Jump to content

Wat kook ek vanaand?


Blossom

Recommended Posts

Hallo almal,

Ja, nou sit ek hier in Oz, al meer as 'n jaar en ek het nou al alles geproe, gekook en opgedis.

Vandag is een van daai dae dat ek nie weet wat om te gee vir aandete nie. Ons is nou al moeg vir die steaks met pepper sauce, die lamb chops, die Italian sausages of die Leonards chicken.

Die kos hier is wraggies uit die boonste rakke, die groente soms vreemd (ek se nog steeds greenpepper instede van capsicum) maar heerlik vars en soms verstaan ek nie hulle name vir die verskillende vleis snitte nie.

Die seekos is so vars en maklik bekombaar, waar het jy gesien dat prawns so goedkoop is? Back home was dit 'n luxury en hier koop ek prawns sommer weekliks.

Terwyl ek hier tik onthou ek nou juis van die gevriesde prawns in die vrieskas. Miskien dit vir aandete? Maar hoe?

Nou die dag dit gaargemaak bo op gegeurde bruin rys, dit was lekker maar ek weet dit kan beter.

Het enige iemand dalk 'n reseppie vir lekker prawns en saam met wat kan ek dit bedien?

Wat maak julle vir aand ete?

Dankie by voorbaat........

Link to comment
Share on other sites

KD en die "by voorbaat dank...."?

Nee jongie die ....wat kook ek vanaand.... is vir my ook altyd 'n probleem!! Het gisteraand so lekker groente stew gemaak en eergisteraand stirfry. Ek is mal oor die Aussie groente veral die lekker oranje pattats, yummy!!! Ek gebruik gereeld die patattas in stede van aartappels. Selfs vir slaai jy sal nie glo hoe lekker dit smaak nie.

Ook mal oor die babymarrow en njammie mushrooms.

Die prawns: Braai in lekker botter met garlic en suurlemoen en dan gebruik jy die sous waarin jy gaargemaak het vir oor die rys. Jy kan die rys gewoonweg gaarmaak en dan so bietjie gebraaide uie en miskien vinnig gescramblede eier by sit dit is baie lekker met 'n vars slaai.

Laat weet hoe dit gesmaak het.

Nou ja laat ek gaan Fudge die laaste 15kg van 45 is op die stoof.

Mooi bly

N

Link to comment
Share on other sites

Ag, jinne, moet my nie herinner ek moet alweer kook vanaand nie... Ek dink ek moes eintlik 'n batchelor gewees het, wat net Pro-Nutro eet vir aandete!

KD, ek maak maar altyd my left over Prawns met "capsicum", mushrooms en lekker room met bietjie kerrie en effe chilli in, dan dien ek dit op met pasta of broodjie wat in die sous gedip word....Braai net die vegies in olive oil of botter en kook dan saam room en spices tot room so mooi off white geel kleur raak..lekker dik. Dan braai ek my prawns in botter en garlic en meng in sous in. Dis dit dan op oor pasta of in diep bord met french bread op die sideline.

Weet jy, nou het ek myself sommer moed ingepraat om dit vanaand te maak.

Edited by elizes
Link to comment
Share on other sites

Guest wilna

My man maak die lekkerste prawn en hoender kerrie, ek het nie 'n idee hoe nie want as hy die aand kos maak kom ek nie naby die potte nie, die kos proe mos altyd lekkerder as jy nie gehelp maak het nie.

Ek weet net ek moet gewoonlik vir hom room, knoffel, hoender, prawns, ens koop.......ek kan nou nie eers alles onthou nie....seker maar die ouderdom..... :rolleyes:

Ek het nog nooit in my lewe prawns self gaar gemaak nie, so ek sal ook die resepte wil uittoets.

Link to comment
Share on other sites

My man maak die lekkerste prawn en hoender kerrie, ek het nie 'n idee hoe nie want as hy die aand kos maak kom ek nie naby die potte nie, die kos proe mos altyd lekkerder as jy nie gehelp maak het nie.

Ek weet net ek moet gewoonlik vir hom room, knoffel, hoender, prawns, ens koop.......ek kan nou nie eers alles onthou nie....seker maar die ouderdom..... :rolleyes:

Ek het nog nooit in my lewe prawns self gaar gemaak nie, so ek sal ook die resepte wil uittoets.

hier kom n lui vrou dis. Ek vat n capsicum per persoon en sny die koppies af. dan maak ek een van die volgende gaar:

-maalvleis (lekker gaargemaak met naeltjies en uie en blertsie rooi-wyn)

-spinasie en feta

-prawns ontdop met knoffel, suurlemoen en sampione

dan vul jy daai pepper lekker styk, sit n snytjie kaas bo-op druk die koppie terug, draai hom toe in foelie en bak in oond tot pepper sak is (seker so 10-15 minute) .

maak lekker mielie pitte daarby gaar en sny n tamatie in stukke en tada aandete (lyk baie fancy en impressive en mooi kleurvol)

Edited by henriette.rossouw
Link to comment
Share on other sites

KD en die "by voorbaat dank...."?

