Jump to content

GRAAD 1 (AFRIKAANS NA ENGELS) AANPASSING


Josua Riëtte KIDS

Recommended Posts

Hi Riette

Ek sukkel om jou te PM. Stuur vir my een dan kyk ek of daarop kan reply.

Wendy

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 55
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Josua Riëtte KIDS

    16

  • Dax

    6

  • Dolfyntjie

    5

  • powell's2brisbane

    3

Hi Riette

Dankie vir jou email adres.

Sal vir jou n email stuur oor die hele toetie ok.

Groete Ursula x

Link to comment
Share on other sites

Hi Rië´´e

Ek is in soortgelyke situasie behalwe dat my dogtertjie volgende jaar graad 0 is. Ons beplan ook om einde 2008 in OZ te wees. Ons wil graag Perth toe gaan en soos ek hoor moet kids daar al 'n jaar vroeer skool toe gaan as in SA, met ander woorde volgende jaar vir my dogtertjie. Sy is tans in Afrikaanse kleuterskool en ek worry maar net hoe sy gaan aanpas in graad 1 (year 1 in OZ) as sy nie behoorlik engels kan praat nie.

Ons laat nou maar dat sy een keer per week engelse klassies by die kleuterskool vat. Hoop maar dit help bietjie. Sy is net nie baie opgewonde om engels te praat nie, dis assof sy skaam is. Ons praat soms met haar engels maar sy is skaam om terug te praat. Ek sal maar ook Savannah se raad volg en vir haar engelse stories lees. Sy kyk baie DVD in engels. Sal meer engels in die huis ook praat. Ek het al gesien dat sy seker woorde redelik maklik leer. Ek leer vir haar so nou en dan so twee of drie nuwe engelse woorde per dag, dan vra ek haar weer die volgende dag wat dit beteken, so onthou sy nogal die woorde maklik. Mens moet maar geduldig wees, dis vir hulle net soos dit vir ons sal wees om bv Frans te leer praat, baie vreemd. Ek sal nie op hierdie stadium van my lewe maklik 'n nuwe taal kan aanleer nie. Op die einde van die dag sal dit baie goed wees as ons kids goed tweetalig is, maak die lewe vir hul baie makliker. Ek wens ek kon engels praat soos ek AFR praat, woordeskat in engels nie altyd so vars nie.

Ons kids sal regkom. Ek worry net want ek het my dogtertjie al twee keer gevra of sy na 'n Engelse skool toe wil gaan en sy het met baie bekommernis gese: NEE. Hoop nie dit gaan vir haar emosioneel te ontwrigtend wees nie, sy is nou so ongelooflik gelukkig by haar kleuterskool, die wonderlikste kleuterskool, nice juffrouens, speelterrein baie groot (dis op 'n plot) met baie klimrame, hengse groot onderdak sandput vir die hele skool om in te speel, hasies wat oral rondloop ens. Sy is mal oor haar maatjies. Hoop nie ek gaan 'n fout maak om haar uit te haal nie. Haar boetie ook gelukkig in sy klassie.

Voel iemand ook so?

Hi julle

Ons was in Oktober in Perth. Het daar na 'n skool gaan kyk. Het met Afrikaanse onderwyseres gepraat. Sy het my vertel dat baie van die skole daar Afrikaanse kinders en onderwysers reeds het en dat die kinders so vinnig aanpas. Die Suid Afrikanertjies neem die nuwes onder hul vlerk en dan pas hulle regtig so vinnig aan. Lyk my ook dat die onderwyseresse moeite doen met die kids. My kinders is in Gr 2 en Gr 4. Ek is bekommerd maar hulle kyk net engelse dvd's en verstaan en praat goed genoeg. Ek glo ook dat die Here saam kinders sal gaan. Hulle is baie meer aanpasbaar as ons en as jy net vir jou kleintjie vertel dat daar ander afrikaanse kindertjies is sal sy klaar beter voel. As julle Saterdag na Irene gaan sal hulle klaar kan sien of daar maatjies is wat dieselfde ouderdom is. Jy kan hul dan uitwys. Natuurlik gaan almal nie na dieselfde plek nie, maar dit kan die kinders gerusstel.

