Jump to content

Living in Canberra


Smitte

Recommended Posts

Hallo to all,

My husband and I considering, to relocate to Canberra. We lodged our online application last week.

We would like to get more information regarding the "life in Canberra". What the salaries are, the monthly expenses etc etc and all that there is to know!!!!

We will appreciate all info.

Regards

Link to comment
Share on other sites

  • 2 months later...
  • Replies 75
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

  • Thinus

    11

  • Smitte

    10

  • 5vannemerwea

    10

  • Karen R

    8

Top Posters In This Topic

Posted Images

Hi Smitte!!

Ek, my man en ons 3 kiddies (9,8,en 4jr) is oppad Canberra toe in April as als reg verloop. Al wat ek weet van Canberra is dat dit lekker koud is in die winter, en dat daar pragtige "green open spaces" is met verskriklik baie bome. Daar is 'n moewiese meer "Lake Birley Griffin", en die stad is ongelooflik goed beplan. Die area rondom die Universiteit is lekker lewendig. Mense wat daar grootgeword het se dat dit 'n goeie plek is om kinders groot te maak (objektief?). Daar word ook nie heinings voor die huise toegelaat nie, want dit maak afbreuk aan die stad.

Dis basies al wat ek weet!

Sterkte met julle planne

Groete

Karen

Link to comment
Share on other sites

Hallo Smitte en Karen

Sien nou eers die posting raak, anders het ek vroeer geantwoord.

Canberra is die bes beplande stad waarin ek my nog ooit bevind het. Die verkeer is absoluut wonderlik en mens raak nooit verdwaal nie. Die lewe daar was vir ons regtig goed en mens maak vinnig vriende. Kinders pas maklik aan - baie child friendly en baie vir almal om te doen daar. Dit is 'n baie sentrale stad - Sydney is 4 ure ver, Melbourne ure - die sneeu 2 ure en die see 1,5 ure. Mens kan in enige woonbuurt bly - almal is goed (daar is werklik nie een buurt wat uitstaan as "aan die verkeerde kant van die spoor" nie). Die publieke vervoer is goed - geen treine of stasies nie. Baie heerlike Restaurante en as julle 'n lekker eetplekkie soek, kontak my. Shopping is uniek in die sad self, dan kry mens die Hyperdome in Tuggeranong en Belconnen Markets is fantasties. Queenbeyean is 'n klipgooi ver (val in NSW) met die oulikste kunsplekkies en dan is Bungendore so 40km ver met die Houtgallery en winkeltjies waar mens kan gaan rondloop.

Winters is vrekkoud en somers is weer vrek warm. Ek sit met 'n kas vol "warm" klere wat ek twyfel of ek dit weer gaan dra. So pak maar die serpe en wolsokke. Die somers is maar baie droog, winter vries alles op, so bere maar die tjorries in die garage. Karre bleik vreeslik uit daar. In die winters moet mens maar versigtig ry in die aande - baie kangeroos en wombats langs die pad - seker op soek na kos. Anders is dit die black-ice soggens op die paaie. Maar die skivelde is nie te ver nie en julle moet 'n draai gaan maak in Jindabyne. Dan, oppad na die NASA Space Centre is daar 'n Reservaat waar mens kan gaan piekniek en braai - goeie geriewe vir die kinders en 'n pretpark (dis na Tuggeranong se kant toe op die Cotter Road) - rerige moet. Lake Burley Griffin het oral piekniek plekke. Fietsry is die "in" ding en daar is fietspaaie oor die hele Canberra -iets wat ek nog nie in Brisbane teegekom het nie.

Mens maak baie gou vriende - mens ken jou bure. Die area waar ons gebly het het maandeliks 'n "straatbraai" gehou, dis soos 'n bring 'n braai by die bure erens die straat-op. Halloween is baie prettig, so ook met Paasfees, Kersfees. September is dit Floriade (vir 'n maand) - tulpefees eerder. Baie shows om te kyk en die stad word fraai versier. Herfstye is absoluut verskriklik mooi - Canberra in vele kleure.

Ja, ek verlang na die plek en sy mense. My beste vriendin is nog daar. Maar, die koue het te erg gebyt laasjaar en ons het toe maar besluit om op te pak. Maar, julle sal gou aanpas en die mense is verskriklik behulpsaam/vriendelik. Proper engels en die Ozzies verstaan ons.

Vir huurplekkies: www.allhomes.com.au - hulle het 'n classified section ook waar mens great bargains kan optel.

