Jump to content

Hoe kom n mens somder jou bediende klaar?


Garfield

Recommended Posts

Garfield,

Dalk is ons vriende eendag in Brissie, Ek en jou man speel golf en ons almal lag lekker saam :lol: oor hierdie onseker en"tense" tye! Ek en my vrou deel als, maar onthou, ek is 'n prokerower wat altyd vooruit moet dink!(uit die aard van my werk en dis maar hoe ek as persoon is-- probeer die probleme altyd vooruit voorsien/en of oplos. :blush: ) Dis moeilik vir haar om te oorweeg om te gaan, as sy nog nie eens daar was nie, en ons is nou net op ons gevestigde/gemaklike stadium van ons beroepe/besighede. Die ander groooot probleem is die familie wat dalk hier moet agterbly. Ons sal maar sien wat is haar uitkyk na die "LS trip"

Groete

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 85
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Garfield

    27

  • Suidwes

    6

  • Dreamcatcher

    5

  • Dax

    5

Top Posters In This Topic

Posted Images

Umhlanga

"Dalk is ons vriende eendag in Brissie, Ek en jou man speel golf en ons almal lag lekker saam B) oor hierdie onseker en"tense" tye!"

My man se dis honderd. Hy sal in ekstase wees om net te weet hy het n golf partner.

"Ek en my vrou deel als, maar onthou, ek is 'n prokerower wat altyd vooruit moet dink!(uit die aard van my werk en dis maar hoe ek as persoon is-- probeer die probleme altyd vooruit voorsien/en of oplos. ;) ) "

Dis n baie goeie eienskap om te he. My man is dieselfde. Hy dink 2010 en het gese hy wil he ons moet teen 2009 hier uit wees. :ilikeit:

Ons is ook vir die eerste keer gevestig in n huis wat ons so 5 jaar terug gebou het. Het n ou klein huisie in Kloof gekoop en hom platgeslaan. My een kind is verskriklik geheg aan die huis en aan haar kamer.

Ek weet nie of ons dieselfde huis sal kan bekostig nie. Miskien koop ons land en bou weer, afhangende van die koste. :ilikeit:

My skoonma en pa het laas maand kom kuier vanaf die Kaap. Hulle reaksie op ons planne was verbasend en hulle moedig ons aan om te gaan, My skoonma se of hulle nou in die Kaap op die vliegtuig klim Durban toe of Brisbane maak nie saak nie. Net so 10 ure langer. En as hulle kom kuier sal hulle vir langer kom. Dis al. Ek was nogal bly oor haar attitude. :D

Geniet die week wat voorle

Garfield

Link to comment
Share on other sites

Ons is ook vir die eerste keer gevestig in n huis wat ons so 5 jaar terug gebou het. Het n ou klein huisie in Kloof gekoop en hom platgeslaan. My een kind is verskriklik geheg aan die huis en aan haar kamer.

Ek weet nie of ons dieselfde huis sal kan bekostig nie. Miskien koop ons land en bou weer, afhangende van die koste. :ilikeit:

Geniet die week wat voorle

Garfield

Kyk goed na sekere bouersmaatskappye as julle eers hier is. As 'n mens rondkyk kry mens soms goeie "Land-House Deals" by maarskappye soos AV Jennings, Hickenbotham, Pioneer ens.

"n Land House deal is wanneer jy 'n blok grond koop en daarop laat bou, alles by een maatskappy. Dis 'n goeie idee om soveel moontlik "Housing Display Villages" te besoek en te kyk wat aangebied word.

Ons het goed reggekom met AV Jennings in Adelaide, maar daar is hope ander maatskappye veral in die Oostelike state.

Laat weet maar as julle nog info soek.

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Grootste "spanner" in die speke as dit by huiswerk kom is dié forum!! :ilikeit::unsure: As jy eers in gelogged het dan gaan daar maklik 'n uur en half verby voordat jy onthou van die vuil vloere, wasgoed ens ens.

