Jump to content
  • 0

Verlang baie


Karoo -familie

Question

Hallo julle

Ek het nooit kon dink ek sou onder die topic iets kom skryf nie en nog minder die moed hê. My man se werksomstandighede is nie goed nie en ek dink dit dra baie by met hoe ons voel. Ons is nou 9 maande hier en ek is sielsongelukkig, al het ons vriende gemaak met S.A en ook Ozzies. Ek kan nie sê ek verlang terug na familie of vriende nie. Dit voel net of daar 'n gat in my hart is. Ek weet my kop sê dis veiliger hier en ek weet almal sê hou net uit dit vat so 2 jaar, maar op die oomblik help dit my nie om beter te voel nie. Ek het intussen bietjie gaan lees op die PomsinOz forum - daar is baie ander inligting oor Oz wat ons al gehelp het en ek voel soos baie van hulle ook voel. ' Trapped', hartseer ensv ensv. Die enigste verskil is dat hulle kan teruggaan na hulle land sonder die vrees vir hulle veiligheid ensv

Ons het baie geleer en waardeer baie dinge nou meer, maar dit laat mens tog dink. Immigrasie voel vir my soos om iemand aan die dood af te gee

Ons gaan kyk om so oor 3 maande te gaan kuier.

Link to comment
Share on other sites

Recommended Posts

  • 0

Sjoe dit was nou die mooiste en opregste brief wat ek nog ooit van iemand gelees het wat geimmigreer het. Ek het so saam deur al die emosies gegaan. Ons was nog nie terug SA toe nie, maar ek kan myself net als inleef en indink.

Baie dankie vir die inspirasie!

Cecile :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Blossom

Jy KAN skryf!!!! Ek wens ek sit al in die vreemde op my agterstoep en bid.

Dankie

Hestie

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Wow, blossom, that was really a great piece of writing! I thoroughly enjoyed reading it (albeit slowly because of my poor Afrikaans abilities).

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Blossom, thank you! That was the most amazing message that I have read on this forum. It took me ages to read because my Afrikaans is not that good anymore, but, it was so worth the effort!

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Thanks everyone. Today I can proudly say I am an Australian by choice.

Blossom.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo Blossom

Dankie ek het eintlik nie woorde om te skryf nie. Het jou briefie uitgeprint ( 'n hele 5 bladsye vol : ) ) en dit toe rustig gesit en lees en dit aangepass vir my man. Ons is nog in die begin van ons journey, maar die gedeelte waar jy beskryf van jou goedjies se uitdeel ensv kon ek absoluut my vereenselwig. Ek het dit die naweek baie daaraan gedink en sommer lekker weer ' getjank' daaroor. Nie omdat ek so wou vasklou aan aardse goedjies nie, maar daar was so baie van dit wat herinneringe en ' stories' gehad het. Ek het net voor ons weg is uit S.A so pas my deel van my ma wat oorlede is se goedjies geerf. En hier moet ek dit ook toe maar uitdeel, al was dit 'n pot met die besonderse pienk malva wat altyd in haar tuin gestaan het.

So het ons elkeen ons ' stories' en dit is goed om te lees dat mense wel uit al die 'skerwe' weer iets moois kan opbou en dat julle wat al langer die ' pad' gestap het die ander kan help as dit ' te veel ' raak.

baie dankie en groete

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Sterkte Hannelie, ek dink aan jou..

Big hugs..

Jill

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Dankie Jill

Voel vandag darem nog beter - tyd help definitief Ons het nou van vlg week verlof vir 10 dae , wil nou maar ry en gaan werk soek. Maar sjoe Austr is groot 'n mens weet nie mooi waar nie. Ons soek bietjie meer koue as hier in Emerald, maar hou ook nie van Kaapse weer nie. Ek boer nou op internet en soek vir ' jobs', wil The Land koerant ook gaan koop vandag. So hou maar duime vas dat ons iets sal kry.

Mooi dag vir jou

Goedgaan

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Wow Blossom, what a great read, of course I now have tears in my eyes but that was a wonderful post ~ despite my very poor Durbanite Afrikaans!

If you ever have the time for an English version too I think lots of people would benefit from reading it.

Thanks for sharing....

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Liewe Karoo Famile,

Sterkte met die werksoek,ek vertrou dat God jul gaan seen. Gaan lees 1Kor 2:9 "Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie, en wat in die hart van n mens nie opgekom het nie, DIT het God gereed gemaak vir die wat Hom liefhet."