Kontak vir Ds Okkie Meyer (voorheen van Durbanville NG Kerk) 6281 1406 - hy is by die Uniting Church in Yarralumla en julle sal baie Suid Afrikaners ook so ontmoet. Daar is baie Saners.

Website: www.yarrauniting.org.au

www.liveincanberra.com.au - goeie idee hoe dit daar lyk en oor die leefstyl daar.

www.canberraconnect.com.au - info oor skole, registrasie van voertuie, ens ens ens...

Ek het horde foto's van Canberra, so ek sal aanstuur as julle jul email adresse pm.

Karen, ek is bly julle het besluit op Canberra - julle sal nooit spyt wees nie.

Hoop die bietjie inligting help.

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Hi Smitte en Karen (Madelein ek is jammer jy's nie meer in Canberra nie, ek sou jou graag wou ontmoet :ilikeit: )

Ek second wat Madelein se oor allhomes.com.au - gee 'n goeie idee van huis pryse in Canberra, en wat rental properties kos. Die classified section in by www.allclassifieds.com.au en daar is nogal baie oulike bargains daar. Huis pryse in Canberra styg aanhoudend, maar dis nog steeds goedkoper as Sydney! As julle 'n huis gaan huur, so ek se die slegste tyd van die jaar om 'n huur huis te soek in Canberra is January en February want dan compete mens met al die studente en nuwe public servants wat ook huur huise soek. Die rental vacancy rate in Canberra is baie laag - net 1% - so dit kan nogal 'n rukkie vat om 'n rental property te kry want daar is redelik baie kompetisie in die mark.

Smitte jy vra oor salarisse in Canberra - oor die algemeen het Canberrans nogal 'n goeie "disposable income" en werkloosheid hier is laag. Daar is altyd baie werk in die staatsdiens, maar baie van die government jobs vereis dat mens 'n citizen moet wees voor jy mag aansoek doen. Public service jobs word hier geadverteer: http://www.apsjobs.gov.au/ Jy sal sien wat die salarisse is as jy daar gaan kyk.

Daar is oulike Suid Afrikaanse dokters (GPs) in Canberra (Thinus is een van hulle en hy is ook 'n member of hierdie forum). Ek kan Suid Afrikaanse produkte koop by my local grocery winkel soos Mrs Balls en Romany Creams :ilikeit: so ek weet daar moet 'n hele klomp SAners hier wees, maar so ver is die enigste SAners wat ek hier van weet die dokters.

Karen is reg oor die heinings - jy mag net jou back yard omhein nie die voorste gedeelte van jou huis nie. Dit is 'n velige stad, ons sluit nie in die aand ons agterdeur toe nie (maar ek dink ons moet seker, dis nie goed om fate te tempt nie). Dit is 'n baie goeie plek om kinders groot te maak, ek gaan na 'n baie oulike speelgroepie toe naby my huis en die ander ma's is baie vriendelik. Daar is allerhande activities wat mens kan doen saam met kinders hier - storie tyd by die National Museum, Questacon (die Science museum) ens ens. Daar is mooi winkels hier, pragtige parke, stap roetes, lekker restaurante en koffie shops ens. so dis 'n baie lekker plek om te bly - "easy living" sonder te veel verkeer en besoedeling. En soos Madelein gese het die see is minder as 2 uur se ry weg (Batemans Bay omgewing).

Downside van Canberra - dit raak nogal koud hier in die winter en warm in die somer, so probeer om 'n huis te kry met ducted gas heating en lugreeling. Maar dis die enigste ding wat ek oor kan moan - die res is great!

Laat weet as julle enige ander info soek : )

Link to comment
Share on other sites

Madelein en Kurkprop

BAIE dankie vir julle lekker nuus oor Canberra. Ek Martin, my vrou Vanessa en Corne (3 jaar) en Charlize (verwag haar 13 April 08) is op pad Canberra toe :cowboy: . Hopenlik teen Jul/Aug :wacko: .

My werk vat my daarheen vir 'n kontrak tydperk. Ek is egter nie gebind oor waar ek moet vestig nie en dink baie sterk aan Brisbane. Tog, as ek hoor wat in Canberra aangaan is ek lus en bly net daar.

Ek het nogal heelwat inligting oor Canberra gekry op: http://www.atn.com.au/nsw/south/south-a.htm

Dankie weereens vir die inligting, kan iemand vir ons so bietjie meer detail gee oor lewenskoste, inkopies ens PM is ook reg.

Groet uit Bfn

Link to comment
Share on other sites

kan iemand vir ons so bietjie meer detail gee oor lewenskoste, inkopies ens PM is ook reg.