Ek is self bang maar ons sal almal hierdeur kom

Groete

Andrea

Link to comment
Share on other sites

Hello

Ek wens almal baie strekte toe!!! Met so klomp mense wat vir mekaar omgee en in gebed dra..KAN DIT NET GOED GAAN!!

Ek het die onderstaande in 'n PM ontvang. Dit het vir my baie beteken. Daarom moet ek dit met almal deel.

"Ek wou eers heeltemal verEngels, dit was nie vir my nie so belangrik dat die kinders hulle Afrikaans moet behou nie, maar toe lees ek 'n inset wat 'n "Lingquest" (hoop spelling is reg) geskryf het, en wat sy ges� het, het my besluit heeltemal verander. Sy s� Engels is Foneties gestremd, klink snaaks, maar as jy mooi daaroor nadink, maak dit nogal sin. Sy s� bv. daar is BAIE moeiliker klanke in AFrikaans as Engels, soos ge, rrr ens. Wat sy toe ook noem, is dat indien 'n kind Afrikaans magtig is, sal hy vinnig Engels optel, en dan baie beslis 3de 4de ens tale kan byleer, waar as hy net Engels magtig is, dit vir hom BAIE moeilik sou wees. Sy het ook genoem dat ons bv. moet kyk na die Portugese, Italianers ens. hulle praat maklik Afrikaans, Zulu, Xhosa, sonder probleme, ook net omdat hulle taal foneties 'n baie moeilike taal is, en dit het vir my so geweldig baie sin gemaak."

Die gelukkiges wat reeds in OZ is hou ons asb op hoogte.

Riëtte :D

Link to comment
Share on other sites

Hi Riette,

Ek kom van 'n Engelse familie af wat my halfweg deur my Sub A jaar (1963!) in 'n Afrikaanse skool gesit het want die regering was Afrikaans gewees en hulle't gedink dit was 'n goeie idee. Ek was 5jo toe ek met skool begin het. Die enigste Afrikaans wat ek van die outjies in my buurt geken het was "Ek donner jou!"

Dit was 'n goeie idee. Ek is glad nie spyt daaroor nie - my vrou is Afrikaans. 'n Jaar na ons getroud is, besluit sy dat my stiefdogtertjie eerder na 'n Engelse skool toe moet gaan, want die politiek was besig om te verander en Engels sou haar beter wereldwyd dien. Sy het toe Gr1 in 'n Engelse skool begin, voordat sy feel Engels geken het nie. In die begin was dit 'n bietjie van 'n moeilike aanpassing vir haar en sy het eers in Gr6 begin presteer, maar toe hou dit nie op nie. Sy is nou in Tukkies en presteer nog steeds!

Een ding - jy kan nie verwag dat jou kinders met jou maklik Engels sal praat nie, dit is te onnatuurlik. Asof Mama nou ewe skielik in 'n ander mens verander. Probeer eerder om hom aan Engelsprekende mense voor te stel, bv 'n Engelse buurkind (as hulle in Makopane bestaan). Ek moet se, dit is moeilik vir my om in Afrikaans te skryf, ek het in St3 (1968) oorgeskakel na 'n Engelse skool toe. En ons praat by ons huis Engels - my vrou wil my nie hoor Afrikaans praat nie, sy se ek klink te Engels.

Geluk voorentoe. Ek is seker dinge sal vir julle uitwerk.

Charles

Link to comment
Share on other sites

Dax,

Forgive me, I'm new to this & I couldn't help notice you're addicted to something. Did it have anything to do with an LSD trip? :)

Charles

Link to comment
Share on other sites

Hi Lizette en Josua

Hoop ek het die name reg??

Ons seuns 4 en 6 is albei Afrikaans sprekend en ons het besluit om hulle hierdie jaar 2008 in Engelse skole te sit, ter voorbereiding vir Aus. Dit het ook maar moeilik gegaan, want ons moes hulle skei van hulle maatjies wat saam met hulle in Afr voorskooltjies was. Dit is nou 'n maand en 'n bietjie en beide die kinders is aangepas en vorder so mooi met die Engels. Die oudste lees en skryf ook reeds in Engels. Ons het hom ook ingeskryf vir twee halfuur sessies in Engels per week, waar die tannie slegs poog om sy Engelse woordeskat uit te brei. Ek kan regtig aanbeveel dat julle die boekies, DVD en Cd rom van "letter land" aanskaf. Die materiaal leer die kinders die Engelse klanke aan in die vorm van karakters en al die Engelse skole hier in die Kaap maak gebruik daarvan. Hulle praat bv van "Annie Apple, Bouncy Ben, Kicking King" ens om die klanke vas te le. Die kinders onthou dan die karakter en verbind dit met letter. Selfs my dogterjie (18 maande) kyk die DVD saam met die seuns en lees die boekies saam en praat ook al van Ziggi zebra, Umpie umbrella en al die ander karakters

