Jump to content

Pretoria Koffieklub?


elizes

Recommended Posts

;) Annecke, ek dog ooo, jong hulle het my gesoek, maar ek was ook vas, hubbymoes met werkpelle gesels. Maar lyk my ons word uitgehelp deur Fanie....

Fanie, dankie vir die terugkom, ons wil so baie vrae vra en julle is al deur baie van die dinge. So laat weet as ons iets kan doen of help. Ek is seker as almal genoegsame kennis ontvang sal hul plan sien om daar te wees.

Thanks nogmaals :whome:

Elize en Henry

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 63
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • elizes

    13

  • Annecke

    8

  • slingshot

    5

  • De Vosse

    4

Oi

Dankie Fanie - dit sal gaaf wees. Ek was ABSOLUUT verstom oor die hordes mense op die expo...wonder wie gaan agterbly hier in SA..Ek was bietjie teleurgestel in die expo - as jy 'n ingenieur is sou dit definitief die moeite werd gewees het om te gaan, want daar het mense van die expio self rondgeloop en gevra wie is ingenieurs! Ek weet nie wat was julle belewenis nie?An

Link to comment
Share on other sites

Oi

Dankie Fanie - dit sal gaaf wees. Ek was ABSOLUUT verstom oor die hordes mense op die expo...wonder wie gaan agterbly hier in SA..Ek was bietjie teleurgestel in die expo - as jy 'n ingenieur is sou dit definitief die moeite werd gewees het om te gaan, want daar het mense van die expio self rondgeloop en gevra wie is ingenieurs! Ek weet nie wat was julle belewenis nie?An

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Almal, en in die besonder al die PRETORIANERS! :whome:

Dit wil vir my voorkom asof daar 'n paar van ons is wat lus het vir lekker braaivleis en sonskyn en dan is daar die wat meer inligting wil hê. Ek moet julle net sê ek is nou nie juis 'n ekspert op die migrasie nie maar ek kan so af en toe 'n braai goed aanmekaar sit en mense bymekaar uitbring.

Die hele idee van so 'n bymekaarkoms is dat ons onder mekaar kuier en sodoende kry elkeen so bietjie meer inligting en raad. Almal wat dit bywoon het gewoonlik al een of ander deel van die aansoek en proses deurgemaak en so deel ons onder mekaar inligting op 'n gesellige wyse! ;)

Ek sal more oggend uitvind ivm besprekings by die Monument en dan sal ek voortgaan met die reelings.

Sodra ek datums het sal ek 'n nuwe post plaas met 'n poll om te sien watter datum die meeste mense kan pas.

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Dankie, Fanie! Ons sien uit daarna. Dankie vir die moeite, skree waar ons kan help.

Annecke, ja die Expo is baie ge"gear" vir ingenieurs en veral so omdat dit 'n mynbou land is... Gelukkig is my man in ingenieurswese, so vir hom was dit oraait. Ek is maar 'n gewone ma wat homeschool :wacko: ja nee, wat is nou so gewoon aan homeschool ne?

Ek verstaan jy is in onderwys en opleiding? Kon jy darem iets wys word daar by die expo? Dit het vir my gelyk of onderwysers maklik sou regkom by die local gov en ook gov stalletjies... Daai ry was net te lank! :lol: Ons het gelukkig die vrou gevang na haar praatjie oor WA en toe assess sy ons sommer op die spot...

Ja nou net wag ne? Ek hoop net ons huis verkoop gou en ons het nog 'n huis in konstruksie wat afgehandel moet word. Hoop dit gaan spoedig...

Wel, praat weer later met julle. geniet die dag! B)

Elize

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Almal,

Ek het pas met Hennie Coetzee van die Voortrekker Monument gesels.

Die saaltjie met die braai area's is vir die res van die jaar vol geboek. :o:ilikeit::whome:

Ek het egter 'n ander alternatief wat ek dink heel veilig en vetpret kan wees. 'n Vriend van my het 'n pragtige klein hoewe aan die weste van Pretoria met 'n 1/4 grootte olympiese swembad met 'n saal ens. Die saal is nog in aanbou maar die dak is op en die vloere is in. Dalk kan ons dit daar hou so al om die swembad met die braaiers en sonsambrele ens.