Ek het onlangs iewers gelees dat die gemiddelde huis prys in Canberra mid-$400 000 is maar die berig hier onder se die gemiddelde huis prys is $507 000 (maar dit klink vir my so bietjie hoog...):

http://www.abc.net.au/news/stories/2008/01/25/2146307.htm

Die berig hier onder se dat die gemiddelde weeklikse huis huur in Canberra ongeveer $385 is:

http://canberra.yourguide.com.au/news/worl...est/592170.html

Groceries - ons groceries is gewoonlik oor $200 'n week maar dis omdat ek nie baie georganiseerd is nie en ook lui is so ek koop alles by Woolworths. En my kat is 'n "brat" en eet net spesifieke katkos wat $1 per blik kos en sy eet twee blikke 'n dag. En ek het 'n hond so sy dra by tot die hoe koste. Ek dink baie georganiseerde mense op hierdie forum sal heelwat minder spandeer op groceries as dit so doen maar 'n search hier op die forum. Doeke kos gewoonlik $40 vir 'n bulk boks (109 "newborn" doeke per boks) maar op special betaal mens $30 per boks. As ek vleis in "bulk" koop by die slaghuis sal ek minder betaal, en groente en vrugte is goedkoper by die groente mark. As ek meer gereeld by Aldi my groceries koop dink ek ek sal ten minste 'n derde minder op groceries spandeer. Ons elektrisiteit is omtrent $250-$300 elke 3 maande. My kar se jaarlikse registrasie is $650. Dagsorg vir ons baba is $70 per dag maar mens kry 'n derde daarvan terug (maar nie as jy op 'n temp visa is nie dink ek). Doktor's besoeke - my baba word ge"bulk bill" (beteken haar besoeke is verniet) en vir my is dit so $70 per besoek maar ek kan 'n groot deel daarvan terug ys by Medicare. My privaat mediese vonds koste is ongeveer $100 per maand. Petrol - kos my omtrent $90 per tank. Kan nie nou aan nog dink nie maar PM as julle enige iets wil weet : )

Hier is nog 'n website met informasie oor "Emigrating to Canberra":

http://www.globalvisas.com/australia_visas..._territory.html

Ek hoop julle sal baie gelukkig hier in Canberra wees - maar Brisbane is ook 'n baie nice plek so as julle daar op eindig sal julle dit daar ook sommer baie geniet :ilikeit: Kontak my gerus as julle hier land - dis darem lekker om ten minste iemand te ken as mens nuut in 'n plek is, ek is nou al oor 6 jaar hier, so dit maak my min of meer 'n "local" :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

Dankie Kurkprop :ilikeit:

Waardeer die moeite en inligting. Ons sal julle op hoogte hou soos ons dinge vorder. Ons raak nou al baie opgewonde oor die skuif, dan kan ons ook die kennise op die forum persoonlik ontmoed.

Groete en ons sal kontak indien ons meer wil weet. As julle aan iets dink - laat weet asb.

Dankie weereens

Link to comment
Share on other sites

Ek het gisteraand wakker gele en worry oor die lewenskoste informasie wat ek gepos het - dit klink so scary en duur! Maar as mens in dollars verdien dan is dit nie so erg nie so ek hoop nie my antwoord klink negatief of sit mense van Canberra af nie...

Aan die flip side - dis darem maar lekker as al wat 'n mens het om oor te worry in die nag is of mens te negatief klink in 'n forum :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Kurkprop

Ek het bietjie gelees oor Canberra en die midian ouderdom is 34. Enige idee hoekom mense nie aftree in Canberra nie? Dit lyk vir my na 'n baie oulike plek, behuising bietjies te duur, maar andersins baie goed. Dit pla my net dat mense nie daar wil bly tot in hulle gryse ouderdom nie.

Enige lig wat jy op die sakie kan werp?

Retha

Link to comment
Share on other sites

Hi Kurkprop

Ek het bietjie gelees oor Canberra en die midian ouderdom is 34. Enige idee hoekom mense nie aftree in Canberra nie? Dit lyk vir my na 'n baie oulike plek, behuising bietjies te duur, maar andersins baie goed. Dit pla my net dat mense nie daar wil bly tot in hulle gryse ouderdom nie.

Enige lig wat jy op die sakie kan werp?