En Blossom, jy sal n boek moet skryf as jy nog nie het nie, jy het ware talent!! Mens leef jou so in als in wat jy skryf, dis kompleet werklikheid!!!

Groete

Linda

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Wow!!!! Blossom thank you for your brillant message. Your brought a couple of tears to my eyes. I had basically the same experience last year when I visited Johannesburg. I still miss Oakdene...Glenvista and the Glen.

Diveup

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Dankie Linda

Ek sal 'n ' update' kom skryf as daar 'n werksverandering is. Maar ek het intussen vir 'Homecoming Revolution' 'n brief geskryf en gesê dat hulle nie nodig het om geld te spandeer om S.A terug te wil lok nie. (Hulle het of gaan 'n ' expo' in Engeland hou) Hulle kan eerder hulle tyd en geld spandeer om ons politieke leiers te beinvloed om iets aan die misdaad ensv te doen en ek weet daar is S.A wat sal teruggaan uit hul eie uit. Dit sal nogal interessant wees om te sien of hulle my gaan antwoord en Hoe :)

Mooi gaan

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo Karoo-familie,

My hartjie, Karoo kind, jy moenie worry nie, hier staan die pienk malvas heup hoogte en groei wild. My tuin is vol van die dankbare blomme. Jy gaan hier kom, vir jou die mooiste pot by Bunnings koop en dit vol malvas plant. Sit dat dan in jou eie vensterbank en dink met liefde aan jou moeder.

Goed gee jy weg, memories hou jy vir ewig. Hier kom maak jy nuwe memories en 'n nuwe lewe.

As jy wil pm my en ek vertel jou waar gesels ons vroumense baie lekker en huil op mekaar se skouers. Ons lag ook baie daar. Net wat die dokter ge order het. :ilikeit:

groete,

Blossom.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Dankie Blossom dit is 'n goeie idee, maar hier in Emerald wil die malvas nie lekker groei nie ( te nat) :ilikeit: Ek dink dit alles het maar saam 'n rol gespeel, dit het vir my gevoel my hart gaan dit nie meer hou nie ( nog in S.A), want jy gee en gee en gee net die hele tyd en als en almal wat jy om jou sien herinner jou dat jy van dit moet afskeid neem. Dan slaap mens nog sleg en min en hardloop om als gedoen te kry. Dit was vir my net 1 ' pynlike' hartseer tyd en daarom voel dit wil ek net teruggaan en gaan sit en als ' inneem' en my weer ' vol' maak. Ek wil gaan koffie drink by almal wat ek so afgeskeep het die laaste tyd voor ons weg is daar.

Ek besef net oor en oor - dit alles is 'n ' journey' en ons gaan deur verskillende stadiums. Net soos mens met die dood van 'n geliefde deur verskillende stadiums gaan om dit te kan verwerk, gaan jy ook nou daardeur want daar is baie ' verlies' betrokke met immigrasie. En dit help om ander se ' journeys' te hoor, want anders dink mens daar is fout met jou en dan raak jy eers depressief. Ek het die naweek so ' af' gevoel dat ek gedink het DIS nou seker depressie en ek sal sekerlik moet gaan om pille te drink ( wat ek nie van hou nie), wou net weghardloop. Maar dankie tog vandag voel ek totaal die teenoorgestelde ( nie dat dit beteken ek gaan noodwendig vir altyd hier bly nie : ) ) so dit wys hoe 'gevoelens' met mens kan maak.

Ek het vanoggend baie bemoediging uit die Woord gekry asook uit 'n boekie " 'n lewe van oorwinning' geskryf deur 'n onbekende Christen. (How to live the Victorious Life by An unknown Christian en dit het my weer bemoedig.

Ons het uit 3 verskillende bronne o.a Sy Woord bevestiging gekry dat ons Austr toe moet kom en my man was by die Daniël-konferensie waar Angus ook gesê het dat jy nie Austr toe moet kom tensy die Here vir jou gesê het. My man het na die tyd met hom gaan gesels en toe het hy gesê : 'ons moet gaan as die Here so sê'. Sjoe, maar soos ek gesê het die ' proses' is nie altyd maklik nie.

Ek het ook intussen weer gekyk na die geboorte van Jesus. Hier wil koning Herodus Hom doodmaak en 'n engel waarsku Josef dat hulle Egipte toe moet gaan. As jy mooi dink, God die Vader kon mos vir Jesus beskerm het - so daar moet 'n rede wees hoekom hulle moes trek. En arme Josef en Maria - hier kom hulle in Egipte aan met al die piramiedes ensv ensv. Wat 'n kulturele skok vir hulle en die Taal!!!! En toe dit veilig was is hulle weer terug. Dalk wil die Here van ons ook vir 'n tyd ' uitvat' en dan weer later terugbring. Dit weet ek nie nou nie en verstaan ook nie als nou nie.

