Jump to content
  • 0

Verlang baie


Karoo -familie

Question

Hallo julle

Ek het nooit kon dink ek sou onder die topic iets kom skryf nie en nog minder die moed hê. My man se werksomstandighede is nie goed nie en ek dink dit dra baie by met hoe ons voel. Ons is nou 9 maande hier en ek is sielsongelukkig, al het ons vriende gemaak met S.A en ook Ozzies. Ek kan nie sê ek verlang terug na familie of vriende nie. Dit voel net of daar 'n gat in my hart is. Ek weet my kop sê dis veiliger hier en ek weet almal sê hou net uit dit vat so 2 jaar, maar op die oomblik help dit my nie om beter te voel nie. Ek het intussen bietjie gaan lees op die PomsinOz forum - daar is baie ander inligting oor Oz wat ons al gehelp het en ek voel soos baie van hulle ook voel. ' Trapped', hartseer ensv ensv. Die enigste verskil is dat hulle kan teruggaan na hulle land sonder die vrees vir hulle veiligheid ensv

Ons het baie geleer en waardeer baie dinge nou meer, maar dit laat mens tog dink. Immigrasie voel vir my soos om iemand aan die dood af te gee

Ons gaan kyk om so oor 3 maande te gaan kuier.

Link to comment
Share on other sites

Recommended Posts

  • 0
I wonder why this thread is dead now? Was a good read.

No Rosa, not dead, just getting on with life. Sometimes its a case of "no news is good news". :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 0

No Rosa, not dead, just getting on with life. Sometimes its a case of "no news is good news". :ilikeit:

More Julle. Ek skryf na 'n lang tyd, maar wil net gou 'n 'update' gee. Die verlange het BAIE beter geraak en ons het aangegaan met ons lewens. Maar ons het baie gedink en gebid en soul-searching gedoen. En nou kan ek julle meedeel dat ons al 4 maande terug is in Suid-Afrika. Ons ry nog met 'n ' geleende' kar, ek sukkel met die internet. So weet nie eers wanneer ek weer internet - toegang sal kan hê nie. Maar die wonderlikste is - ek voel weer ' mens' en heel. Die ondervinding in Australia was baie goed en ek is baie dankbaar daaroor en nie spyt nie. Inteendeel as dit nie vir Australia was nie, sou ek nooit besef het hoe baie dinge ek for granted gevat het. Dit was vir my kinders ook 'n goeie ondervinding, maar almal geniet dit om terug te wees. Dis heerlik om weer by 'n tuisnywerheid in te stap of al die winkeltjies wat so kleurryk is van al die handgemaakte crafts.

Wat natuurlik ook vir ons baie gehelp het om 'n keuse te maak, is dat met al die gebede die Here vir ons baie duidelik ge-antwoord het dat ons gaan terugkom en kom help met die ' orphan - kindertjies. So dit was nie 'n emosionele besluit nie. Ons vind dit net nogal interessant dat ons soveel mense teëkom van regoor die wêreld wat ook teruggekom het oor dieselfde redes.

Al wat ek net kan sê is dat ek glad nie saamstem met die wat dink as jy terugkom is dit omdat jy dit nie kon maak nie, want dit is nie maklik om die ' bekende' ( jou eie land ensv) agter te laat nie en dit is weereens nie maklik om alles weer op te pak en terug te kom na dieselfde omgewing en te weet jy gaan 'n paar opinies hoor ( soos wat ons wel gehoor het nie).

Intussen is dit heerlik om elke dag terug te wees en nou ' trek' ek nie weer nie. : ) Ek leef eerder 'n paar jaar korter as wat ek ooit weer so ' half' voel en 'n ' missing - gevoel' wat altyd aan jou knaag.

Ek gun elkeen om te wees en te bly waar dit ookal in die wêreld is. Ons is dankbaar oor die ondervinding, maar ek is nog dankbaarder om terug te wees en kyk anders na ons land se ' challenges'. Baie seën en groete uit Suid - Afrika

skuus ge-edit vir spelfout

Edited by Karoo -familie
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Sjoe ek het nou hierdie hele thread gelees... ek is bly as julle nou weer gelukkig is en heel voel :ilikeit:

Baie sterkte daar :D

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Wow Blossom, what a lovely and honest letter!! It gives me hope for our journey head!!

And Karoo familie!! Baie sterkte terug in SA en ek hoop julle gaan sommer baie gelukkig wees hier!!!