Retha

Dalk is dit omdat dit 'n "public service town" is. Meeste mense wat ek hier ken is nie in Canberra gebore nie - hulle het hierna toe getrek om te werk in die public service. Miskien besluit mense om na 'n ruk hier terug te trek na waar hulle famielies vandaan kom, of miskien is dit omdat soos Koos Kombuis se "almal wil 'n huisie by die see he". EK bly baie lekker in Canberra maar sal nie hier af tree nie (30 jaar weg anyway so bietjie vroeg om nou daaroor te worry :hug: ) maar ek sal wil aftree waar my man se broer/ ouers en hopenlik teen daai tyd my sussies is en dis Brisbane.

Link to comment
Share on other sites

Dit maak sin. ek het net gewonder dat dalk dalk iets groter fout is met die plek wat 'n mens nie sien van die begin af nie.

Lekker bly

Retha

Link to comment
Share on other sites

Hello Kurkprop

Ons het ook eers als by Woollies gekoop, tot daar 'n Aldi Stoor in Conder oopgemaak het. Dis net in ACT waar Aldi drank verkoop en ons het ons tafelwyn - nogal Oceanview van Suid Afrika - daar gekoop. Koop nog steeds by Aldi - Ons het die basiese goed daar gekry - katkos is 69c/blik en Jaas moes maar gewoond raak (deesdae eet hy die sakkies). Hy eet nog sy whiskas droee kos... Ons kosrekening is na die helfte gesny. Ek weet nie in watter area julle bly nie, ons was in Theodore. Dis so 5 km van Tuggeranong Hyperdome af en Mother Nature's was my 2de shopping plek. Al my vleis en groente daar gekoop - groot seleksie pastas ens en alles baie vars. Woolies het my net gesien as dit dringend nodig was. Coles was 'n "no go" behalwe vir koejawels.

Dan kan jy ook www.dealsdirect.com.au probeer - hulle verkoop bulk weggooidoeke (huggies) en dit werk goedkoper uit.

Retha

Daar is absoluut niks met Canberra verkeerd nie. Ek het verskriklik lekker gebly daar, maar Marius kon die koue nie hanteer nie. Hy is 'n buitemens en ons boot het op droee grond gestaan. Ons moes kies tussen Perth en ?? Ons het toe maar 'n LSD gevat na Brisbane, daarvan gehou en besluit om te trek. Ek voel al soos 'n Traveling Wilbury, maar dis hoe groot Oz is. Elkeen kry sy plekkie in die son. Een ding is verseker - as jy kinders het, is Canberra die regte begin.

Vir boerewors, biltong ens, kan jul vir Greg kontak - hy lewer elke 2de Vrydag af - baie heerlik en daar is koeksisters ook op die menu. 02 62590190 of 0418332606 Sy pryse is goed.

Ons was 'n hele paar Suid Afrikaners wat by die hospitaal gewerk het, so ons het maar so saam-saam by Satooz bestel en in die afleweringskostes gedeel. Dis nou as ons SA goodies nodig gehad het.

Vir ons huurplekkie het ons $350/week betaal

Gas & krag was kwartaalliks - het so $400 uitgewerk

Petrol weekliks (2 tjorries) - $80 - in die somer was dit $50 (Marius het met sy motorfiets gery)

Kos - $100 gemiddeld

Selfoon kontrak - $80 per maand

Internet & tel- $80 per maand

Voip $30 per maand

Ons weeklikse uitgawes was so +/- $800 - en ons rook ook nog! Dis 'n duur hobby en het $180/week uit die sak geruk. Maar ons het nog gespaar ook en kon elke 2de naweek "wegbreek".

Hier is die evidence hoekom ons so vinnig getrek het uit Canberra - MAAR MOENIE DAT DIT JULLE KOUDSIT NIE!!! Dit was maar net laasjaar so erg en die foto is oppad na Bungendore geneem. Die ysbere het ons maar net begin opkou...

post-30-1202756983.jpg

Groetnis

Madelein

Edited by Madelein
Link to comment
Share on other sites

Daai foto lyk soos in Canada. Dis nie 'n probleem nie, maar dis die lengte van die koue maande wat vir my deesdae saak maak. So vertel my hoeveel van daardie dae sal 'n mens sien in Canberra en wat is die tydperk wat dit konstant so koud is? Is dit 3 maande lank so koud of is dit 'n week? Elke keer wat ek sneeu tans shovel hoop ek dis die laaste keer dat ek dit doen. Smelt die sneeu binne 'n paar dae of bly dit le vir die lengte van die winter? As dit smelt binne 'n paar dae, dan kan ek daarmee saamleef. Hoeveel grys dae is daar in die winter, seker nie Vancouver se 6 weke aaneen nie of hoe?

