Jump to content

Moeilike besluit


BasinOzson

Recommended Posts

EK hoop iemand kan vir my raadgee! My dogtertjie word 6 vroeg in Januarie. Sy gaan Graad 0 toe, daar is n moontlikheid dat ons vir haar plek kan kry in die Graad 1 klas. Ek het met haar Graad 00 juffrou gepraat en sy glo dat sy emosioneel gereed is om Graad1 te doen. Ons kom die einde 2009 oor Oz toe. Ek glo dit kan net vir haar voordelig wees as sy al kan lees en skryf as sy skooltoe gaan in OZ.

Hulle is tans in n Engelse skool. Met die Engels gaan dit goed. Beter as die mamma :lol:

Dankie

BasinOzson

Link to comment
Share on other sites

My seun moes nou halfpad deur graad 1 doen in Aus. As ons geweet het, het ek hom liewers vroeer ingeskryf in SA. Hulle begin vroeer hier met lees en skryf, so ek dink dit gaan haar net help om klaar te kan lees en skryf as sy hier kom. As julle in 2009 na Aus gekom het, sou sy in elk geval in graad 1 gesit gewees het.

Link to comment
Share on other sites

Ek stem saam met Polly.

Laat sy Gr 1 toe gaan. As sy reeds vorder met die engels en sy gouer kan lees en skryf is daar min rede om haar terug te hou.

Die juffrou se ook sy is emosioneel sterk genoeg om Gr 1 toe te gaan. Indien julle agterkom sy sukkel kan sy mos maar terug gehou word. Eerder terug hou in die begin as wat sy later summier druip omdat sy nie kan byhou nie.

Strerkte - dit lyk nietig maar is eintlik 'n baie belangrike besluit om te neem aangaande jou kind se skoolgereedheid.

Link to comment
Share on other sites

My seun word 12 April 6 en het die jaar half PP gedoen Gr0. So volgende jaar gaan hy Gr1 toe. Dit vat hulle 'n rukkie om op te tel want die taal is 'n groot. Hulle praat 'n ander engels. Maar hulle tel so vinnig op.

Die skole hier is ook meer en beter ingerig vir kleiner kinders. Gr1 een hier is nie soos Gr1 was toe ek in Gr1 een was nie.

Ek dink sy sal heel goed aanpas. As sy in 'n engelse skool was is sy meer gereed as wat jy dink. Gewoonlik is die kinders meer gereed vir goed as die MA!

Ek voel ook dat mens die kinders moet leer om 1.5 meter te spring, as die kompetisie 1 meter is. So ek sou my kind in Gr1 gesit het. Sy kan niks verloor nie. Veral as sy emosioneel gereed is.

Sterkte daai kant

Link to comment
Share on other sites

EK hoop iemand kan vir my raadgee! My dogtertjie word 6 vroeg in Januarie. Sy gaan Graad 0 toe, daar is n moontlikheid dat ons vir haar plek kan kry in die Graad 1 klas. Ek het met haar Graad 00 juffrou gepraat en sy glo dat sy emosioneel gereed is om Graad1 te doen. Ons kom die einde 2009 oor Oz toe. Ek glo dit kan net vir haar voordelig wees as sy al kan lees en skryf as sy skooltoe gaan in OZ.

Hulle is tans in n Engelse skool. Met die Engels gaan dit goed. Beter as die mamma :blush:

Dankie

BasinOzson

Sit jou kind in Gr. 1, jy sal nie spyt wees nie. Hier is ook 'n lys van die 100 mees gebruikte woorde in Engels. Begin gerus jou kind daarmee. Help haar om die woorde te herken en te lees ("decode") as "sight words."

Begin maar stadig, en help haar ook met sinnetjies met van die eenvoudige woorde, bv. "I ride a bicycle"

Hoop dit help

Dax

100_most_used_words_in_English.doc

Link to comment
Share on other sites

Dankie julle!! :ilikeit: Dax ek het gehoop jy sien my vraag......ek dink wat die onderwys betref het jy n goeie insig. Dankie vir jou hulp. Aan al die ander ook. Die woorde gaan baie help want ons is reeds nou besig om ousus (8 jaar) se Graad 1 werk deur te gaan.

Groete

Anmarie

Link to comment
Share on other sites

Hier is 'n paar handige werks-velletjies vir julle kinders as hulle begin woorde herken en "decode". Die werks-velletjies help met "blends" sowel as woords-begrip (comprehension).