Sw

Link to comment
Share on other sites

Dax

Baie dankie vir hierdie waardevolle inligting. Dis goud werd vir ons wat op die oomblik NIKS weet en op soek is na land om te bou.

Die eerste keer wat iemand se wat n 'Land-House Deal" is en hoe dit werk. :ilikeit:

"Laat weet maar as julle nog info soek."

Baie dankie ek sal verseker so maak. Ons gaan mos Des op ons LSD en dan sal ons n beter idee he van alles

Groete,

Garfield

Link to comment
Share on other sites

Garfield,

het jy die topic gesien wat ek in die Home & Hearth afdeling gesit het?.. klomp oulike wenke vir skoonmaak.

Sw

Link to comment
Share on other sites

Suidwes

"Grootste "spanner" in die speke as dit by huiswerk kom is dié forum!! :ilikeit:;) As jy eers in gelogged het dan gaan daar maklik 'n uur en half verby voordat jy onthou van die vuil vloere, wasgoed ens ens." :P

Ek hoor jou. Weet jy hoeveel tyd het ek by die werk al gespandeer op die Forum i.p.v. om te werk????

Dis n probleem man. Ek sal moet werk ander gaan ek NOOIT in Aus op eindig nie. :lol:

Groete

Garfield

Link to comment
Share on other sites

  • 1 year later...

Dit het my lank gevat om hierdie vraag op die forum te stel.

Ons het laas week probeer 'oefen' asof ons al in Aus is. Almal het sekere take gehad om te doen, maar ons het HOPELOOS gevaal.

Hallo Almal

Ek dog ek lees aan nuwe posts vd afgelope paar dae en sien nou die ene is al 'n ou ene. Maar in elk geval vir die wat nog idees soek, gaan kyk bietjie by Flylady se website. Jy kan inteken en daagliks pos kry van hulle ' yahoogroup'. Ek volg dit nie streng na nie, maar ek geniet dit om iets van hulle te lees ( het boek Sink Reflections ) Ek het ook jare terug boekie gelees "Sidetracked-Home-Executives-Pam-Young" en dit baie geniet. Hulle werk volgens 'n kaartjie sisteem wat jy vir jouself uitwerk, maar ek het 'n paar lekker lag oomblikke gehad. Beide Flylady en Sidetracked Home Executives help met organisering in die huis en is humoristies v aard.

Ons het 4 kinders en het al so 4 jaar gelede moes leer om sonder 'n bediende klaar te kom op die plaas. Dit was vir my baie erg. Maar so leer mens vinnig om dinge vir jouself makliker te maak soos wat ander ook geskryf het om wasgoed dadelik op te vou as jy dit van wasgoeddraad af te haal. Ek hou ons tuintafeltjie by die draad en soos ek afhaal, vou ek dit dadelik op en maak vir elke persoon sy eie hopie. Dan sit ek dit sommer klaar op elkeen se bed as ek inkom. Ons het ook 'n houertjie met vakkies gemaak vir elke kind. Saans kry elkeen sy kaartjies met wat hy die volgende dag moet doen en soos dit afgehandel word, word die kaartjie net agter gesit. Ag so is daar baie idees, wil nie verveel nie. Het dit by Flylady en Sidetracked gekry.

Ag en sommer dankie vir al die hulp met die forum. Julle voel al soos familie. Partymaal kry ek ook trane as dit swaar gaan met party en ander kere lag ek te lekker en is die ' stress' bietjie vergete.

Groete

Karoo familie

Link to comment
Share on other sites

Ek bly in Engeland en ek het 'n huge issue met huiswerk - ek erken ek was VREESLIK BEDERF en so what... Ek wens net ek het vir Sarah meer betaal en 'n groter geskenk gegee voor ons weg was.

