Jump to content

Homeschooling


Pieter en Lindie

Recommended Posts

Hi, almal ! Ai, al die positiewe kommentaar en die nugter twyfels en vrae laat my sommer kans sien vir 'n lewe van tuisskool in Oz ! Dankie aan almal se bydrae sover !

Ek is ook 'n ondernemende tuisskool-ma, al is my kindertjies nog klein. Kyk na die vlg webwerf: www.homeschoolads.proboards51.com. Lekker 'site' vir inskakel by Aussie-homeschooling.

Wat van 'n Sa2Oz-homeschooling club op die forum ? Waar kinders en ouers mekaar kan opspoor in al die onderskeie streke, waar SA tuisskoolkinders kan byeenkomste reël en dalk ook in groepe by Aussie homeschool-aktiwiteite inskakel ? Enige van die hosts, is so iets moontlik ?

Link to comment
Share on other sites

Hi Lindie en Pieter.

Ons beste vriende het ons probeer oorreed om ons dogtertjie[Danielle] te home school soos hul 4 meisiekinders.Na ons met n gesukkel nie geweet het wat sal die regte besluit wees nie.Het ons met n vriendin van ons gepraat wat meer as 20 jaar in onderwys is. Na sy al die negatiewe en positiewe punte uitgewys het van albei kante af.

O ja nog een ding.Hoekom het ons dan nie daai problem met ons dogtertjie in haar skool hier in Oz nie?Dis nie al die skole en kinders wat so is nie.Jul kan nie jul kinders vir altyd teen die buite wereld beskerm nie.Kinders moet juis bloot gestel word aan als daar buite anders gaan hul eendag n skok van hul lewe kry daar in die buite wereld :)

Nee wat ons weet dis die beste en regte besluit om haar by Kingsway Christian Collage te gesit het en haar net daar te hou.Baie bly ons het by ons eerste besluit gebly.Ek het die Chrisian Home School infermasie as jul belangstel om dit te lees.Kyk elkeen gaan sy eie opinie he.

O ja amper vergeet ek.Lindie sjoe kyk na Poena en jul weet als van haar en soos my ouers al met jul ook gesels het oor haar en ons.Mens voel sleg as mens hoor dat jul bang is jul kiddies kan dalk 'scars' kry deur die hele proses.Soos ons al met jul gedeel het was Danielle nog nooit so gelukig in haar hele lewe soos in Oz nie.Sy is n ander mensie van ons hier is.Al ons ouers gaan daar deur en is daar deur en kan regtig net goed praat van hoe hul kiddies aan die ander kant uitgekom het.Hou op stres NIG!!

Ek voel dis n persoonlike besluit tussen man en vrou wat niemand vir jul kan neem of maak nie.

Groete uit die pragtige Oz :lol: en hoop jul maak die regte besluit.

Urs.

Hi there,

My family and I will be arriving in Australia in 4 weeks time, and by then the new school term would have begun. Even though the both my girls speak English, they have been in an Afrikaans school since grade 0 here in SA and there father is also afrikaans, I however am English. Now they are already in grade 6 and 7. I was wondering if you could perhaps tell me if you know of a Kingsway Christian Collage in the north of Brisbane as we are looking at setteling in Noose on the Sunshine Coast. I am just as aprehensive as the other parents, but I believe the more information you gather the better disision a person can makem regarding schooling. My only concern though is that they will miss at least the first 2 weeks of school in Australia. Do you perhaps know of anyone with teenage children who can give me some advice on this matter.

Thank you for the information which you also provided on this topic.

I look forward to hearing from you.

Odette

Link to comment
Share on other sites

Pieter en Lindie - julle mag dalk die volgende inligting ook alles baie nuttig vind - ek voel presies soos julle oor my kinders: het hulle alles tot dusver geleer en wil graag voortgaan daarmee !

www.ngj.org

www.homeschoolads.proboards51.com

Geniet dit ! My kinders is bietjie jonger as julle s'n, anders het ek probeer 'maatjies maak' ! As julle in elk geval sou wou, PM my gerus.

Alida

Link to comment
Share on other sites

Pieter en Lindie - julle mag dalk die volgende inligting ook alles baie nuttig vind - ek voel presies soos julle oor my kinders: het hulle alles tot dusver geleer en wil graag voortgaan daarmee !

www.ngj.org

www.homeschoolads.proboards51.com

Geniet dit ! My kinders is bietjie jonger as julle s'n, anders het ek probeer 'maatjies maak' ! As julle in elk geval sou wou, PM my gerus.

Alida

Hi Alida,

Baie dankie vir al die web adresse, Alida. Waardeer dit baie. Ek dink dis 'n fantastiese idee om n forum of club te stig om te weet waar al die Suid Afrikaners is wat homeschool in Australia. Ons gaan Adalaide toe, indien daar enige iemand is. ( Hoop om Oktober daar te wees)

Groete

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Hi julle almal,

Ek dink dat 'n homeschooling kategorie op die forum 'n briljante idee is. Daar is soveel homeschoolers op die forum wat daarby sal baat. Ons homeschool ons twee seuns (5 en 7 jaar oud) en ons kan 'n drasiese verandering in altwee ons seuns sien wat selfvertroue, konsentrasie, prestasie, sosialisasie (ag die lys is te lank om te noem) aanbetref. Ja, dit verg harde werk van die ouers af, maar die resultate kan geld nie koop nie. So, vir almal wat twyfel: Go for it! julle sal nie spyt wees nie.

