Jump to content

Kreatief in OZ


Blossom

Recommended Posts

Guest Mauritz
Hier is my laaste projek, staan nog op die esel en wag vir 'n raam.

Nee wat, ek's stom geslaan - ek gaan my 'stoute dogtertjie' pic na almal toe stuur - dan gaan ek begin 'wheel & deal' ek's 'n regte Boere-Jood - ek trek 'n lyn iewers - ek sit nie op daai perd met 'n pienk g-string nie.

Ek sal kom 'landcape' en sweet op voorkoppe veroorsaak (dit is nou as julle die 'vetrolle' probeer verfyn) - dit is dit.

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 83
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Blossom

    20

  • da_feemail

    10

  • MCD

    7

  • Jeanne

    6

Top Posters In This Topic

Posted Images

Wanneer is die kampnaweek?

Julle goed is flippen mooi!!!!

Ek soek nog 'n inspirasie, ek het al omtrent ure oppi net gelĂȘ, kry net nie iets wat met my praat nie. Ek het vandag ook 'n stel pastelle gekoop spesifiek vir gesigte, mooi vel kleure in. Sal maar sien of ek iets met die pastel doen.

Ek dink Mauritz moet sy dogtertjie se foto stuur dan doen ek dit in pastel.

Wel, dis seker nou tyd vir die bed, dis al amper 10uur!!!!

Carelene

Edited by da_feemail
Link to comment
Share on other sites

Ag nee man Julle goed maak my jaloers. my huis se mure is so kaal soos M op sy perd...ek kan nie teken nie en kan ok niks nice koop nie! Ek het heel agter gestaan toe liewe Jesus kuns uitgedeel het ( dink kuns en geduld was in een pakkie) so ek het uitgemis!

Maar ek wil ok julle jollie naweek bywoon. Ek sal....ek weet nie wat ek sal kan doen nie maar ek belowe ek sal nie lee hand staan nie!

ok dit klink verkeerd en muf!

My ma doen russian needle punch. Haar handjies trek rond van die atritis so sy moes dit begin doen. Ek het nie n stokperdjie nie. Ek hou my besig met my tuin, my honde, my hoenders en eende en dan kitesurfing...maar eendag se eendag gaan ek teddiebere maak. Dis nou my passie. Kan sien hoe ek vir elke kind wat ek ken n teddie sal maak om hulle persoonlikhede te weerspieel. Wil dit rerig graag begin doen. Enige iemand daarbuite wat my internet klasse sal gee?

Link to comment
Share on other sites

sorry het die post opgepok...Julle girls mag maar skilder. Wil een van julle nie vir my n feetjie skilder nie. een mit spits ore en n wipneus...n bosnimf? asseblief.Ek sien die prentjie maar besit nie die vermoe om dit neer te sit nie!

Edited by henriette.rossouw
Link to comment
Share on other sites

KD, baie mooi portret, en goed gedoen. Dit is baie moeilik om 'n portret so groot te skilder, ek get nog nie die guts gehad nie.... en die appels is ook stunning!

Link to comment
Share on other sites

Ek is mismoedig! Ek is toe mos skielik weer lus vir houtdraaiwerk, direk agv hierdie topic en my braggery. Het dit in 2 jaar nie gedoen vandat ek weer voltyds begin werk het nie. En ek soek my bytels, en dis weg. Ek soek my Allen keys, en dis weg. Ek soek my sagie... you get the picture. Manlief en seuns was NIE gewild oor hulle my goeters so gepoach het nie.

Toe ek uiteindelik die helfte van my goeters het, stel ek die draaibankie op en dit gaan net te lekker. En pleks van dat ek eers weer eenvoudige goedjies doen, wil ek toe mos op die daad my chip en dip poging dupliseer, want ek het die eerste weggegee.

Snaaks dat ek nie kon onthou dat daai een omtrent die sesde poging was en al een wat oorleef het nie :blink: Toe ek die eerste een opdons, toe is ek nog orraait, maar toe die tweede poging dieselfde pad volg, toe is ek sommer moerig en loop stort, want ek het ook nie onthou dat tenspyte van die voorskoot en gesigskerm, mens na 2 ure lekker jeuk nie! Ag ja, more is nog 'n dag, net jammer my mooi stukkie Kauri hout is in sy m... e ... maai in.