Maar al wat ek wel weet, is om net 1 dag op 'n slag te vat, Hom te vertrou, ander wat dit moeilik het te help, nie vergeet om intussen die ' lewe' te geniet nie en dan te sien waar eindig ons.

Sterkte julle almal met julle ' journeys'

Groete

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Tannie Betsy (aka as Blosom)

Great story.

One of the most delightful/moving/heart rendering exposes of the spiritual journey of a South African immigrant that I have ever read on this forum. :ilikeit::blink::lol:

Has Fred gone back to the RSA?

Enjoy!

Manny

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Wow Blossom, what a great read, of course I now have tears in my eyes but that was a wonderful post ~ despite my very poor Durbanite Afrikaans!

If you ever have the time for an English version too I think lots of people would benefit from reading it.

Thanks for sharing....

Hey Eva it would not be the same. No English translation could ever do justice to Blosoms post.

I think that the "gevoel" factor would be lost in translation. Nothiing as expressive as the Afrikaans language.

Enjoy!

Manny

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hello Mr T,

Fred went for a visit yes, a short one. He came back with the same feeling as me. There is nothing left for him that side. He left the old there and continues with the new here....a happy young man with a wonderful job. Remember the sad unsure youngster of a couple of years ago? Thanks to the Lord.....that part of our journey is over!

How are you doing?

Regards,

B.

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Hello Mr T,

Fred went for a visit yes, a short one. He came back with the same feeling as me. There is nothing left for him that side. He left the old there and continues with the new here....a happy young man with a wonderful job. Remember the sad unsure youngster of a couple of years ago? Thanks to the Lord.....that part of our journey is over!

How are you doing?

Regards,

B.

Hi Betsy

Pleased to hear that Fred has also settled and is doing well. :ilikeit:

We are alive and well and still living in Adelaide. :blink:

Tot later.

Manny

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Hallo Karoo Familie,

My naam is Blossom en ek is al 'n ou lid van die forum. Ek het al lekker gelag en net sulke lekker fights ook gehad hier. Baie trane gestort ook en dis hoekom ek een van my posts vir julle hier plaas. Jou post het my vreeslik geraak, so lees maar my briefie as jy wil en ek hoop regtig dat julle baie gelukkig gaan wees mettertyd.

My Pelgrims reis,

Na drie jaar in Australie het ek mos gedink ek is nou heeltemal geklimatiseer. Aangepas by die weer, gewoond aan die Winter reenval en die warm Somers. Heeltemal op my gemak by die winkel sentrums, hou nie eers my handsak behoorlik dop nie en vergeet om my kar te sluit. Nou die aand sommer die agterdeur ook oop vergeet. Ook die garage se rol deur oopgelos toe ek eenslag gou winkel toe is. Lekker mak geraak.

Die spanning is weg uit my liggaam uit, die angstigheid oor kinders wat laat inkom is ook weg. Ek slaap die slaap van die onskuldige. Vroeg soggens terwyl die donker nog sy kombers oor ons vou, sit ek al buite en tee drink, ek en my hond so saam.

In my onderbewussyn onthou ek wel die vrese en angs van die verlede. Ek onthou die alarms, die sirenes, die helikopters wat laag vlieg en gesteelde karre soek. Ek onthou die mens wat op die hoek sit met sy vinger in die lug met ‘n (wat is die Afrikaanse woord?) chainsaw langs hom.

Wow what a fantastic piece of writing

“Ons sny die boom.†Staan daar op ‘n karton doos geskryf langs hom en ek onthou hoe ek geril het as ek dink ek moet daai man met die gevaarlike wapen in my kar laai en huis toe vat.

Een aand se gebeure sit nog helder in my geheue. Ons was pas tuis, my man was weg op ‘n oorsese reis, ons was alleen, seun en ek. Dit was donker en die krag het afgegaan, hoe bang was ek net nie! Die meter boks was in die garage gewees en ek moes uit by die agterdeur om te gaan kyk wat aangaan. Die huis was in die koppies in Glen Vista, die agter erf het bestaan uit ‘n mini berg. As jy daar opgeklim het kon jy die hele Glen Vista en The Glen winkelsentrum sien in die verte. Dit was ‘n wegkruip plek vir enige iemand wat wou weg kruip. Dit was mooi met boomvarings en doringbome en veldplante. In die dag was dit heerlik, in die nag was dit onheilspellend.