Sodra hy terug gekom het na my toe sal ek jul meer inligting gee.

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal,

ja ons is ook in vir so braai byeenkoms en om ander mense te ontmoet wat ook pad is, laat weet maar Fanie as jy ook hulp nodig het.

Willem

Link to comment
Share on other sites

Hi julle

Kink goed!!!

Sal goed wees om met ernstige mense te gesels.

Melanie

Edited by GraytoAuz
Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Ek en Phillip sal daar wees (as ons nog in die land is)

Kan die kinders tog asb net swem anders gaan Phillip my mal maak ?

Groete

Cristel

Link to comment
Share on other sites

:boxing: Ja, ek stem vir die kinders om te swem, want ek het ook 3 kids wat daarvan sal hou. hoe oud is joune Cristel? Myne is 6 en 9 (seuns) en dogter van 11.

Nou ja, tot later!

Elize

Link to comment
Share on other sites

Hi daar almal

Bietjie mostert na die maal maar het julle toe bymekaargekom en is daar so koffieklub aan die gang? Ons het eers onlangs die forum ontdek en sou graag ander ontmoet wat oppad is. Ek wag huidiglik op Vetassess (vir PR) en wil oorgaan op 'n 457 om mee te begin.

Thanks

Link to comment
Share on other sites

:blush: Hi daar! Nee ons het nog niks gereel nie, ons wag op Fanie se instruksies... Maar ek glo dit sal gou wees....

Ons laat weet julle sodra ons iets hoor of besluit het.

Groete

Elize

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Ons is nog in Pretoria tot einde November- daarna in die Kaap tot middel Januarie en dan die Groot Trek. Sal dit baie waardeer indien so 'n bymekaarkom sal gebeur. Kan ek help erens?

Link to comment
Share on other sites

Ek is nuut op die forum. Ons bly in Zwavelpoort area en wil ook uitvind wanneer die volgende byeenkoms is. Het iemand vir my 'n datum of enige info? :)

Link to comment
Share on other sites

Guest Vermeulens

Welkom VeeMiles,

Ek is ook nuut op die forum en dink dis 'n euwel, ek doen niks anders nie! Ek lees heel dag en in mal daaroor!

Ons sal graag na die byeenkoms wil gaan. Ook 2 seuns, 6 en 9!, so hulle kan saam speel Elizes!

Em

Link to comment
Share on other sites

Kan ons nie dalk by 'n restaurant bymekaar kom nie?

My voorstel is by www.rietondalelodge.co.za

Hulle hou Dinsdagaande braai.

Daar is speelplek vir die kinders -net nie swembad nie.

Indien daar belangstelling is sal ek meer info oor menu pryse stuur.

Ons kan ook sommer net koffie en of iets sterkers daar nuttig en dan lekker gesels.

Laat weet asb voor 27 Oktober en dan kyk ons of ons iets vroeg in November kan reel.

Etienne :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle

Ons sal ook graag wil kom. Weet nou nie of manlief nog hier sal wees nie. Is van 1-22 nov in auz maar ek en kinders sal baaaie graag almal wil ontmoet.

Se net waar en wanneer. Miskien moet ons dit eder of 'n ontbyt maak of middag versnappering of so iets. Ek sal nie graag vrou alleen in die donker wil rondry nie :ilikeit:

Groete

Aniena en 2 "tieners"

o, Ja wou nog se. Laat my weet as daar enige iets is wat ek kan doen.

Ek dink net ons moet weer soos voorheen seker maak elke persoon het sy forum se naam op 'n naamplaatjie vasgespeld, sodat ons tog die name by die gesigte kan sit en so vinniger kan social.

