Jump to content

Hoekom kan ons nie saamstaan nie?


Massyn

Recommended Posts

Harry, my thanks to you. I agree with all that you have said, I just wish I had the ability to put it so well.

As to Canada being politically correct, oh boy, believe me, the Aussies will bend over backwards, most of the time. Those that I have come across anyway.

Link to comment
Share on other sites

Kom laat ek dit dan nou maar duidelik stel aan een en almal - ek kom nie Australia en NZ toe om 'n tipe van kultuurklong te wees wat alle Afrikaners saamsnoer nie. Daar is mense wat van my hou en mense wat glad nie verstaan wat ek doen nie. Daar is seker nie 'n walgliker ding op aarde as 'n konserwatiewe oogklapdraende Afrikaner nie. Hulle laat my dink aan daai inbreds wat mens soms sien met die dik nekke en bymekaar oë. Mense wat patronisingly van my skryf as "daai klein mannetjie". Ek was bang dat Australia 'n heenkome geword het vir hierdie klomp trolle, maar gelukkig sien ek daar is ook darem nog van my fans oor! Net omdat ek Afrikaans is, beteken dit nie dat almal wat Afrikaans praat en verstaan skielik van my moet hou of na my moet kom kyk as 'n "plig" omdat dit in 'n ander land gebeur nie.

I am not a third rate performer who wants to come and entertain a backward sect of Afrikaners in a foreign country. I perform to people who want to see and hear ME. Not to hear Afrikaans. But to hear Casper. And Casper performs in Afrikaans. I have sold out the London Palladium twice (and going there again soon) because people want to laugh and think at my shows, and the shows happen to be in Afrikaans.But they come because they want to see Casper. I happen to be Afrikaans and I happen to WANT to peform in Afrikaans. But don't think because I am Afrikaans I am inferior to any artist in my field. I seem to pick up that idea from some of the folks here. That you have to "move on" and forget the inferior Afrikaans artists. You are missing out on good entertainment because you can not understand or don't want to understand Afrikaans. Sure, there is a lot of crap in Afrikaans. As there is in English and German and Dutch. But just because someone performs in English does not mean he is a superior artist. I have seen some of the best shows in the world. In New York, London, Las Vegas, Holland, Sweden, Denmark, South Africa etc. The best shows in the world are not exclusively in English.

Daar is baie Afrikaanse mense wat verlang na 'n tipe musiek of humor wat eg-Afrikaans en GOED is. Ek is baie trots op my werk want ek doen baie moeite met my shows se beplanning, samestelling en uitvoering. Ek is 'n teatermens wat my uitleef in die teateromgewing. Ek staan nie op'n omgekeerde bierkrat in 'n lawaaieringe kroeg en vertel grappiekies nie. Dus ek bring my fans 'n show wat in alle opsigte on par is met enige iets soortgelyk in die wêreld. En ek soek nie mense daar wat net kom sit omdat dit wat ek doen in Afrikaans is nie. Dis glad nie waarom dit gaan nie.

Daardie klomp wat nie die "klein mannetjie" soek nie, moet asseblief BAIE BAIE VER van my af wegbly, want ek ruik julle uit en begin tril soos 'n opreggeteelde resiesperd as julle nader as 2 meter van my af is. Julle kan sit en tos by 'n Boeremusiek CD om 'n samehorigheidsgevoel te kry! Ek kom optree vir mense wat my styl en materiaal en sienswyse mis, want soos enige goeie kunstenaar, vertrou ek dat dit wat ek doen uniek en eiesoortig is. Die aanvraag vir my is groot in London en in Holland, en daarom tree ek daar op. En ek tree daar op eerstens en laastens vir my fans, nie omdat ek "oorsee" optree en ek nou skielik dink ek is wêreldberoemd nie. Ek sien London, Amsterdam en Perth in dieselfde lig as Kaapstad, Pretoria en Bloemfontein. Dis waar my ondersteuners bly. Los die "kultuurklieks" en "Afrikanertrots" vir ander mense. Ek is ver verby daardie nonsens. Jy sal my ook nie naby een van hierdie "-kasie" feeste kry nie. Ek streef om 'n unieke wêreldklas entertainer te wees. My taal is toevallig Afrikaans.

Ek kom nou eers in 2007 na AUS en NZ. Maar ek is oppad, dis verseker!

