Jump to content
  • 0

Verlang baie


Karoo -familie

Question

Hallo julle

Ek het nooit kon dink ek sou onder die topic iets kom skryf nie en nog minder die moed hê. My man se werksomstandighede is nie goed nie en ek dink dit dra baie by met hoe ons voel. Ons is nou 9 maande hier en ek is sielsongelukkig, al het ons vriende gemaak met S.A en ook Ozzies. Ek kan nie sê ek verlang terug na familie of vriende nie. Dit voel net of daar 'n gat in my hart is. Ek weet my kop sê dis veiliger hier en ek weet almal sê hou net uit dit vat so 2 jaar, maar op die oomblik help dit my nie om beter te voel nie. Ek het intussen bietjie gaan lees op die PomsinOz forum - daar is baie ander inligting oor Oz wat ons al gehelp het en ek voel soos baie van hulle ook voel. ' Trapped', hartseer ensv ensv. Die enigste verskil is dat hulle kan teruggaan na hulle land sonder die vrees vir hulle veiligheid ensv

Ons het baie geleer en waardeer baie dinge nou meer, maar dit laat mens tog dink. Immigrasie voel vir my soos om iemand aan die dood af te gee

Ons gaan kyk om so oor 3 maande te gaan kuier.

Link to comment
Share on other sites

Recommended Posts

  • 0

Dit hang seker van baie dinge af want ek ken mense wat ook in die jaar oorgekom het en nie gelukkig is nie, maar ek weet nie vir ons is dit nou weer die heeltemal teenoorgestelde, ons is in Perth en baie gelukkig! ons is nou 16 Maande hier en dit was die beste besluit wat ons nog ge maak het ja ek mis partykeer bietjie familie en vriende maar daar is meer om te oorweeg as net verlange.

Om gelukkig te wees is I besluit wat jy self moet maak en dan werk daaraan om in te pas en vriende te maak en aktief te raak in jou omgewing dan alleen kan jy I sukses maak van Immigrasie, Australia het so baie om te offer as jy bereid is om dit te ontvang!!

Sterkte vir julle vorentoe!!

Groete,

KangaRoux

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Hallo julle

Ek het nooit kon dink ek sou onder die topic iets kom skryf nie en nog minder die moed hê. My man se werksomstandighede is nie goed nie en ek dink dit dra baie by met hoe ons voel. Ons is nou 9 maande hier en ek is sielsongelukkig, al het ons vriende gemaak met S.A en ook Ozzies. Ek kan nie sê ek verlang terug na familie of vriende nie. Dit voel net of daar 'n gat in my hart is. Ek weet my kop sê dis veiliger hier en ek weet almal sê hou net uit dit vat so 2 jaar, maar op die oomblik help dit my nie om beter te voel nie. Ek het intussen bietjie gaan lees op die PomsinOz forum - daar is baie ander inligting oor Oz wat ons al gehelp het en ek voel soos baie van hulle ook voel. ' Trapped', hartseer ensv ensv. Die enigste verskil is dat hulle kan teruggaan na hulle land sonder die vrees vir hulle veiligheid ensv

Ons het baie geleer en waardeer baie dinge nou meer, maar dit laat mens tog dink. Immigrasie voel vir my soos om iemand aan die dood af te gee

Ons gaan kyk om so oor 3 maande te gaan kuier.

Aw, Karoo-familie......yes, most of us have and are still going through that hole in the heart feeling. Immigration is one of the most stressful things ANY family can go through, it does feel as if you have lost part of your heart and soul. Comfort in the fact that we can at least 'voice our heartache' on this forum, as we as SA will always verlang..........we are all in this together, no matter what part of SA we hail from, or how many family members we left behind.........

Hope that you will be feeling a lot happier soon!!!

Erica

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Dit hang seker van baie dinge af want ek ken mense wat ook in die jaar oorgekom het en nie gelukkig is nie, maar ek weet nie vir ons is dit nou weer die heeltemal teenoorgestelde, ons is in Perth en baie gelukkig! ons is nou 16 Maande hier en dit was die beste besluit wat ons nog ge maak het ja ek mis partykeer bietjie familie en vriende maar daar is meer om te oorweeg as net verlange.

Om gelukkig te wees is I besluit wat jy self moet maak en dan werk daaraan om in te pas en vriende te maak en aktief te raak in jou omgewing dan alleen kan jy I sukses maak van Immigrasie, Australia het so baie om te offer as jy bereid is om dit te ontvang!!

Sterkte vir julle vorentoe!!

Groete,

KangaRoux

Dankie KangaRoux - ek is bly dit gaan goed met julle.

Soos ek geskryf het, ons het vriende gemaak met beide S.A en Oz. Ons is by 'n kerk wat ons geniet en kuier graag na die diens met die ander. Ek kan nie sê ek verlang na familie of vriende nie. Maar tog is daar net die ' gemis'. Wat moet ek doen " om dit te ontvang"? Bedoel jy dalk om rond te gaan en plekke te besoek? Op die oomblik hou die werk my man nogal besig as hy die slag die dag af het wil hy net bietjie rusgtig ontspan met sy gesin.

Groete

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Thanks Erica

it does feel as if you have lost part of your heart and soul. Agree and this makes you ' think'

Comfort in the fact that we can at least 'voice our heartache' on this forum, as we as SA will always verlang

Yah- I'm so ' dankbaar' for this.

Hope that you will be feeling a lot happier soon!!!

Thanks Erica

Blessings

Link to comment
Share on other sites

  • 0

The immigration gurus calls "what you are experiencing " right now as the U-curve! And it happens at around month 10! All I can say is - dig out the reasons for leaving list - and get it on your fridge.

Get involved in something completely new - do what you have always wanted to do - just to get your mind off things.