Het vanoggend 'n praatjie geluister waar hulle gese het dit is van kardinale belang dat wanneer klanke aangeleer word, die linker en die regter brein aangewend moet word, met ander woorde wanneer die kind "Cat" lees moet daar ook 'n prentjie van 'n kat wees. Die kind moet ook verstaan wat die woord beteken. Jy kan egter nie begin met twee of drie letter woorde voordat die enkel klanke nie almal volledig vasgele is nie.

Verder nooi ons Engelse vriende en maatjies oor om te kom kuier, praat baie Engels in die huis en vra elke oggend oppad skool toe Afrikaanse woorde wat hulle dan vir my moet se wat dit in Engels is.

Moenie worry oor taal verwarring nie, die kinders kom speel speel reg. Maar moet byvoeg dat sonder "Letter Land" ons nie sou wees waar ons tans is nie.

Hoop julle kom reg

Pieter

Link to comment
Share on other sites

Dax,

Forgive me, I'm new to this & I couldn't help notice you're addicted to something. Did it have anything to do with an LSD trip? :D

Charles

:D Nawwwwww :ilikeit: If you see that phrase by someone's Username, it means that that person is a regular poster on the forum.

If you mean my signiture, it's Latin for

My cup makes me drunk

and that in turn is only my feelings on modern life that can be very fast paced and demanding

:) Dax

Link to comment
Share on other sites

Hallo Riëtte

Sjoe ek sukkel my dood om vir jou 'n PM te stuur, so ek sal jou gou net op hoogte bring.

Ek het gister 'n vergadering met my seuntjie se onderwyseres gehad. Sy juffrou is baie tevrede, sê hy sukkel met "ryming" (ruim sinnetjies) - spelling beroerd. Wat interressant was, is dat daar nog 'n Suid-Afrikaanse seuntjie in Charl se klas is, en Charl se juffrou het vir my genoem dat dit was asof sy een "toetsie" het. Albei, Charl en Luwell het beide gesukkel met die ryming. Ek het deur Charl se SA rapporte gaan kyk, en kon nêrens sien dat hulle dit in SA geleer het nie. Oor die algemeen is die juffrou geweldig tevrede met Charl se vordering, het my oortuig dat daar nie werklik iets is om te veel oor te bekommer nie. Sy het wel aanbeveel dat ek maar 'n paar boekies met Engelse ruimpies moet aanskaf en hom bietjie moet help met dit.

As daar nog iets is skree net, ek sal vir jou laat weet.

Groete

Monica.

Link to comment
Share on other sites

Hi Riette.

Het vir jou email gestuur :whome:

Hoop jy het dit gekry.

Wat ek jou nog wou se is n vriendin op die form het hierna toe getrek.Het die jaar begin met Gr.1 ek het vir haar gese miskien moet sy hom hou soos wat dit in SA sou wees.

Sy het gese sy het hom klaar ingeskryf vir die jaar in daai klas.Die week het sy gese hy was niks lekker nie en so ongelukkig.Nou het sy hom geskuif in die klas wat hy sou wees in SA en hy is nou so happy soos kan kom.

Ek voel dis elke ouers se persoonlike besluit in wat se ouderdom klas sy of hy moet in![2vriende wat dit gedoen het met hul seuns]

Niemand ken jou kind so goed soos jy self nie.Begin nou al ook bietjie met jou kiddies Engels praat.

Vat dit stadig dag vir dag sodat hul nie dadelik n skok van hul lewe kry nie.

n Mens wil hul nie onnodig confuse nie.