Link to comment
Share on other sites

Casper as dit regtig jy is wil ek jou net sê dat as jy Perth toe kom...gaan ek jou oopbek soen, ek gaan so bly wees om jou weer te sien. :) My man sal seker nie eers omgee nie want hy net so mal oor jou.

Hou ons asb op datum sodra jou planne gefinalise is van waneer jy Perth toe kom. Wil jou nis mis nie...en as jy wil dan kom drink jy sommer 'n dop by ons ook. :ilikeit: ja ja ek weet ek try my luck...but you never know your luck in a big city!!

Kan nie wag om jou hier te sien nie.

Lindy-Lee

:whome:

Link to comment
Share on other sites

Helip, helip, Casper is amper kwaad. :) Nou kom hy nie meer 2006 nie maar 'n jaar later. As ons hom kwater maak is dit dalk eers 2008. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ag asseblief Casper. Moet ons nou nie so straf nie! Ons het al begin beplan vir die uittog Perth toe om jou te gaan sien! Nou sal ons seker maar geduldig moet wag. :whome:

Maar jy beter ons naampies neerskryf, ons soek "front row seats" Lindy-Lee en ek! Ons is altwee baie mal oor jou, omdat jy so 'n great kunstenaar is. :):ilikeit:

Groetnis

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Ja dis regtig ek, en nee, moenie worry nie, ek gaan nie hier rondhang en aandag soek nie - ek wou maar net my kant van die saak stel. Ek wou my rede noem hoekom ek shows by julle kom doen. En nee. ek STRAF niemand nie en ek is nie kwaad nie , NZHIGH! :)

Ek kom eers in 2007 omdat dit beter uitwerk met my en my crew se reelings, geen ander rede nie. Nou waai ek en ek los julle met 'n druk en 'n knyp. Mooi bly! Tot later! BAAAAAI xxx

Link to comment
Share on other sites

Just to add that the "Casper de Vries" above IS the genuine thing ...(not that I doubted it but you never can be too sure :lol: !)

I got one of my contacts to call Casper directly on his cellphone this afternoon & he(my contact) just called back & confirmed that Casper told him that he (Casper) had posted here today (bit confusingi know :ilikeit: )...

thanks Casper (hope you make it to that side of the world eventually) :)

to all you kulcha hungry SAFFIES downunder ... as you keep saying to us with our applications...patience :whome:

Edited by Barnone
Link to comment
Share on other sites

...patience :)

no pun intended :ilikeit:

(ook net die Oom Kallie Mari fans sal daai een vang :whome:)

Edited by BeeTee
Link to comment
Share on other sites

Beste Casper,

Ek voel regtig geëerd dat jy ons forum besoek en met jou teenwoordigheid kom sëen het - 'n wêreldklas "entertainer" op ons forum - WOW!! ;)

Ek moet jou om verskoning vra: die gebruik van die woord "klein" en "mannetjie" in dieselfde sin was geensins om jou as persoon aan te val nie. :blush: Dit was net my ordentlike, opgevoede manier om te sê dat ek nie van die vulgêre inhoud van jou vertonings hou nie - jy as persoon is sekerlik heel "cool" en jy dra ook pantoffels en drink koffie op die stoep soos ons almal. Die rol wat jy vertolk is nie my tipe vermaak nie - alhoewel ek regtig dink jy is snaaks. :lol: Vir daai rede was ek nog nooit by enige van jou vertonings nie (die Casper Rasper Show het my 'n goeie idee gegee van wat om te verwag, en dit is net nie my koppie tee nie). Dalk het my ouers my te konserwatief grootgemaak....... :holy:

Ek is 'n Afrikaner en trots daarop. :ilikeit: Ek ondersteun Afrikaans en my CD rak gee mee onder al my Afrikaanse CD's wat ek oor die jare bymekaar gemaak het (en nie skielik begin opgaar het toe ek die land verlaat het nie). Ek ondersteun Afrikaanse (en Suid Afrikaanse) kunstenaars wat hier kom optree as gevolg van my liefde vir Afrikaans en Suid Afrika en vir die geleentheid om saam met ander ex-Suid Afrikaners die tyd te geniet. (Amper soos wat die boere met hulle waens bymekaar getrek het vir byeenkomste....)

