Jump to content

"Gewone Salaristrekker"


bienkie

Recommended Posts

Hi daar

Ek het so deur al die "postings" gelees en begin die indruk kry dat die meeste mense wat oorgaan, "genoeg" geld het. Lyk my almal het huise gehad wat hul kon verkoop ens. Is daar van jul ouens wat daar in Australië is wat dit op 'n gewone "salaristrekker Budget" kon doen ? Maw wat nie eiendom gehad het om te verkoop nie ? Ons is in die ongelukkige posisie dat ons nie eiendom het nie. Enigste "bate" is ons pensioen by ons werkgewer, wat dalk nie so baie gaan wees nie. Dit sal interessant wees om te hoor of daar hoop is vir die "armgatte" soos ons ? Ek dink dit is vir ons maar net 'n baie langtermyn-projek -- maw. Spaar, Spaar, Spaar!

Dit sal lekker wees om van ander "armgatte" te hoor! :)

Link to comment
Share on other sites

Wel al wat ek kan se is dat onthou baie van die onkostes gebeur gewoonlik oor 'n langerige termyn b.v jy betaal nou vir geboortesertifikate ens. en dan later vir die ielts toets en dan later die skills assessment ens. Alles gebeur darm nie op een slag nie. Ek dink wel dit is 'n uitdaging as mens daar aanland en jy wil 'n kar koop en die eerste maand lewe met rand vooordat jy betaal word in dollar, maar ek is seker waar daar 'n wil is is daar 'n weg.

Ek kan nie met sekerheid onthou wie nie, maar iemand op die forum het voorheen gese hulle het net met hulle klere daar aangekom, en hulle het dit gemaak, bly nou baie lekker. :)

Miskien moet jy bietjie op die "search" soek vir so iets

Groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Haai Bienkie,

'n Mens hoef nie regtig met baie geld hier aan te kom nie, maar in die geval van migrasie, "hoe meer geld, hoe meer vreugde!"

Jy hoef net met 'n minimumbedrag hier aan te kom wat jou sal voorsien totdat jy 'n werk gekry het, en jou Oz Dollars jou onderhou. Vir die res is dit stadigaan van vooraf oorbegin en opbou.

Indien julle met die 136 Independent oorkom sal julle 'n bedrag moet gereed he om julle te onderhou (ek weet nie hoeveel dit deesdae is nie) en dis deel van die Visa voorwaarde. So was dit in elkgeval vir ons 11 jaar gelede.

Jy sal die ander ouens op die forum moet vra of daar 'n voorwaarde is vir 'n minimum bedrag wat mens moet bring as jy op 'n Sponsored Visa oorkom. (My "common sense" vermoed dat daar miskien NIE 'n minimum voorwaarde vir Sponsored Visas gaan wees nie, want mens is verseker van 'n werk wanneer 'n mens hier land.)

Indien julle hier aanland sonder veel finasiele bates moet nie dat dit julle afsit nie.Probeer om soveel moontlik van die geld wat julle oorbring opsy hou. Wanneer julle eers werke het, en julle lewens begin weer rigting kry, kan julle begin dink aan eie huis koop, en hoe meer geld wat julle saambring en spaar, hoe gouer gaan julle 'n deposito gereed he om huis te kry.

Dit is dan wanneer ek Homestart http://www.homestart.com.au aanbeveel.

Hulle sal enigeen se aansoek aanvaar vir oorweging, maar hulle spesialiseer daarin om "battlers" (armgatte soos ek en jy :ilikeit:;) ) reg te help met huislenings.

Nege jaar gelede was ek 'n kontrak onnie, en geen bank wou ons help nie. Totdat ons by Homestart uitgekom het, en sedertien het ons nooit weer teruggekyk nie. 'n Mens moet net seker maak dat mens (indien mens 'n land package opsie gaan neem) by 'n bouer uitkom soos bv. AV Jennings, wat hulle kontrakte deur onder meer Homestart doen. AV Jennings doen hulle kontrakte as ek reg onthou, deur die banke wat hulle kliente verkies.)