Ek moes maar braaf wees en uit in die donker garage toe om die krag weer aan te sit. Maar ek was bang, so bang, dat ek die heeltyd Die Onse Vader hardop loop en bid het. Dis ‘n angs en ‘n diepe vrees wat ek nie sommer sal vergeet nie.

Dis maar een van vele voorvalle, daar was die keer dat die taxi my ou Vollatjie van die pad af wou druk, hoekom weet ek nie want ek het hom niks gedoen nie, nie eers vir hulle gekyk nie. Gelukkig kon hy dit nie regkry nie en ek kon verder ry. My bene het gebewe en ek kon nie die petrol behoorlik trap nie, te veel geruk. Maar daar weer het ek dit gemaak met die Onse Vader wat oor my lippe borrel. Die Onse Vader het my al baie gered.

Maar die mens is sterk en vergeet gou die lelik van die verlede. Hoe langer ek hier bly, hoe meer het ek die ‘ou’ tyd ge-ver-romantiseer (oops, verskoon maar my eie woord.) Dinge het in my gedagtes vervaag en ek het begin verlang. Na die samesyn van familie, vriende, lekker boerekos en alles wat bekend was. Ek het begin vergeet van alles wat so gekrap en gejeuk het en wat my so boos gemaak het. Ek praat nou van familie wat so maklik kon kom geld leen om nooit weer terug te gee nie. Of wat kom kuier vir die hele dag en my net so gelos het met die deurmekaar huis en lee koskaste. Of wat gedurig gevra het vir ‘n lift hierheen of daarheen.

Ek het hier al hoe stiller geraak en my gedagtes was maar daar ver, oorsee. Ek het verlang na rooigrond, Hoeveldse lug en donderstorms, na die 5 uur reen in die middae en na die koel nagte. Verlang na my kinders, suster, ouers se grafte, Pick ‘n Pay vleispasteie en tuis nywerhede.

Manlief het dit agtergekom en gese ek moet ons seun gaan haal en dit sommer my pelgrims tog maak. Nou een ding het ek al agtergekom so met die lees saam hier op die forums. Almal van ons gaan op een of ander stadium terug Suid Afrika toe. Ons noem dit kuier. Ek se dis om weer te groet en helderheid te kry.....om maar net weereens seker te maak dat ons wel die regte ding gedoen het om alles sommer so agter te laat.

Mens kry mos nie kans om behoorlik te groet en afskeid te neem nie. Ons is te besig met die immigrasie vorms, die borde en messegoed uit te deel en om huise te soek vir ons geliefde troeteldiere. Ons probeer ‘n laaste kuier inkry met mense en vriende wat ons lanklaas gesien het en ons wil almal verseker van ons ewige liefde en dat ons hulle nooit sal vergeet nie. Ons is bloot dan te besig om behoorlik stil te raak en afskeid te neem.

Ons bondel uitasem en met rou senuwees op die lughawe saam met ons naastes en probeer naarstigtelik die regte vliegtuig hek kry. Ons drink ‘n laaste koffie/bier/whiskey saam en cheers mekaar op die toekoms.

En dan is ons weg, ons sit in ‘n opgeknopte bondeltjie met ons kniee opgetrek en staar grootogig uit by die vensterjie. Die elmboe stamp teen die ou langs jou, die lugwaardin kom met haar ‘chicken or beef†rympie en jy sit jou ysbeen lam. Teen die tyd wat jy oor klim van die internasionale lughawe na die domestic ene is jy so gedisorienteer, jy weet nie hoe laat dit is nie en waar jy is nie. Jy weet nie eers meer wie is jy nie want jy is nou sonder land en sonder ‘n adres.

Dan kom die groot aanpassing en al is alles Engels, kan dit net sowel Kantonees ook wees. Jy verstaan nie die aksent nie, jy kan nie kaas koop nie want hulle noem dit cheis instede van cheese. Hulle noem jou mate en vra jou aanmekaar ‘how ya doing?†Hulle se nie goodbye nie maar ceeya. Wanneer gaan hulle my weer sien, wonder jy. Die huise lyk anders, die weer is anders, die mense kyk nie eers vir jou nie. Dis asof jy vir hulle wil vertel en skree “hallo, hier is ek. Ek is splinternuut hier en ek soek hulp.†Maar hulle kan nie worry nie, jou saak is jou saak.