And yes the 2 year thing does work - for most people.

As a last resort think of others in much worse off situations, such as those arriving as refugees on boats.

(I have lived nearly 4 years in Asia in the Northern Hemisphere with bitterly cold and long winters, pollution filled skies most days in a city of 18 million people, where English is not really spoken, and you pretty much DO NOT get any food, TV, magazines, clothes or just EVERYTHING that we once knew, here. EXACTLY everything here works OPPOSITE to the way I once knew life. (even the way they cut fruit, open doors, etc. etc.) But hey I am so much better for it, as this experience (although VERY hard at times) has made me a better person (I hope). My children are so more open minded. Furthermore, we have realised that there ARE more ways of doing things, and it is still right. In fact there is NO RIGHT way.)

Sterkte en soos die Engelse se: " This too shall pass."

Groetnis

Link to comment
Share on other sites

  • 0
The immigration gurus calls "what you are experiencing " right now as the U-curve! And it happens at around month 10! All I can say is - dig out the reasons for leaving list - and get it on your fridge.

Get involved in something completely new - do what you have always wanted to do - just to get your mind off things.

And yes the 2 year thing does work - for most people.

As a last resort think of others in much worse off situations, such as those arriving as refugees on boats.

(I have lived nearly 4 years in Asia in the Northern Hemisphere with bitterly cold and long winters, pollution filled skies most days in a city of 18 million people, where English is not really spoken, and you pretty much DO NOT get any food, TV, magazines, clothes or just EVERYTHING that we once knew, here. EXACTLY everything here works OPPOSITE to the way I once knew life. (even the way they cut fruit, open doors, etc. etc.) But hey I am so much better for it, as this experience (although VERY hard at times) has made me a better person (I hope). My children are so more open minded. Furthermore, we have realised that there ARE more ways of doing things, and it is still right. In fact there is NO RIGHT way.)

Sterkte en soos die Engelse se: " This too shall pass."

Groetnis

Baie dankie - weet daar is nie 'n kitsoplossing nie en het baie om voor dankbaar te wees veral as ek lees wat julle moes beleef. Daar sou ek dit totaal en al nooit ' gemaak' het nie : )

Groete

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Ek verstaan presies waardeur jy gaan, ons is nou 14maande hier en kyk nie een dag terug nie.Dit is hartseer, vir die familie wat agterbly...Ek was 2 weke gelede in SA en ek dink dit sal jou goed doen om terug te gaan en vir jouself te gaan kyk, dan kan jy kies waar jy regtig wil wees.

Ek dank God elke dag vir die geleentheid, ek beskou dit as n voor reg om hier te wees.

Sterkte en hoop iets gebeur dat jy somer gou beter voel.

Ek dink aan jou:-)))

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Dankie Saffertjie

Voel beter, maar sien nogtans BAIE uit na 'n kuiertjie. Ek het 'n sussie in Engeland en na 15jr daar kom sy elke jaar terug Suid-Afrika toe vir 'n kuier. Sy het altyd gesê sy moet dit doen om te kan ' hou' vir nog 'n jaar. Ek kon dit nie verstaan nie, maar nou verstaan ek presies : )

Mooi gaan

Groete

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Karoo familie,

Ek dink immigrasie is moeliker as wat ons besef, daar is so baie emosies!!! Dis goed dat jy jou emosies met ons deel , dit help ons wat nog in SA is om te besef wat die realiteite is.

Ek hoop jou man kry vinnig n ander werk, dit sal baie help met jul situasie as hy in lekkerder omstandighede kan werk, en meer tyd kan af he saammet sy gesin. sal aan jul dink.

Baie sterkte

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Weet ek nie hoe dit voel nie!! Ons is nou 19 maande in Melbourne en die eerste 3 maande was hel. Ons het ok baie vriende gehad en na n goeie kerk gegaan, maar ek wou net niks weet. Ek het dag en nag gehuil en my familie teen die mure uitgedryf. Ek het tot my man gedwing om weer werk te soek in SA en omdat hy net nie meer kon huis hou met my het hy dit gedoen. Hy het toe werk gekry en dit als voor ons container nog afgelaai was. Die dag toe hul ons laat weet ons container is hier, het ons hul laat weet om dit op "hold" te hou, want ons gaan terug SA toe.

Een oggend het ek net gesit en mooi dink oor die pad wat ons tot hier geloop het en besef dat ek my familie n onreg aandoen om dit nie n kans te gee nie. Ek het vir manlief gese ons bly en het die container laat aflaai. Die beste ding was dat ons van een gebied (Rowville) na n ander (Berwick) getrek het. Ewe skielik het dit gevoel asof ons geland het.

n Ander ding wat my nog meer tuis laat voel het in Australia was toe my ma en skoonouers verlede jaar Okt, Nov en Des kom kuier het. Ek dink dan besef jy eers dat hulle vir jou kom kuier in n ander land wat nou jou tuiste is. Deur als vir hulle te wys wat ons al gesien het en beleef het, het my nog meer tuis gemaak. Ja dit is nog glad nie maklik nie. Ek kry my af dae dat ek wens ek was nou in SA, maar dan hou ek myself besig en besef weer hoe gelukkig ek is.

My vriendinne lag nou as ons praat oor 17 maande terug toe ek net wou terug gaan SA toe. Hul het altyd vir my gevra hoe ek nog wil terug gaan na als wat met ons in SA gebeur het, maar nie eers dit het vir my op daardie oomblik saak gemaak. Ek het heeltemal net met my hart gedink en nie met my brein.

Sterkte vir jou. Weet dis makliker gese as gedaan, maar dit word regtig beter. Ek wou dit ok nie geglo het nie.