Party bouers werk net deur sekere banke, en dis waar ons aanvanklik in die hek bly sit het.

Onthou dat julle ook 'n paar dollars sal moet spandeer op sekere ander noodsaaklikhede soos bv. ten minste een motorvoertuig. Aan die begin kan menst dalk ook mens se blyplek so uitsoek dat 'n mens per trein of bus werk-toe kan ry. Baie mense doen dit, dis goedkoop en in sekere gevalle is die reistyd dieselfde as wat 'n mens met jou eie voertuig gery het. Alhoewel, vir sekere sake het 'n mens 'n EIE voertuig nodig. soos om inkiopies te gaan doen, 'n bietjie weg te kom oor naweke ens.

Dis al waaraan ek so kortliks kan dink. Laat weet maar as julle nog vrae het.

O ja, die land package deal is omtrent die goedkoopste manier van huis bekom hier in Adelaide

. Gevestigde huise is soms heelwat duurder as 'n nuutgeboude huis waar 'n mens nog heelwat eie werk moet doen. Daar is goedkoper gevestigde huise, maar sulke huise is dikwels in areas wat ek nie juis sal aanbeveel nie.

Groete,

Dax

Edited by Dedrei
Link to comment
Share on other sites

Dax

Baie dankie, mens wou so amper moedeloos raak oor die hele storie, maar soos wat jy dit uiteengesit het, maak dit meer sin en skep ek weer moed. Ek sal maar net dit een ding op 'n keer neem. En dankie vir die raad oor die huiskoop en huisbouery! Sal in die toekoms weer raad soek. ;)

Link to comment
Share on other sites

Hallo Bienkie

Dit kos wel baie geld die hele ding maar weet jy mens kan op net 'n salaris dit doen. Dis amazing hoe geld kan rek en ook hoe die Here supply.

Jou grootste uitgawe in die begin is die application $. Na dit kom alles drips en drabs en kan mens darem bykom. By voorbeeld medicals police clearance ens.

Na alles en jy het die visa, in ons geval het ons 136 MODL Skilled Independant Mei 2006 apply en toe so amper perongeluk werk op 'n 457 gekry. Groot uitgawe was die vlieg kaartjies. Ons het met net 60kg bagasie hier aangekom Desember 2006.

Gelukkig het ons vriende hier wat ons vir 2 weke gehuisves en vir ons 'n voertuig geleen het. My man het binne 2 weke begin werk en so het die $ begin instroom. (Hy pay goed!! Jipee!) :whome:

'n Groot uitgawe is die bond (deposito) op die "rental" en dan ook nog die 2 weke huur vooruit. Baie geld as mens met 6 maal. So julle sal vir dit dalk moet spaar.

Dit is makliker om met minder tevrede te wees in die begin en dan jou dinge op te bou. MAW koop by The Warehouse of selfs die Salvo winkels. 'n Goedkoper TV ($156) DVD ($49) Bed ($129) Mikrogolf oond ($59) Ketel ($10) Strykyster ($10) Potte stel ($129) Borde koppies ens ($15 x 2) dit was 'n stel van 4 so ek het 2 stelle gekoop, Messe & vurke stel ($15) ens. Selfs met die beddegoed en kussings ens het ek maar vir die begin cheap and nasty gekoop, ons sal dit vir kamp gebruik later. Het ook op die sypaadjie 'n sleeper couch opgetel en gejik en nou lyk dit great. Ook 'n gras snyer en 'n BBQ, alles moes net skoongemaak en so klein bietjie aandag kry en sie daar, piek fyn pikkewyn.

Ons het 'n karretjie by die auctions gekoop vir $600 (Toyota Corolla '87 hatchback) sy is te pragtig en my man is baie handig so met die meganiese kan hy regmaak en ek het haar gespit en polish en sy's great. Die het ons na 3 weke hier gekoop. (onthou ons kon iemand anders se voertuig gebruik vir die begin) So by the way ons het toe die kar wat ons geleen het by hulle gekoop en $250 per week afbetaal en sy's nou ons'n Holden Commodore 2.8L.