Link to comment
Share on other sites

  • 0

"Jy is lam van opgewondenheid om jou mense weer te sien, maar o, wee....hoe lyk dit dan of jy blyer is om hulle te sien as hulle vir jou?"

I love this line! LOL

Link to comment
Share on other sites

  • 0

"Jy is lam van opgewondenheid om jou mense weer te sien, maar o, wee....hoe lyk dit dan of jy blyer is om hulle te sien as hulle vir jou?"

I love this line! LOL

Springjock - om eerlik te wees. Die 2 mense uit die seker honderd wat ons met ope arms terug ontvang het - dink ek is net bietjie jaloers dat hulle nie hierdie wonderlike ondervinding kon hê wat ons gehad het nie. 'n Mens is net soveel ' wyser' nadat jy 'n bietjie buite jou eie ' grense' kon gaan ondervinding opdoen. Al is ons bietjie ' armer' is ek nie vir 'n oomblik spyt nie.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Well, I hope things work out for and your family. I can't relate to your decision but I certainly respect it as yours to make. As for me, I'm all Africa'd out.....

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Well, I hope things work out for and your family. I can't relate to your decision but I certainly respect it as yours to make. As for me, I'm all Africa'd out.....

Baie dankie - dieselfde vir julle ook.

Groete

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Karoo-familie, ek is bly julle is weer gelukkig :ilikeit: Immigrasie is nie vir almal nie en daar is niks fout met terug gaan nie!

Ek is bly julle sien die ervaring as positief.

Op die ou einde van die dag is julle geluk die belangrikste maak nie saak waar in die wereld nie :)

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Karoo-familie, ek is bly julle is weer gelukkig :ilikeit: Immigrasie is nie vir almal nie en daar is niks fout met terug gaan nie!

Ek is bly julle sien die ervaring as positief.

Op die ou einde van die dag is julle geluk die belangrikste maak nie saak waar in die wereld nie :)

Dankie PtaDaisy

Ja, ons sien die ervaring as 'n baie goeie leer-ervaring. Ons sou kon langer bly as 'n mens wou, maar die redes waarvoor ons terug gekom het S.A toe overide dit waarvoor ons Austr toe is. En dis maar dit. Nie 'n geval van dat 'n mens dit nie kan ' maak' nie.

Daarom het ons vrede in ons harte - en respekteer die wat in Austr wil bly of wat daarheen oppad is. Nou het 'n mens mos ondervinding van 2 wêrelde en kan kies waar 'n mens wil oud word.

Baie groete en seën vir julle almal

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Glo my almal verlang na familie en vriende en dit wat tyd om tuis te voel. Anvaar maar dat jy so gaan voel en voor jy weer kyk is dit verby. Die eerste twee jaar is die mooilikste. Maar moet nie tou opgooi nie. Ek was gelukking het altyd tuis gevoel want ek het all oorsee gewoon voor ons hiernatoe gekom het. Sterkte.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Blossom,

Wow, ek het jou brief gelees en saam gehuil, ek is nog hier in Namibia, ons vlieg in Junie maand Adelaide toe om ons lewe daar te begin. Ons kry onsettend baie verwyte van die familie en vriende af, maar ons moet maar sterk staan.

Jy is n baie goeie skrywer, ek het sommer my man aan die kraag gaan haal om dit ook te lees.

Baie baie dankie dat jy dit met ons almal deel.

Groete,

Christine

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Blossom

Het lanklaas so lekker getjank. Jou posts is eerlik en hartroerend. Dankie vir die vooruitsig. Dankie dat ek kan uitsien na hierdie avontuur en dat ek kan weet dat dit, vir die meeste mense, die beste ding is wat hulle kon doen.

Groete

Lize

N.S. Het jy nie dalk `n permanente blog wat ons kan volg nie? Dit sal nou lekker wees om stukkies van jou lewe met jou te deel!!

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Wow Blossom, dit was awesome!

Waar is jy nou, sien jy is "bannend". Wat het gebeur?

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Wow Blossom, dit was awesome!

Waar is jy nou, sien jy is "bannend". Wat het gebeur?

Wonder ek ook mos nou!!!