Cecile

Edited by koosdup
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Liewe Karoo-familie,

Eerstens, jy is nie alleen nie, baie van ons verlang terug. Is maar net een van daai dinge. Dink ons vergeet partykeer net hoe hectic die hele trek is. Dis baie emotioneel om jou land te verlaat en nou weer tuis te voel in 'n vreemde plek. Gee jouself tyd en laat jouself toe om terug te verlang. Maar dink dit kan ook help om iets nuuts te vind waaraan jy kan deel neem?

Alles van die beste en ek stuur vir jou 'n groot druk! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hey kop op juffrou.

Wel ek kan regtig se ek weet hoe jy voel. Ek gaan nou in Mei gaan kuier en sal dan post hoe dinge daar is. Ek ken die wereld waar julle vandaan kom, my mense is oorspronklik van Calitzdorp so ons is ook Karoo mense. Dis 'n baie ander tipe wereld die en die uitkyk op die lewe is hand omkeer anders as waaraan mens gewoond is as jy van plekke af kom waar almal mekaar ken en omgee vir mekaar. Ek verlang ook vreeslik huis toe elke dag en ek is al amper 3 jaar hier. Vat elke dag soos dit kom en maak 'n punt daarvan om tot jy meer gemaklik is in Oz gereeld te gaan kuier in SA. Ek gaan elke jaar en baie ander Saffas doen dit ook. Dit maak 'n groot verskil vir my want dit is iets waarna ek uitsien en veral die geleentheid om vir my mense geskenke te kan vat en te kan bederf. Daai goeie tye elke jaar help my deur die donker tye, en as dit nie help nie, gaan sien jou dokter en gaan vind uit waar jy hulp kan kry al is dit net om jou hartseer te kan deel en lekker te kan huil sonder dat mense jou tugtig daaroor. Sterkte en jy kan my enige tyd PM as jy net wil ontlaai anders sal ek vir jou my nomer gee dan huil ons op mekaar se skouers as dinge rof gaan.

Baie sterkte dink aan julle.

Groete

Stephanie

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi,

kan ook maar net se dat jy jou bes moet doen om mense op te soek wat jou nie gaan tugtig oor jou gevoelens nie en die emosies aflaai. Emigrasie is 'n baie emosionele proses en dit waardeur jy gaan is baie normaal. Ons is nou al oorie 5 jaar hier en nou gaan dit beter. Ons verlang net weer nou baie na die mense as gevolg van alles wat daar nou aangaan. Dis baie hartseer om te dink waardeur Suid Afrikaners en mense vir wie jy lief is nou deurgaan. Wat ek wil se is die volgende: jy gaan altyd tye kry wat jy gaan verlang hier en daar. Die beste wat jy kan doen is om jou emosies te manange. Doen alles wat jy kan om die nodige hulp en ondersteuning te kry en moenie emosies opkrop omdat iemand jou berispe of slegse nie. Sterkte. :lol:

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hello Trekarbeider

Ek dink immigrasie is moeliker as wat ons besef, daar is so baie emosies!!! Dis goed dat jy jou emosies met ons deel , dit help ons wat nog in SA is om te besef wat die realiteite is.

Ja, ek dink nie mens kan jou regtig emosioneel daarvoor voorberei nie. Ek het vir myself dit oor en oor gesê terwyl ons nog in S.A was dat ek die ergste moet verwag. Maar die seer en verlange het my stadigaan al hoe meer ' bekruip' en Saterdag was dit toe vir my te veel - ek wou toe net terug.

Ek hoop jou man kry vinnig n ander werk, dit sal baie help met jul situasie as hy in lekkerder omstandighede kan werk, en meer tyd kan af he saammet sy gesin. sal aan jul dink. Dankie is nou hard besig om daaraan te werk, eintlik werk ons al die afgelope 8 maande daaraan om 'n ander werk te kry, maar die deure het nog nie vir ons oopgegaan nie.

Mooi gaan en baie sterkte. En al is die situasie in S.A hoe ' sleg' nou, geniet dit en waardeer jou taal, kultuur, mense ensv ( nie dat jy dit nie doen nie)- jy gaan dit baie mis.

Baie groete

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Karoo-familie

I hope that things start falling into place for you soon... that is my prayer for you!

Perhaps you should widen your area of search, I have known of some folks that have been very unhappy in Victoria, moved to NSW and settled immediately. For the same there have been a couple of families that moved from Queensland to Melbourne and absolutely love it here, although they had never considered it before, but they were offered jobs here!

So check out "seek" and see if you can get a job elsewhere, perhaps it is just the job that hubby is waiting for!

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Karoofamilie,

Moenie moed verloor met die werksoekery nie. Dit opsigself is ook 'n emosionele roler coaster. Ek doen kontrakteurswerk en as mens nie oppas nie, dan begin dit op jou werk as jy desperaat is op soek na iets anders en daar is die belofte van werk. En dan val dit deur die mat en dan begin die hele proses van voor af. En sas dit week na week so aangaan, dan tap dit.

Alles gebeur met 'n doel en ongelukkig sien mens altyd eers na die tyd hoekom dinge uitgewerk het soos dit het.

Hierdie is nou maar eenmaal nie ons dam se ganse nie, maar een ding wat ons baie goed kan doen is swem in hierdie ganse se dam. Hou jou koop hoog - dinge sal uitwerk. Nie almal se eerste home sick kom op dieselfde tyd nie. Party s'n is dadelik, ander 3 maande, ander na 'n jaar of meer. Ek is amper oortuig die kuiertjie sal julle goed doen, met die terugkom OZ toe daarna sal jy sien dinge gaan sommer baie beter.

Sterkte

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo Cecile

Dankie vir jou bydrae

Die eerste 3 maande was hel.