Ons is nou 5 maande hier en daar is werklik niks wat ek meer moet kry nie. Nou sal ons spaar en 'n huis koop sodra ons 136 deur is, en dan al die meubels ens upgrade en die res saai.

Ek stel voor kom op 'n 457 sponsorship en knyp oe toe en doen dit. Vir die PR kan julle hier aansoek doen.

Groete

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hallo Bienkie, :blush:

Amen op die boonste twee posts! :whome:

Ek hou vir jou duim vas dat jy sommer gou kan spaar. Verkoop alles wat jy het daai kant en koop kaartjies en kom. As dit moet sal een van ons jou wel help met verblyf tot jy reg kom. Jy hoef nie te worry nie, vra net hier op die forum rond en daar sal erens hulp wees. Ek dink jy gaan meer worries he as jy daai kant bly, hier in OZ is ek liewer arm met peace of mind as daai kant met 'n paar rand in die bank en ek moet omkyk, omkyk lewe.

Groete, :)

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Bienkie

Dit is makliker om met minder tevrede te wees in die begin en dan jou dinge op te bou. MAW koop by The Warehouse of selfs die Salvo winkels. 'n Goedkoper TV ($156) DVD ($49) Bed ($129) Mikrogolf oond ($59) Ketel ($10) Strykyster ($10) Potte stel ($129) Borde koppies ens ($15 x 2) dit was 'n stel van 4 so ek het 2 stelle gekoop, Messe & vurke stel ($15) ens. Selfs met die beddegoed en kussings ens het ek maar vir die begin cheap and nasty gekoop, ons sal dit vir kamp gebruik later. Het ook op die sypaadjie 'n sleeper couch opgetel en gejik en nou lyk dit great. Ook 'n gras snyer en 'n BBQ, alles moes net skoongemaak en so klein bietjie aandag kry en sie daar, piek fyn pikkewyn.

Dis presies hoe ons 11 jaar gelede oorbegin het. Een verskil; ek weet niks van karre af nie, maar ek het 'n Aussie maat gehad wat kon toor oder 'n kar se enjinkap!

Groete

Dax

Hallo Bienkie, :blush:

hier in OZ is ek liewer arm met peace of mind as daai kant met 'n paar rand in die bank en ek moet omkyk, omkyk lewe.

Groete, :ilikeit:

Betsy.

Aha! Ek het gedag ek hoor 'n stem van wysheid!!! :D:ilikeit:

Dax

Link to comment
Share on other sites

Sjoe!!!

Dis ongelooflik hoe "nice" julle ouens is. Dankie vir al die raad - dit voel soms maar soos 'n berg wat voor jou lê. Dit help so baie om van julle te hoor wat reeds daar is! Ek besef dat ek tans besig is om "emosioneel" myself voor te berei ten einde daadwerklik die stap te neem. Omdat daar nie finansies is om te mors nie, moet ek seker wees dis wat ons moet doen anders is dit maar geldmors!!! As ek wil eerlik wees, ek dink ek het eintlik al lankal die besluit geneem. Ek moet dit nou net deurvoer en by punt nommer een begin deur my graad te laat verifieer. Dis net asof ek besef as ek dit eers gedoen het, daar nie omdraaikans is nie.