Daardie foto se weer sal definitief vriesend wees met 'n huis met papier dun mure. Ek lees nou die dag van 'n bouer, ek dink dit was 'n Adelaide bouer, wat spog dat een van sy verkoopspunte is dat die huis se mure 'n R2-value het. Ek het amper van my stoel af geval soos ek gelag het toe ek dit lees. Ek dink nie R2 kan eers hitte uithou nie, nevermind koue. Gin wonder die huise moet aircons en verhitting in he nie.

Ek hoop om 'n energy efficient huis eendag te bou in Australia, waar ons ook al land en my huis se mure sal dik genoeg wees om -5 grade te hanteer sonder verhitting en dan soek ek natuurlik styrofoam onder die sement vloer en underfloor heating inplaas van forced air heating indien enigisins nodig. Maar om 'n bouer te kry wat bereid is om dit te bou is 'n ander saak. Maar as ek my huis kan bou soos ek dit wil he, dan sal Canberra se koue nie 'n probleem wees nie, so lank ek net nie Canada se koue, die prairies spesifiek, daar loop kry nie, maar ek dink ek is veilig :) As ons so 'n -30 kry dan vertel ek myself dis die laaste koue winter, sal dit nou 'n gatslag wees as daardie visa nou deur die mat moet val.

Ek hou regtig van Canberra se grootte en ek sien IT is op hulle skill shortage list. Ek is net skrikkerig vir die huis pryse, IT is nie altyd die bes betaalde werk deesdae meer nie en was ook bekommerd oor mense nie daar wil oud raak nie. Ek wil bly waar ek ook sal kan aftree. Ongelukkig vir my, dink ek nie ons sal ooit familie he om na toe te trek nie. Dit sal maar altyd net ons gesinnetjie wees.

Ons hou van buite wees, maar is nie veel gepla oor water nie, meer bietjie tuin werk, kamp en stap roetes en so en Madelein het al vir my gese daar is lekker plekkies rondom Canberra vir kamp en loop stap.

Miskien moet ek maar eers ophou droom en wag vir die visa en dan nog kyk waar ons werk kry.

Groetnis

Retha

Edited by Retha_hhr
Link to comment
Share on other sites

Hello Retha

Canberra begin so bietjie koud raak begin Mei (net snags) maar heerlike warm deur die dag. Dit is soms ook so in die winter, maar as daardie windjie so van die suidekant af begin waai van Melbourne se kant af, klap die tande... Maar dis nie altyd so nie - Die foto wat ek geneem het. was in laasjaar einde Mei - die eerste keer in jare dat Bungendore so 'n frats sneeustorm gekry het in jare. Die weer was net bietjie erg laas jaar, maar die sneeuvelde was pragtig laasjaa. Die ergste koue is van Junie tot mid September, Oktober is die mooiste, mooiste maand met al die mooi blomme en vrugtebome wat bloei. Herfstyd is nog mooier. Daar is nie baie grys dae nie, behalwe dat mens daglig het van so 7.30 tot 17.00 deur die week in die winter. Dit hang ook af hoeveel sneeu daar geval het in Thredbo omgewing en hoe die wind draai en dit gee mens so 'n paar redelik mistige dae waar jy son sien vir so 2 ure (dit gebeur nie gereeld nie). Laasjaar was daar sneeu op die koppies in Canberra - die mense was verstom, want dit was die eerste keer in 25 jaar wat dit gebeur het. Die weer was maar omge-ellie en selfs Lake George het bietjie water gekry van Goulburn se kant af - die lake is al vir die laaste 10 jaar leeg met die droogte. Glad nie Vancouver se 6 weke aaneen se grysheid nie. Dis net soggens wat alles beryp is en dis beter om die tjorries in die garage te hou en 'n kannetjie water (onder die sitplek) in die motor vir as jy nagdies gaan werk. Ek het 'n ou laken gebruik om my tjorrie se voorruit snags toe te maak by die hospitaal sodat ek soggens vinniger daar kan wegkom.

Canberra: uit Telstra tower geneem - Lake Burley Griffen

post-30-1202853754.jpg

Dis hoe dit elke dag daar lyk, soms net bietjie kouer...

Die huis waarin ons gebly het, was goed gelee. Deur die dag het ek al die vensters oopgemaak en die sonlig het dit heerlik opgewarm. Ons het die verwarmers gestel van 16.30 tot middernag en van 04.00 tot 08.00 om so bietjie op te warm. Meeste van die badkamers het verwarming, so mens bibber darem nie wanneer jy moet gaan stort nie. Meeste van die huise is ge-insoleer, so dit verloor nie gou hitte nie. As jy eers daar is, is dit raadsaam om vir jou vensters gordyne te kry met 'n rubberlagie aan die agterkant - dit help om die koue deur die nag buite te hou, en hou maar die gordyne saans toegetrek.