Ek dink nog steeds dit is my reg om te kies of ek daar wil wees of nie daar wil wees nie en, omdat ek daaroor uitgevra word, my keuse om daar te wees of nie daar te wees nie, te kan verwoord. Massyn wou weet hoekom Suid Afrikaners nie na sekere vertonings wou gaan nie, en omdat ek dink hy doen baie vir Afrikaans in Sydney en in Australië, het ek gevoel om hom 'n eerlike antwoord te gee.

Ek dink jy is baie talentvol en "entertaining" en ek is jammer as my bewoording jou aanstoot gegee het - dit was nie die intensie nie. (Ek is seker jou bedoeling was ook nie om aanstoot te gee toe jy die woorde "konserwatiewe oogklapdraende Afrikaner" en "troll" gebruik het nie). :whome:

Duidelik het jy 'n groot groep aanhangers wat nie kan WAG dat jy hier in Aussieland moet kom optree nie en hulle opgewondenheid is amper aansteeklik. Ek sal dit maar veilig speel en verder as 2 meter van jou af wegbly - mens weet nooit..... ;)

Link to comment
Share on other sites

OK,

Casper het sy sê gesê en dit klink my hy meet homself internasionaal. Dis goed genoeg vir my. SA se hele gemors het onstaan omdat Afrikaners hulself afgesluit het van die wêreld in hule eie "self-made cocoon of ignorance", en die prys was ontsettend groot.

Ek het egter nog nooit in my lewe een noot van sy musiek gehoor nie. As hy sy gesig in Vancouver wys, sal ek 'n plan maak. Dis net reg.

Ek het intussen gaan kyk wat ek hier in die huis het van SA af, en die antwoord is Coleske, Laurika Rauch en Johnny Clegg & Savuka ( wat ek gekoop het net vir osiyeza). My vrou (wat Engelssprekend is), het Laurika Rauch gekoop. Rauch het 'n unieke stem ( er....gehad?).

Ek het Coleske gekoop, omdat ek dink hulle die mees pefekte "2-part-harmony" het wat ek nog gehoor het sedert die Everley Brothers, en waarskynlik beter. Daar staan my standaarde. Dis hoe ek musiek meet; and hoendervleis. Dis jammer dat hulle skynbaar verdwyn het. Dis 'n verlies.

Die res van my goed is die volledige Beatle geskeidenis, Crosby Stills Nash & Young, Eagles, Queen, Crowded House, Bryan Adams, en 'n paar kaste vol "all sorts". Ek het soort van afgeskakel nadat the Bee Gees skynbaar te hard tussen die bene geskop is en begin disco het. Ek behoort duidelik aan die 70's toe ek rock "lead guitarist" in PE was. Al my "valve" toerusting en my Fender Strat staan hier in die "attic" en my "acoustic" langs my bed...en ek is verdomp grys. ...a newly conservative "grey rocker"!? (YIKES!!...never thought of myself that way)

Now, what does all this stuff about music have to do with supporting one another in the process of immigrating to Oz? After all, Casper can't keep singing to you to get you a new life!

Maybe I lost the thread somewhere?

Link to comment
Share on other sites

Harry, Casper sing nie - hy is 'n regopstaande komediant (met 'n woordeskat wat jy nie sommer in 'n skool leesboek sal kry nie, so ek stel voor jy kry 'n babawagter en gaan geniet die aand saam met vroulief en die ander grootmense....)

Link to comment
Share on other sites

Haai Riekie,

Toe sê jy wat ek te skaam was om te sê: dat dit regtig baie cool was om 'n rerige lewendige celebrity op ons site te sien inloer! :ilikeit:

Ek verstaan jou standpunt, en aan die begin het ek ook gedink Casper is te grof, maar sy tipe humor groei op mens. So ja, jy sal moet ver wegbly, of jy is ge"hook" soos die res van ons Casper fanatics! :whome:

Wat vir my nice is van hom, is dat ons weet hy is 'n opgevoede, hoogs geleerde man, en sy shows raak aan dinge wat ons "Afrikaners" nie gewoonlik in die helder daglig wil aanskou nie. Hy is nie een of ander snaakse outjie wat op "bierkiste staan en grappies vertel" nie.