So, miskien moet ek maar asem intrek en dit doen!!! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

So, miskien moet ek maar asem intrek en dit doen!!! :P

Al wat ek kan byvoeg... is GO FOR IT. Jy het niks om te verloor nie. Ons het wel n huis in SA gehad, maar na ons skuld en goeters afbetaal is met die bietjie wins wat ons gemaak het, was daar basies net geld vir vliegtuigkaartjies vir die 3 van ons, en so $3000 kontant wat manlief saamgebring het toe hy alleen oorgekom het eers om te kom werk soek. Hy het gelukkig binne die eerste 2 weke n werkaanbod gekry, 457 is goedgekeur en so kon hy toe begin. Hy het met die $3000 uitgekom tot ek en ons seuntjie 10 weke later by hom kon aansluit. Hy het n blyplek vir ons reggehad, met meubels en al. Ok, ek erken, die meubels is alles 2de hands... Gelukkig het hy op n tannie afgekom iewers langs die pad wat iemand by n retirement village geken het waar mense meubels verkoop het. Beddegoed het ek ook maar by hulle gekry, en ek is nie skaam om te se dat ek dit net alles mooi oorgewas het toe ek hier gekom het nie. Niks wat n bietjie seep en water nie kan fix nie. Selfs my breekgoed is alles 2de hands... hier en daar is iets missing, maar wat kan ek doen?? Ek sal hou van nuwe mooi goed (in SA was dit so maklik om die kredietkaart uit te pluk en net te koop as ek iets wou he). maar dis nie wat belangrik is nie. My seuntjie se veiligheid en ons peace of mind is meer werd as mooi breekgoed in die kas.

Nou ja.... n jaar later is ek swanger (was nie beplan nie, en ek was BAIE uitgestress toe ek dit uitgevind het)... manlief is die enigste een wat werk, en al kry hy die die wonderlikste pay nie, is dit genoeg vir ons om van te leef. Ons het Feb n kleinerige karretjie gekoop (hy is nou wel op finance), en sal seker nie anytime soon n huis hier in Melbourne kan bekostig nie... maar kom tyd kom raad. Snaaks hoe deure vir mens oopgaan. Ek het bv by so baie mense goed vir die baba gekry, dat ek die helfte nie hoef te koop nie, wel nie vir die eerste 3 maande of wat nie. So is ek baie dankbaar daarvoor. Daar is elke aand kos op ons borde, genoeg warm klere om te dra... en ons kan darem oor n naweek n draai gaan ry en dinge doen. En die belangrikste is dat ons bymekaar is niemand ons reg om safe te wees kan wegneem nie!!

So ja, dis net my 5c worth. As mens dit WIL doen, dan kan jy... en soos Betsy ook gese het... daar sal altyd iemand wees wat bereid is om te help!!

Sterkte met jou besluit!!

Edited by catz
Link to comment
Share on other sites

More Almal

Lekker koel oggend in Brissie se noordelike voorstede, koppie boeretroos en die forum. Ek raak nou al so gewoond om elke dag te sien wat is geskryf. Julle in SA is wakker as ons in Aussie slaap, wel 'n gedeelte van dit.

Bientjie, regtig as ek jul raad verskuldig is kom oor op 'n 457 en van daar af waneer julle hier is apply vir die Permanent Residency.

Ons oudste en sy vrou (nog nie eers 'n jaar getroud nie) het verledejaar hier job gekry op 'n 457, ook nie huis gehad om te verkoop nie, al hulle meubeltjies ens wat wou verkoop, verkoop en in Maart in Bunbury (suid van Perth) aangeland. Die company waarvoor hy werk was bereid om vir hulle 'n lening te geen en ook te help met behuising so hulle is nou gesettle. Hy het ook darem 'n company ute (bakkie) gekry maar binne 'n maand het hulle nou al 'n klein "runabout" vir $800 gekoop as ook 'n Nissan Patrol (kan jy glo). Hulle kon 'n lening kry vir die Nissan maar die afbetaal tydperk moet minder wees as die tyd op die visa maw hul 457 is vir 24 maande die kar se paaiement 20maande. Ok, hullr trek nou finansieel 'n bietjie swaar maar is gelukkig. (en hy kan saam met die manne op die beach 4x4) So by the way die Aussies kan omtrent spoed optel op die strande!! Dit lyk soos 'n snelweg!