Kyk daarna, en indien julle dit handig vind, laat weet my en ek pos nog sulkes. Hou net in gedagte dat kinders op Gr 00 - 01 vlak mag dalk 'n ouer persoon se hulp nodig hê met die werks-velle, maar as hulle eers die algemene idee het, behoort hulle dit makliker te vind.

Die werks-velle is "printer-friendly", en sal van enige printer af "print".

Dax

post-964-1229556865.jpg

post-964-1229557117.jpg

post-964-1229557148.jpg

post-964-1229557171.jpg

Link to comment
Share on other sites

Gaan voort met wat jy beplan. Ons skool, en ek glo meesste skole sal dit hê, het Reading Recovery en dis gewoonlik gemik op kinders met lees probleme, maar omdat Engels ons tweede taal is, het ons dogter (6) plek gekry. Die Ausies spreek woorde baie anders uit as ons, en sy het gesukkel met spel. Deur die Reading Recovery het haar spel 200% verbeter.

Voorspoed met jul planne

EK hoop iemand kan vir my raadgee! My dogtertjie word 6 vroeg in Januarie. Sy gaan Graad 0 toe, daar is n moontlikheid dat ons vir haar plek kan kry in die Graad 1 klas. Ek het met haar Graad 00 juffrou gepraat en sy glo dat sy emosioneel gereed is om Graad1 te doen. Ons kom die einde 2009 oor Oz toe. Ek glo dit kan net vir haar voordelig wees as sy al kan lees en skryf as sy skooltoe gaan in OZ.

Hulle is tans in n Engelse skool. Met die Engels gaan dit goed. Beter as die mamma :)

Dankie

BasinOzson

Link to comment
Share on other sites

Dankie Dax dit gaan baie help. Kan jy dit nie moontlik sit onder die Important Topics by Education nie. Ek glo dit gaan baie mammas help. Veral ons met die Afrikaanse outjies. Nog sulkes sal baie help. Ek kyk sommer of my 8 jarige op standaard is.

Anmarie

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die idee, Anmarie, ek het dit nou "gepin", en ek sal ook meer werks-velletjies post.

Mooiloop,

Dax

Link to comment
Share on other sites

dankie dax

my dogtertjie word 6 einde Januarie en ons vlieg in Jan Perth toe. Ek het haar enroll in Duncraig Primary School vir year 1. Sy het hierdie jaar Graad R(0) gedoen (Sy sou nie maar die graad R klas was bietjie min toe 'upgrade" hulle van die Januarie 2003 kinders - ek is baie dankbaar want, ten minste het sy die graad r werk gedoen en is sy getoets vir skool gereedheid) Ek is wel bekommerd oor die taal - toe ek vir die Registrar by haar nuwe skool se toe se sy "don't worry there are many Afrikaners in this school!" sy het ook gese hulle het teacher's assistants wat kinders wat sukkel, help.

soos voorheen gese, kinders pas ongelooflik vinnig aan en hulle is soos sponse dis ons wat sukkel!

Link to comment
Share on other sites

Our daughter turned 6 in May, when we came here (6 months ago) they put her in Grade 1 (she was in Grade R in SA), we were so stressed about it thinking she wouldn't cope but she brought home the most beautiful report at the end of the year - all A's and B's! She is going to Grade 2 next year - her best little friend in SA who is a year older than her is also going to Grade 2.

Maybe it helps that we're english speaking, well to be honest she has picked up the ozzy accent so quickly she's actually ozzy speaking :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Dax (en ander wat dalk kan raad gee),

Ek sal moet begin om die agtergrond te skets voor ek kan vra wat ek wil weet (sorry as ek jul "bore" met my lang storie maar die probleem le my na aan die hart en ek sal raad waardeer).

Ons is oppad Canberra toe (vliegtuig kaartjies bespreek vir 15 Maart 2009).

My seuntjie word 8 in September 2009. Soos ek verstaan moet hy volgens sy ouderdom begin met Yr3 in Australie.

Sy situasie:

1. Hy is huidiglik in Gr1 in n engelse privaat skool in SA (gebaseer op die American Christian Education Curriculum (ACE)).

2. Hy het in 2007 met Gr0 begin maar op aanbeveling van sy skool het hy Gr0 in 2008 herhaal omdat hy volgens hulle nie emosioneel gereed was om met Gr1 te begin nie. Hulle het my egter verseker dat daar niks anders fout is met hom behalwe die emosionele gereedheid probleem (blykbaar omdat hy laat in die jaar verjaar).

