Jump to content

Laaste stuiptrekkings

Biltongboer

Recommended Posts

Die container is gelaai en is oppad Walvis Baai toe. Ons leef nou uit tasse uit. Ek kom natuurlik agter helfte van die goed wat container toe moes gaan, is nog steeds in my vrou se kar - $%^&!

Ons het tot vandag toe by Abrie en Monica gebly – hulle was bietjie see toe. Vanoggend het ons getrek na my ma se huis toe.

En hier sit ek nou, in my kamer, waar ek meeste van my tienerjare deurgebring het. Ek het nie daai tyd gedink ek gaan een dag met my vrou hier inboek, drie dae bly; en trek nie. Ek loer hier by my venster uit terwyl ek met die laptop speel. Die bome het intussen deur die jare so hoog gegroei dat ek nie eers meer die berg kan sien hier agter die huis nie, ook nie die ander berg waar die groot radiotoring op is nie. Dit was my uitsig vir baie jare lank. Hier het ek gesit en wonder oor my toekoms, wat gaan ek word as ek groot is, wie gaan ek trou? Nou is dit alles al geskiedenis.

Daar is nou wragtag mense wat aandring daarop op saam te gaan lughawe toe om te groet. Heerlikheid, het hierdie mense absoluut geen laaste bietjie genade vir ons nie? Is ons steeds almal se besittings tot ons uiteindelik op daai vliegtuig is? Hoe moeilik is dit om te verstaan – ek soek nie huilende, tjankende, grensende anties om ons almal depressief te kom maak nie. Dis nie ‘n hartseer oomblik in my lewe nie, dis ‘n blye oomblik – iets waarna ek uitsien.

Hierdie is ‘n groot oomblik in ons lewens – ‘n private oomblik, nie ‘n publieke geleentheid waar almal nou eers weer hulle eie gevoelens moet kom uitleef nie. Los my en my familie uit sodat ons in vrede ons nuwe avontuur kan aanpak, dankie. Dis ‘n avontuur – nie ‘n BEGRAFNIS nie! Ons het keuses gemaak en dit was goeie keuses - baie dankie vir al die ongevraagde kommentaar en insette.

Gister loop ek ‘n ou raak in Maerua Mall. Hy sê vir my ek gaan baie terugverlang, en ek gaan geen simpatie van hom af kry nie. Ek sê toe maar vir hom ek het ook geen simpatie vir hom nie. Sheez, asof ek sulke crappy opmerkings nodig het? Net omdat jy dink Namibia is ‘n paradys, beteken nie ek hoef dit te glo nie, en dit gaan nie maak dat ek nie my geleenthede gaan benut en gaan probeer om my kinders ‘n toekoms te gee nie. Asshole.

Ek is nie lus vir hierdie laaste paar dae by my ma se huis nie. Eks klaar so wild soos ‘n willehond innnie wildtuin, en die volgende ou wat kom “groetâ€, groet ek sommer met ‘n linker en twee regters.

Ek sal weer later afkoel – ek weet mense bedoel goed, maar jislaaik, hou net vir een slag op om aan jouself te dink en gee ons ‘n freakin break!

Cheers…

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer

Ek verstaan so goed hoe jy voel. Ons het ook al begin met die afskeidspartytjies. En jy sal die nie glo nie, maar wanneer ons begin om die laaste keer te groet, se van die mense:

"Maar ons sal jul seker nog 'n laaste keer sien!!!"

Hemel, ons huil en druk en groet, hoekom wil hulle dit weer doen? Dit raak darem te erg. Verstaan hul dan nie dat 'n afskeidspartytjie 'n afskeid en laaste sien is nie? Ek wens regtig dis al verby!!! Ek is nou al moeg afskeid geneem, en sien regtig nie kans vir 2 keer afskeid neem van dieselfde mense nie. Die tyd raak min, daarom se ons koebaai en kry klaar!!

Link to comment
Share on other sites

Ja, nee kyk! Ons hou ons afskeidspartytjie die naweek van die 13de Sept. Nou vind ons so per toeval uit dat die familie die naweek daarna ook vir ons iets reel. So dis twee naweke na mekaar n gegroetery. Dit ga nogal rof op n mens wees. Maar verstaan nogal dat hul dit eintlik goed bedoel. Hou maar net uit. Dis amper verby.

Link to comment
Share on other sites

Ek dink die gehuilery is eerder selfbejammering vir hulle-self omdat hulle hier moet agterbly!!! :ilikeit:

Geniet die laaste paar dae, jy gaan dit nooit weer oor kry nie!!