My skoondogter het my Woensdag gebel met die nuus dat hulle Sponsored Pr "receved'is en dat hulle ook 'n case worker het en dat hulle binne die volgnde 6 maande die visa behoort te he. Het ek gese dat die mense vir wie hy werk die aansoek betaal het!!? :P

My seun het nie formele qualifikasies nie en is maar 24. Hy het wel 'n baie goeie werk rekord en is 'n harde werker. So sometimes/always experience counts. So moet nie eers pannic as julle nie gekwalifiseerd is nie mens kan recognition kry vir tyd in 'n job.

Ok vir nou eers genoeg. Kyk elke dag op Careers.com en search what ever d(ie websites kan jy google) en stuur vir alles jul cv's in iewers is iemand wat julle sal kan help.

O, moet nie vergeet om te Glo en Bid nie!!! What will be will happen just believe! (moet my eie raad volg!! ;) )

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

More Almal

Ek is so dankbaar vir hierdie geselsie. Ons was al so moedeloos oor die finansies of die gebrek daaraan, dat ons begin dink het om maar te los. Ek kan nou sien dat daar tog maniere is om te oorleef en weer te begin. Want as ons skuif (ons is vier) sal ons alles moet verkoop en "nuut" begin. Tweedehands is goed, as ons net kan eet en die kinders kan skool gaan. My man is 'n elektrisien en sal die broodwinner wees, ons is bekommerd dat die salaris nie ons vier sal kan versorg nie. Maar ek dink ons loop die dinge te ver vooruit, en moet dalk net konsentreer om eers daar te kom, soos julle almal sê.

Dankie, hierdie dag het weer nuwe vuur gebring.

Adél

Link to comment
Share on other sites

More Almal

Ek is so dankbaar vir hierdie geselsie. Ons was al so moedeloos oor die finansies of die gebrek daaraan, dat ons begin dink het om maar te los. Ek kan nou sien dat daar tog maniere is om te oorleef en weer te begin. Want as ons skuif (ons is vier) sal ons alles moet verkoop en "nuut" begin. Tweedehands is goed, as ons net kan eet en die kinders kan skool gaan. My man is 'n elektrisien en sal die broodwinner wees, ons is bekommerd dat die salaris nie ons vier sal kan versorg nie. Maar ek dink ons loop die dinge te ver vooruit, en moet dalk net konsentreer om eers daar te kom, soos julle almal sê.

Dankie, hierdie dag het weer nuwe vuur gebring.

Adél

Daar is verskeie wyses waarop 'n mens 'n dollar kan spaar as jy 'n "battler" is veral daar aan die begin, voorbeelde;

* Leef volgens jou inkomste, moenie skaam wees om no name brands te koop nie, (Woolworths se no name Crunchies smaak in elkgeval beter as die Ware Jakob. :D )

* Ons het fantastiese ondersteuning gehad van ons kerk waarby ons aangesluit het, die mense van Rosefield Uniting Church hier in Adelaide is Engele-Op-Aarde in my boekie.

* Vir jou kinders se skoolfonds kan jy aansoek doen vir "school card" - op hierdie stelsel betaal jy net 'n fraksie van jou kinders se skoolfonds, selfs al is hulle in 'n private skool. Ons het hiervan gebruik gemaak toe ek nog vir werk gesoek het.

* Onthou dat jy onmiddelik na jou aankoms op 'n PR visa geregtig is op ' "parenting allowance" elke twee weke vir minderjarige afhanklikes. dis nie veel nie, omtrent $40.00 per kind elke twee weke, maar elke dollar help.

* Hou jou oe oop vir Garage Sales, dis nog 'n manier om handige goes goedkoop re kry.

Groete ,

Dax

PS Jou man is 'n elekrisien - daar was onlangs 'n mark-demografiese bevinding hier in Adelaide wat aangedui het dat elekrisiens,plumbers en nog ander ambagsmense proporsioneel beter af is as byvoorbeeld dokters. Ek skat julee landing gaan effens sagter wees as wat ons s'n was . :)

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

How much is enough?? Was offered $85000 in Esperance Port Authority.