My een vriendin het haar dogtertjie hier in n privaat skooltjie gesit.Sy gaan twee keer n week half dag.Hul is net 4 kiddies en kry al die hulp wat sy kan om gewoond te raak om engels op te tel[sy is 2en n half jaar oud.]Sy se dis die beste ding wat sy kon doen :ilikeit:

Jou kiddies sal ok wees :lol:

Groete Ursula.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Hi Riette,

Ek kom van 'n Engelse familie af wat my halfweg deur my Sub A jaar (1963!) in 'n Afrikaanse skool gesit het want die regering was Afrikaans gewees en hulle't gedink dit was 'n goeie idee. Ek was 5jo toe ek met skool begin het. Die enigste Afrikaans wat ek van die outjies in my buurt geken het was "Ek donner jou!"

Dit was 'n goeie idee. Ek is glad nie spyt daaroor nie - my vrou is Afrikaans. 'n Jaar na ons getroud is, besluit sy dat my stiefdogtertjie eerder na 'n Engelse skool toe moet gaan, want die politiek was besig om te verander en Engels sou haar beter wereldwyd dien. Sy het toe Gr1 in 'n Engelse skool begin, voordat sy feel Engels geken het nie. In die begin was dit 'n bietjie van 'n moeilike aanpassing vir haar en sy het eers in Gr6 begin presteer, maar toe hou dit nie op nie. Sy is nou in Tukkies en presteer nog steeds!

Een ding - jy kan nie verwag dat jou kinders met jou maklik Engels sal praat nie, dit is te onnatuurlik. Asof Mama nou ewe skielik in 'n ander mens verander. Probeer eerder om hom aan Engelsprekende mense voor te stel, bv 'n Engelse buurkind (as hulle in Makopane bestaan). Ek moet se, dit is moeilik vir my om in Afrikaans te skryf, ek het in St3 (1968) oorgeskakel na 'n Engelse skool toe. En ons praat by ons huis Engels - my vrou wil my nie hoor Afrikaans praat nie, sy se ek klink te Engels.

Geluk voorentoe. Ek is seker dinge sal vir julle uitwerk.

Charles

Dankie vir die lekke lag :D

Jou Afrikaans is beter as myne...Ek waag dit nie om in Engelse te antwoord nie...(Geen spell check) op die forum.

Gelukkig is dit my man wat die hoë slaag syfer met die IELTS moet kry :lol:

Ek het ook agter gekom hy hou nie daarvan as ek Engels praat nie..Dis nie hoe hy sy mamma ken nie. Ek lees nou maar so veel moontlik Engelse boeke. Hy verstaan Engels 100% maar ons almal weet dit is 'n ander saak om dit te praat!!!

Ons bure is Engels maar beweeg nie in ons kringe nie :whome: Ek dink 90% van Mokopane se tweede taal is Engels, of probeer wees.....

Ek weet dit sou 'n groot hulp wees as hy met Engelse kinders kon speel.

Baie dankie dat jy ook jou positiewe inset vir my gestuur het!!!!

Groete

Riëtte

Link to comment
Share on other sites

Het nodig om jou oor vandag te vertel....

Wou Josh vandag uit Kleuterskool haal en sou Maandag by "Carpedeim (Engelse skool Graad 0 -12) begin. Het kla die Skool hoof gaan sien ens.

By die Kleuterskool aangekom..Het ek my gesprek met die Juffrou al klaar in my kop voorberei....

Wel ek vir haar ges� dat ek dink dit die beste vir Josh sal wees as ek hom maar Engelse onderrig laat begin kry..Tot my verbasing het sy my meegedeel dat dit vir Josh nou die belangrikste is om gelukkig te wees eerder as hom te ontwrig. Die Afrikaanse grondslag sal net so baie van hulp wees, en dat twee gesinne wat in die selfde situasie was blykbaar onder die top presteerders in OZ is. (Sal die Kontak besonderhede kry). Ek het nog steeds gedink om voort te gaan en het sy goedjies begin bymekaar maak en pak. Hy het my naderhand kom vra wat ek doen. Ek het aan hom vertel (met so veel geesdrif as moonlik) dat hy Maandag nie weer by die skool sal wees nie maar dat hy by 'n nuwe skool sal begin. Ek het ook verder verduidlik dat dit nodig is. Hy Het my duidelik laat verstaan dat hy nie in 'n ander skool wil wees nie. HET BESLUIT OM HOM BY SY HUIDIGE SKOOL TE LOS. Dit is vir sy ontwikkeling baie meer voordelig om gelukkig te wees.