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo Almal

Het uiteindelik gou 'n kansie om net ietsie te skryf tot ek weer 'n kansie kry vir 'n langer briefie :) Ons is nou 3 jaar en 3maande terug in Suid- Afrika en het nog nie vir 'n sekonde getwyfel of terug - verlang nie. Ek kan nie vir ander beskryf hoe dit voel om in my eie land , my eie mense, kultuur en taal te wees nie. Dit is absoluut ' kos' vir my siel en ek is elke dag dankbaar ten spyte van al die negatiwiteit. Kan nie glo hoeveel S.A al teruggekom het en nogsteeds terugkom nie . As ek terugdink aan ons 2 en halwe jaar in Australië onthou ek net die ' gat' en pyn in my hart.

Vir die wat nooit wil terugkom nie - ek waardeer jou keuse en besluit. Vir die wat ' ongelukkig' is en wil terugkom wil ek net sê dat jy ' mag maar'. Daar is 'bulte' wat oorkom moet word. Ons moes letterlik van voor-af begin, maar dit was elke dag die moeite werd. Daar is lelike aanmerkings al teenoor ons gemaak, maar dit pla my nie - die genot om terug te wees maak op vir dit alles. Ek kry lekker tot in my tone om na Afrikaans is Groot op DVD te kyk - kunstefees by te woon. Ag, al die lekker en mooi van ons land. En ek is vasberade om 'n ' verskil' te maak en die belangrikste van als: Ek voel weer my ' ou self' en voel ek ' behoort'. En ek dank my Skepper vir die geleentheid wat ek gehad het om uit my land te wees. Nou waardeer ek als wat ek so ' gemis' het. Ek ' huil' nou-nog as ek na die liedjie Pampoen van Steve Hofmeyer luister, want ek onthou hoe ek gevoel het toe ek dit eendag hoor speel het terwyl ons nog in Austr was.

'n Mooi, voorspoedige Nuwe jaar vir almal.

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Despite having an easy immigration process, I have a hole in my heart that is not quantifiable. It is a longing and a yearning for something they at is really a memory that lives in my subconscious. Going back won't satisfy the longing because it is not longer real. So I listen to Skipskop and Janjie and miss nelly eet and the Karoo and the smells of Africa. I have embraced this sorrow. It is mine to live

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Geez i feel for you guys!!

I must be like a serious weirdo or something! I almost have zero longing at all and am happy to spend the rest of my days in Aus. I hope it all ends well for you! :jester:

  • Like 3
Link to comment
Share on other sites

  • 0

I'm with you Surferman. I feel comfortable in my skin in Australia because I feel safe Nothing could makes e go back and I don't even want to visit.

  • Like 2
Link to comment
Share on other sites

  • 0

I am very happy with our decision and wouldn't change a thing.

But there is a part of me that will forever grieve what we have lost.

  • Like 2
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Thanks Crisplet and DXB2OZ,

DXB, is it not more a case of what was TAKEN from you than what what you LOST......? Seriously, if we all man up there are not many that would put their hands up and say their childhoods were worse than adulthood...Think on that one one for a moment...

When I was a boy my dad could send me all the way back to the parking lot at Mission Rocks from the three bays, in KZN to fetch smokes or beer/bait/whatever, and I could go all the way there and back, NO issue. My mate got shot 11 times for his phone fishing the reef there, and there have been car theft, rapes, muggings etc. I dont want to hear about poverty as the reason, as I have said before, the bible says you will always have the poor. And before 1994 and after, SA always had the poor. I used to have a place up at Kosi Bay and NEVER got robbed once by the locals. They all knew me and the respect was mutual.

My heart breaks when I see the raging fire that is fraud, corruption, anger, rape, murder, hatred etc sweeping through the dry grass that is the chasm between the haves and the have nots. In the meantime Gov does it's best to pour pure petrol on the simmering tinderbox that is SA. My vision swims with tears as I look at a beautiful country rent to shreds by a handful of uber corrupt individuals gorging at the trough of largesse.

Lord have mercy on them all.

Sprry all, I'll get off my soapbox now and go home. :cry:

  • Like 2
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Just like one shoe does not fit all feet, so migration does not fit every person.. Some people land here, like us, and immediately feel at home! Some never seem to settle, never mind how hard they have tried.

My feeling is, you get one life to live, so you need to do what you need to do for yourself and your family.. if that is to return to live in South African.. then do so, there is nothing wrong with that.

My suggestion is always though, if you can stick it out long enough to get citizenship in Australia, what a bonus, then at least you could return to Australia, if you ever have a desperate need to leave South Africa in the future.

  • Like 3
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Answer this question...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...