Jump to content

Op pad, soek nou werk!


Elbaan

Recommended Posts

Hi almal

Dankie vir al die voorspoed wense. Soos reeds gese is ons visa hierdie week goedgekeur. Ons is almal baie opgewonde, maar ook benoud. Ons weet nog nie waar in Aus ons gaan beland nie. Skoonsus is in Adelaide. Sy wil he ons moet soontoe gaan. Ons het immers 'n verantwoordelikheid teenoor haar want sy het ons "gesponser". Het ook vriende in Narrogin, naby Perth in WA wat vir ons gratis behuising (aparte woning) beskikbaar stel totdat ons ons voete gevind het. Goeie pelle ne!

Ons probleem is egter dat ek of moeder nog nie werk het in Aus nie. Ons het al 'n paar Cv's oor die internet gestuur, maar geen antwoord gekry nie.

Ons is ook nie meer vandag se kinders nie en dit maak dit nog moeliker. Ek hoop egter nie so nie! Ek is 47 met 'n boep magie en dan ook nog min hare. Dus nie die energieke jong man wat 'n mens graag sal wil aanstel nie. My spesialiteit is "Sales & Marketing" en was lank 'n Area bestuurder by Rembrandt. Ek het darem ook 'n MBA wat mag help. Ek het ok baie goeie ondervinding in die Eiendomsbedryf en sal ook daar inval as dit moet.

Ma is 46 en 'n onderwyskundige. In die vorige tyd het hule dit 'n inspekteur genoem! Haar spesialityd is Ekonomie en Aardrykskunde, maar sy is ook bereid om weer skool te gee as dit moet.

Ons het twee dogters waarvan die oudste nou st 9 is ( 17 jaar) en die tweede in st 7 (15).

Dit is ons wens dat die kinders eendag Universiteit toe sal gaan.

Ons benoudheid het dus sy oorsprong in die feit dat ek en ma albei moet werk kry, en dit dan nog verkieslik in dieselfde dorp/stad. Dit blyk vir my baie moeilik te wees. Hoop ook nie ons pak af by ons vriende in Narrogin en kry dan werk iewers in die ooste van Aus nie. Die trekkery is baie duur en ons het dit ook nie juis breed nie.

Ek hoop nie dit kom voor asof ek nou te swartgallig is nie. Nee, ons is defnitief op pad, kom wat wil! Al moet ek ook gaan pad vee, as ma dan net die pot aan die kook kan hou.

Ek verstaan ook dat ons oudste dogter haar st9 sal moet oordoen in Aus want blykbaar tel jou punte vir st 9 saam met st 10 vir toelating tot Universiteit. Is dit waar?

Weereens baie dankie vir die verwelkoming vanaf julle almal, al is ons nog nie fisies eers daar nie.

PS

As Hansaplease hier lees moet hy tog dadelik vir my laat weet of hy daai brand van hom daar oorkant kry, want hy het beslis goeie smaak!

Beste

Banie & Eloise

Link to comment
Share on other sites

Banie & Eloise

Eloise kan gerus deur hierdie skakels lees van threads op hierdie forum.

Die een is hoe om in die onderwyssisteem in South Australia in te kom, die ander is van teopassing op mense wat vanaf oorsee vir prinsipaal posisies in South Australia wil aansoek doen.

Teaching in South Australia

Applying for School Principal positions in South Australia

Die inligting is van toepassing op South Australia.

Alles van die beste!

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Hallo Banie en Eloise

Banie, dis van daai Hansa please wat jy 'n boep magie het ne! Seker net teveel wind van die gas in die bier!! Ha Ha.

Moenie komkommer nie, hier is baie werk al pak jy rakke by Coles of Woolies. Vir daai joppie kry jy $20 per uur!

Ek weet ook onnies is in short supply so jou vrou gaan gou gou werk kry!

Jou MBA gaan jou ook goed te staan kom.

Die twee meisie kinders kan ook sommer gou gou sakgeld verdien deur by Mc Donnalds KFC of die ander werk te kry. Meeste van die plekke word deur die jongetjies "gerun"

En so by the way "Ons is ook nie meer vandag se kinders nie" se voet ou boet!! Ek is nou amper 45 en nog steeds "vandag se kinders!!!" Life begins at 40. Het vir my man gese ek wil 75 jaar getroud wees, hierdie Oktober is dit 25 so daars nog ten minste 50 oor, plus change, hopelik!!!

Sien julle in Aussie julle sal heeltemal verbaas wees oor hoe goed julle hier gaan doen.

Groete

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Dankie julle!

Ja die boep-magie....... sal liewer nie nog iets verder daaroor se nie. Dit sal defnitief nog meer kommentaar uitlok!

Nilo, jy is weer reg. Ons jare tel teen ons maarons lewe ook nog asof ons 10 jaar jonger is. Dit is allles in die "kop". Gee nie om om rakke te pak in die begin nie, ek is eintlik 'n "all-rounder" vir wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Ek kan en sal enige iets doen vir 'n begin.

Beste

Banie

Link to comment
Share on other sites

Ek verstaan ook dat ons oudste dogter haar st9 sal moet oordoen in Aus want blykbaar tel jou punte vir st 9 saam met st 10 vir toelating tot Universiteit. Is dit waar?

As far as I know this is only the case with certain fields of study (Medicine being one). When my son was in grade 12 (in SA) he applied for admission to UWA engineering school and it was not an issue.

Link to comment
Share on other sites

Guest colton

I doubt your daughter will redo year 11 because most of the RSA kids are a year older than their class mates here. My daughter turns 18 on friday and she is one of the oldest in her year 12 class. I doubt whether the schools will allow her to repeat the year anyway. She will, like my daughter, have to just go straight into "matric" here and try her best to caught up. At least the schools are very accommodating and helpful. My one son came straight from RSA and got into a Uni course where an OP 2 was required, on his RSA matric certificate, so it can be done. At the worst she may need to do a bridging year in Uni but that depends on which course she chooses.

C

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...