Die kleuterskool wat jy beskryf is baie skaars en al ons mammas sal mekaar deur die aanpassings met gebed en bystand moet help!!!!!!

Sien ook die bydrae van Monica wat eerstehands met die proses begin het. Nogmaals dankie Monica

BAIE DANKIE AAN ALMAL SE RAAD EN OMGEE!!!!!!

Ri�tte

Riette

Ek glo ook die kind se geluk is die belangrikste, hul verstaan tog nie hoekom nie, hul wil net speel en gelukkig wees. Hulle is nog klein, hulle sal ook maklik aanpas in OZ in die skole, kinders van hul ouderdomme leer vinnig en tel woorde maklik op. Ons moet maar net bid, ek glo dit gaan in die begin moeilik wees vir kinders maar hul gaan regkom sodra hul die nuwe skool, maatjies, juffrouens en area leer ken. Ons moet nou maar dat hulle en ons die shots vat, eendag gaan ons bly wees en hulle gaan vir ons dankie se dat ons hul nie in hierdie land aan die genade oorgelewer het nie maar aan hul toekoms gedink het. Ek begin maar by die huis engelse woorde (met prentjies) vir my dogter leer en sy het engelse klassie by die skool. EK is meer bekommerd oor myself wat die IELTS toets moet gaan doen as wat ek worry oor my kids wat sal aanpas....hahahahaha.

Dankie vir almal se raad, ek waardeer als.

Link to comment
Share on other sites

Pieter & Lindie

Baie dankie dat julle ook die tyd afstaan het om my te help! en die voorstel van die program!!!!!

"Letter Land" lyk puik :) !!!!!!!Het op internet op gesoek. Hier is kontak info - JHB en in OZ

---------------------------------------

Address:

PO Box 454, Morley.

Western Australia. 6943

Ph: 08 9379 1500

Fax: 08 9379 1600

Email: edsource@iinet.net.au

----------------------------------------

Work number 011 469 0002

Mobile number 082 455 1296

Email address eduideas@zanet.co.za

Sterkte ook met julle twee seuns en ek is bly om te verneem dat hulle so vinnig aanpas

Praat julle nog Afrikaans in die huis??

Groete

Riëtte

Link to comment
Share on other sites

Hi Riette

Ek gaan jou net vinnig van my / ons ondervinding vertel. My seuntjie is nou in Graad 1 maar moet volgens ouderdom reeds in Graad 2 gewees het. Ek het hom maar in SA al die Engelse opvoedkundige programme laat kyk, maar o wee, weet nie of dit 'n seuntjie ding is nie, maar "lui" is maar die eerste woord wat in die gedagtes opkom. Ek sou byvoorbeeld s� goed van 12:00 tot 5:00 praat ons net Engels. Dit het goed gegaan in die begin maar later baie baklei veroorsaak. Toe ons hier aankom, kon Charl net die absolute nodige Engels gesels. Hy sukkel nog bietjie (nou eers so 4 maande plus hier), maar elke liewe dag gaan dit net beter. Hulle het hom einde verlede jaar by die skool geevalueer, en gevind dat hy op standaard is met alles, behalwe lees en skryf. Nou druk hulle hom so bietjie vir die eerste 6 maande, om die lees en skryf onder die knie te kry, teen die middel van die jaar sal hy weer geevalueer word, en as alles goed gaan na Graad 2 oorgeplaas word. Selfs met die taal aspek, geniet Charl sy skool geweldig baie, en het nog nie een dag gekla oor skool toe gaan nie. Ons onderskat ons kinders se aanpasbaarheid, ek weet ek het. Voorspoed, ek weet dit voel soos een hengse berg wat voor jou staan, maar die kinders is sponse, hulle absorbeer alles en so gou ook.

Mooi bly

Monica.

Dankie vir hierdie positiewe nuus

Lizette

Link to comment
Share on other sites

Hi Riette

Ek sukkel om jou te PM. Stuur vir my een dan kyk ek of daarop kan reply.

Wendy

Wendy, ek het ook gesukkel, toe verander ek die blokkie (waar die deeltekens eintlik moet wees) na 'n "e" of "ë), toe werk dit. Probeer een van laasgenoemde, dit werk.