3. Hy is egter gedurende 2008 gediagnoseer met ADD en op Ritalin gesit (die ritalin maak n groot verskil in sy konsentrasie).

My probleem:

1. Volgens die ACE kirriculum begin hul eers die kinders in Gr1 leer lees en skryf. Hul het hom net die klanke in Gr0 geleer, hul het hom nie eers geleer om sy naam te skryf nie. Hul gebruik ook n anderse/onbekende (vir my) manier van klanke leer (A = Abbie Antelope say a, a , a & B = Bucky Buck say b, b, b etc). Ma verstaan natuurlik ook maar min (het gedink ons sit hom in die skool oor die skool engels is).

2. Volgens sy skool is alles okay maar ek, pa & ouma vermoed dat hy een of ander leer probleem het. Die outjie sukkel maar met sy geheue (kort & lang termyn). Voorbeelde:

* hy vertel my n paar dae terug dat hy in die swembad op sy pa se goed gestaan het (hy wys na sy skouers), ek vra hom wat se goed is dit, hy se "enkels?....kniee?....weet nie". Hy kon as peuter al sy ligaams dele uitwys.

* terwyl ek n perske eet vra hy my wat eet ek. Ek se vir hom n perske, hy se vir my hy weet nie hoe lyk n perske nie. n paar dae later selfde storie met n mango. n dag later wys ek weer vir hom die mango en vra wat is dit, hy antwoord "ek weet nie". Hy is gewoond aan vrugte van baba tyd af, was vir ons baie vreemd dat hy nie weet nie.

* sukkel steeds om 1 - 10 te skryf en herken.

* sukkel om die dae van die week te onthou, na n helse gesukkel kry ons hom om te onthou die naweek is saterdag en sondag, twee dae later het hy weer vergeet.

* sefde met ons adres, sussie van 3 het lankal gesnap toe kan boetie nog nie onthou nie.

* ons het hom probeer leer om sy naam te skryf, kan nou vir hom wys sy naam begin met n "a", n rukkie later se hy n "a" is n "i" of iets anders.

* ens.....

3. Hy is baie saggeaard en floreer op positiewe reaksies maar enige negatiewe kritiek maak hom baie onseker van homself. Ons probeer ons bes om nie druk op hom te sit nie en nie moedeloos te raak as hy sukkel nie (soms maar moeilik want ons wil hom help om nie te sukkel nie, maar ons kom nie reg nie).

My vraag:

1. Ek glo nie hy gaan kan "cope" in Yr3 nie. Ek wil weet gaan hul hom in Yr3 sit gebasseer op sy ouderdom of doen hul eers n toets/evaluasie om te bepaal in watter "Yr group" hy sal inval? Ek is bang dat dit emosioneel sleg vir hom gaan wees om in n groep te beland waar hy nie kan by bly nie (soos ek reeds genoem het gaan hul nou eers begin lees en skryf en hy gaan ook maar net vir twee maande in sy skool wees dan vlieg ons). Ek voel hy moet by Yr1 begin maar is ook maar bekommerd want dit gaan beteken dat hy amper twee jaar ouer gaan wees as die ander kinders in sy groep. WAT NOU?

Ons glo ons het moontlik n fout gemaak om hom in die ACE skool te sit sonder om hul kirrikilum te bestudeer, moontlik moes ons hom nie Gr0 laat oor doen het in 2008 nie maar moes ons hom maar laat "swem" het in Gr1, moontlik kon ons iewers iets gedoen het om hom te help maar ...... dit is nou te laat vir moontlik/hoekom/moes nie ens. Ek glo hy sal al die hulp kry wat hy nodig het in Australie.

Moet se hy is die oulikste en mooiste seuntjie met die mooiste maniere!

Raad asb?

