Jump to content
  • 0

RETURNING 2 South Africa


RSA-Klong

Question

Ek het lank gedink of ek my tyd moet mors om iets te skryf, maar het toe maar besluit dalk sal dit vir iemand iets beteken, dalk nie. Soos talle voor ons, het ons alles gepak en was vol lus vir ons nuwe lewe in Oz. Die lewe het toe nie so mooi uitgedraai soos alles in ons drome was nie.

Ons sit hier vanaand, amper die laaste aand in die wonderlike wereld down under. Ja, ons vlieg binnekort terug SA toe. I must admit that this was one of the most expensive journeys I have undertaken to discover who and what I am at this stage of my life. I am so sad that I ever had the opportunity to experience Oz, for it must be one of the best places on earth to live. I am sad that I will never be able to call this home or to make it my own.

I suppose that I am one of those people for whom immigration does not work. The friendly people that helped us to pack the few things we bought here informed me that we are the second family for the day that they have packed, returning to South Africa. My jaw dropped to the table. I asked them if they often get this. For the second shocker, YES!!! Last week one team of the ten teams, packed up 5 families returning to South Africa. This was confirmed by the office. Who these people are, nobody knows, but they are there, and they are more than we think or like to think.

I know people will now say that, yes there are people returning, but think of the thousands that are coming here. I also know of the thousands that are coming here, because we were part of them. But what people do not realise is that hundreds are returning as well, and we NEVER hear from them. Why do we not here from them? If you read my first sentence again, you will know why. ……………… Why bother, I already feel like a failure, and the last thing I have energy for now, is to hear what a bad place South Africa is and to be crucified by some members.

This forum have helped me so much and I am not trying to undo the good work of the forum, but rather would like readers to know there is another side as well. Die meeste van julle is wonderlike mense. Sterkte aan die wat bly en sterkte aan die wat terugkeer.

Link to comment
Share on other sites

  • Answers 112
  • Created
  • Last Reply

Top Posters For This Question

  • elizes

    9

  • Blossom

    5

  • Mara

    4

  • Annette

    3

Top Posters For This Question

Recommended Posts

  • 0

INteressante statistieke van mense wat aankom in Oz en weer teruggaan - see page 9, sub-shara Africa, amount of people arriving and the tiny amount leaving again..... remember this is only for Perm arrivals, not including 457 visas....

http://www.immi.gov.au/media/publications/...date_june07.pdf

Edited by Kaalvoet
Link to comment
Share on other sites

  • 0
Ek het lank gedink of ek my tyd moet mors om iets te skryf, maar het toe maar besluit dalk sal dit vir iemand iets beteken, dalk nie. Soos talle voor ons, het ons alles gepak en was vol lus vir ons nuwe lewe in Oz. Die lewe het toe nie so mooi uitgedraai soos alles in ons drome was nie.

Ons sit hier vanaand, amper die laaste aand in die wonderlike wereld down under. Ja, ons vlieg binnekort terug SA toe. I must admit that this was one of the most expensive journeys I have undertaken to discover who and what I am at this stage of my life. I am so sad that I ever had the opportunity to experience Oz, for it must be one of the best places on earth to live. I am sad that I will never be able to call this home or to make it my own.

I suppose that I am one of those people for whom immigration does not work. The friendly people that helped us to pack the few things we bought here informed me that we are the second family for the day that they have packed, returning to South Africa. My jaw dropped to the table. I asked them if they often get this. For the second shocker, YES!!! Last week one team of the ten teams, packed up 5 families returning to South Africa. This was confirmed by the office. Who these people are, nobody knows, but they are there, and they are more than we think or like to think.

I know people will now say that, yes there are people returning, but think of the thousands that are coming here. I also know of the thousands that are coming here, because we were part of them. But what people do not realise is that hundreds are returning as well, and we NEVER hear from them. Why do we not here from them? If you read my first sentence again, you will know why. ������ Why bother, I already feel like a failure, and the last thing I have energy for now, is to hear what a bad place South Africa is and to be crucified by some members.