Ek het mooi maniere mos, ek se dankie vooraf vir die resepte.

Ons eet nie garlic nie, of altans my man eet dit nie, so ons kan ook nie want dan stink ons hom uit die huis uit. Maar so gou hy weg is op 'n sake besoek of iets, dan klim ek en seun in en ons eet dit sommer sulke dik stukke op bruschetta of cabiata!

Ek is nou nie meer lus vir prawns nie, ek dink ek gaan van daai baie meatpies uihaal saam met beer batter oven bake chips. Ek is mal oor daai chips. En dan koop ek sommer coleslaw by die winkel!

Ook maar lekker lui ne?

Kerrie hoender en prawns klink wonderlik, ek gaan probeer, Wilna , vra jou man hoe asb?

Die prawns met spinasie en feta en mince is nou 'n resep wat ek gaan neerkryf en bere.

Ek dink prawns pas wonderlik by pasta en room, o my arme dye!

Nilo, jou resep klink blerrie lekker maar jy het alweer die 'F' woord genoem!

Nog resepte asb?

Link to comment
Share on other sites

KD, kan jy glo,ek is al amper 3 maande hier, en ek het nog nie beer batter chips geeet nie.... miskien moet ek die brood vavaand vervang met bietjie van daai chips! Koop mens dit in die gevriesde afdeling? Of moet ek dit self beer batter...in daai geval sal ek nie belangstel nie...ok ma lui party dae...meeste dae :rolleyes:

Gee jy ook vir ons 'n paar resepte...

Link to comment
Share on other sites

Die prawns met spinasie en feta en mince is nou 'n resep wat ek gaan neerkryf en bere.

WOW OF nie en nie. jy kan seker alles meng maar ek maak variasies... klink soos brood aan al 4 kante botter as jy alles ingooi!!!!

Link to comment
Share on other sites

AGGENEEE NIE ALWEER PIES NIE!!!! :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

AGGENEEE NIE ALWEER PIES NIE!!!! :rolleyes:

nou maar boetietjie dink jy nie dis tyd dat JY kook nie?

Link to comment
Share on other sites

Koop mens dit in die gevriesde afdeling? Of moet ek dit self beer batter...in daai geval sal ek nie belangstel nie...ok ma lui party dae...meeste dae :rolleyes:

Het gisteraand advertensie gesien op TV vir sulke chips - so ja, mens kry dit by die vrieskas. Het nog nie gehoor daarvan nie - is dit lekker?

Link to comment
Share on other sites

:oops: GEH GEH HOE LEKKER LAG EK NOU VIR JOU HENRIETTE.

Prawns mm klink lekker ek is mal oor dit maar Albert sit nie sy mond aan seekos nie :rolleyes:

So al waneer ek so iets eet is saam met vriende of my ma ai sy kan dit so lekker maak.

KD ek dink ek kom oor om vanaand by jou te eet :lol:

Ja daai chips is lekker.Het dit een keer gekoop vir die eerste keer toe ek dit raak sien.

Urs.

Edited by URS.LITTLE SHE BEAR
Link to comment
Share on other sites

Eerstens, jy weet wie....jy kan bly wees jy kry nie net brood en jam nie, gehoor!

Beer batter chips....wie het nou gedink dat ovenbake chips so lekker kan wees? Ja in die vries afdeling...sulke lekker dik chips wat klaar gesout is. Maak dit lekker crispy en dan weeg jy jouself more oggend hoor...en ek wil niks hoor as jy dikker is nie.

Hierdie plek het wonderlike idees, ek kan ure lank shopping doen, het nou die dag in die Asian afdeling geloer en 'n pakkie Fried Shallots gekry. dis klaar gebraaide Shallot uie wat gedroog is. Gooi net 'n lepel of twee by klaar gekookte rys of pasta of iets. Heerlik.

Ek koop Sun rise, dit kan bruin rys wees, of risotto rys of gewone wit rys. Dis verpak in 'n porsie groot genoeg vir twee....90 sekonders in die mikrogolf en dis gaar. Dan gooi ek dit in die wok en braairoer dit met 'n handvol gemengde groente, mushrooms en van die shallots. Nou die aand gedoen en die prawns bo op bedien. Vra maar vir sommige mense wat hier tussenin aanmerkings gooi hoe lekker was dit.

lekker eet vanaand...