Sjoe, dit moes erg gewees het. Snaaks genoeg was die eerste ruk vir my heel ok. Ek het nog nooit die 'honeymoon' beleef nie, maar ek was ok. Wys net weer dat ons almal, dit verskillend ervaar oor verskeie redes en omdat elkeen 'n ' unieke' situasie het.

n Ander ding wat my nog meer tuis laat voel het in Australia was toe my ma en skoonouers verlede jaar Okt, Nov en Des kom kuier het.

Ek dink hier was die eerste probleem. My man se ma was sooo 'eager' om vir ons te kom kuier dat sy 2 dae na ons weg uit R.S.A is dadelik gaan aansoek doen het vir haar paspoort. Toe die uiteindelik arriveer begin sy mediese probleme kry. Sy word end April 79jr en sal nou glad nie kan kom kuier nie. My pa ( 75jr) in Namibia kan ook glad nie kom kuier nie en die res vd familie kan ook nie weens verskeie redes. So ons sal moet gaan kuier as ons die familie weer wil sien. Ek is soooo bang vir vlieg dat ek gese het: " nie gou weer nie". Ek het daai einste woorde sommer gou vergeet die naweek en gevoel niks maak nou saak nie

Hul het altyd vir my gevra hoe ek nog wil terug gaan na als wat met ons in SA gebeur het, maar nie eers dit het vir my op daardie oomblik saak gemaak.

Jou laaste woorde was presies wat ek ook ervaar het. Ek het die woorde ' kom huis toe'/ coming home seker 100x gegoogle die naweek en kan al die stories op die Homecoming Revolution se website vir jou vertel - ek wou net weet of dit net EK is wat nou nie meer mooi ' by' is nie. En dis toe dat ek op die PomsinOz lees dat daar van hulle is wat PRESIES soos ek voel en terug huis toe is. En toe is ek sommer ' vies' vir hulle ook, want hulle kan, maar ons nie regtig as jy jou veiligheid in gedagte neem nie.

Sterkte vir jou. Weet dis makliker gese as gedaan, maar dit word regtig beter. Ek wou dit ok nie geglo het nie.

dankie, ek wou dit ok nie glo die naweek nie. NIEMAND moes my iets positief van Austr. se nie, ek WOU dit nie hoor nie. Maar as ek vandag dink hoeveel beter ek voel, dan lyk my dit is wraggies waar : )

Groete

Edited by Karoo -familie
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Liewe Karoo-familie,

dankie Michele - toe ek die 'liewe' lees het ek eintlik sommer so 'n 'warm' gevoel gekry. So ' eg- Afrikaans' Ag al hierdie 'emosies' en verlange maak 'n mens se kop sommer deurmekaar. Een oomblik dan voel ek ek wil sommer net iewers heen trek en tussen my ' mense' wees, maar dan onthou ek ook hoe baie kere ek gelees het dat jy dit juis nie moet doen nie en hoe daar tog Suid-afrikaners is wat weer wil ' weg' van ander S.A . Ek is net nou dankbaar ek is nie in Argentiniê of Asie waar ek nie eers Engels om my hoor nie.

Alles van die beste en ek stuur vir jou 'n groot druk! :ilikeit:

Baie dankie, waardeer dit

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo sbhennops

Ek gaan nou in Mei gaan kuier en sal dan post hoe dinge daar is

Ja, asb - want nou ' karring' my man en van my kinders dat ek moet uithou tot vlg jaar April. Snaaks manlief wou Saterdag sommer ook net terug : ), maar my 1 seunskind wil gaan jag.

Ek ken die wereld waar julle vandaan kom, my mense is oorspronklik van Calitzdorp so ons is ook Karoo mense.

Ek het groot geword in die Noorde van ou Suidwes met baie gras en bome en die laaste 20jr in die Karoo. Nou ' soek' ek nie die lang grasse - hoe mooi dit ook mag wees as dit so groen is nie. As ek dit hier kon kry ( kleinkaroo veld) het ek sowaar soontoe getrek.

Dis 'n baie ander tipe wereld die en die uitkyk op die lewe is hand omkeer anders as waaraan mens gewoond is as jy van plekke af kom waar almal mekaar ken en omgee vir mekaar.

Hier stem ek saam, ons mis die warmte en regtig omgee - selfs onder die christene in die kerk. Ons sal mekaar raakloop in winkels en hulle sal in jou oe kyk met geen smile op hul gesig of jou groet nie. En dit het sommer Baie al gebeur. So ek weet nie of dit net die mense hier is nie en of dit deel van Austr se kultuur is.

maak 'n punt daarvan om tot jy meer gemaklik is in Oz gereeld te gaan kuier in SA.

Het ook so begin dink.

Daai goeie tye elke jaar help my deur die donker tye, en as dit nie help nie, gaan sien jou dokter en gaan vind uit waar jy hulp kan kry al is dit net om jou hartseer te kan deel en lekker te kan huil sonder dat mense jou tugtig daaroor.

Ja, hier wil ek dankie se dat ek sover kon skryf hoe ek immigrasie ervaar sonder om veroordeel te word. Dit sou mens net nog verder in die 'gat' ingehelp het.

Dankie jy moet sommer my jou nommer pm.

Baie dankie en kuier sommer namens my part ook - ek is baie jaloers :ilikeit:

Bye

Edited by Karoo -familie
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Ons is nou al 4 jaar is Aus. Die 1ste 2 jaar was absoluut 'n emosionele wasmasjien. Ons wou elke dag terug maar het elke slag net vir onself gese probeer nog en harder gebid. Ek het na twee jaar 'n ander werk gesoek en gekry en ons lewens het heeltemal verander. Het ook na die 2de jaar gaan kuier en gaan nou weer kuier. Een ding is seker, daar is geen raad al wat ek glo werk is gebed. Niemand verstaan en elkeen se situasie is anders. Byt vas, soek ander werk en trek dalk na 'n ander plek, maar hou eers uit en gee dit 'n go. Ten minste kan jy se as julle sou terug dat jy dit jou alles gegee het.