This forum have helped me so much and I am not trying to undo the good work of the forum, but rather would like readers to know there is another side as well. Die meeste van julle is wonderlike mense. Sterkte aan die wat bly en sterkte aan die wat terugkeer.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Howzit SA Klong, dit sal ons hier in SA help indien julle daardie kant laat weet hoekom julle wil terugkom. Almal praat van mense wat terug kom maar sien hulle nooit nie. Miskien kom hulle terug en gaan bly op Pofadder dat ons nie van hulle hoor of sien nie. My "reply" is bietjie laat want ek sien jy al reeds laasjaar Oktober 2007 jou gevoelens uitgestort het. In Oktober het SA die World Cup gewen.....het dit jou nie dalk ontrekking simptome gegee nie. Ek bly in Pretoria....paar keer deur talle tydskrifte as die beste groot stad in SA benoem...MAAR dinge het drasties agteruit gegaan.....eerlik te wees: MISDAAD, ELEKTRISITEIT TEKORT, PETROL TEKORT, KOS PRYSE STUIG SKY HIGH, MISDAAD, MISDAAD en o ja, MISDAAD. As ek praat van misdaad is dit nie steel 'n tuinslang ens, nie, dit is gewapende roof met die doel om dood te maak!!!! Kyk, ons probeer uithou maar ons sal moet plan maak. Ek weet nie wat jou redes was om eerstens SA te verlaat nie, maar alle lewens omstandighede het 200% verswak. Dink mooi, ons bloei vir SA, maar dinge is BAD.

Groet Thys

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Thys

As jy eers hier is sal jy weet waarvan almal hier praat. Ons is nou so amper 4 weke hier, en dit raak soms ondraaglik moeilik met die verlange. Op hierdie stadium van ons move is dit die bekendheid wat jy mis en al die gewone daaglikse take wat jy daar gehad het. Daar is veiligheid in Bekende dinge. Hier is alles nuut en jy moet als van voor af gewoond raak. mens se geheue onthou ook net die goeie dinge van RSA, nie die krag nie, nie die misdaad nie. Dis elke oggend 'n daadwerklike poging aanwend om te onthou HOEKOM jy hierdie besluit gemaak het.

Ons het gister 'n baie close familie lid aan die dood afgestaan, en om hier te wees is dan baie moeilik. Dinge flits deur jou kop soos: Is dit die moeite werd om almal alleen daar te los? Is familie nie belangriker as my eie welstand nie? Sulke vrae gaan deur jou kop, al ken jy die regte antwoorde wat vir jou se dat jou kinders nie veilig is in SA nie.

Die enigste raad wat ek sover kan gee, en self moet volg elke dag, is dat dit iets is waardeur jy net moet battle. Elke dag soos dit kom. Mens mis die familie se ondersteuning as jy af voel of siek is, en mens mis jou eie bed...

As daai container nou net wil hurry up!!!!!

Elize

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Stem saam met jou Elize.

Maar, soos jy sê, as mens kinders het, kan jy nie, MAG jy nie anders as om aan hulle welstand te dink nie. Hulle is aan jou toevertrou, jou verantwoordelikheid, en mens MAG nie roekeloos hul veiligheid en toekoms op die spel plaas deur met hul lewens te dobbel deur in SA te bly nie.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Almal,

Ek sal net graag wil hoor hoe dit NOU met RSA Klong gaan.

Is alles in SA soos hy dit wil hê? Sal hy (indien hy spyt is oor die besluit om terug te gaan ) eerlik genoeg wees om dit te erken?

Sw

Link to comment
Share on other sites

  • 0

As ek so na ElizeS se post lees kan ek nie anders as om aan hierdie vergeleiking te dink nie:

'n Vrou word erg deur haar man mishandel, fiesies sowel as emosioneel. Dit gaan vir 'n jaar of drie so aan. Hulle bly ver van familie en hy het haar heeltemal vervreem van enige vriende. 'n Sosiale lewe mag sy ook nie he nie. Een dag besluit sy, genoeg is genoeg, nie meer verder nie, sy pak haar goedjies en trek uit. Maar al waarheen sy kan gaan, is 'n plekkie op haar eie, 'n woonstellietjie waar sy weer haar eie self en vrede kan vind. Maar die eerste paar aande is rof, sy is alleen, en sy wonder die heeltyd of die hardheid van 'n man nie beter is as hierdie alleenheid nie, trane op trane. Maar sy druk deur, byt vas en sy maak dit, aan die anderkant is sy weer 'n nuwe mens, 'n nuwe self. Natuurlik nie sonder die genade en krag van God nie.