En ek kan ook soos Barnone sê dat dit wel die regte egte Casper was wat met ons gesels het. ;)

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Hi All,

This thread has been BUGging me for a while...and I need to get some of it off my chest.

Massyn's original question seems talk about a collective South African "ons" and I wonder if we were ever a true "ons" that could "staan saam". The reality is that we have been an extremely diverse country with a history of diversity even within particular cultural groupings. "Saamstaan" sounds to me to imply some sort of higher order value that should be adhered to even to the exclusion of things like individual choice, taste and reasoning. Even the thought of this makes me feel clausterphobic.

Jy hoef nie van Casper de Vries te hou nie.

"Saamstaan" after all was not one of the priorities that drove me to go through the gruelling process of immigration, to settle in a new country without the support of close family/friends support structures, "old boys networks" and to start over again in my career. I suggest that the qualities of "rugged individualism", tenacity, resilience and optimism are more important (to me) as an immigrant. So some of us then, who have immigrated, would find it more difficult to "stick together" if that is defined in a narrow SA'can context.

True we live in an ever increasing individualistic society, where individual choice seems to be paramount to all. I do not profess however that individualism is the ultimate goal to be strived for. We live in an interdependent reality and that to me takes place in an expanded reality that also includes South Aficans, Afrikaners etc. but not exclusively so. Interdependence to me means being truely intergrated into my new reality (Australian society) which is a journey rather than a destination to be achieved overnight. Together with this it is important for me not to forget my roots. As Afrikaner I define that in the way that I feel comfortable with. I have many SA friends and some SA family over here that I interact with when it feels good and appropriate to me or when I am needed to give support, encouragement etc. I don't need SA functions and braai's etc scheduled for me to feel like a true Saffer, although I sometimes like to attend and to get fully involved. When I do however I thoroughly enjoy it! I take it as it comes.

I have my own taste when it comes to art, culture, music, films etc, some of which includes quite a few SA and Afrikaans artists. Casper de Vries is not included on MY list! That being said I am not averse to going to a function/ performance just because I like the company that I'm with, especially if I have not seen or experienced the artist yet. In other words I'd go to a chick flick with my wife to enjoy something with her even if I suspect I won't like the movie, I have been pleasantly surprised. My wife did not like or know Johnny Clegg but she went with me for the company and she was pleasantly surprised herself - she a great fan now. I do this with friends, family etc ( even if they are all SAffers) because I treasure and like the company, not out of some "Samehorigheidsgevoel"

BUGGED!

Link to comment
Share on other sites

Liewe Caspertjie,

Ek laaik jou shows nog steeds nie ;) , al vertel jy my hoe mooi jy daarvoor voorberei, hoe trots jy daarop is en dat jy Afrikaans verkies ens, ens, ens. Dis alles vir my irrelevant want ek "judge" jou op jou "output" ( jou shows) en nie op jou bedoeling of jou "effort" nie. Ek judge jou nie as 'n persoon nie want ek ken jou glad nie, vir al wat ek weet mag jy die beste, gaafste en hardwerkendste ou wees of jy kan 'n knorrige ou drek wees! Who knows?

Die "klein mannetjie ding" het duidelik 'n senuwee geraak en ongelukkig het ek so bietjie van jou "can of worms" gade moes slaan, te veel info vir my! Ek sou nou nie kon raai dat jy, wat ek leer ken het as "Casper Rasper" op SA TV, en wat in jou vorige "post" verwys na "diknek naby mekaar oe inbreeder oogklap Afrikaners" so sensitief sou wees nie. "I can take your comments on the chin" maar kyk nou net, ek dag jy kan vat wat jy uitdeel! Maar wat, hulle se mos bv. loodgieters se pype lek altyd die meeste, ens.ens!

In elk geval ek weet nie of ek, soos van die ander, moet impressed wees dat jy jou "kant van die saak" hier kom stel het nie, want alhoewel daar baie van die mense op die forum wat hierdie onderwerp aangeraak het gese het hulle laaik jou en kannie genoeg van jou kry nie het jy gaan fokus op die twee of drie wat jou shows nie laaik nie. "You have been wielding you point of view around like a blunt object".

Mense wat patronisingly van my skryf as "daai klein mannetjie". Ek was bang dat Australia 'n heenkome geword het vir hierdie klomp trolle, maar gelukkig sien ek daar is ook darem nog van my fans oor!