Sterkte :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Dankie FlowersInOz dit is waar wat jy se.

Groete

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Karoo-familie

I hope that things start falling into place for you soon... that is my prayer for you!

Perhaps you should widen your area of search, I have known of some folks that have been very unhappy in Victoria, moved to NSW and settled immediately. For the same there have been a couple of families that moved from Queensland to Melbourne and absolutely love it here, although they had never considered it before, but they were offered jobs here!

So check out "seek" and see if you can get a job elsewhere, perhaps it is just the job that hubby is waiting for!

Thanks Mara

We've tried for about 7months now to find a job without success. Husband wants to move to NSW. He is working as a farmhand on a farm here, long,long hours etc That was also a BIG shock for us. Coming from a farm as farmers and now you are treated worse than how we treated our people on our farm. :ilikeit:

But we will keep trying

Blessings

Edited by Karoo -familie
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo Biker

Moenie moed verloor met die werksoekery nie. Dit opsigself is ook 'n emosionele roler coaster.

Wat praat jy!!!!!!! Omdat my man sulke lang ure werk en party dae tot 7dae per week moet Ek maar die searches doen. En dan kry jy ' hoop' as iets goed lyk en die vlg dag is dit weer ' down' omdat dit toe nie was wat jy gedink het nie - net soos wat jy geskryf het. Kan jy glo, my man dink selfs nou daaraan om sommer huise skoon te maak om net uit die situasie te kom. :ilikeit: Hy is 'n stil, introvert tipe mens ( tipiese Karoo-boer) :lol:

Snaaks as 1 ding nie lekker uitwerk soos jou werksituasie nie, hoe ander goed sommer ook op jou begin werk. Dis 'n anderste tipe ' hitte' as in die Karoo - met vogtigheid daarby. My houtkaste se deure swel so dat as dit toe is wil dit nie oop nie en andersom. Met al die reens het al die ' bugs' ons ' op' gehad. Die apteke hier se, hulle het 'n jaar se voorraad room teen insekbyte in letterlik 2 weke verkoop. Kort-kort hoor jy iemand het 'n Brown snake iewers gekry, binne-in huise, kantore. As jy saans buite toe gaan moet jy mooi loop tussen al die toads. Dis paddas in jou toilet en die voels se geskree in die oggende het my ook toe sommer begin irriteer.

Nou dat ek tog beter voel, kan ek net se, dat mens nie besluite moet neem as jy in ' so' 'n toestand is nie. Vandag sien ek weer kans vir alles. Wil net nie hoor dat ek nog dalk 5 jaar of meer moet hier bly nie :ilikeit: Sal dit maar so ' stukkie vir stukkie' vat.

Toe ons uit R.S.A weg is, was my hart in stukke, want alles het so finaal gevoel. Vandag besef ek - maar hoekom moet dit finaal wees? Hoekom kan dit nie 'n ' journey' wees nie? Dalk, net dalk verander Suid-Afrika en kan ek terug. En dan kom ek daar en dan WIL ek dalk nie daar wees nie, en dan is dit ook ok. Drome het nogal die vermoe om jou te laat 'uithou'.

Ek het gedog 25 Jul 2009 dat ek nie gou genoeg kan wegkom van Afrika nie, maar ek het die naweek besef Afrika is in my hart en sal altyd wees. Solank ek net nie ophou droom en hoop nie en die ' journey' intussen kan geniet en dan ' kyk' ek maar eendag waar ek geeindig het.

O, wil dit nog bysê. Ek het die naweek vir my kinders gese - as ek intussen iets oorkom, veras my maar en vat ' my' tog net saam AS hulle eendag teruggaan R.S.A toe. Ek onthou toe van hoe Josef in die Bybel ook gese het dat as die Israeliete eendag wegtrek uit Egipte moet hulle sy beendere saamvat en toe het ek baie begrip van hoe Josef gevoel het. Ek wou nie dat daar iets van my agterbly hier nie. Nou maak DIT ok glad nie meer saak nie.

Dankie vir almal se briefies (al die pm ook) en omgee - dit het regtig baie gehelp en sterkte vir almal. Vir die wat nog kom, kom. As jy intussen besluit jy wil terug, kan ek jou waarborg gaan jy as 'n beter mens terug en gaan jy baie dinge meer waardeer wat jy vroeer as vanselfsprekend aanvaar het. Dit gaan jou dalk ' armer' maak, maar sulke ondervinding kan jy nie met geld meet nie. Ek sal nou al nie spyt wees oor ons ' journey' nie en kry net so skaam omdat ek so baie te sê gehad het as ek hoor van ander wat terug is.

Dankie julle

Edited by Karoo -familie
Link to comment
Share on other sites

  • 0

Dankie Will

Dit is openhartigheid van ander se ' journeys' wat mens laat voel dis nie net Jy wat so voel nie en om uit te hou. Sien jy kom ook van Namibia : )

Baie dankie ook vir jou bydrae

Groete

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hallo Karoo Familie,

My naam is Blossom en ek is al 'n ou lid van die forum. Ek het al lekker gelag en net sulke lekker fights ook gehad hier. Baie trane gestort ook en dis hoekom ek een van my posts vir julle hier plaas. Jou post het my vreeslik geraak, so lees maar my briefie as jy wil en ek hoop regtig dat julle baie gelukkig gaan wees mettertyd.