Sterkte aan almal! Onthou waar jou voete jou ook al vind, oppad Aus/Nz toe of oppad terug SA toe, maak nie saak nie, waar jou voete is daar is God ook altyd saam met jou!

Link to comment
Share on other sites

  • 0

How come I found this site so late?? Its wonderful and all the stories here are so movng, so real and very informative! Odelia, your story was moving and Im sure many of us will learn from yours and so many others! I couldnt agree more about leaving the famililies...this is big for me and many other people no matter where you move to. I have a sister who's been in Germany for almost 15yrs and has never wanted to move back to sa...she visits sa once a year and encourages her children to not only speak english but to grow and know their cousins and sometimes i wonder what is wrong with me? why cant I settle down? THey even speak english here! Well like u say, we not alike and my case is quite unique I am still on a tourist visa and have many challenges ahead but I have faith that what must happen will be. I have visited Aussie (with tourist visa) so many times in the past year, and am currently still on holiday trying to extend and hopefully then apply for my partner visa...and still I am not sure if this is what I really want! Miss sa and I laugh at your comments of 'the winging saffers' and yes accept that your heart will always break...true. I know for certain that no matter what happens with my visa, the reason I am ready to go back is for my children, my family but definately not the country! at least I do know something about myself..take care everyone and God Bless!

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Ek sien RSA Klong het weer vandag die forum besoek.

Seblief man deel nou jou ervaring met al die forumiete wat nog twyfel of hulle regtig wil emigreer. Ek is seker jou insae sal baie waardeer word.

Sw

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Ek sien RSA Klong het weer vandag die forum besoek.

Seblief man deel nou jou ervaring met al die forumiete wat nog twyfel of hulle regtig wil emigreer. Ek is seker jou insae sal baie waardeer word.

Sw

Hi almal

Dankie vir die pragtige manier wat julle RSA klong ondersteun. Ons het ook Februarie laas jaar teruggekeer SA toe. Nie oor negatiewe dinge in Australië nie. Die hoof rede was dat my man 'n loopbaangeleentheid in Suid-Afrika aangebied is wat net te erg sou wees om te laat verbygaan. Dis die ondervinding wat hy nou opdoen wat vir hom baie werd is. As hy dit nie gedoen het nie sou hy altyd gewonder het "what if?" Dit was 'n waagstuk en moeilik om terug te kom, maar ek is nie spyt nie. Daar is dae wanneer al die slegte nuus en probleme in SA my laat lus voel om sommer op die vliegtuig te klim terug Australië toe. Ek mis Australië en die vriende wat ons daar gemaak het. Tog dink ek hierdie is 'n nodige hoofstuk in ons lewe. My seuntjie kry kans om met sy oumas en oupas te speel, my man kry kans om baie waardevolle ervaring op te doen. Ons oë is egter oop. Ons is glad nie bang om weer te trek nie. Ons sal dalk 'n paar dinge anders doen as ons weer gaan, maar vir eers (weet nie hoe lank nie) is ons weer iewers gevestig. Dit was twee jaar van geweldige skommelinge in ons lewens (ons seuntjie was 3 maande oud toe ons oor is Oz toe en 14 maande toe ons terugkom). Op die oomblik is ek net dankbaar om iewers worteltjies te kan inslaan. Ons hou egter van avontuur ten spyte van die pyn en lyding van skuif en ek weet nie hoe lank voor die oorsee gogga ons weer byt nie. Ons het ook daardie gevoel van eensaamheid in ons rondgedra vir die jaar wat ons in Australië was. Dit is baie swaar, veral met verjaarsdae en vakansiedae. Ons het dit gemis om nie sommer by iemand te gaan kuier nie, want ons was nog in die proses om dieper vriendskappe te sluit. Wat my as ma by die huis baie gehelp het was Playgroup Australia. Daar het ek ander immigrante uit allerlei wêrelddele ontmoet. Omdat hulle kon verstaan hoe dit voel om ontwortel te wees en ma te wees in 'n vreemde land, kon hulle my help om aan te pas deur sommer net om te gee en belang te stel. Ook by ons gemeente het ons Australiese vriende gemaak wat ons meer tuis laat voel het. Tog moet ek erken daar is 'n seer nostalgie wat jou nie los nie. Dalk sou dit minder geraak het as ons langer gebly het, weet nie? Ek dink nog steeds Australië is 'n great land en sou nie sommer iemand afraai wat wil gaan nie. Wees maar net voorbereid om al die emosies daarvan. Dankie SA Klong dat jy jou verhaal geskryf het. Dit is vir ons goed om te weet ons is nie die enigste mense wat so iets gedoen het nie. Ek stem saam met wat baie van die mense reeds gesê het: moenie jou keuses sien as FOUTE nie, maar eerder as ervaring waaruit jy kon leer (al is dit soms bitter swaar). Dis vir my ook soms swaar om te verstaan waarom dinge so deurmekaar gebeur het en my kop spin nog van alles. Ek is baie beïndruk met die mense op die forum oor hoe julle vir SA Klong probeer help het