Link to comment
Share on other sites

How much is enough?? Was offered $85000 in Esperance Port Authority.

That figure is quite good. In fact, depending onyour lifestyle, you could "make" it on that cheque without your wife working as well.

It only my opinion, though.

Dax

Link to comment
Share on other sites

That figure is quite good. In fact, depending onyour lifestyle, you could "make" it on that cheque without your wife working as well.

It only my opinion, though.

Dax

Hi Julle,

Woon en van julle moontlik in NSW? Soos ek verstaan verskil die lewenskoste nogal baie van plek-tot-plek. Ons gaan moontlik onsself vestig Noord van Sydney naby Newcastle - en weet nie eers naastenby van die lewenskoste daar by julle nie. Ek wag vir die aanbod, maar wil darem voorberied wees as dit gebeur. Ons huisgesin bestaan uit myself, die vrou en dogter. En wat gaan moontlik 'n goeie aanbod uitmaak? Ek sien Ernie is 85k aangebied, dit klink vir my baie goed, maar is dit?? Help asb as julle kan.

Groete uit 'n bitter koue SA

JJ

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle,

Woon en van julle moontlik in NSW? Soos ek verstaan verskil die lewenskoste nogal baie van plek-tot-plek. Ons gaan moontlik onsself vestig Noord van Sydney naby Newcastle - en weet nie eers naastenby van die lewenskoste daar by julle nie. Ek wag vir die aanbod, maar wil darem voorberied wees as dit gebeur. Ons huisgesin bestaan uit myself, die vrou en dogter. En wat gaan moontlik 'n goeie aanbod uitmaak? Ek sien Ernie is 85k aangebied, dit klink vir my baie goed, maar is dit?? Help asb as julle kan.

Groete uit 'n bitter koue SA

JJ

Ek weet nie regtig hoe ver 'n $80 000 pj salaris in NSW "rek" nie, maar hier in Adelaide behoort jy heel gerieflik te wees daarmee. Weereens, dit hang af van jou lewens styl, ens.

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Sjoe!

Is so bly ek het hier gelees...ons het ook nie juis baie geld om die trek te maak nie, maar voel nou baie beter dat ek nie al een is nie en dat dit kan gedoen word. :blink:

Het so bietjie paniekerig gevoel oor die hele finansiele storie, maar ons sal 'n plan maak.

My 'significant other' is 'n software developer en hy beplan om sy MBA volgende jaar hier te doen terwyl ons aansoek gaan doen.

Hopelik sal ek darem so paar Randjies kan spaar. Gee nie om vir tweedehandse goed nie, solank ek net veilig en gelukkig is. :ilikeit:

Ons beplan om dalk Brissies toe te gaan.

Dankie vir almal se advies! Waardeer dit baie!

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Sjoe!

Is so bly ek het hier gelees...ons het ook nie juis baie geld om die trek te maak nie, maar voel nou baie beter dat ek nie al een is nie en dat dit kan gedoen word. :blink:

Het so bietjie paniekerig gevoel oor die hele finansiele storie, maar ons sal 'n plan maak.

My 'significant other' is 'n software developer en hy beplan om sy MBA volgende jaar hier te doen terwyl ons aansoek gaan doen.

Hopelik sal ek darem so paar Randjies kan spaar. Gee nie om vir tweedehandse goed nie, solank ek net veilig en gelukkig is. :ilikeit:

Ons beplan om dalk Brissies toe te gaan.

Dankie vir almal se advies! Waardeer dit baie!

Groete,

Michele

We are selling all our furniture and almost everything we own.We want to make a fresh start over there.We know its gonna be difficult but we can do it.We are also taking enough,thats basically all we have, over to give us a start.We did not plan this it just happened so their was no time to save.

If everything goes according to plan it would have taken us 5 months to get into Oz from the day we decided to go.