Link to comment
Share on other sites

Het ook n dogtertjie en sy het net so gou Engels opgetel van ons hier is.

Hulle leer so vinnig.Ek stem saam as dit kom oor moenie hul dadelik n skok van hul lewe gee nie.

Vat dit stadig.Hoe se hulle een ding op n slag.Ek wil nie my arme kind of kinders dadelik in gooi en se swem jannie swem nie.

Nee dit gaan enige kind deurmekaar maak.Dis eerste wat almal doen of meeste as hul hoor hul kom oor gooi hul die kiddies in Engelse skole.Ek weet dis elkeen se besluit maar vir my nee.Ek weet van baie baie mense wat oorgekom het en dit eers hier gedoen het en terwyl hul nog daar was hul net stadig voorberei op als wat op hul wag.

Begin by huis engels praat[bietjie op n slag]en tussen deur praat nog steeds jou moedertaal met jou kiddies :ilikeit: Seker hul wil dit nie verleer nie en is tog teen lang termyn tot hul eie voordeel om verskillende tale te kan praat.

Groete

Edited by Gummy Bear
Link to comment
Share on other sites

Ek is baie bekommerd oor die Engelse onderrig wat hy in 2009 gaan kry en sy fondasie om te klank ens.....is in Afrikaans!!

Is daar iemand wat die selfde situasie was en kan julle my asb van julle kinders se aanpassing vertel.

Groete Rië´´e Joubert :ilikeit:

Hallo almal

My kinders is ook Afrikaans sprekend, Naomi was laasjaar in Kindy en Markus Yr3 in Sydney. Ek stuur vir jou die Jolly Phonix program wat ons gebruik het en 'n lys van die tricky words. Jolly Phonix is 'n program wat hulle gebruik om die verskillende klanke aan te leer, deur liggaams bewegings en rympies, baie oulik. Ek stel sterk voor jou kind leer hierdie vooraf, want in yr 1 wikkel hulle met die werk en moet jou kind al sy klanke eintlik ken. Tricky words, is woorde wat as jy dit klank, kan jy nie hoor wat die woord is nie, soos "the", "we" ens.

Jolly_Phonix_sounds.pdf

Tricky_Words.pdf

Preparing_for_Maths.pdf

Ek stel rerig voor dat as jou kind in Gr 0 is, Afrikaans is, en julle binnekort Oz toe kom, leer hierdie solank vir hulle, dit maak net hul lewens ook makliker as hulle hier aanland. Die kinders kry wel "ESL" - English as a second language support, maar dis maar so 2 x week vir 30 minute. In Yr 1 is daar ook Reading Recovery, dis vir outjies wat nog nie op standaard is met hul reading nie - Dis 'n juffrou wat met jou kind 1:1 werk, elke dag vir 30 minute. My dogtertjie kry dit van hierdie jaar af en dit is merkwaardig hoe sy al verbeter het asook haar selfvertroue met skoolwerk.

Oor my kinders se aanpassing:

Die kinders pas regtig vinniger as ons aan. Ek was baie gestress oor hulle vooraf en as ek terugkyk, het hulle so goed aangepas. Hulle is gelukkig in die skool en kan funksioneel kommunikeer in Engels. Hulle meng al klaar Afrikaans baie en veral Naomi wat in Kindy is, begin al hoe meer Engelse woordjies ingooi terwyl sy met my praat.