So is die ouens wat in SA ook nie van jou hou nie ook trolle? As om 'n fan van jou te wees my sal onthef van "trolskap" is ek 'n trotse groot koekeloel hooftrol!

Ek dink nie ek sal jou shows kom bywoon in Aus of SA of enige anderplek nie maar as ek wil vir watookal rede sal ek dit doen....ek hou nie daarvan om voorgeskryf te word nie. En daai "tril soos 'n opreggeteelde resiesperd ding" wat jy noem???.... wat 'n mental picture?? Ek kom sommer na jou show net om dit te ervaar.

Anyway ou Casper.. ek's bly jy's nie kwaad nie :ilikeit: .... en ek's bly jy kom nog vir die al die fans wat jy hier het...hulle geniet jou duidelik. Viva individuele smaak en keuse!

Diknek-Trol BUG! :whome:

Edited by chatterbug
Link to comment
Share on other sites

Harry, Casper sing nie - hy is 'n regopstaande komediant

No wonder I don't know a "note"of what he has done. That would explain it. He turns out to be "standup guy"...who would have known. ;)

"regopstaande komediant".......err does he do better if he gets the chance to do it on all fours? :ilikeit:

Shows you how much impact the "Afrikaans counter culture" has on me. I'm an East Cape Afrikaner...a descendent of the guys that stayed behind to fight the Xhosas along with the British Settlers. We don't much go for this Pretoria Super Afrikaner stuff. We're too ordinary and down to earth for that.

If he comes to Vanocuver, I'll still go take a listen. Who knows, maybe he CAN sing! :whome:

Now, what has all this got to do with "saamstaan"? I don't get it.

Link to comment
Share on other sites

Casper,

Ek sal jou show kom kyk omdat ek van jou soort humor hou en dit nogal vir my werk meeste van die tyd. Ek het omtrent al jou dvd's en kyk dit gereeld as ons verlang na SEKERE dinge in SA, lag lekker dat die trane loop as ons daarna voel. Sien jou hier. :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...
Guest Noeks
It's been a while since I last showed my face here.

However, these issues pop up on SACanada as well all the time. I think Oz is much easier for South Africans, because it has so much in common with SA. However, therein also lies the problem:

It seems to me some folks leave SA to go and start up a little SA in Australia because they think they can transplant SA there ( braais/Koos Kombuis/FAK/Huisgenoot[or whatever] and all). I promise you categorically, right up front...YOU WILL FAIL. Folks need to make peace with the idea that they have emigrated from South Africa. That part of their lives is now O-V-E-R.

By all means, keep contact with other South Africans, but, if you find you have to seek them out in order to to feel comfortable in your new country, then it is sure-fire evidence that you are introuble. Get out and meet some Ozzies. They're people too...and they're easier to get to know than Canadians. That I promise you.

I think it is the most tragic of social integration mistakes for all the "'Boere' [ Eng, Afr or otherwise] to run in a heap" and create a "Little South Africa".

Over here in Vancouver, Canada, the SACanada folks know that it takes a bulldozer to get me to a "Afrikaners is plesierig" kind of thing. It does not work for me. I am Afrikaans and I have next to zero interest in Afrikaans artists. They do exceedingly little for my soul. Now and then there is one that rises above the tolerability level. I'd rather go to a Bare Naked Ladies [the band, ok...the band] show, because they are Canadian. Frankly, I have not the faintest clue on Earth who these artists are that you guys are talking about....but I prefer to see Paul McCartney when he is in Seattle, than to see Koos Kombuis (or whatever)....en laat die eerste donder net probeer om my Afrikaner geskiedenis af te kraak en hy sal sy #*# sien met my.

So, I am a proud Afrikaner...but now I am Canadian, and this is where I commit. There is no "Little Africa" in Vancouver. I recommend there not be ones in Oz either. You'll just hurt yourself by antagonising your hosts and living in denial. So, I am dead set against SA clubs and stuff like that. Rather start a "new Ozzie" club....don't versuip in the past.

You know, if it wasn't for the fact that you are in Canada, I would swear it was my brother talking here... don't necessarily agree with everything you say, Harry, but just so enjoyed your posting! BTW Koos Kombuis is not too shabby (to listen to) - this coming from an ardent ol' rocker...