Link to comment
Share on other sites

Hallo julle

Voordat ons Aussie toe gekom het sou ek graag 'n voorbeeld van 'n "working" weekly budget wou gehad het. Hier is ons'n:

Weekliks

Rent per week $270-00 (2 bed 1 bath Queenslander, Brisbane Northern sub)

Vleis per week $ 50-00 (koop gewoonlik so elke 2/3 weke maw $150)

Melk brood ens $ 50-00 (incidentals)

Pertol $100-00 (2 voertuie 2 vol tenks)

Groceries $100-00 (sluit Coka Cola en lekkers in)

Groente $ 20-00

maandelikse uitgawes

Internet $59-00 (optus se top package)

Telefoon $ 80-00 (tot my man se ontsteltenis kan ek lekker chat)

Elektrisiteit $ 60-00

Water weet nie baie min

Bond (deposito op huis) $1080

Huur voor uit (2 weke) $ 540

Ons het 2 redelike goedkoop voertuie gekoop toe ons aangekom het $6000 albei meganies goed en lyk redelik.

Voertuig Rego (registrasie) $700 vir 6 maande dis vir al twee

Dan die ander goed vir die huis wat ek in 'n vorige post uiteen gesit het. My man het ook geen "tools" saamgebring nie en moes na 25 jaar nuwe goed koop. Hy was bietjie uitgestress want hy wou nie rubbish koop nie. Hy het nou na 5 maande alles en meer as wat nodig is. Trade tools direct was 'n goed. En dan die liewe Bunnings!!! ;) Be warned!! :)

Hoop die help.

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Bunnings?????

Link to comment
Share on other sites

Aaaaaah, Bunnings. :ilikeit:

Ek kan nie wag om oor te kom nie en Bunnings te ervaar nie, almal rave oor die winkel!

My geliefde en ek gaan nou die naweek sit en 'n budget uitwerk en kyk waar ons kan spaar.

Dankie vir die weekly budget Nilo!

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

En wat gaan moontlik 'n goeie aanbod uitmaak? Ek sien Ernie is 85k aangebied, dit klink vir my baie goed, maar is dit?? Help asb as julle kan.

Groete uit 'n bitter koue SA

JJ

Hi JJ

Ons bly in Sydney NSW. Soos die ander sê, dit hang baie van jou lewenstyl af, maar 85k nadat super annuation afgetrek is, behoort genoeg te wees. Probeer dus vir 95000$ (super annuation ingesluit) onderhandel. Vir 'n 3 - 4slp huis met 2 badkamers betaal jy in die Hills area so tussen 400$ - 550$ 'n week. Ons huur 'n 3 slaapkamer, 2 badkamer vir 430$ per week.

Laat weet maar as jy nog vrae het!

Groete van huis tot huis

Tania

Link to comment
Share on other sites

We are selling all our furniture and almost everything we own.We want to make a fresh start over there.We know its gonna be difficult but we can do it.We are also taking enough,thats basically all we have, over to give us a start.We did not plan this it just happened so their was no time to save.

If everything goes according to plan it would have taken us 5 months to get into Oz from the day we decided to go.

That's what we did

We arrived here with a few suitcases containing our clothes, some very precious possesions, the kids' favourite toys, a wad of traveller's cheques and one helluva lot of FAITH & HOPE!It was a bit bumpy at the start, but afterwards it got much better!

Cheers,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Hi,

(Esperance) I've learned that my take home would be $57850 / 12 = $4820

SO;

Rent - 350max/w ($700 deposit in advance) = 1400

Food - 1000max/m = 1000

Gas - 50/m = 50

Water & Elect - 100max/m = 100

Fuel (45l x $1.4/l x 2wkly x 2 cars) = 252

Cars (x2) = 500

Total expenses = 3302

Total left = $1518

Medicals?

Insurances; Life & vehicle?

Vehicle registrations, driver licenses?

Waste removal?

Other mandatory?

Please help!!??

Edited by Ernie
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...