My Pelgrims reis,

Na drie jaar in Australie het ek mos gedink ek is nou heeltemal geklimatiseer. Aangepas by die weer, gewoond aan die Winter reenval en die warm Somers. Heeltemal op my gemak by die winkel sentrums, hou nie eers my handsak behoorlik dop nie en vergeet om my kar te sluit. Nou die aand sommer die agterdeur ook oop vergeet. Ook die garage se rol deur oopgelos toe ek eenslag gou winkel toe is. Lekker mak geraak.

Die spanning is weg uit my liggaam uit, die angstigheid oor kinders wat laat inkom is ook weg. Ek slaap die slaap van die onskuldige. Vroeg soggens terwyl die donker nog sy kombers oor ons vou, sit ek al buite en tee drink, ek en my hond so saam.

In my onderbewussyn onthou ek wel die vrese en angs van die verlede. Ek onthou die alarms, die sirenes, die helikopters wat laag vlieg en gesteelde karre soek. Ek onthou die mens wat op die hoek sit met sy vinger in die lug met ‘n (wat is die Afrikaanse woord?) chainsaw langs hom.

“Ons sny die boom.†Staan daar op ‘n karton doos geskryf langs hom en ek onthou hoe ek geril het as ek dink ek moet daai man met die gevaarlike wapen in my kar laai en huis toe vat.

Een aand se gebeure sit nog helder in my geheue. Ons was pas tuis, my man was weg op ‘n oorsese reis, ons was alleen, seun en ek. Dit was donker en die krag het afgegaan, hoe bang was ek net nie! Die meter boks was in die garage gewees en ek moes uit by die agterdeur om te gaan kyk wat aangaan. Die huis was in die koppies in Glen Vista, die agter erf het bestaan uit ‘n mini berg. As jy daar opgeklim het kon jy die hele Glen Vista en The Glen winkelsentrum sien in die verte. Dit was ‘n wegkruip plek vir enige iemand wat wou weg kruip. Dit was mooi met boomvarings en doringbome en veldplante. In die dag was dit heerlik, in die nag was dit onheilspellend.

Ek moes maar braaf wees en uit in die donker garage toe om die krag weer aan te sit. Maar ek was bang, so bang, dat ek die heeltyd Die Onse Vader hardop loop en bid het. Dis ‘n angs en ‘n diepe vrees wat ek nie sommer sal vergeet nie.

Dis maar een van vele voorvalle, daar was die keer dat die taxi my ou Vollatjie van die pad af wou druk, hoekom weet ek nie want ek het hom niks gedoen nie, nie eers vir hulle gekyk nie. Gelukkig kon hy dit nie regkry nie en ek kon verder ry. My bene het gebewe en ek kon nie die petrol behoorlik trap nie, te veel geruk. Maar daar weer het ek dit gemaak met die Onse Vader wat oor my lippe borrel. Die Onse Vader het my al baie gered.

Maar die mens is sterk en vergeet gou die lelik van die verlede. Hoe langer ek hier bly, hoe meer het ek die ‘ou’ tyd ge-ver-romantiseer (oops, verskoon maar my eie woord.) Dinge het in my gedagtes vervaag en ek het begin verlang. Na die samesyn van familie, vriende, lekker boerekos en alles wat bekend was. Ek het begin vergeet van alles wat so gekrap en gejeuk het en wat my so boos gemaak het. Ek praat nou van familie wat so maklik kon kom geld leen om nooit weer terug te gee nie. Of wat kom kuier vir die hele dag en my net so gelos het met die deurmekaar huis en lee koskaste. Of wat gedurig gevra het vir ‘n lift hierheen of daarheen.

Ek het hier al hoe stiller geraak en my gedagtes was maar daar ver, oorsee. Ek het verlang na rooigrond, Hoeveldse lug en donderstorms, na die 5 uur reen in die middae en na die koel nagte. Verlang na my kinders, suster, ouers se grafte, Pick ‘n Pay vleispasteie en tuis nywerhede.

Manlief het dit agtergekom en gese ek moet ons seun gaan haal en dit sommer my pelgrims tog maak. Nou een ding het ek al agtergekom so met die lees saam hier op die forums. Almal van ons gaan op een of ander stadium terug Suid Afrika toe. Ons noem dit kuier. Ek se dis om weer te groet en helderheid te kry.....om maar net weereens seker te maak dat ons wel die regte ding gedoen het om alles sommer so agter te laat.

Mens kry mos nie kans om behoorlik te groet en afskeid te neem nie. Ons is te besig met die immigrasie vorms, die borde en messegoed uit te deel en om huise te soek vir ons geliefde troeteldiere. Ons probeer ‘n laaste kuier inkry met mense en vriende wat ons lanklaas gesien het en ons wil almal verseker van ons ewige liefde en dat ons hulle nooit sal vergeet nie. Ons is bloot dan te besig om behoorlik stil te raak en afskeid te neem.

Ons bondel uitasem en met rou senuwees op die lughawe saam met ons naastes en probeer naarstigtelik die regte vliegtuig hek kry. Ons drink ‘n laaste koffie/bier/whiskey saam en cheers mekaar op die toekoms.

En dan is ons weg, ons sit in ‘n opgeknopte bondeltjie met ons kniee opgetrek en staar grootogig uit by die vensterjie. Die elmboe stamp teen die ou langs jou, die lugwaardin kom met haar ‘chicken or beef†rympie en jy sit jou ysbeen lam. Teen die tyd wat jy oor klim van die internasionale lughawe na die domestic ene is jy so gedisorienteer, jy weet nie hoe laat dit is nie en waar jy is nie. Jy weet nie eers meer wie is jy nie want jy is nou sonder land en sonder ‘n adres.