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Ek is geskok as mense hul kultuur - 'n deel van hulself - weggooi soos as Suid-Afrikaners (of sowel enige nasie) Australie toe immigreer en dan skielik probeer voorgee dat hulle nie van Suid-Afrika (of wat okal hulle tuisland is) af kom nie.

Baie Suid-Afrikaners of ander dink hulle moet 'n besluit neem tussen hulle Suid-Afrikaanse kultuur en die Australiaanse kultuur - een of die ander. GEEN so 'n besluit is OOIT nodig nie! Daar is eerder twee besluite:

-Wil ek my Suid-Afrikaanse kultuur behou?

-Wil ek met Australianers vriende maak en die nuwe Australiaanse kultuur aangryp?

'n Mens KAN WEL op ALBEI hierdie besluite JA antwoord. Dit is nie 'n die-of-daardie keuse nie.

'n Mens se kultuur is wat 'n mens, mens maak. Dis dit wat 'n mens verryk in elke aspek: dit versterk 'n mens se persoonlikheid, dit verwyd mens se visie, dit stimuleer en ontwikkel 'n mens se brein & IK. Bo alles is dit 'n mens se kultuur wat 'n mens sterk maak en laat groei as 'n mens: geestelik en verstandelik.

Mense wat SLEGS met Suid-Afrikaners (of hulle eie - wieokal dit mag wees) meng en nie probeer uitreik na Australianers (of ander) nie, laat die geleentheid om hulself te verryk in elke aspek van hul bestaan by hulself verby glip. Veral as hulle in 'n nuwe land is waar daar min van hulle eie is, hulle sal dan swaar kry as hulle nie aanpas en inmeng nie. Om mense te sien wat so 'n geleentheid by hulself te laat verbyglip stel my teleur, maar die teleurstelling kom nie naastenby na aan mense wat besluit om van Suid-Afrika te vergeet sodra hulle hier aankom nie. So 'n besluit skok my, dit maak my verskriklik hartseer, dit vorm 'n teer pit diep in my en dit laat my verstreurd en teleurgesteld voel. Ek voel kwaad dat hulle, hulle eie kultuur so laag kan ag, veral as dit Suid-Afrikaners is, want dan is dit my kultuur ook, maar meer as alles voel ek regtig jammer vir die mense. Hulle besef nie wat hulle doen aan hulself nie en soms ook nie wat hulle aan hulle eie kultuur en nasie doen nie.

Meeste van hierdie mense het wel die GOEIE voorneme om vinniger die Australiaanse kultuur aan te neem in aan te pas, maar die mense besef nie hierdie pogings van die weggooi van mens se eie kultuur is heeltemal TEVERGEEFS nie. Dit baat hulle niks!

Hierdie mense gooi dit wat hulle mens maak weg. Hulle vernou hulle uitsig op die lewe, hulle laat hulle brein toe om stadig te verbrokkel en hulle skeur 'n deel uit hulself, vernietig 'n deel van hulle siel en verstand en versleg hulle lewe. Hulle verwerp hulle belangrikste bates - juis DIT wat hulle gaan help om aan te pas en hulle plek te vind in 'n nuwe land.

So 'n besluit is nie 'n twee rigting transaksie nie. Daar is geen so 'n ding van offer die een op vir die ander nie. Australianers is daar, jy kan na hulle uitreik en vriende maak al het jy nog jou Suid-Afrikaanse kultuur binne jou, om jou kultuur te verwerp maak jou 'n lee mens, 'n plat mens, 'n plat karakter en dit maak nie dat jy makliker die Australiaanse kultuur kan aanneem nie, om die waarheid te se, dit belemmer jou. Sonder jou kultuur is jy vir niemand iets werd nie. Jy gooi die een rede vir mense om aanklang by jou te vind weg. Jy ken nog nie die Australiaanse kultuur nie en jy bekom dit definitief nie deur jou eie kultuur weg te gooi nie. Jy is nog NIE 'n Australianer NIE en gaan ook nie vinniger een word deur jou eie kultuur weg te gooi nie. Jy kan nie jou Suid-Afrikaanse kultuur inruil vir 'n Australiaanse kultuur nie. Om in Australie aan te pas en vriende te maak is 'n stadige, langdurige, maar ook opwindende proses as jy wel jou Suid-Afrikaanse kultuur ook behou. Om jou kultuur weg te gooi stel jou in 'n verloor - verloor situasie. Jy verloor jou Suid-Afrikanse kultuur en bekom geen aanpassings voordele nie, geen nuwe kultuur nie.