Quote: "Ek hoop om 'n energy efficient huis eendag te bou in Australia, waar ons ook al land en my huis se mure sal dik genoeg wees om -5 grade te hanteer sonder verhitting en dan soek ek natuurlik styrofoam onder die sement vloer en underfloor heating inplaas van forced air heating indien enigisins nodig. Maar om 'n bouer te kry wat bereid is om dit te bou is 'n ander saak. Maar as ek my huis kan bou soos ek dit wil he, dan sal Canberra se koue nie 'n probleem wees nie, so lank ek net nie Canada se koue, die prairies spesifiek, daar loop kry nie, maar ek dink ek is veilig thumbup.gif As ons so 'n -30 kry dan vertel ek myself dis die laaste koue winter, sal dit nou 'n gatslag wees as daardie visa nou deur die mat moet val."

Alle nuwe huise in Canberra het insolasie, ducted aircons, ens.

Soos ek se, Canberra is die perfekte stad en ek sou graag nog wou bly. Huispryse het laasjaar met gemiddeld 20% opgegaan, maar moenie dat dit jou afskrik nie. Met jou Ozzie salaris en al die voordele, sal jy jou droomhuis nog kry. Oz is 'n nuwe begin, loer so bietjie in die "money" afdeling - baie tips. Ons het nog nie gekoop nie, met al die rondtrekkery sit dit ons elke keer 'n bietjie terug. Maar hopelik teen die einde van die jaar sal ons kan begin. Ons het besluit om eers met 'n klein plekkie te begin, meubels te stoor vir 6 maande, sodat ons kan gebruik maak van al die Gov grants ens. Dan plekkie no 1 uit te verhuur en 'n ander huis te koop om van die "negative gearing" te kan gebruik maak. Daar is werklik baie opsies, maar julle sal sien as julle eers hier is.

"Ek hou regtig van Canberra se grootte en ek sien IT is op hulle skill shortage list. Ek is net skrikkerig vir die huis pryse, IT is nie altyd die bes betaalde werk deesdae meer nie en was ook bekommerd oor mense nie daar wil oud raak nie. Ek wil bly waar ek ook sal kan aftree."

20 Jaar terug het Canberra ge"boom" en mens hoor nie van al die mense wat op 45 lekker afgetree sit in hulle huise daar nie. Daar is baie jong, afgetrede mense, so ook ouer mense. Dis mense wat jare lank al daar is en nerens anders sal gaan nie - behalwe as hul kinders elders getrek het. Australiers is baie huisvaste mense - die kinders help hul ouers en dis gewoonlik wanneer die kinders elders bly, dat die ouers eerder daar gaan aftree. (hoop dit maak sin) Dit verstom my steeds hoe selfs die kleinkinders na hul Oupas en Oumas omsien en sorg. Ek reken dis persoonlike omstandighede, maar daar is baie ouer, afgetrede mense.

Jy mag maar droom Retha, dis 'n lekker gevoel en julle sal regtig nie spyt wees nie.

Groetnis

Madelein

Link to comment
Share on other sites

Hier is die evidence hoekom ons so vinnig getrek het uit Canberra - MAAR MOENIE DAT DIT JULLE KOUDSIT NIE!!! Dit was maar net laasjaar so erg en die foto is oppad na Bungendore geneem. Die ysbere het ons maar net begin opkou...

Quote: "Ek hoop om 'n energy efficient huis eendag te bou in Australia...Ek hou regtig van Canberra se grootte en ek sien IT is op hulle skill shortage list.

Koudsit. :ilikeit: Inderdaad. Baie dankie vir die foto van Bungendore, Madelein. Dit laat my sommer tuisvoel, en ek het hom afgelaai. Ek en my vrou het voorheen in Sydney gewoon, maar ons het steeds'n eiendom net buite Bungendore, so ek ken daardie wereld goed.

'n Mens moet jou ook nie laat afsit deur koue nie, jy raak enige klimaat gou gewoond. Canberra kry slegs sneeu omtrent elke 2 jaar of so, en 'n goeie wintersdag is 15C. (Tans woon ons in Kanada, en het in Ottawa temperature van -50C ondervind, met voete van sneeu Dis als deel van die fun.)