Alhoewel sy net twee keer 'n week gekom het en ek halfdag gewerk het met twee klein kindertjies maak dit 'n groot verskil. Nou sit ek maar in my klein stowwerige huisie en bekla my lot. Dis effe moeilik om vir 'n tweejarige te verduidelik sy moet agter haarself opruim en jy kan nie nou met haar speel nie want jy is besig met skoonmaak.

My sewejarige begin nou my bietjie help maar die beste manier is om hulle te betaal - sy is happy met 20p om my kamer af te stof of 50p om die sitkamer te stofsuig so dis nie groot geld nie (en sy is ook nie so fluks dat sy my elke dag help nie).

My man stryk sy eie hemde en die res van ons loop maar met gekreukelde klere rond. Ons was net die skoolklere een keer per week as dit nog skoon is (dis winter hier so sy gooi haar vest, onderklere en kouse in die was en haar hemp, romp en trui meestal nog skoon). Die meeste Engelse doen dit ook. Ek en my man dink twee keer voor ons 'n skoon ding in die was gooi.

Verder gebruik en floorwipes om my mini kombuisvloer en badkamervloer te was. Dis sulke lappies wat jy koop in 'n pak en vinnig jou vloer mee was en dan weggooi - ek het nie 'n mop nie. Ek stogsuig ook eers die hele huis, matte en vloere so dan is 'n besem nie nodig nie.

Ek stem saam met die skoene by die deur los reel - dit werk veral hier in Engeland so want dis baie keer nat en modderig buite so almal trek hulle skoene uit - jy hoef nie eens te vra nie.

My grootste probleem is clutter en om agter almal op te ruim maar dit sal seker beter word as die kiddies groter word.

Maar ek sukkel maar want ek is regtig 'n terrible cleaner - ek sal 'n uur aan die kombuis of badkamer was en dan is daar nog steeds merke en dit lyk vir my nie veel skoner nie - ek dink ek het 'n trainer nodig!! So ek is gewoonlik mismoedig voor ek begin en ek haat elke oomblik.

Ja en ek dink my skoonma en vriende wat hier kom kuier het maar heimlik neuse opgetrek want my ketel blink nie en my laaie is stowwerig, my kaste deurmekaar en my yskas en oond is nogal lanklaas skoongemaak maar nou ja... die lewe gaan nou nie net oor skoon nie en niemand het nog ooit siek geword van te veel kieme in my huis nie so dis nog okay :rolleyes: ! Dan kyk ek maar net nog 'n episode van 'How clean is your house' en dan besef ek hoe spotless my huis eintlik is teen engelse standaarde :ilikeit:

So op hierdie oomblik is ek 'n bad huisvrou maar ek kan vakansies reel wat skrik vir niks, my kinders se verjaarsdagpartytjies is tien keer beter as hulle maatjies s'n en ons blog is altyd op datum met fotos en skrywe van ons nuutste avonture hier in Europa. Ek het geleer beskuit, melktert en 'n huge pienk, groen en pers toring verjaarsdagkoek te bak, hoe om die beste online prys te kry vir enige iets, hoe om by 'n restaurant te gaan eet vir halfprys en hoe om geld te spaar op treinkaartjies London toe.

So my punt is dat almal het nou maar net nie dieselfde talente nie en as jy dit kan bekostig kry 'n skoonmaker (iemand kom my more sien om vir my 'n kwotasie te gee), train jou kinders en moet nie te swaar op jouself wees nie (ek werk nog aan almal). :whome:

Link to comment
Share on other sites

die lewe gaan nou nie net oor skoon nie

Ek stem saam :whome:

Edited by SueB
Link to comment
Share on other sites

Thanks guys, a very insightful (and funny) topic and discussion.

Luckily my husband has the attitude that he will happy with what I can muster! I'm taking notes for the washing - I've been working all my adult life, and I'm looking forward to being a housewife when we reach Australia! And Nilo, I am your number 1 fan! I love your posts on all topics!! Thanks for your contributions and positive outlook! :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...