Link to comment
Share on other sites

Smile and wave. Vlieg lekker, land lekker, hoop jy vind gou jou voete daar annerkant en laat ons weet hoe dit gaan.

Link to comment
Share on other sites

Daar is nou wragtag mense wat aandring daarop op saam te gaan lughawe toe om te groet. Heerlikheid, het hierdie mense absoluut geen laaste bietjie genade vir ons nie? Is ons steeds almal se besittings tot ons uiteindelik op daai vliegtuig is? Hoe moeilik is dit om te verstaan ��" ek soek nie huilende, tjankende, grensende anties om ons almal depressief te kom maak nie. Dis nie ‘n hartseer oomblik in my lewe nie, dis ‘n blye oomblik ��" iets waarna ek uitsien.

Weet presies wat jy van praat Biltongboer. Ons het net almal baie pertinent maar mooi laat verstaan, Dankie, maar nee dankie, ons soek niemand by die lughawe nie. My man se jongste broer het ons in die drop and go zone afgelaai en gegroet. Daar is genoeg binne die lughawe wat jou aandag vereis, (nie eerst te praat van die kiddies nie) so dit het vir ons baie goed uitgewerk.

Familie dink hul bedoel dit goed en dat dit ter wille van jou is wat hul dit aanbied, so mens kan dit verstaan. Staan net by wat jy wil he en vra hul moet dit respekteer.

Alle sterkte vir julle. Geniet die vlug!!

Groete Prieska

Link to comment
Share on other sites

Ja, nee kyk! Ons hou ons afskeidspartytjie die naweek van die 13de Sept. Nou vind ons so per toeval uit dat die familie die naweek daarna ook vir ons iets reel. So dis twee naweke na mekaar n gegroetery. Dit ga nogal rof op n mens wees. Maar verstaan nogal dat hul dit eintlik goed bedoel. Hou maar net uit. Dis amper verby.

So gaan dit al 'n hele maand lank - een afskeid op die ander - met dieselfde mense by meeste van hulle. Mens sou sweer ons is Brad en Angelina, met die paparazzi wat ons agtervolg...

Link to comment
Share on other sites

BiltongBoer, I wonder what your views would have been if no one came to say goodbye or even cared!! - Have a safe trip and hopefully no one will ever "bother" you or your family again.... I read some of these posts and wonder what will make some people happy, there is always a moan or a groan about something, either the plumber or something... Oh well, I guess that is how many Southern Africans have evolved.. The irony of it all is that many of us on this site are the fortunate ones, have homes, family, people that care about us, oppertunity to go to OZ etc. let me get off my box.. :-)

Link to comment
Share on other sites

Jip BB

Goeie besluit, ons het ook vriende en familie van die lughawe af verban. Daar was wel vriende wat te ver gebly het om voor die tyd te sien. Hulle het ons op die lughawe kom groet. My reels was eers nadat ons ingeboek het wanneer al die tasse uit ons hande is en net tot 16:00 toe, daarna gaan ons in die International Dome in. Dit het goed gewerk.

Ons is baie bly daar was geen familie by die lughawe vir 'n sopperige snotterige tranedal nie!!!

Geniet die vlug, dit is een van die mylpale en hoogtepunte in die proses van verskuiwing!!!

Groete

Martin

Link to comment
Share on other sites

Jip ons het dit ook so gedoen naweek vir naweek het ons almal gegroet maar op die voorwaarde dat niemand lughawe toe kom nie. Ons het oorgeslaap waar ons kon uit tasse gelewe net om by almal uit te kom. Die lughawe is vir my 'n deurmekaar plek daar is so baie mense en almal stap en stamp jou onderstebo. Eintlik ook die anderkant by die international airport is soveel mooier, skoner en beter. Dit het vir ons ook beter so gewerk ek het nie kans gesien vir die trane nie. Te veel daarvan gehad toe ons almal gegroet het vir die 7de keer ! En jy is 100% reg dis so 'n major event klaar vir jou en jou familie, jy sien uit daarna dit het jou op die randjie van bankrotskap gebring om daar te wees en almal huil.... Maar elke ou doen dit maar op sy manier. Ek is nog steeds bly ons het dit so gedoen. Ons het elke Desember Oos London toe gevlieg om vir my broer te gaan kuier en as ons daar weg gaan was dit 'n trane dal nou kan jy imagine met die trip. Sterkte daar BB dit gaan oor so vinnig geniet dit en wees maar geduldig.