Sandra

Link to comment
Share on other sites

Ek dink julle moet hom miskien so gou moontlik laat evalueer by 'n arbeidsterapeut. Jy kan dan die verslag ook saam neem na die skool in Australië en so kan bepaal word wat die beste vlak is vir hom om te betree,

Als van die beste.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Polly,

Dankie vir jou raad, hy het gedurende 2008 arbeidsterapie ontvang vir motoriese probleme. Volgens die arbeidsterapeut is dit nou uitgesorteer. Hy gaan oor n maand vir n herevaluasie en ek sal defnitief die verslag saam neem. Die arbeidsterapeut het ook voorgestel dat hul hom eerder terug hou as om te veel druk op hom te sit. Sal maar sien wat sy skool in Canberra voorstel. Gister aand was een van daai aande wat dit gevoel het asof ek bietjie "panic" oor die groot stap en my seuntjie se plasing is een van my "stressors". Voel vanoggend weer vol moed want ek glo ons en hy sal okay wees.

Tata!

Sandra

Link to comment
Share on other sites

Ek is seker als sal reg uitwerk. Die onderwysers het ek nogal ondersteunend gevind hierso. Die druk op die kinders hier is ook heeltemal anders. Ek vind my kinders het omtrent nie eers huiswerk nie. Alles is kuns en musiek en kultuur in die skool waar my seun is.

Alles van de beste en skree as ek kan help met iets, al is ek so ver.

Link to comment
Share on other sites

Polly,

Dankie, jy is n ster!! Dit beteken baie dat iemand vreemd omgee. Ons container kom vandag oor twee weke. My stress vlakke is effe hoog al is ek ook opgewonde. Die teenoorgestelde emosies wat ek binne een dag beleef is nogal iets on aan gewoond te raak, hoop ek kom normaal aan die ander kant uit!

Groete!

Sandra

Link to comment
Share on other sites

Sandra ek het jou gepm. My internet bly uitsny. laatweet as jy nie my pm ontvang nie.

Link to comment
Share on other sites

Ek stel voor dat julle so gou moontlik na julle aankoms 'n afspraak met sy nuwe skool se prinsipaaal maak en die saak aan hulle stel.

Daar is baie hulp vir kinders soos jule outjie in Oz, maar die bal sal ers aan die rol kan kom nadat julle aangekom het en sy skool hom kon evalueer.

Ek pos nog meer inligting so gou moontlik

Dax

Link to comment
Share on other sites

Hi Sandra

sjoe dis 'n moeilike een. ek het nie 'n antw nie, kan net se baie sterkte

Ons wil ook Canberra toe en ek sit met 'n soortgelyke probleem. My seuntjie is nou 3 en omdat sy kleuterskool juffou engels is het sy hom aangemoedig met engels en hy sal gou aanpas

maar my dogtertjie word april 2009 5, en sal volgende jaar as ons oorgaan (hopelik vroeg in die jaar) 6 wees in april. sy is nie baie genee as ek probeer engels praat met haar nie

hulle se die skole het een tot een onderrig, maar wat ek nie weet nie, kan daai een tot een onderwysers dan afrikaans praat? want hoe kommunikeer hulle met die kind as sy net afrikaans kan praat?

weet iemand dalk?

Link to comment
Share on other sites

Hulle het spesiale 'taal' skole (english language schools) vir kinders van 'n ander taal. Daar is 'n metode wat hulle volg om die kind engels te leer. WAt nou belangrik is en wat hulle erg vir ons aanbeveel het, is om soveel moontlik vir ons seun engels te lees en engelse movies te laat kyk. So word hy darem gewoond aan die taal.

Link to comment
Share on other sites

Hi Sandra

sjoe dis 'n moeilike een. ek het nie 'n antw nie, kan net se baie sterkte

Ons wil ook Canberra toe en ek sit met 'n soortgelyke probleem. My seuntjie is nou 3 en omdat sy kleuterskool juffou engels is het sy hom aangemoedig met engels en hy sal gou aanpas

maar my dogtertjie word april 2009 5, en sal volgende jaar as ons oorgaan (hopelik vroeg in die jaar) 6 wees in april. sy is nie baie genee as ek probeer engels praat met haar nie

hulle se die skole het een tot een onderrig, maar wat ek nie weet nie, kan daai een tot een onderwysers dan afrikaans praat? want hoe kommunikeer hulle met die kind as sy net afrikaans kan praat?

weet iemand dalk?

Dis ook belangrik dat sy Engels moet hoor. Is dit moontlik;

* Dat sy met Engelse maatjies kan speel?

* Dat julle haar laat kyk na Engelse videos/DVD met materiaal op haar vlak?

Die bg. sal baie help, maar moet nie julle outjie onderskat nie. Dis verbasend hoe gou kinders regkom met 'n tweede taal as hulle eers in 'n situasie is

Sterkte

Dax

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...