Daar is geen maksimum kapasiteit aan 'n mens se brein, gees of siel nie en dit is waaraan jou kultuur le. In teendeel, hoe meer 'n mens leer, hoe meer kan 'n mens leer, hoe meer 'n mens 'n nuwe kultuur probeer leer en aangryp, hoe meer word mens se eie kultuur versterk. Hoe meer tale 'n mens ken, hoe beter raak elke een van daardie tale.

Dit laat my dink aan die gelykenis van die muntstukke in Mattheus 25 in die bybel. Dit is 'n wonderlike boodskap. Ek stel regtig voor om dit te lees. Aan die wat bendVers 29 en 30 lui so: "Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed he; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het weggevat word. En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daar buite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners."

Moenie jou munstukke begrawe nie!

Ek het al baie vriende gemaak met Australianers, britte, Mauritiane, Skotte en meer, maar ek bly altyd trots Suid-Afrikaans! Naas God, is my kultuur as Suid-Afrikaner my sterkste ankerpunt in my lewe.

Link to comment
Share on other sites

Ek het al baie vriende gemaak met Australianers, britte, Mauritiane, Skotte en meer, maar ek bly altyd trots Suid-Afrikaans!

Daniel, jy is SO reg. Mens KAN albei doen!

Ons het die wonderlikste 2 Iranese gesinne ontmoet wat ons so warm in hulle lewe verwelkom het en dit is SO lekker om van hulle kultuur en geskiedenis te leer, hulle musiek te hoor en hulle kosse te proe. Hulle het ons na 'n Persiese restaurant genooi en dit was vreeslik interessant en baie lekker! Ons het selfs saam met hulle gedans! Hulle was toe nou die naweek weer by ons vir 'n eg Suid Afrikaanse ete en was dit nou lekker : bobotie, geelrys, malvapoeding en 'n lekker bottel Nederburg terwyl die Afrikaanse musiek op die agtergrond speel! Ek voel nie ek hoef my Suid Afrikaanse herkoms te onderdruk (of verraai) om met hulle te kan vriende wees nie.

Link to comment
Share on other sites

Amen Riekie. Ek glo ook dat jy nie jou identiteit hoef prys te gee om deel te wees van die Australiers nie...ek is afrikaans en ek praat dit graag en ek wil dit nie opgee nie, dit maak my wie ek is, maar ek gaan ook nie NET met Saffers vriende wees nie, ek hou daarvan om ander kulture teleer ken, dit maak my lewe interessant..

Link to comment
Share on other sites

Amen Riekie. Ek glo ook dat jy nie jou identiteit hoef prys te gee om deel te wees van die Australiers nie...ek is afrikaans en ek praat dit graag en ek wil dit nie opgee nie, dit maak my wie ek is, maar ek gaan ook nie NET met Saffers vriende wees nie, ek hou daarvan om ander kulture teleer ken, dit maak my lewe interessant..

As jy regtig jou lewe interessant wil maak, kom Brisbane toe B)

Link to comment
Share on other sites

Bee Tee...jy het seker nie n persoonlike belang dat ek soontoe kom nie ne? B)

Link to comment
Share on other sites

Kan nie glo ek sien nou eers die post oor Casper nie. Ek is so waar 'n groot fan ek en my man. Ons het die Wetter dvd en het familie gevra om vir ons asb. nog te stuur. Ek download soos 'n idiot omtrent elke Casper Rasper Show van Kuduclub :whome:

Ek sal defnitief kom, hopelik het jy 'n show in Brisbane, Sydney gaan dalk lol, bietjie ver jy verstaan.

So ja, defnitief 2 mense van Cairns wat hulle linker arm sal gee om jou show te kyk. ;)

Link to comment
Share on other sites

My opinion, I would not attend Theuns Jordaan. But if it was Koos Kombuis, now thats an entirely different matter!

Ek weet nie wie Theuns Jordaan is nie, maar ek sal ver ry en baie betaal om Koos Kombuis hier in Sydney te sien! AsseGROOTblief!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...