Na nog drie maande loop jou trane sommer van self elke dag en jy sit sommer voor die winkels en huil, jy kan nie uitklim nie en bly sit in die kar want jy voel o, so vreemd.

Maar eendag op ‘n reendag, ry jy winkels toe met ‘n glimlag op jou gesig, jy klim uit en groet die meisie agter die toonbank vriendelik. Sy vra jou hoe gaan dit vandag. Sy herken jou! Jy is deel van die gemeenskap, sommer net so. Dan besef jy dat jy nou hier behoort en dat dit eintlik lekker is. Dat jy veilig is en dat jy maats gemaak het. Jy kan slaap sonder ‘n slaappil en sommer met die venster oop hier by jou kop.

En so gaan die lewe aan, jy doen jou ding en jy lewe die lewe. Tot op ‘n dag. So 2, 3 jaar later. Dan begin jy wonder en verlang na die mense wat jy agter gelaat het. Die verlange pluk aan jou hart snare en jy lees alles wat jy kan sommer online oor jou agtergelate land. Jou geboorte land. Iets begin kriewel hier binne en dit wys in jou oe. Want jy begin in die verte in staar en raak weg in jou eie gedagtes. Soveel dat jou mense dit agter kom en begin vra of jy orraait is.

Dan besef jy dat jy mos nooit gedoen het wat jy wou nie. Jy het nooit behoorlik vir jou suster gese dat jy haar onvoorwaardelik liefhet nie. En dat jy so jammer is dat jy haar eenkeer toe dit so koud was, gemaak het om jou japon uit te trek en vir jou te gee. Dat jy die japon aangetrek het terwyl dit nog warm was van haar lyf. Eers jare daarna het ek gedink daaraan dat sy moes gevries het van die koue, dis hoekom sy jou japon aan gehad het. Hoe bitterlik sleg voel ek nie daaroor nie...en ek wil gaan jammer se. Ek wil vir haar ‘n japon koop en saam vat.

Saamvat? Waarheen? Ek gaan mos nerens heen nie...of gaan ek?

Ek wil vir Ma en Pa gaan hallo se daar in die begraafplaas in Krugersdorp. Niemand kom ooit meer daar nie. Ek wil my seun gaan vashou, ek wil sy lyf teen my vasdruk en ek wil onthou hoe het hy gevoel as klein seuntje toe ek hom getroos het. Ek wil gaan loop daar waar die nice mannetjie van die bottelstoor dood geskiet is. Ek wil hom gaan sien in my gedagtes, hom onthou met sy skewe glimlag, ek wil gaan ghoebaai se, magtig man!

Om nie te praat van Russian en chips nie of van Vleis paradys se boerewors nie.......

Lyk my ek gaan.

Plek bespreek, kaartjie gekoop, verblyf gereel, klere uitgesort en toe is ek op pad.

Vir ‘n volle 16 dae gaan ek terug na my land toe, na my mense toe, na my wortels toe.

Snaaks hoe ‘n mens is. Ek was nog nie behoorlik in die lug nie, toe wil ek omdraai....HUIS toe! Toe al besef ek mos, my huis is nou hier. Hier by my goed.

Maar ek draai nie om nie, ek vlieg die 8000 kliometer ver na my verlede toe. Daar gekom, gaan ek toe weer deur al die emosies, die keer in aweregs. Huur ‘n kar en ry agter my groot seun aan na sy huis toe. Ok, dis net hier waar ek stop.

Dit klink maklik, ry agter hom aan! Besef julle wat behels die geryery? Senuwees van staal want hulle ry nie soos ons hier ry nie, hulle vlieg laag. Hulle het nie senuwees nie, hulle is vreesloos en die karre is seker van rubber gemaak. Die bome en pale ook want niemand is bang vir ‘n ongeluk maak nie. Hulle vleg deur die verkeer, druk voor die ander karre in en die toeters blaas onophoudelik. Mense hang by die vensters uit en praat in vingertaal met mekaar. Die paaie word verbou, die spoedgrense bly dieselfde, jy ry nie stadiger omdat daar nou aan die pad gewerk word nie. Jy jaag!

Sit nou ‘n Adelaide meisie wat gewoond is aan 60 kilometer per uur ry anders word daar demerit punte afgetrek en jy betaal lag, lag $250 boete,...sit haar in Johannesburg se verkeer, ou maat, en jy huil al die pad. Het julle al gevoel hoe bewe ‘n been wat die clutch moet intrap, hoe smag jy vir ‘n sigaret maar jy kan nie opsteek nie want jy het net twee hande en die klou om die stuurwiel vas?