met die uitsondering van "you know who".

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Dankie vir al die oopmaak! Ek is seker baie mense sal daarby baat. Ek stem saam dis baie moeilik. Ek se nou net vir my man dat my dag bestaan uit die funnyste op en af emosies. Een oomblik voel ek dat dit die beste plek in die wereld is en ek is sooo bly om hier te wees. Maar net 'n rukkie later voel ek, dat as iemand nou 'n vliegkaartjie in my hand sit, gaan ek dadelik terug. Dis die deurmekaarste paar dae wat ek nog gehad het in my lewe...en ons is nou eers 'n maand hier.

Jy noem ook dat daar dinge was wat jy anders sou gedoen het as jy als weer moet oordoen. Kan jy dalk vir ons uitbrei daarop? Dit maak dalk die transisie vir ander makliker.

Ek hoop die Here seen jou en jou gesin, want op die einde van die dag is Hy jou pilaar, al is jy waar in die wereld!

Groete

Elize

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Dis hartseer om te sien hoeveel mense huistoe verlang. Ons het in 2003 in Kanada geland op werkpermitte. Laas jaar het ons ons huis verkoop en terug getrek SA toe, na George. Ons was 6 weke daar toe het ons besluit om terug te kom Kanada toe. My dogter 15 was saam met ons en my seun van 20 het in Kanada agter gebly. Hy was kwaad vir ons omdat ons hom alleen hier gelos het maar hy wou nie terug as gevolg van die crime nie. My dogter het geweier om skool toe te gaan in SA en het laat aande probeer uit slip om kafee toe te gaan. Sy is gewoond aan die vryheid in Kanada en dit was baie moeilik vir haar om aan te pas. Die lewenskoste was ook baie hoog en ons sou nie maklik weer 'n huis kon koop nie.

Ons het sak en pak terug gekom en moes weer oor begin. Het so R60 000 verloor met die hele proses en nou is ons in die rooi hier in Kanada en moet probeer bybly. Ons het in tussen besluit om Australia toe te trek. Ons haat die koue hier en is moeg om 7 tot 8 maande van die jaar in die huis te sit. Die mense hier is nie baie vriendelik nie, kry seker te min sonskyn, en as gevolg van ons lang ure van werk kan ons nie 'n sosiale lewe he nie.

Ek is besig met my eiendoms lisensie. Het Januarie begin, 1ste Maart my eerste eksamen geskryf en kan eers Mei my tweede fase doenen seker Julie my 3de fase. In ander lande begin jy verkoop en doen dan jou eksamen maar hier rek hulle alles uit en jy moet tot die elektries, plumbing, dak, ens van leer. Kan amper 'n bouer word nadese. Hulle erken geen van my vorige kwalifikasies nie en ek bestuur nou al 4 jaar bus.

Hoop om al julle vriendelike mense in OZ te sien voor die volgende winter. Kanada het die jaar rekord hoogte sneeu gekry en se dit gaan 'n maand of langer die jaar sneeu as gewoonlik.