Link to comment
Share on other sites

Biltong boer, julle sal maar moet vasbyt jong!

Onthou julle het iets om na uit te sien, 'n nuwe lewe ens. Die familie en vriende wat agterbly besef met elke een se vertrek net so bietjie meer dat hulle hier in Afrika vasgevang is en dat familie wat weggaan nie sommer sal terug kom nie.

Sterkte vorentoe!

Link to comment
Share on other sites

BiltongBoer, I wonder what your views would have been if no one came to say goodbye or even cared!! - Have a safe trip and hopefully no one will ever "bother" you or your family again.... I read some of these posts and wonder what will make some people happy, there is always a moan or a groan about something, either the plumber or something... Oh well, I guess that is how many Southern Africans have evolved.. The irony of it all is that many of us on this site are the fortunate ones, have homes, family, people that care about us, oppertunity to go to OZ etc. let me get off my box.. :-)

Well, shame, you poor little plumber-on-a-soapbox.

Maybe, if you had more than two friends, you would understand my situation.

I give praise where praise is due and I call the kettle black when it is. I ask for nothing else from anyone.

You are complaining, and in the same sentence tell other people they shouldn't be complaining.

You're welcome to write your own beautiful uplifting stories if you find mine policitally incorrect. I'd like to hear about your wonderful tales of wisdom, and about how beautiful and wonderful your crummy plumber is. Send him my regards, by the way.

Asshole.

Link to comment
Share on other sites

Biltongboer, maybe if I was a plumber I might get to OZ sooner and as for you, you are a rude prick..... Not everyones opinion needs to be in-line with yours.... Not sure how you get to politically incorrect, but then again only you would know.. Considering we are similiar ages I would have thought you would have had a more mature approach, but I guess this is how you deal with things. So, think about those around you (reffering to family and friends) it is just as hard for them... Not sure where I was complaining, but hey you are clearly the bright one... NOT. You have a wonderful flight and may you and your family only have the best....

Link to comment
Share on other sites

BiltongBoer, I wonder what your views would have been if no one came to say goodbye or even cared!! - Have a safe trip and hopefully no one will ever "bother" you or your family again.... I read some of these posts and wonder what will make some people happy, there is always a moan or a groan about something, either the plumber or something... Oh well, I guess that is how many Southern Africans have evolved.. The irony of it all is that many of us on this site are the fortunate ones, have homes, family, people that care about us, oppertunity to go to OZ etc. let me get off my box.. :-)

I'm so tired of people reading or actually misreading other people's posts and make it their business to say something 'bitchy'. Go read again what BB said and maybe you'll see the story behind the actual words!

If you have nothing nice to say, rather just keep quiet.

Link to comment
Share on other sites

Thanks ta'mossie appreciate your input. If I don't have an opinion, I will keep quiet. I must say that if Biltongboer is the same person with 3 young daughters, I am even more surprised at the reaction.... My reply may not have been what BB wanted to see, but I could have been told to go play in the traffic so many other ways, not the way it was done..... 2 wrongs don't make right...

These type of of wise-ass comments are one of the reasons why Mauritz left the forum. Look again at the topic of this section - this is the journals section. I write stories from my viewpoint, from my experience, and I share it with others. I didn't ask your permission to think the way I do. I never said that I hate my family, or anyone else. I am just writing down my raw feelings and emotions, and unlike so many South Africans, I am brutally honest about how I experience things. I did not post this under chit chat or settling in, I posted it under journals for a reason.

Just like Oom Jan Stoof recently shared his feelings about settling down under - a brutally honest story as he experiences things. No one said you have to agree with it or ever feel the same. But listening to other people's stories and feelings have always been a great experience for me. I like reading biographies, exactly for that reason.

As I said, you are most welcome to share your story. I would love to hear your stories. Really. Then I can also comment on your work...

Edited by Biltongboer
Link to comment
Share on other sites

And so we enjoy reading about other peoples experiences and feelings.......maybe we also feel the same but don't have the guts to write it down and share it with thousands.

BB, please don't be put down by one person (whom now popped out from wherever). You've contributed to alot of laughs on this forum.

Looking forward to read about your first experiences in OZ, this should be hysterical!! ;)

S.

Link to comment
Share on other sites

BB,

Ek glo die laaste paar dae is maar moeilik. Dit voel so finaal, maar tog is dit nie so finaal nie.