Dan kom die groot aanpassing en al is alles Engels, kan dit net sowel Kantonees ook wees. Jy verstaan nie die aksent nie, jy kan nie kaas koop nie want hulle noem dit cheis instede van cheese. Hulle noem jou mate en vra jou aanmekaar ‘how ya doing?†Hulle se nie goodbye nie maar ceeya. Wanneer gaan hulle my weer sien, wonder jy. Die huise lyk anders, die weer is anders, die mense kyk nie eers vir jou nie. Dis asof jy vir hulle wil vertel en skree “hallo, hier is ek. Ek is splinternuut hier en ek soek hulp.†Maar hulle kan nie worry nie, jou saak is jou saak.

Na nog drie maande loop jou trane sommer van self elke dag en jy sit sommer voor die winkels en huil, jy kan nie uitklim nie en bly sit in die kar want jy voel o, so vreemd.

Maar eendag op ‘n reendag, ry jy winkels toe met ‘n glimlag op jou gesig, jy klim uit en groet die meisie agter die toonbank vriendelik. Sy vra jou hoe gaan dit vandag. Sy herken jou! Jy is deel van die gemeenskap, sommer net so. Dan besef jy dat jy nou hier behoort en dat dit eintlik lekker is. Dat jy veilig is en dat jy maats gemaak het. Jy kan slaap sonder ‘n slaappil en sommer met die venster oop hier by jou kop.

En so gaan die lewe aan, jy doen jou ding en jy lewe die lewe. Tot op ‘n dag. So 2, 3 jaar later. Dan begin jy wonder en verlang na die mense wat jy agter gelaat het. Die verlange pluk aan jou hart snare en jy lees alles wat jy kan sommer online oor jou agtergelate land. Jou geboorte land. Iets begin kriewel hier binne en dit wys in jou oe. Want jy begin in die verte in staar en raak weg in jou eie gedagtes. Soveel dat jou mense dit agter kom en begin vra of jy orraait is.

Dan besef jy dat jy mos nooit gedoen het wat jy wou nie. Jy het nooit behoorlik vir jou suster gese dat jy haar onvoorwaardelik liefhet nie. En dat jy so jammer is dat jy haar eenkeer toe dit so koud was, gemaak het om jou japon uit te trek en vir jou te gee. Dat jy die japon aangetrek het terwyl dit nog warm was van haar lyf. Eers jare daarna het ek gedink daaraan dat sy moes gevries het van die koue, dis hoekom sy jou japon aan gehad het. Hoe bitterlik sleg voel ek nie daaroor nie...en ek wil gaan jammer se. Ek wil vir haar ‘n japon koop en saam vat.

Saamvat? Waarheen? Ek gaan mos nerens heen nie...of gaan ek?

Ek wil vir Ma en Pa gaan hallo se daar in die begraafplaas in Krugersdorp. Niemand kom ooit meer daar nie. Ek wil my seun gaan vashou, ek wil sy lyf teen my vasdruk en ek wil onthou hoe het hy gevoel as klein seuntje toe ek hom getroos het. Ek wil gaan loop daar waar die nice mannetjie van die bottelstoor dood geskiet is. Ek wil hom gaan sien in my gedagtes, hom onthou met sy skewe glimlag, ek wil gaan ghoebaai se, magtig man!

Om nie te praat van Russian en chips nie of van Vleis paradys se boerewors nie.......

Lyk my ek gaan.

Plek bespreek, kaartjie gekoop, verblyf gereel, klere uitgesort en toe is ek op pad.

Vir ‘n volle 16 dae gaan ek terug na my land toe, na my mense toe, na my wortels toe.

Snaaks hoe ‘n mens is. Ek was nog nie behoorlik in die lug nie, toe wil ek omdraai....HUIS toe! Toe al besef ek mos, my huis is nou hier. Hier by my goed.

Maar ek draai nie om nie, ek vlieg die 8000 kliometer ver na my verlede toe. Daar gekom, gaan ek toe weer deur al die emosies, die keer in aweregs. Huur ‘n kar en ry agter my groot seun aan na sy huis toe. Ok, dis net hier waar ek stop.

Dit klink maklik, ry agter hom aan! Besef julle wat behels die geryery? Senuwees van staal want hulle ry nie soos ons hier ry nie, hulle vlieg laag. Hulle het nie senuwees nie, hulle is vreesloos en die karre is seker van rubber gemaak. Die bome en pale ook want niemand is bang vir ‘n ongeluk maak nie. Hulle vleg deur die verkeer, druk voor die ander karre in en die toeters blaas onophoudelik. Mense hang by die vensters uit en praat in vingertaal met mekaar. Die paaie word verbou, die spoedgrense bly dieselfde, jy ry nie stadiger omdat daar nou aan die pad gewerk word nie. Jy jaag!

Sit nou ‘n Adelaide meisie wat gewoond is aan 60 kilometer per uur ry anders word daar demerit punte afgetrek en jy betaal lag, lag $250 boete,...sit haar in Johannesburg se verkeer, ou maat, en jy huil al die pad. Het julle al gevoel hoe bewe ‘n been wat die clutch moet intrap, hoe smag jy vir ‘n sigaret maar jy kan nie opsteek nie want jy het net twee hande en die klou om die stuurwiel vas?

Dis jou eerste smakie van terug by die ‘huis’ wees. Die beste le nog voor. Jy is lam van opgewondenheid om jou mense weer te sien, maar o, wee....hoe lyk dit dan of jy blyer is om hulle te sien as hulle vir jou? Die verwelkoming is maar so so. En wat sien jy daar?

Jou koper goedjies wat Gloria so mooi blinkgemaak het deur die jare en wat jy met liefde vir jou sus gegee het, staan daar buite op ‘n tafeltjie.....dis nou ‘n asbakkie! En jou mooi ebbehout bak wat van Zim af kom is die hond se kosbak.....ag nee!