Dis jou eerste smakie van terug by die ‘huis’ wees. Die beste le nog voor. Jy is lam van opgewondenheid om jou mense weer te sien, maar o, wee....hoe lyk dit dan of jy blyer is om hulle te sien as hulle vir jou? Die verwelkoming is maar so so. En wat sien jy daar?

Jou koper goedjies wat Gloria so mooi blinkgemaak het deur die jare en wat jy met liefde vir jou sus gegee het, staan daar buite op ‘n tafeltjie.....dis nou ‘n asbakkie! En jou mooi ebbehout bak wat van Zim af kom is die hond se kosbak.....ag nee!

Dis maar die punt van die ysberg, daar is soveel dinge wat net nie reg is nie. Die mense is bly as hulle die dag elektrisiteit het. Hulle koskaste is leeg en hulle kan nie petrol bekostig nie. Melk is ‘n luukse en kraanwater kan jy nie drink nie.

Verbeel ek my of is daar ‘n leegheid in sus se oe? Is daar ‘n gelatenheid in haar man se houding? Lyk die hond asof hy ‘n skop of twee weg het? Wat gaan aan?

Die hekke word agter ons toegegrendel, die kombuis deur se veiligheids hek word ge-dubbel-sluit. Die vensters is toe en daar is sommer nog ‘n veiligheids hek in die middle van die huis. Die is ook gesluit terwyl ons in die kombuis gedeelte is. Die aand word die gewere en die krieket kolwe uitgehaal en onder die beddens weg gesteek. Die alarm word ge aktiveer, die vensters word op knip gesit en die hond slaap in die kombuis.

Teen die tyd is ek so bang dat ek aan my ou handsakkie vasklou vir lewe en dood. Ek loer oor my skouer gang af en ek weier om te gaan pieps. Dis te ver en sus moet saam. Ek verwonder my...waar is my geloof dan? Waar is die mense se geloof? Sal die Here hulle dan nie beskerm nie......weet hulle dit nie? Of is die geloof saam met die baba in die badwater uitgegooi?

Daai aand slaap ek nie, ook nie die daarop volgende aande nie, ek bid vir die tyd om verby te gaan sodat ek kan huis toe kom. Ek mis my nuwe land, my Adelaide, my vriende, ,my man, my hond.

Ons gaan winkels toe die volgende dag, ek sal my deel bring. Laat daar nooit gese word ek eet en drink verniet nie. My fout! Ek betaal ‘n ronde R500 vir 4 etes by Spur. Betaal R300 by die winkel vir melk en brood en nog iets anders. Nou is daar R200 oor van ‘n R1000! Sommer net so!

Uit die blou van onse Hemel.....

Uit die dieptes van ons see.....

Die land is mooi, dis groen en alles blom....my land waarvoor ek so lief is/was. Maar dis nie dieselfde nie, die geboue is vervalle, die strate is vol gate, die waterpype bars oral. Die winkels is vuil binne in, die vleis rakke leeg en toe ek wel hoender opspoor in die een winkel is dit verrotte vleis. Het mos die gewoonte om die plasties te skeur en te ruik aan die hoender, het te veel stelle al afgetrap in die verlede. Ruik mos aan dit en dit is toe so....vrot! Die’dame’ wat die rakke pak gee my ‘n vuil kyk en se sommer vir my Tssk! Sy gryp die vrot hoender, draai hom mooi toe en sit hom weer daar neer, reg vir die volgende gek wat dit gaan koop. Ek gril.

Die volgende oggend vroeg staar ek oor die stad uit......

Oor ons ewige gebergtes...

Daar waar die kranse antwoord gee....

Daar is nie ‘n voeltjie wat fluit nie, nie ‘n tortelduifie nie, niks nie.....net karre wat jaag, sirenes wat loei, toeters wat blaas. Honde wat blaf en mense wat van ver af met mekaar praat/skree. Ek verlang met ‘n passie terug na my stille vroee oggend ure van rus en gebedstyd hier op my agterstoep.

Vanaand het ek die slippie gekry van die slaghuis daar in Northriding....ek was so lus vir Cabanosi, daai lekker gekruide worsie wat jy net nie hier kry nie. Seun en ek het gaan koop, R35 vir sowat 360 gram, ‘n proeseltjie vir die drie van ons. Ek moes dit liewer maar in die vertoonkas gesit het sodat ek elke dag daarna kon kyk. Dit het bitter in my mond geword. Snaaks, ek is nou glad nie meer lus daarvoor nie.

