Jump to content

Pretoria Koffieklub?


elizes

Recommended Posts

Hi slingshot

Ek dink jy moet regtig vir Pippa kontak sommer via pm en al haar raad vra sy weet waarvan sy praat.

Wat ek al gesien het van al die vorige kere wat werk is;

1. Die naamkaartjies sodat ek weet hoe lyk jy en jy my sal herken.

2. Hoe minder formeel dit is hoe meer kom die mense bymekaar uit, anders sit elke ou net by sy tafel en meng nie. Die kinders kort ook 'n veilige plek, daars gewoonlik baaaaie mense met kleiner kinders.

3. Soos Pippa gese het kies 'n datum, tyd en plek en almal wat kan val in - ons is te veel om almal tevrede te stel. Pippa het ook voorheen datums neergepen wat ons kon stem voor (soos jy gese het) maar hoe mens dit doen op die forum weet ek nie. :blush:

4. Moenie 'n te duur ding uitwerk nie - almal wil graag kan kom en daar het al self in die verlede mense van baie ver gekom. In die verlede kon die mense self bestel of hulle net ietsie wil drink of eet ook.

Jammer maar dis al waaraan ek kan dink, vra maar as mens nog kan help

Groete

Aniena en Heino

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 63
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • elizes

    13

  • Annecke

    8

  • slingshot

    5

  • De Vosse

    4

Ek stem saam met Aniena,

Die koffie clubs by Irene Lodge was baie informeel. Jy kon kos bestel as jy wou. Wat ons opgemerk het by die Irene koffieclub was dat mense by tafels gaan sit het en die hele tyd met dieselfed mense gepraat het.

Ons het na die tyd gedink dat dit dalk 'n goeie idee kan wees as 'n mens sĂȘ vir 30min. by 'n tafel sit en dan moet almal skuif na ander tafels toe. Sodoende kan jy met meer mense gesels en leer ken.

Ek dink die braai ding werk nog die beste. speel plek vir kinders is ook hoog op die prioriteitslys want daar is baie mense met klein kinders wat besig gehou moet word. Ons was voorheen by Rietvlei dam Reservaat. Hulle het 'n baie lekker groot lapa met braai fasiliteite. Ek sal pryse uitvind en laat weet. 'n Bring en braai bly maar die goedkoopste, maklikste en lekkerste opsie.

Laat weet my as ek kan help met enige iets

Ek help graag!

Groete,

Hannes & Lizelle.

Link to comment
Share on other sites

ons 2 sal ook graag wil join, al is ons van anderkant die jukskei, ja joburg, maar lyk my die afr.sprekende in pta is oppad uit...en ons kan saampraat.

wie vat voor en maak biki 'n tyd en koffieshop vas?

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit:

Ek hardloop ‘n bietjie rond op die oomblik --moet voor einde November uit my huis wees --dan Kaap toe vir ‘n maand en dan die groot trek in Januarie.

Ek stel voor dat ons maar net voortgaan en ‘n reeling tref. Ek en my vrou sal in elk geval daar wees en dit sal lekker wees om van die forumlede te ontmoet.

Ek het met die Rietondale tennisklub se voorsitter gereel en die volgende opsies bestaan:

 Ons kan hulle klubhuis en geriewe gebruik wat braai area insluit

 Ons kan op die grasperk naby die toilette en kinderspeelpark kampeer

Indien dit reen sal die klubhuis beslis gebruik kan word.

Die besonderhede is as volg:

Venue: Rietondale Park (sien fotos aangeheg)(Ongelukkig geen klubhuis fotos nie maar ek sal neem indien nodig)

Datum: Sondag, 4 November 2007

Tyd: 12h00

Spyseniering: Bring eie piekniekmaandjie en drankies. Vir die wat wil braai - as ons klubhuis gebruik kan ons braai anders dink ek ‘n gasbraaier kan ook goed wees.

Sitplek: Bring eie stoele

Sonskerm: Bring eie sambrele saam.

Aanwysings:

 Vanaf Fonteinedal : Foto – N14

 Vanaf Waverley-sirkel : Foto – N1

 Vanaf Koeksisters-kruising: Foto – N4

Toegangsfooi: Verniet

Parkering: Binne in die gronde van die park

Toiletgeriewe: Onthou toiletpapier

Identifikasie: Jou avatar foto – LOL what ever op jou bors!

Enige iets wat ek mis???

Bespreek asb:

‱ Reply op die forum en

‱ SMS of bel Etienne by 0827744129

Kom ons kyk of ons dit kan laat gebeur.

:holy:

Sorry ek het die fotos ge "add into post" Ek het probeer om dit te edit - om die fotos as aanhangsels te laat vertoon, maar dit bly op die hoofblad. Indien iemand aanwysings wil he kontak my direk.

Pretoria Koffieklub groete

Edited by slingshot
Link to comment
Share on other sites

Hi Etienne (slingshot),

Ons sal daar wees (Twee volwassenes en twee kinders: 4,6)

Laat weet as ek kan help met relings!

Groete,

Hannes & Lizelle.

Link to comment
Share on other sites

Hi julle,

Ons sal ook daar wees! Twee volw en 3 kids, 11, 9, en 6.

Sien julle Hannes en Lizelle!!! En almal wat ook saamkom!

Elize en Henry

Link to comment
Share on other sites

Ons kom ook Etienne !

2 mense

Cristel

Link to comment
Share on other sites

Aaaaiiii,

We unfortunately already have something on that day!!! I would really like to have met you guys :thumbdown:

Well enjoy and good luck!

Link to comment
Share on other sites

Ons is beslis daar, 2 volwassenes, 2 kinders (11 & 15). :thumbdown:

Edited by heyjlpl
Link to comment
Share on other sites

Hi Etienne

Dankie vir jou moeite. Dit lyk na 'n baie oulike plek, met genoeg speel plek vir die kids.

Wil net ook herhinner dat almal asb 'n plakker moet dra met forum naam en regte naam.

Dit werk baie goed.

Sien julle daar.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Hi

Ons sal ook daar wees. Een volwassene en twee kinders (11 en 13)

groete

Aniena

Manlief is op LSD

Link to comment
Share on other sites

Ons ook :whome: - 2 volwassenes en 2 kinders.

Moet 'n paar afsprake bietjie rondskuif ;) maar hoop om dit te kan maak.

Alet.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...