Link to comment
Share on other sites

Sorry! Aanhouer wen.....jy het nou die inspirasie. Nou moet jy net al die memories uitgrawe en aangaan.

kan nie wag om jou nuwe goed te sien nie.

Ek het 'n versoek van hubby gekry om sy oorlede Pa se gesig op die doek vas te le. Dit gaan omtrent vir jou 'n projek wees.

Dink aan jou.

Groete,

KD.

Link to comment
Share on other sites

KD,

Dit herinner my dat nou besig is om mooi foto's te soek.

Ek wil vir my sus en boet elkeen een doen waar hulle saam met Pa en Ma is.

Ek is nog besig om die foto's deur te gaan en het nog nie op iets afgekom wat met my praat nie, maar nou ja, ek wil dit graag vir hulle stuur vir Kersfees hierdie jaar.

Ek sal seker maar moet begin werk, want ek wil regtig my tyd vat met dit.

Ja, so sal ons stadig maar seker ons dinge weer reg begin kry.

Ons trek ook teen Sept na ons eie huis toe, so daar sal ek maar weer skilder wat by die huis pas, dis moeilik om nou iets te doen want ek wil eers in die huis wees voor ek iets aanpak.

C

Link to comment
Share on other sites

Ek soek my stukkend na 'n foto van perde wat in die wind hardloop, wil die koppe en maanhare skilder. Ek moet maar aan hou soek want ek kry nerens iets wat met my praat nie.

Carelene en ander, gaan kyk bietjie hier Miskien kry jul iets waarvan jul hou of wat inspireer. Dit gaan dalk kos om 'n poster te bestel van US maar ten minste sal mens 'n lekker groot, goeie kwaliteit foto he om van te werk. Hulle het lieflike goed daar, gebruik net die search funksie.

Edited by ~Sunflower~
Link to comment
Share on other sites

Da_Feemail ek het nou nie vir jou perde wat hardloop met maanhare in die wind nie, maar wel 'n perd gesig wat vir my vreeslik mooi is. Ek koop gewoonlik vir my kantoor hierdie A5-grootte calenders en die een jaar was dit van perde. Ek is mal oor die perd wat so 'n geel kleur het met swart maanhare. Dis so kontrasterend dat dit pragtig is, dis soos 'n vrou met 'n melkwit vel en donker donker hare en oe.

Ek het die prentjie ingescan, hier is dit:

Henriette, moenie sleg voel nie. Ek kan net stok mannetjies teken. Ek bly maar by eenvoudige klere maak, hekel en brei. Hier is 'n website vir jou as jy lus het om jou hand aan hekelwerk te slaan. Ek het die apie gehekel wat in "Teen's Room" is. Myne het ek net die helfte kleiner gemaak en natuurlik nie die stert op die ou einde aangewerk nie, want my hekel werk was te styf en dus kon die apie nie sit met die stert aan nie. So, nou het ek maar 'n stertlose aap met groot ore. Ek het oorskiet wol gebruik, so nie die regtes wat die patroon se nie.

Click op die verskillende kamers om by daardie kamer se hekel patrone uit te kom:

http://www.bernat.com/home/

Groetnis

Retha

Edited by Retha_hhr
Link to comment
Share on other sites

Sorry, KD.

Ek het pragtige daylilies vir jou. Ek het net hierdie week my Daylily guide in die pos gekry. Dis die engiste ding wat ek met 'n swaar hart agter los en dis my daylilies. Ek het hulle self uitgekies na ure se wik en weeg watter een om te bestel en nou mag ek hulle nie inpak en saam vat Australie toe nie. Ek het daylilies in my tuin wat jynie by die kwekery koop nie. Hie ris 'n pragtige lilac een:

As blomme nie jou ding is nie, maar dalk natuur, hier is 'n foto wat ke geneem het by Waterton National Park (suid-westelike punt van Alberta):

Lekker teken.

Retha

Link to comment
Share on other sites

Jissie julle mense is omtrent kunstig!

Waterton National Park lyk stunning Retha!

Ek neem darem so by ongeluk so nou en dan 'n mooi foto....maar dink luck het meer met dit te doene as enige iets anders! Wens ek kan verf! My boetie verf die mooiste goed, dit lyk ook so lekker en relaxing.

Henriette- my beste pel hierso in SA teken feetjies, daai met die spits oortjies. Wens ek kan dit doen!