Met almal wat so huil, voel dit seker of 'n mens besig is om stadig dood te gaan en almal kom 'pay their last respects'.

My man sê weer dat wie wil lughawe toe kom, mag maar. Ek weet nog nie hoe ek daaroor voel nie. Maar ek dink as daar so baie mense is, sal jou emosies die oorhand kry. Jou mense gaan aan jou vasklou tot op die laaste minuut voor jy moet deurloop. En dan is jy opgewerk, ge-irriteerd, huilerig, en wat ook al nog. Hy redeneer dis OK so, jy het die hele vlug Oz toe om tot bedaring te kom!

Ek stem saam al die farewells kan bietjie te veel word. Maar dan wil die mense ook maar net wys dat hulle jou liefhet en gaan mis wanneer julle weg is. Dis dalk hoekom hulle by al die partytjies opdaag. Soms dink ek hulle wil ook maar hê dit moet nou klaarkry, maar wil ook nie lyk asof hulle nie omgee nie. Mens moet dit maar 'grin and bare'. En dieselfde vrae vir die miljoenste keer antwoord.

Ons is nog nie op die stadium waar julle nou is nie. Oor 'n paar maande redeneer ek waarskynlik/definitief anders.

Voorspoed met die laaste stuiptrekkings. Julle is nou in die laaste 100m van 'n marathon wat lank en dreinerend was. Jy verdien jou medalje.

Hou aan skryf, want deur jou geskryf besef ons, dat almal maar min of meer dieselfde dinge ervaar.

PS: vlieg julle vanaf Kaapstad na Perth of via Jozi?

Link to comment
Share on other sites

BB, no hard feelings, we are all dealing with lots of emotion at this stage of our lives, sometimes we say things that get people going, other days it would not make any difference, I guess we just had one of those days yesterday. All the best to you and your family for the future... (I mean this, not being sarcastic) :-)

Link to comment
Share on other sites

Hou aan skryf, want deur jou geskryf besef ons, dat almal maar min of meer dieselfde dinge ervaar.

PS: vlieg julle vanaf Kaapstad na Perth of via Jozi?

Ons vlieg vanaf Kaapstad na Singapore en dan Perth. Dit vat bietjie langer om daar te kom, maar het my R10000 minder gekos, en dis van die beste airlines waarmee jy kan vlieg, volgens al die ervare toeriste.

Link to comment
Share on other sites

Met ons LSD-trip het ons ook via Singapore gevlieg na Brisbane. Dit is 'n stywe trek tot daar en daarna oor die woestyn-gedeelte van OZ het die vliegtuig baie geskud, maar Singapore-lughawe is van die mooiste lughawens in die wereld.

Die vlug self was heel aangenaam, die sitplekke taamlik knap, maar net die voorreg wat jy het om jou eie "movies" te kan kyk met klein oorfoontjies wat hulle uitdeel, maak dit baie aangenamer.

Dit bly steeds 'n ongelooflike ervaring!!! :ilikeit:

S.

Link to comment
Share on other sites

BB

Geniet die trippie, en goed gaan in Perth. Ons is kort op jou hakke.................as immi net saamwerk.

As enige iemand by die lughawe opdaag, nadat jy gese het jy wil nie iemand daar he nie, gee vir hulle jou innige simpatie dat hulle moet agterbly, en klim op die vliegtuig met 'n groot SMILE.

Laat ons weet wanneer jy daar aankom.

Denise

Dis darem nie so erg nie, ons het 'n minimum spannetjie ge-organise wat ons gaan aflaai. My pyn was eintlik met ander mense wat nie eens familie of huisvriende is nie. Jy weet, daai tipes wat begrafnisse bywoon van vreemde mense wat hulle nie eens geken het nie, en dan hartstogtelik huil deur die hele event. Ongelukkig ken ons sulke mense... :lol:

Link to comment
Share on other sites

BB, no hard feelings, we are all dealing with lots of emotion at this stage of our lives, sometimes we say things that get people going, other days it would not make any difference, I guess we just had one of those days yesterday. All the best to you and your family for the future... (I mean this, not being sarcastic) :-)

Thanks, same here - times like these are stressfull, and then I vicously jump at anything that moves. Sorry mate!

Link to comment
Share on other sites

And so we enjoy reading about other peoples experiences and feelings.......maybe we also feel the same but don't have the guts to write it down and share it with thousands.

Looking forward to read about your first experiences in OZ, this should be hysterical!! :lol:

S.

Ditto!! :lol:

En sterkte!!

Groete

LIGGIE

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...