Ek het toe gegroet, almal gegroet. Sus en ek het gepraat en saam gehuil, ek het die nuwe babas in die familie gesien. Die nuwe boyfriends ontmoet, die nuwe huise gesien. Die grafte gaan besoek, Hessie se as uitgesort. Foto’s geneem, die winkels bekyk, pryse vergelyk. Geproe aan ‘n PS choccie, biltong hehad en ook ‘n koeksuster of twee. Ek het seker gemaak seun en sy meisie is okay, hulle lewe in ‘n piepklein plekkie, maar is o, so gelukkig. Sy bak en brou en voer hom vet, hy is gelukkig. Hy is ‘n produk van Suid Afrika en okay daarmee. My hart het tot rus gekom oor hom.

Ek het amper nooit gery met die huurkar nie, te bang gewees. Hy is terug gevat nog met amper ‘n vol tenk petrol in.

Dis hoekom ek se, op een of ander stadium gaan ons almal terug, ons noem dit ‘n vakansie, maar dis is nie...dis ‘n ‘kyk-weer’. ‘n finale vergewis dat ons die regte ding gedoen het om te immigreer. Dis ‘n vaarwel se...dis hartseer...........

Ek het my finale vaarwel gese aan die land en sy mense en die vliegtuig bestyg. Nog nooit was ek so bly om terug te kom nie. Terug!! Na my huis toe, my land toe en ek glo nie ek sal gou weer, indien ooit, weer daarheen vlieg nie. Ek sal verlang ja, maar met aanvaarding en op ‘n ander vlak. Nie meer met hartseer nie. Daar is e mails, Skype selfs pen en papier. Maar die is my land en hier hang ek my man aan en ondersteun hom in al sy besluite. En ek sing Advance Australia Fair...............

Fluit, fluit....

Groete,

Blossom.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Wow wat 'n haarsny net nie kan doen nie !!!

Het vandag gegaan vir 'n haarsny - eintlik net 'n trim wat $40 kos. Sukkel al vir 8 maande by verskeie salonne om te probeer verduidelik 'hoe' ek my hare wil hê. Elke keer het ek hoopvol ingestap, maar weer teleurgestel uitgestap. Elke keer eindig ek met so 'n ' bos' hare by my 'slape', bo op my kop en agter en elke more as ek opstaan skrik ek vir myself in die spieël. In s.a was dit altyd so mooi ge -'feather cut'. Ek mis nogal die ' pamperlang' wat ek in S.A gekry het. Lekker kopwas en dan nog partymaal 'n nekmassering daarby. Parymaal is my nek so gepynig, maar ag op 'n manier was dit tog te salig en het ek maar stil gebly.

Vir die nog in S.A hier ( of altans in Emerald) sit jy op jou stoel en dan vat hulle 'n spuitkannetjie met water en spuit jou hare nat soos hulle sny. Ek kan verstaan hoekom en dit werk net so goed, maar om so lekker agteroor te gaan lê vir 'n ' kopwas' bly maar 'n treat.

Ek het glads 'n foto van my uitgeprint om saam te vat en te wys ' dis hoe ek dit wil hê' maar daar vergeet ek dit in my haas.

Ek het weer probeer verduidelik en die meisie was baie vriendelik en daar stap ek uit met 'n ' hop' in my stap, want ek voel skoon soos 'n nuwe mens. Uiteindelik het ' iemand' verstaan hoe ek dit wil hê en nadat ek haar mooi bedank het, het ek met ' liefde' die 40 dollar uitgehaal.

En ek kan net weer sê " Wat 'n haarsny net nie kan doen nie"

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Karoo-familie,

Ek kan nie anders as om jou posts te lees nie. Jy gaan deur wat ons almal al ondervind het en ek voel vir jou.....regtig. Kan ek maar nog 'n briefie bysit as antwoord op jou hare sny? Hartjie, jy moet maar sê as ek op 'n ander plek moet gaan post want ek gebruik jou spasie? Jaag my maar maar ek dink jy het 'n lekker thread hier aan die gang.

Hier is vir jou Karoo meisie.....

" Morning. I see you are not busy, any chance for a quick haircut?"

"No problem. Have a seat."

"Thank you."

" Now what can I do for you?"