Ek vermoed dat as jou kind klaar sy alfabet ken, goed kan skryf en lees, is die Eng nie so groot aanpassing vir hulle nie. Markus was in gr 2 in S.A, kon goed lees en skryf en toe hy Junie 2007 hier met skool begin het, het hy gouer die werk onder die knie gekry as my dogtertjie Naomi in Kindy. Naomi was in gr 0 in S.A, het nog niks geleer lees of skryf nie (in SA begin ons eers in gr 1 met formele skoolwerk). Toe sy met Kindy hier begin, het hulle al klaar al die klanke aangeleer en 'n hele rits "tricky words", sy moes dus maar net inval en probeer bykom. My ervaring en haar juff se kommentaar was dat skoolwerk laas jaar rerig vir haar 'n "struggle" was. Sy was baie gespanne teen die einde van die jaar, selfvertroue t.o.v. skoolwerk was nie baie goed nie, want sy kon sien dat sy nie naastenby soveel werkies kan doen as haar maatjies nie. Haar Kindy juff het weer beklemtoon dat sy baie werk uitgemis het en dat sy wel eventually, soos haar taal verbeter, sal opvang. Teen Des was ek moedeloos, my kind kom gestress van die skool af, wil nie yr 1 toe gaan nie want sy voel sy kan nie die werk baas raak nie. Ek het weer 'n vergadering met haar Kindy juff gehou, sy het Naomi bemoedig en mooi aan haar verduidelik dat die rede hoekom sy nog nie alles kan doen nie, is omdat sy so laat in die skool gekom het, werk gemis het, en dat sy glo sy sal die werk in yr 1 kan doen en dat haar juff haar mooi sal help ens. ens. Sy is nou in yr 1, kry reading support elke dag, kry nog English as a second language support, het 'n uitstekende juffrou met hope empatie - ek kan nie glo dis dieselfde kind nie! Haar selfvertroue het beslis verbeter teenoor haar skoolwerk en sy is baie meer positief teenoor reading.

So....in die begin gaan die aanpassing dalk met huppe en stote gepaard gaan, maar nie noodwendig vir almal nie, party kinders "float" daardeur en haal sommer baie vinnig in. My raad is moenie skaam wees nie, bly in kontak met die juffrou en dring aan op ekstra support as dit nodig is, soos reading recovery.

Groete uit Sydney

Tania

Link to comment
Share on other sites

Tania

Baie dankie dat jy ook jou persoonlike ervaring met my deel!!!

Ek word skoon emosioneel as ek dink wat jy moes deur gaan met Naomi...Dankbaar dit gaan beter!!!

Josh (graad 0) leer ook eers volgende jaar lees...maar het begin om syfer te skryf. Dink jy ek moet hom die jaar al laat leer lees (AFRIKAANS)? aangesien Markus vinniger aangepas het?

Danksy al julle informasie en advies kan ek alles in my vermoeë doen om die skuif so "stress" loos moontlik te maak.

BAIE STERKTE!!! vir jou en nogmaals dankie vir die "Attachments"

Praat julle nog Afrikaans by die huis?

Riëtte Joubert

Link to comment
Share on other sites

Ek dink meeste ouers praat nog hul moedertaal met die kinders in hul huise.Wat ek voel net regverdig is.

Groete.

Link to comment
Share on other sites

Ek dink meeste ouers praat nog hul moedertaal met die kinders in hul huise.Wat ek voel net regverdig is.

Groete.

Ek stem saam, ek sal nie my taal wil afleer nie, hou te veel daarvan. Goed as kids twee tale magtig is. Ek kan myself in anyway nie so goed uitdruk in Eng as in Afr nie.

Link to comment
Share on other sites

Tania

Baie dankie dat jy ook jou persoonlike ervaring met my deel!!!

Ek word skoon emosioneel as ek dink wat jy moes deur gaan met Naomi...Dankbaar dit gaan beter!!!

Josh (graad 0) leer ook eers volgende jaar lees...maar het begin om syfer te skryf. Dink jy ek moet hom die jaar al laat leer lees (AFRIKAANS)? aangesien Markus vinniger aangepas het?

Danksy al julle informasie en advies kan ek alles in my vermoeë doen om die skuif so "stress" loos moontlik te maak.

BAIE STERKTE!!! vir jou en nogmaals dankie vir die "Attachments"

Praat julle nog Afrikaans by die huis?

Riëtte Joubert

Hi Riette

Hoe oud is jou seun nou en watter maand word hy 6jr?

As jy hom nog in Kindy kan inskryf volgende jaar, behoort hy glad nie 'n probleem te he nie, maar as hy volgens sy ouderdom na yr 1 toe MOET gaan, sou ek hom nou in 'n Eng skool sit, Eng klanke leer en baie Engelse boekies lees. Moenie nou bodder met Afr lees nie, ek dink dit gaan hom dalk net deurmekaar maak met die uitspraak van klanke. Onthou my seun het klaar 'n goeie basis van lees en skryf gehad.

Ons praat en sal seker altyd Afrikaans in die huis bly praat, my kinders verkies dit ook so.

Groete uit Sydney en sterkte!

Tania

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...