Was dit nie vir my kinders nie het ek vandag terug getrek SA toe maar my kinders wil niks weet nie en ons kan hulle nie forseer nie want die wet hier laat dit nie toe nie. Sterkte aan almal wat met dieselfde gevoel sit. Dit is nie maklik nie. Voel baie dae of jy dood is vir jou familie want jy mis op baie uit.

Groete

Safarica

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Ek is besig met my eiendoms lisensie. Het Januarie begin, 1ste Maart my eerste eksamen geskryf en kan eers Mei my tweede fase doenen seker Julie my 3de fase. In ander lande begin jy verkoop en doen dan jou eksamen maar hier rek hulle alles uit en jy moet tot die elektries, plumbing, dak, ens van leer. Kan amper 'n bouer word nadese. Hulle erken geen van my vorige kwalifikasies nie en ek bestuur nou al 4 jaar bus.

Hoop om al julle vriendelike mense in OZ te sien voor die volgende winter. Kanada het die jaar rekord hoogte sneeu gekry en se dit gaan 'n maand of langer die jaar sneeu as gewoonlik.

Groete

Safarica

Hi

You will have get a qualification here to sell, or even house sit for an agent in Australia. I think it is a 1 week course and an exam. No qualifications will be recognised without skills assesments. So get them even if you dont need them to migrate.

I think all this moving to and from South Africa is caused becuase you have not got a clear reason in your head why you are moving. It took a long while for me to settle after the orignal "honeymoon of happiness". By keeping the objective in focus I after a while have become settled.

Many come to Australia thinking they will carry on their lives without change and keep talking about South Africa, The stupid thing is that they talk about South Africa 10 years ago, not the place as it is. many go on holiday after a few years to see if they could go back and have a wonderful holiday and see how well everybody says they are doing. Some come back to Australia talking of job offers and making lots of money in SOuth Africa. Obviously the reality sets in and they stay.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Erens hier in 'n klein huisie, in die hoekie van die eetkamer, in 'n vreemde, ver land sit ek. Ek...niemand ken my nie, julle weet nie hoe ek lyk nie. Julle weet nie hoe ek aanmekaar gesit is nie. Ek het niks in gemeen met enige iemand nie en is nie boesem vriende met iemand nie.

Maar....die wat hier lees het almal een ding in gemeen. Suid Afrika-Australie-ander lande-emigrasie-emosies.

Ons almal sit met emosionele woelinge, aanpassing probleme, hartseer, finansies wat druk, mense wat verwyt en nie verstaan nie. Sommiges ervaar die hele proses as onuithoubaar en ander wroeg maar deur alles. Hier en daar doen een die plain sailing ding.

Hoe moet 'n mens cope? Hoe kom jy deur alles tot waar jy op 'n dag besef, die lewe is goed en ek het die regte besluit geneem en ek is gelukkig?

Daar is nie 'n antwoord en 'n oplossing nie, nie 'n maklike uitweg nie.

Dis net dat jy een oggend opstaan en jy trek al doer gang af dat jy besef, haai ek dink aan ander dinge. Suid Afrika is nie die eerste ding in my kop vanoggend nie. Ek het wraggies ander prioriteite vanmore, hoera!

Met tyd kom die heling ook.

Die wat moes terug gaan...ek voel vir julle en ek verstaan. Ons moes ook eers terug om te besef hoe ons lewenspad moet draai. Die eerste keer was ons nie 'reg' vir die ding nie en ons moes gaan regmaak. Vir almal gaan vertel dat ons hulle liefhet en nooit sal vergeet nie. Ek glo ons moes terug vir 'n rede. Was toe 2 jaar terug en nou is ons weer hier. Hier waar ons moet wees en waar ons gaan oud word, my man en ek. Ons gaan nog op die stoep sit en hande vashou tewryl ons oor die see uitstaar en vonkelgoedjies drink in ons rocking chairs.

Elkeen van ons nietige ou sieletjies het sy plekkie onder die son, my bede is dat almal sal geluk vind, waar ookal. Jou huis is waar jou hart, siel, liefde, vrede en geluk is.

Ek hoop so almal het vrede.....

(Ek weet nie wat gaan aan met my vanmore nie, die trane loop so ek kan nie sien nie)

Groete,

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Guest wilna

Hi KD, hoekom kom drink jy nie sommer 'n koffietjie hier by my nie? Die huis staan vol bokse maar ons kan sommer so om die bokse kuier.