Nou wat op aarde dink sy doen ek hier? Halloooo, ek wil my hare sny, ek is nie hier vir tand trek nie! Sy is klein, 'n baksteen en 'n tiekie hoog en haar hare is grys gekleur. Lyk snaaks saam met haar Asiatiese vel en amandel ogies. Mooi ou dingetjie.

Sy begin agter in die nek sny en ek stop haar.

" Can have a blunt cut please? And not too short, but still short enough for me to handle it with ease. But long enough to be able to style it with a hairdrier."

"Huh?"

Ek lees die verwarring in die ogies. Wat verstaan sy nie? Dis mos maar net medium lengte wat ek wil he. By hulle is short mos teen die kopvel en lank is lank. No in betweens.

Ek verduidelik weer. Sy knik haar kop en sny vreeslik vinnig. Waarvoor die haas dink ek, die shoppie is dolleeg, niemand wag vir haar nie. Sy gaan my ore afsny! Dit knip, knip, knip en die hare waai! Oor my gesig en in my mond.

Blossom, dink ek, moenie skielik nies of hoes nie, sy gaan 'n hap so groot soos 'n 50 sent stuk teen jou kopvel sny.

Sy sien die hare pla in my gesig en sy kom met 'n oorgroot kwas en swiep, swap oor my gesig, die haartjies kielie my neus en toe nies ek kliphard.

"Bend your head please."

Ek bend.

"To the side please. I cannot reach on top, I am too short."

What the...? Hoe gaan sy my hare reg sny bo op my kop as sy nie kan sien nie? Ek sak bietjie laer op die stoel sodat pip squeek kan bykom. Nog laer en ek gly af. Nou druk my pankreas al my maag toe en ek word rooi in die gesig.

Die foon lui en sy los my so skeef le in die stoel om te antwoord. Terwyl sy weg is sit ek gou my bril op om te sien wat sy al gedoen het. Vir julle wat so bysiende soos ek is, wel julle sal weet watse nagmerrie dit is om hare te sny. Die bril moet mos af en dan moet jy met skrefies ogies in die spieel loer en probeer uitmaak wat sy aan jou hare doen. Dis hoekom ek gou loer en sommer regop sit van skok. PS (pip squeek) sny vir die beker! Dis kort!

Sy kom terug met die mooiste smile en se "Solly. It was boyfliend."

Ek smile nie terug nie.

"Please, just listen to me. I want the hair the same lenght left , right and centre....easy...just do the same as what you did on this side."

Weg is die smile. Verbeel ek my of sy bietjie hardhandiger met my, 'n weerlose ou vroutjie?

"Let my show you the back" Uit kom die spieel en sy wys my. Ek kan net woordeloos met groot oe staar....ek se niks...skud net my kop en kyk na die hare wat tragies op die vloer le.

"Let me wipe the hair of your face." Voor ek kan iets se, vee sy verwoed die haartjies van my gesig af. Voel soos sandpapier en toe sy klaar is toe le my mascara sulke swart strepe oor my wange. My lipstick is ook net weg. Ek voel soos 'n kleintjie wie se ma sy snotneus en gesig afvee met 'n nat waslap. Skoon ge-disorienteer, staan ek op en betaal my $30. Ek wou nog gaan kyk het daar by Millers, draai liewer om en strompel kar toe. Probeer my kop onder my arm wegsteek, sodat niemand my kan sien nie.

Jaag vir die huis en hier sit ek nou, oor gebad en ge-hare was en gedroog. Lyk bietjie beter, maar ek weet as daai manne vanaand hier instap, hoor ek weer nie die einde nie. Hulle kan mens mos spot tot jy tjank van woede.

"Tikkel Tokkel, ek voel pantoffel." sal liewe seun se.....dis nie hoe ek voel nie....ek voel moordadig....ek loop sommer nooit weer verby daai hairdresser nie....

Ek het helfte van my shopping nie gedooen nie en ek wil nie my gesig by die deur uitsteek vir die volgende maand nie. Is daar iets wat hare vinniger kan laat groei? Maar liewer ook nie, net nou sit ek met 'n bleskop in die Ozzie son....

Gavin, my ou windbuksie van 'n hairdressertjie, waar, o, waar is jy. ek MIS jou so!

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo Blossom

Skryf asb nog - dis sooo lekker om jou briefies en ervaring te lees en ek glo almal geniet dit. Ek wil definitief nie alleen die ' praatwerk' doen nie. Jy moet maar begin skryf aan jou boek jong!!

Dankie vir jou bydraes en ' saam gesels'

Groete

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Answer this question...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...