Dis maar die punt van die ysberg, daar is soveel dinge wat net nie reg is nie. Die mense is bly as hulle die dag elektrisiteit het. Hulle koskaste is leeg en hulle kan nie petrol bekostig nie. Melk is ‘n luukse en kraanwater kan jy nie drink nie.

Verbeel ek my of is daar ‘n leegheid in sus se oe? Is daar ‘n gelatenheid in haar man se houding? Lyk die hond asof hy ‘n skop of twee weg het? Wat gaan aan?

Die hekke word agter ons toegegrendel, die kombuis deur se veiligheids hek word ge-dubbel-sluit. Die vensters is toe en daar is sommer nog ‘n veiligheids hek in die middle van die huis. Die is ook gesluit terwyl ons in die kombuis gedeelte is. Die aand word die gewere en die krieket kolwe uitgehaal en onder die beddens weg gesteek. Die alarm word ge aktiveer, die vensters word op knip gesit en die hond slaap in die kombuis.

Teen die tyd is ek so bang dat ek aan my ou handsakkie vasklou vir lewe en dood. Ek loer oor my skouer gang af en ek weier om te gaan pieps. Dis te ver en sus moet saam. Ek verwonder my...waar is my geloof dan? Waar is die mense se geloof? Sal die Here hulle dan nie beskerm nie......weet hulle dit nie? Of is die geloof saam met die baba in die badwater uitgegooi?

Daai aand slaap ek nie, ook nie die daarop volgende aande nie, ek bid vir die tyd om verby te gaan sodat ek kan huis toe kom. Ek mis my nuwe land, my Adelaide, my vriende, ,my man, my hond.

Ons gaan winkels toe die volgende dag, ek sal my deel bring. Laat daar nooit gese word ek eet en drink verniet nie. My fout! Ek betaal ‘n ronde R500 vir 4 etes by Spur. Betaal R300 by die winkel vir melk en brood en nog iets anders. Nou is daar R200 oor van ‘n R1000! Sommer net so!

Uit die blou van onse Hemel.....

Uit die dieptes van ons see.....

Die land is mooi, dis groen en alles blom....my land waarvoor ek so lief is/was. Maar dis nie dieselfde nie, die geboue is vervalle, die strate is vol gate, die waterpype bars oral. Die winkels is vuil binne in, die vleis rakke leeg en toe ek wel hoender opspoor in die een winkel is dit verrotte vleis. Het mos die gewoonte om die plasties te skeur en te ruik aan die hoender, het te veel stelle al afgetrap in die verlede. Ruik mos aan dit en dit is toe so....vrot! Die’dame’ wat die rakke pak gee my ‘n vuil kyk en se sommer vir my Tssk! Sy gryp die vrot hoender, draai hom mooi toe en sit hom weer daar neer, reg vir die volgende gek wat dit gaan koop. Ek gril.

Die volgende oggend vroeg staar ek oor die stad uit......

Oor ons ewige gebergtes...

Daar waar die kranse antwoord gee....

Daar is nie ‘n voeltjie wat fluit nie, nie ‘n tortelduifie nie, niks nie.....net karre wat jaag, sirenes wat loei, toeters wat blaas. Honde wat blaf en mense wat van ver af met mekaar praat/skree. Ek verlang met ‘n passie terug na my stille vroee oggend ure van rus en gebedstyd hier op my agterstoep.

Vanaand het ek die slippie gekry van die slaghuis daar in Northriding....ek was so lus vir Cabanosi, daai lekker gekruide worsie wat jy net nie hier kry nie. Seun en ek het gaan koop, R35 vir sowat 360 gram, ‘n proeseltjie vir die drie van ons. Ek moes dit liewer maar in die vertoonkas gesit het sodat ek elke dag daarna kon kyk. Dit het bitter in my mond geword. Snaaks, ek is nou glad nie meer lus daarvoor nie.

Ek het toe gegroet, almal gegroet. Sus en ek het gepraat en saam gehuil, ek het die nuwe babas in die familie gesien. Die nuwe boyfriends ontmoet, die nuwe huise gesien. Die grafte gaan besoek, Hessie se as uitgesort. Foto’s geneem, die winkels bekyk, pryse vergelyk. Geproe aan ‘n PS choccie, biltong hehad en ook ‘n koeksuster of twee. Ek het seker gemaak seun en sy meisie is okay, hulle lewe in ‘n piepklein plekkie, maar is o, so gelukkig. Sy bak en brou en voer hom vet, hy is gelukkig. Hy is ‘n produk van Suid Afrika en okay daarmee. My hart het tot rus gekom oor hom.

Ek het amper nooit gery met die huurkar nie, te bang gewees. Hy is terug gevat nog met amper ‘n vol tenk petrol in.

Dis hoekom ek se, op een of ander stadium gaan ons almal terug, ons noem dit ‘n vakansie, maar dis is nie...dis ‘n ‘kyk-weer’. ‘n finale vergewis dat ons die regte ding gedoen het om te immigreer. Dis ‘n vaarwel se...dis hartseer...........

Ek het my finale vaarwel gese aan die land en sy mense en die vliegtuig bestyg. Nog nooit was ek so bly om terug te kom nie. Terug!! Na my huis toe, my land toe en ek glo nie ek sal gou weer, indien ooit, weer daarheen vlieg nie. Ek sal verlang ja, maar met aanvaarding en op ‘n ander vlak. Nie meer met hartseer nie. Daar is e mails, Skype selfs pen en papier. Maar die is my land en hier hang ek my man aan en ondersteun hom in al sy besluite. En ek sing Advance Australia Fair...............

Fluit, fluit....

Groete,

Blossom.

  • Like 1
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Answer this question...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...