Canberra is a unique city, and people often feel strongly about it. Some people love it, others hate it. I am in the first category, my wife (who is an Aussie) is in the second. En dis een die grootste rede waarom ons nooit Canberra toe getrek het nie. Maar ek werk nog aan haar vir die toekoms :) Canberra is netjies, goed beplan, en net die regte grootte vir my. Genoeg om te sien, maklik om uit die stad uit te kom. Ek hou van Sydney, maar hy is net te groot. Die nadeel van Canberra (m.i.) is dat die meeste werk in die publieke sektor is. Die staatsdiens is waarskynlik jou toekoms as jy in Canberra gaan vestig. (Daar is minder te doen vir tieners as in die groot stede.) Huise is maar orals duur in Australiese stede, maar Canberra het meer opgegaan die afgelope jare. Daar is ook 'n tekort aan huur-wonings.

Retha, ek stel self belang in ekologiese boustyle, en het huiswerk daaroor gedoen spesifiek met die oog daarop om naby Canberra te bou eendag. Ek werk ook in IT, so ons moet praat :) Ek sien jy bly in Edmonton? (Ek tans in Vancouver).

Canberra is natuurlik die Ottawa van Australia, maar ek is baie meer positief oor Canberra. (I don't like Ottawa).

Canberra het ook mooi herfskleure. As jy ski, dit is redelik naby aan die Snowy berge. As jy van die strand hou is dit net 'n uur of twee weg. In elk geval, hier is 'n foto buite Bungendore in die somer (a crafts village just outside of Canberra). Geneem op ons stukkie grond naby Bungendore, buite Canberra. Hopelik kan jy sien dat die area heuwelagtig is. (The Great Dividing Range noem hulle dit :) )

(Phew!!!! Ek dink ons het nou net 'n redelike aardbewing of iets gehad. Die hele gebou het geskud. Skielik baie sirenes. Tyd om terug Oz toe te gaan. Nou gaan ek afskakel!)

Christo

Edited by montxsuz
Link to comment
Share on other sites

Dankie vir al die inligting en nuus.

Madelein, was dit nou nodig om daardie bibberende foto te plaas? Gelukkig maak al die positiewe komentaar op vir die foto met die baie sneeu.

Groete

Martin

Link to comment
Share on other sites

Hello

Ek moes, maar ek hoop die een maak op daarvoor. Dis hoe dit gewoonlik meestal lyk.

post-30-1203039433.jpg

Groetnis

Madelein

PS: I & B, ek het probeer om foto's deur te email, maar dit kon nie deur nie - sal vir hubby vra om dit in 'n zip-file te sit sodat julle kan kyk.

Edited by Madelein
Link to comment
Share on other sites

Ek sal ook Canberra fotos hier op sit - sal hierdie naweek probeer neem.

Hello Kurkprop

Ons het ook eers als by Woollies gekoop, tot daar 'n Aldi Stoor in Conder oopgemaak het. Dis net in ACT waar Aldi drank verkoop en ons het ons tafelwyn - nogal Oceanview van Suid Afrika - daar gekoop. Koop nog steeds by Aldi - Ons het die basiese goed daar gekry - katkos is 69c/blik en Jaas moes maar gewoond raak (deesdae eet hy die sakkies). Hy eet nog sy whiskas droee kos... Ons kosrekening is na die helfte gesny. Ek weet nie in watter area julle bly nie, ons was in Theodore. Dis so 5 km van Tuggeranong Hyperdome af en Mother Nature's was my 2de shopping plek. Al my vleis en groente daar gekoop - groot seleksie pastas ens en alles baie vars. Woolies het my net gesien as dit dringend nodig was. Coles was 'n "no go" behalwe vir koejawels.

Dan kan jy ook www.dealsdirect.com.au probeer - hulle verkoop bulk weggooidoeke (huggies) en dit werk goedkoper uit.

Madelein

Ek is skaam om te se ons bly in Holt so Aldi in Kippax is omtrent 5 minute se loop van my huis af :ilikeit: Net te lui om gereeld daar te gaan koop want dan moet ek georganiseerd wees en seker maak dat ek my eie sakke vat en $2 vir die trolley het! Dankie vir die link oor die doeke, ek sal kyk of ek 'n bargain daar kry ;)

Link to comment
Share on other sites

Hallo Almal,

Ons het lank gewag vir 'n antwoord, maar die wag was die moeite werd!! Klink of ons die regte plek gaan kies!!

Kan ek die vergelyking maak om te se Canberra is soos Bloemfontein?

Almal se dat daar baie werke is vir staatswerkers (citizens), aangesien ons DV net PR sal he, so hoe moeilik is dit dan om werk te kry, eks rekenmeester en my man in IT (unix administrator)?