Link to comment
Share on other sites

hi, dit lyk na 'n heerlike interessante chat hierdie.

in Suid Afrika is daar 'n vreeslike beading koors. ek het vir my troue sulke sleutelhouers gemaak..baie vinnig redelik billik, jammer ek kan nie van die huis af jpegs opload nie...

is dit ook al down under?

Antoinette

Link to comment
Share on other sites

Man, ek het dit nou geniet om die topic te lees. SA's loss - Ozs' gain!!!

Ek is tans besig om deeltyds kuns klasse te neem - wou heel my lewe ook skilder - 2 jaar terug besluit - die tyd is reg. Voorheen het ek potloodsketse gemaak van alles waarop ek my hande kon le, maar het nooit heeltemal reg gelyk nie.

Het nou al 'n paar waterverwe en 'n paar akriel paintings klaar gemaak. Ook al vir 'n goeie vriendin 'n kommissie gedoen van 'n afrika pot met grassade in. Op die oomblik doen ek 'n collage vir vriende van hul plaas. Het nog nie olie probeer nie. Hang af in watter bui ek is - as ek vinnig iets wil vas le dan is die waterverf die ding, anders akriel vir iets wat tyd vat.

Een ding wat ek vir almal wat graag wil skilder se is: My dosent het my geleer dat enige ou kan skilder - jy moet net die geduld en deursettings vermoee he. Glo my, as ek dit kan doen, kan jy ook. Ek het nog heelwat om te leer, maar ten minste lyk my paintings nie meer so plat nie.

Sal hubby vra om 'n paar foto's te post.

Laat die kwaste swaai, mense! ;)

Groete

Carin

Link to comment
Share on other sites

Welkom Carin en MCD, hier by ons. Yip, post julle goed, ons daarvan hou om te sien wat almal doen.

Hoop om julle gou hier te he.

Groete,

Kannidood.

Retha, dankie vir die prentjies, dis pragtig maar nie my lyn nie. Jy het nie dalk karaktervolle gesigte of clowns nie? Ek is mal oor clowns!

KD.

Link to comment
Share on other sites

Hello Almal,

Ek gaan net eers probeer om 1 foto te laai. As dit werk sal ek die ander ook laai.

Groete,

post-8909-1203851289.jpg

Link to comment
Share on other sites

lyk my dit het gewerk..

Hier is nog so paar...

Die nude manlike figuur was gedoen in charcoal - sal nie gou weer so iets aanpak nie - hande pikswart en moet baie versigtig werk, want dit smeer vreeslik - het nog nie geraam nie ek kyk wat het gebeur ... sal weer daaraan moet werk.

Groete

post-8909-1203851586.jpg

Link to comment
Share on other sites

Lyk my dit werk nie so lekker as ek 2 pics in een post wil laai nie - hier is die mannetjie.

Link to comment
Share on other sites

Lyk my dit werk nie so lekker as ek 2 pics in een post wil laai nie - hier is die mannetjie.

post-8909-1203852200.jpg

Link to comment
Share on other sites

Hallo Carin,

Hou vreeslik baie van jou houtskool skets. As jy wil he dat dit nie moet smudge nie en hy is voltooi, dan kan jy gewone haarsproei oor hom spuit. Gewone, goedkoop haarsproei wat in aerosol blikkies kom. Dit 'set' die houtskool en dit smeer nie meer nie.

Voorspoed,

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

Jis Carin daai antie lyk gevaarlik met haar messie, sal nie met haar mors nie. Die charcoal is ook my gunsteling, baie goed.

Antoinette, ek dink jy gaan dit laaik hier down under. In NZ is daar die mooiste kraletjies (het nie self die koors nie, maar ek mal oor kristalle) en dan natuurlik die kristalle in Aus - meeste van ons s'n kom van daar af. Spotlight het die lekkerste craft goed wat jy jou kan voorstel, teen billike pryse.

Link to comment
Share on other sites

Hi Kannidood

Dankie vir die raad - sal dit defnetief probeer.

De Kat

Dankie vir die kompiment. Daai tannie met haar messie was my eerste projek by die kuns skool - het my maande gevat - moes 'n Impresionistiese werk gewees het met 'n skok element en so ietsie van dahli (dink dis reg gespel).

Ek val nog glad nie in dieselfde kategorie van jul ander ouens nie, maar ek hoop om myself eendag 'n artist te kan noem.

Groete

Carin

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...