Jump to content

GRAAD 1 (AFRIKAANS NA ENGELS) AANPASSING


Josua Riëtte KIDS

Recommended Posts

My seun moes graad 0, graad 1 en deel van graad 2 in afrikaans doen omrede ons in plekke gewoon het waar daar net afrikaanse skole was.

Ons praat almal afrikaans in die huis omdat my man afrikaans is maar ek is engels en wou my kind graag in `n engelse skool hè. So toe daar `n engelse skool naby was het die kans gevat. Ek was baie bekommerd oor sy aanpassing maar hy is nou in graad 5 en is nogsteeds in die engelse skool. Ek kan vir jou eerlik sè my seun het baie goed aangepas en presteer nou baie beter in engelse skool as afrikaans. In die afrikaanse skool het onderwysers vir my gereeld gesè Reagan raak agter en moet vir ekstra klasse gaan of hy lei aan ADD...Reagan kry onderskeidings elke jaar en staan 3rde in sy klas.

Dit hang seker af van kind tot kind maar ek dink wat dinge vir Reagan makliker gemaak het is dat hy in engels speel en engelse stories op die TV kyk.

So ek sou sè jy kan nou al begin om jou kind meer aan engels bloot te stel om hom bietjie voor te berei vir skool daar. Engelse musiek, tv stories, boeke of ekstra lesse.

Dit sal ok wees, jy sal sien. :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 55
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Josua Riëtte KIDS

    16

  • Dax

    6

  • Dolfyntjie

    5

  • powell's2brisbane

    3

Hallo Riette

Ons dogtertjie verjaar die 10de Desember en ons het reeds vroeg al besluit om haar eerder 'n jaar terug te hou - sy het Desember 7 geword en Januarie graad 1 begin.

Ek is 'n onderwyseres en doen tans Gr R by 'n engelse skool en het al baie gesien hoe ouers kinders was nie emosioneel reg is nie, in graad 1 sit. Die kinders cope vir 'n rukkie maar die ware effek daarvan wys eers later. Moet asb glad nie twyfel in jul besluit om jul seuntjie terug te hou nie - julle sal later die vrugte daarvan pluk.

Ons maak ook by die skool van die "Letterland" reeks gebruik en kan dit aanbeveel - dis fantasties! Die kinders is mal daaroor!

Groete!

Link to comment
Share on other sites

"Olive"

Dit beteken baie dat jy jou proffessionele raad verskaf het.

Ek het so baie gewonder of ek die regte besluit geneem het.........My man verjaar 24 Desember en hy was nie terug gehou.

Maar ek dink vandag se onderrig verskil hemels breed van destyds.

Dit was 'n baie groot besluit veral omdat ons van mening verskil het en Josh ook baie lank is.

Almal het natuurlik die sport ding die hele tyd voor my kop gegooi...

Kan vandag uit my hart verklaar dat ek die regte besluit gemaak het!!!

Hoop net die OZ skole sal ook by ons besluit kan respekteer?

Groete

Riëtte

Link to comment
Share on other sites

Hallo DAX,

Wil net ook graag iets by jou hoor. Ons is op pad Oz toe en ons kids is 7(Gr2), 5 en baba. Dani'el praat vlot engels maar lees dit nog nie so goed nie, wat is jou voorstel om hom terug te sit in Gr1 wanneer ons daar aankom of aan te gaan met gr 2? Hy verjaar eers in Desember.

Lekker dag.

Niens

Link to comment
Share on other sites

As julle vanjaar nog hier gaan aankom sou ek se dat dit 'n goeie opsie is, selfs indien julle begin volgende jaar hier aankom.

Hy sal 'n jaar ouer wees as meeste van die ander kinders in sy klas, maar my ondervinding is dat dit die kinders bitter min benadeel.

Indien dit julle wens is, sal enige skool in Suid Oz julle wense respekteer. Dis net wanneer 'n kind miskien 2 jaar of ouer as die ander in 'n klas sal wees, dat 'n skoolhoof meestal sal wal gooi.

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie!!!

Ons behoort tussen April en Mei te vlieg. Ons paspoorte vandag in om visas in te laat sit.

groete

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...