Link to comment
Share on other sites

No to make the ladies in Oz jealous but last night I went to Pick 'n Pay and found that Spur now sells their sauces there. I bought pork schnitzels with the Spur cheddamelt sauce sauce and then I also bought the Spur white sauce. So came home, made schnitzels with sauce and chips with the white sauce - couldn't quite master the onion rings but shoo, it was yum - now my only regret is that I found these sauces and we only have a few months left here - mmmmm....have to find a way to get these sauces to Oz!!!

Link to comment
Share on other sites

Now you go to the corner and stay there till I tell you to come out, you hear! Hoe water my bek...sies!

Link to comment
Share on other sites

Mooi so, Henriette, vertel hom bietjie.

Vrydagaande is my af aand, as die seuns nie kos maak nie, slaap almal honger. Sover nog net een keer gebeur :whome: Maar gister toe bel hulle my by die werk, dis mos nou vakansie hier, en vra Ma hoe maak mens sop? Gelukkig het ek swedes (rape) en goete gekoop, en gisteraand toe ek by die huis kom wag die lekkerste pot sop vir my, net die regte medisyne vir die nat koue. Vanaand wil Pa kerrie he (jeg) maar dis okay daar is nog baie sop oor, al het ek vir lunch ook gehad :)

Link to comment
Share on other sites

KD ek het die chips gekry! gaan dit vanaand maak...sien uit na lekker chippies...

Fred, as ek jy is bedaar ek met die comments...jy gaat honger slaap, Dude! Se net ja, Ma, dit is lekker kos...

Link to comment
Share on other sites

Beer batter chips....wie het nou gedink dat ovenbake chips so lekker kan wees? Ja in die vries afdeling...sulke lekker dik chips wat klaar gesout is. Maak dit lekker crispy en dan weeg jy jouself more oggend hoor...en ek wil niks hoor as jy dikker is nie.

My man kla heel tyd ek moet hom meer ondersteun met die dieet, nou kan ek nie eintlik sulke lekker goed eers probeer nie :ilikeit: Dalk moet ek dit maar kry vir Moedersdag... :cry:

Link to comment
Share on other sites

Ai Sue, Chips vir Moedersdag! Ek huil my dood. :ilikeit:

Maak dit vir jou vir lunch en gee hom 'n tuna slaai as hy by die huis kom.

Link to comment
Share on other sites

Maak dit vir jou vir lunch en gee hom 'n tuna slaai as hy by die huis kom.

Dit klink soos 'n plan, want ek sukkel nog met my gas stoof :oops: Sal nie se hoe lank het dit gevat voordat ek uitvind het hy het 'n ingeboude lighter nie!!

Link to comment
Share on other sites

Wanneer gaan die verdekselse SA shoppe hier daaraan dink om Spur se sous in te voer????? Hmmmm ek sal myne sover wegsteek dat NIEMAND dit kry nie!!

Link to comment
Share on other sites

SueB,

'n Goeie vriendin e mail my die gister.....

'n goeie afrikaanse woord vir 'n lighter is 'n

vingergeaktiveerdegasaangedrewetabakrolletjieontbrandingstoestel.

Link to comment
Share on other sites

Mense, nou sit ek en honger by my PC. Nee man - julle is erg stout. :blush:

Ek is op hawermout 2x per dag om cholesterol af te kry - doodbenoud die CO gaan vra vir ekstra cholesterol toetse. Nou hoe opwindend is oatmeal vir aandete??? :whome:

Anyway - ons land einde Jul begin Aug in Perth. Ons moet plan sien met die hele Spur sous ding. Dis essensieel - ek is tans al vir 2+ jaar uit SA uit, woon in Midde Ooste. Lê in die aande wakker en droom oor Spur :blush: - net oor ek dit nie kan kry nie. So ons sal moet plan maak. Ken iemand nie dalk iemand met 'n shop nie? Of miskien moet ons een van die SA winkels se managers kontak?? :lol:

Enige planne??

En o ja - KD, as jy nie lus is vir prawns nie - wat van 'n lekker lasagna? Lekker groenes met baie witsous en kaas en lekker savoury maalvleis, met 'n lekker slaai vir die gewete? Of selfs miskien lekker ravioli? baie maklik - koop 2/3 blikkies ravioli met 'n vulsel van jou keuse, sit in oondbak met lae kaas en broodkrummels en witsous, dalk selfs bietjie oondgebakte zucchini, einde met laag sous, kaas, broodkrummels. Instant pasta in die oond, uit 'n blikkie. Weereens met slaai vir die gewete.

Lekker eet almal. Ek sal maar my appel en oatmeal eet. Ten minste weet ek more oggens sal die skaal vir my smile...

Maar die dag as daai medicals final is - Prawn & Wine Fest 2008, in my eie huis!!!!!

Link to comment
Share on other sites

KD, ek neem aan julle het die berg meatpies opge-eet nou-dat jy ander resepte soek? :whome:

Dankie aan almal vir die idees.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...