Weereens dankie, hierdie inligting is baie insiggewend.

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die foto, Madelein. Sal die foto's waardeer Kurkprop.

Sien uit daarna om julle almal, die Smitte ook, te ontmoed.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Ha-ha Madelein - daai foto wat jy geplaas het oor die spuitfontein.... toe ons destyds in Canberra aangekom het (deur Australia getoer), sien ons hierdie groooot spuitfontein en besluit dit moet op ons agenda vir die dag wees. Later die dag soek en soek en soek ons vir hierdie spuitfontein, maar kry niks! Heel radeloos gaan ons toe maar na die meer (?) toe vir piekniek.... en raai wat, daar sien ons die spuitfontein se konstruksie, baie duidelik het hulle die ding afgesit vir 'n ruk!

Canberra is regtig 'n mooi stad! Ons het daar ook wit papegaaie gesien - sommer so wild rondgevlieg!

Edited by Maritze
Link to comment
Share on other sites

Kan ek die vergelyking maak om te se Canberra is soos Bloemfontein?

Almal se dat daar baie werke is vir staatswerkers (citizens), aangesien ons DV net PR sal he, so hoe moeilik is dit dan om werk te kry, eks rekenmeester en my man in IT (unix administrator)?

Bloemfontein? Waarskynlik nie te ver verkeerd nie :ilikeit: Ek het ook al daai idee gehad.

Canberra se ontwerp is egter uniek soos julle sal sien as julle daar aanland.

Werk. Staatsdiens, maar daar is heelwat privaat maatskappye. Insluitende Oz se porno industrie.

Baie van die privaat maatskappye doen werk vir die staatsdiens in elk geval.

IT werk - ek woon tans in Canada, en head-hunters kontak my weekliks+ hier - vir werk in Canberra.

Wel, altwee begin met "Can":lol:

Een ding wat julle moet check is "security clearance". Is dit nodig vir 'n staatsdiens pos? Ek weet NIE hoeveel van 'n probleem dit is in Australia nie.

So 6+ jaar gelede toe ek laas in Canberra gewerk het was dit nie 'n issue nie.

Maar toe ons in Ottawa (Kanada se equivalent van Canberra) geland het, het ons uitgevind ons kon nie vir die staatsdiens werk sonder om Security Clearance te bekom nie (agv 9/11 ens).

Dit het 12 maande geneem om te kry - bo en behalwe PR - 12 maande waarin ons nie kon werk in Ottawa nie. Ek het gehoor daar nou is iets soortgelyks in Canberra, maar weet nie verseker nie.

Miskien kan iemand adviseer?

Groete

Christo

Edited by montxsuz
Link to comment
Share on other sites

Ek het bietjie gelees oor Canberra en die midian ouderdom is 34. Enige idee hoekom mense nie aftree in Canberra nie? Dit lyk vir my na 'n baie oulike plek, behuising bietjies te duur, maar andersins baie goed. Dit pla my net dat mense nie daar wil bly tot in hulle gryse ouderdom nie.

Retha van Edmonton

Ek dink baie Canberrans tree af aan die suidkus, rondom Batemans Bay. Hulle spandeer in elk geval hulle somers naweke daar :ilikeit:

Dis 'n pragtige area. Ek sal ook eerder by die see aftree :lol: Mind you, dit word ook duur.

Christo van Vancouver

Ns. Ek sien niemand het nog gepraat oor die waterbeperkings in Canberra omgewing nie. Dit duur nou al etlike jare, of hoe. Vir my is dit (watertekort) een van die grootste worries van die area.

Link to comment
Share on other sites

Hi Christo

Ek het gou die plek gegoogle en dit lyk nie ver van Canberra af nie en dan maak dit sin dat mense soontoe beweeg wanneer hulle aftree. Het Canberra meer waterbeperkings as die res van Australie? Water beperkings is nie vir my 'n te groot probleem nie, want Windhoek het redelik gereeld water beperkings gehad. Met die goeie reens wat hierdie jaar geval het in Namibie behoort dit bietjie te verslap. Ons het maar altyd gesorg dat ons onder 30 kubieke liter water 'n maand gebruik, dit sluit tuin natmaak in. Die water pryse het op 'n glyskaal gewerk. Die glyskaal het baie kwaai gestyg van 30 af op.

My man sal natuurlik weer moet leer om vinniger te stort, want hier in Canada staan en werk hy mos al sy probleme en sake onder die stort uit. So, ek kan vinniger bad as wat hy kan stort :ilikeit:

Retha

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...