Jy is nie heeltemal alleen nie, ek ken jou darm so bietjie en weet al hoe jy lyk. :oops:

Wilna

Link to comment
Share on other sites

  • 0

ag, KD! Ek voel vanoggend ok maar so tranerig. Ek hoop dit word beter met tyd. almal se dit word beter, maar ek mis alles en almal sooo baie. My trane loop nou, en ek wil hulle nie eers keer nie, ek wil net sulk..... gan dit ooit weg? Of het mens altyd hierdie hunkering na iets?? ek weet nie of ek my familie mis nie, of mis ek die bekende... of mis ek net die idee van SA? Ek ry so wipplank dat ek soms nie weet of ek kom of gaan nie...

Jy is al so lank hier en dit gaan nog so seer met jou soms, dit maak my maar skrikkerig. Ek kan nie terug nie, wil eintlik ok nie, maar soms.... dan wonder ek....is hier die waar ek moet wees? Moet ek so hartseer wees? gaan ek dan waarlik gelukkig wees in my lewe as ek altyd hierdie hunkering gaan he? Mensig, maar ek voel deurmekaar vandag...

Ek dink aan jou KD, en ek hoop jy voel sommer gou gou beter!

Groete-liefde

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Ag my skattebolletjie, dankie, maar soos ek vandag voel...liewer nie. Ek gaan nou 'n paar ander goedjies doen om my aandag af te lei. Hoe gaan dit met die container en die uitpak? Moeg?

Sien jou vlgd week.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Elize,

Staan nou op, ja nou dadelik, dan gaan sit jy die ketel aan. Ek sal ook. Dan maak ons 'n lekker koppie tee en saluut mekaar en die lewe. Ons sal ons tee saam drink en maak of ons saam kuier en gesels en lag. Sal jy? Hier gaan ek...........

Link to comment
Share on other sites

  • 0
Guest wilna
Hoe gaan dit met die container en die uitpak? Moeg?

Sien jou vlgd week.

KD, die uitpak is nie die probleem nie, dis die plek........die huisie is regtig net die helfde van ons huis in RSA. Hoe meer bokse ek uitpak hoe meer deurmekaar word die huis..... :lol: , maar dit is lekker om weer my eie goed om my te hê.

Elize, ek weet hoe my voel, ek het ook dae wat my hart nie vir my kop wil luister nie......ek dink die dae word minder met tyd. Is julle meubels al hier.......dit help om weer bietjie van die 'bekende dinge' om jou te hê.

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

  • 0

KD, my tee was lekker...bietjie soeter gemaak as gewoonlik vir die emotions...

Wilna, nee, ons goed kom eers in Brisbane aan teen die 23e Maart. Ek dink ook ek sal beter voel as die goeters bekend voel... so ek wag maar in spanning!

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi KD

Baie dankie vir die wonderlike inset. Ja Immigrasie is nie maklik nie, die hart sê een ding en die brein heeltemal 'n ander, presies soos Wilma gesê het. Kyk moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is beslis nie spyt oor die immigrasie nie, maar om te sê dis maklik, sal ek nou writie met 'n reguit gesig staan en lieg.

Elize ek gaan jou advies volg, maar nie wag vir die bubbly totdat ek eers 'n rocking chair aangeskaf het nie, gaan sommer vanaand maar 'n ou glasie lig, en Australia cheers.

Weereens dankie vir die threat, net wat ek nodig gehad het.

Monica.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Hi Elize,

Nee maar ek het toe mos nou die kash oop gemaak en die shterker voggiesh ontdek! My tee wash shleg met die knertshjie by maar ek goel nou shoo voed.

Ga nou sjlaap, sjien jou more... :lol:

Griendelike vroete en 'n voorjarige nuweshpoed,

(Joke!)

Voel jy beter?

Ek ook, dankie.

Link to comment
Share on other sites

  • 0

Voel baaaaiiieee beter... kry net nie die wyn nie...oops, hy is seker in die container?????

Dankie vriendin....

Elize

PS Dankie QG!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Answer this question...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.


×
×
  • Create New...