Sterkte

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Hello aan al die Pretorianers,

Ek het altyd die Coffee Clubs in Pretoria gereel voordat Fanie die by my oorgeneem het. As ek kan raad gee... stel ek voor dat julle op 'n datum, 'n plek en tyd besluit. Julle gaan nooit almal kan akkommodeer nie, maar probeer dit op 'n Saterdag hou wat almal sal pas. ('n Poll met 2/3 datums werk goed...) Ek het dit gewoonlik op 'n Saterdagmiddag na middagete gehou en dit het goed gewerk vir almal. Sommige mense eet en ander drink net koffie / koeldrank.

Sodra julle 'n datum, tyd en plek het, maak dit bekend op die forum - julle sal verbaas wees hoeveel mense opdaag en moeite doen om daar te wees!

Geniet die kuier saam met almal en groete vir almal!

Lovies, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Ek is nuut op die forum. Ons bly in Zwavelpoort area en wil ook uitvind wanneer die volgende byeenkoms is. Het iemand vir my 'n datum of enige info? :ilikeit:

Hi Veemiles,

Ek en my man is ook in die Zwavelpoort omgewing.

Slingshot, dit klink goed. Laat weet asb watter datum ens, dan pas ons in by julle. Rietondale lodge is nice...

Groete

Elize

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal.

Ek dink nie Fanie is nog regtig betrokke by die forum nie. Hy beplan ook nie nou om oor te gaan Aus

toe nie.

So ek stel voor ons reel dit so onder ons wat belangstel. Slingshot as jy dalk vir ons kan uitvind of

Rietondale Lodge ons dalk op 'n saterdag middag kan akkomodeer en ons kan almal lekker saam kuier

en dalk kan hulle die braai ding die middag doen.

Enige een met voorstelle, asb join in. Dit moet ook nou vinnig gedoen word, want al die xmas parties

is oppad.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal.

Ek dink nie Fanie is nog regtig betrokke by die forum nie. Hy beplan ook nie nou om oor te gaan Aus

toe nie.

So ek stel voor ons reel dit so onder ons wat belangstel. Slingshot as jy dalk vir ons kan uitvind of

Rietondale Lodge ons dalk op 'n saterdag middag kan akkomodeer en ons kan almal lekker saam kuier

en dalk kan hulle die braai ding die middag doen.

Enige een met voorstelle, asb join in. Dit moet ook nou vinnig gedoen word, want al die xmas parties

is oppad.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Hi I am also interested in a braai etc although I am in Jo'burg and dont know Pretoria at all. So wherever you have it please post directions for those of us directionally challenged Jo'burgers who would like to attend.

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit:

Ek is bly dat die belangstelling groei.

Ek het vir Rietendale Lodge gevra vir beskikbaarheid en pryse van opsies:

van venues( Lapa, Konferensiekamer en buite op die gras)

en menu(platters, braai en al a carte)

Die datums waarna hulle kyk is dan:

27 Okt;

3,10,17 Nov.

Sodra ek die e mail gekry het sal ek die besonderhede opsit.

Kan die ou garde wat die do's en die dont's van koffieklub-byeenkomste ken asb hulle insette lewer?

Tot later

B)

Link to comment
Share on other sites

Rietondale Lodge se verskillende menu's opsies:

-Al a Carte Menus is al die PDF leers

-Die "Function Buffet" kan net gedoen word indien daar meer as 15 persone is.

- Platter opsie

Die drankmenu is ook aangeheg.

Die verskillende venues met pryse wat ons kan gebruik -word in die "Function_Buffet" aanhangsel gelys.

Die verniet venue is op die gras waar hulle vir ons hout tafels onder sambrele kan organiseer.

Met die Curry Beker rugby eindstry die 27 Okt? dink ek min mense sal kan kom. Miskien vanaf die 3 Nov?

Dit sal waardeer word indien die wat funksies organiseer(of al het) die verskillende menu opsies bestudeer en 'n voorstel maak. Miskien moet daar gestem word oor die keuses? Indien hierdie forum gebruik kan word vir stemming moet iemand verduidelik hoe.

Julle insette asb!

Geniet die naweek

Viva la Bokke

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...