie gedink aan n datum en om die mense darem so bietjie tyd te gee, het ek gedink aan die 3de Mei. Dit gee ons ook darem kans om dinge in plek te kry. Ek sal met die feesterrein in verbinding tree en hoor of ons 'n plek moet bespreek. In die tussentyd sal ek dit waardeer as almal wat belangstel vir my sal laat weet saam met 'n cel nr sodat ek darem 'n sms kan stuur om te bevestig. As iemand van julle so gaaf sal wees om 'n padkaart op te stel vir die wat nie weet waar dit is nie sal ek baie bly wees.

Nou ja, begin daai piekniek mandjies pak!! Ons gaan braai en sommer lekker kuier.

Groete

Miri

Link to comment
Share on other sites

Die 3 de is reg met ons! Ai ai ek is net swak met kaarte maar ek sal hoor of hubby kan help. Hoop daar is nog mense van die omgewing wat kan kom kuier. Sal jou PM met ons selnr.

Groete Vlam

Link to comment
Share on other sites

Vir die van julle wat GPS het

Longitude: 25°52'59.88"S

Latitude: 28° 8'28.88"E

Hoop dit help anders gaan kyk op google earth. Kyk die rooi kol ;)

RHK.jpg

Link to comment
Share on other sites

Hi Miri

Datum en plek klink piekfyn. Sien uit daarna! Ek PM vir jou my selfoon nr.

Andrewette

Link to comment
Share on other sites

Hi

Dit klink fantasties. Ons sal definitief daar wees - sal ons cel nommer vir jou pm.

Mel

Link to comment
Share on other sites

Hi julle

Dankie vir almal wat hulle nr al gestuur het. Dit lyk my ons gaan sommer 'n lekker klomp wees!

I just don't hear from Eng speaking people. Remember it is for every body.

If you have any more ideas ore want to suggest any thing, please let me know.

I will go and have a look at the site in the week and let every body know what to expect.

So start packing that picknic baskets!! We are going to have a ball!!!

En moenie vergeet om die datum oop te hou nie

Groete

Miri

Link to comment
Share on other sites

Hi Miri,

Baie dankie!!! Die datum en kuierplek is vir ons ook perfek!!

Sal jou PM met ons Sel nommers.

Groete,

Stefan & Suzette

Amberfield Heights :)

Link to comment
Share on other sites

Hi Miri

My husband, son and I are definately up for a coffee. Lemme know if you need help.

Regards

Adene

Link to comment
Share on other sites

Hallo almal,

Dis die Steyns hier. Ons planne is om in Augustus Melbourne toe te skuif. Die koffie byeenkoms is 'n goeie idee en ons kan nog twee families saamsleep, se net wanneer en waar.

Groete

Francois en Tania

Raslouw, Centurion

Link to comment
Share on other sites

Hi Steyns. Klink soos 'n piekniek of bring en braai by Rooihuiskraalfeesterrein die 3 de Mei. PM vir Miri/Johan met jul selnr en sy sal die finale reelings en tyd deurgee. Almal is welkom. Meer siele meer vreugde.

Vlam

Link to comment
Share on other sites

Hi Vlam

Jammer vir dom vraag maar wat is pm?

Francois

Link to comment
Share on other sites

Hi Francois

As jy op die pultjie langs die persoon vir wie jy 'n boodskap wil stuur druk, kry jy 'n drop down box. Kies send message.

Ek wil maar net naasten by weet hoeveel mense om te verwag.

Groete

Miri

Link to comment
Share on other sites

Hi ouens

Iemand se nou net dis n lang naaweek die 3de Mei. Is dit 'n probleem? Wil julle 'n ander datum voorste? Laat weet my sodat ons kan hoor wat die meerderheid se en ons dan n besluit kan maak.

Groete

Miri

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...