Ons land einde November in Brisbane. Is daar enige homeschoolers daar buite met wie ons in kontak kan kom?

Groete,

Hannes & Lizelle.

Link to comment
Share on other sites

Hi julle almal,

Ek dink dat 'n homeschooling kategorie op die forum 'n briljante idee is. Daar is soveel homeschoolers op die forum wat daarby sal baat. Ons homeschool ons twee seuns (5 en 7 jaar oud) en ons kan 'n drasiese verandering in altwee ons seuns sien wat selfvertroue, konsentrasie, prestasie, sosialisasie (ag die lys is te lank om te noem) aanbetref. Ja, dit verg harde werk van die ouers af, maar die resultate kan geld nie koop nie. So, vir almal wat twyfel: Go for it! julle sal nie spyt wees nie.

Ons land einde November in Brisbane. Is daar enige homeschoolers daar buite met wie ons in kontak kan kom?

Groete,

Hannes & Lizelle.

Hi Lizelle,

My seuns is ook 5 en 7 en ek het nou net begin met die homeschooling, maar kan klaar se watse fantastiese ervarings ons het.

Ek dink dit was die beste besluit ooit. Dis jammer ons gaan nie na dieselfde plek toe nie. (Adalaide)

Sterkte en voorspoed vir die groot trek.

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Wel, ten minste is die forum 'dieselfde plek' vir julle almal, die seuns kan mekaar nog steeds leer ken en elkeen van julle het 'n heerlike vakansieplek in 'n ander deel van Oz, waar die seuns kan speel. En met internet / epos / Skype, kan die kinders en julle steeds baie in gemeen behou.

Hehehe, my wielietjie spin te vinnig nou, dalk moet julle jul eie sake reël, né :thumbdown:

PS, ek sal 'n HOMESCHOOLING - topic probeer aan die gang kry. Enige oorspronklike name, iemand ?

Edited by Alida
Link to comment
Share on other sites

Hi Lindie

Ek sal nou ook graag my ou eiertjie wil le. Ek tuisskool en soos jy weet dink baie mense jy is van lotjie getik so moet jou nie daaraan steur nie, veral nie as hulle begin met die sosialisering kwessie nie. Die meeste mense het nog nooit n boek oor tuisskoling gelees nie en weet nie eers behoorlik wat die definisie van sosialisering is nie. So hoekom wil hulle n opinie lewer.

Tuisskool is wettig in Australie. Jy moet registreer en jy kan ook registreer by n skool en sekere klasse bywoon en die kurrikulum nagaan. Daar is n Hen netwerk wat n tydskrif uitgee kwartaalliks en hulle gee dan ook vir jou n lys van al die tuisskolers wat by hulle geregistreer is in Australie. Dit kos 40 dollar en is regtig die moeite werd. Ek was gister op n uitstappie saam met ander tuisskolers en hulle is my tipe mense. Ons besoek museums, parke en plekke soos die dieretuin en die kinders maak makliker maats dink ek omdat die groep kleiner is .

Ek doen nog Afrikaans en dan sal ek oorgaan na Engels toe. Ek dink dis belangrik dat my kinders hulle moedertaal behou en met familie in Afrikaans kan kommunikeer. My kinders is 4 en 6 jaar oud.

Die engelse troeteldier klink na n baie oulike idee !! Sorg net dat jy n plek huur waar jy troeteldiere mag aanhou. Ek is n Melbourne as julle dalk hiernatoe kom en jy kan my gerus pm.

Moegeploeg se vrou.

Hi aan Pieter en Lindie, Moegeploeg en ander

Wat 'n heerlike onderwerp! Ek het 3 kinders, 16jaar, 13 en 10. My kinders was al drie in die laerskool en omdat ons 3 jaar gelede besluit het om te emmigreer het ek met tuisonderrig begin om hulle meer blootstelling te gee in engels. Ons het die eerste jaar al die Cambridge handboeke gekoop en het daarna met Brainline begin wat 'n baie goeie program is, net ongelooflik baie werk! Die kinders het skoon moedeloos geraak as hulle die baie werk gesien het. Aan die begin van hierdie jaar het ons met Impak se engelse program begin-Delta. Ons verkies die program aangesien dit 'n Christelike tuisskool program is. Die kinders gaan baie goed aan. Hulle het 'n voorsprong wat engels betref en die standaard is hoog. Ons ondervinding is dat tuisskool baie goed vir jou kind kan wees, maar soos gese is mens moet moeite doen om hulle te laat sosialiseer.

Dissipline is baie belangrik, veral as die kinders ouer is. Ek wil saam stem dat tuisskool nie vir alle kinders werk nie. Ek vind met my eie kinders dat die jongste beter in die skool sal aard as tuis. In 'n klasopset is daar maatjies wat saamwerk en dit moedig die kinders aan om beter te doen en om vinniger te werk. Wanneer die werk moeilik raak voel hulle ook nie alleen nie. Op hierdie stadium van tuisskool waar my oudste dogter al 16jaar oud is word die werk so moeilik dat ons haar nie meer kan help nie. Daar is regtig voordele en nadele aan tuisonderrig en elkeen moet self hierdie besluit neem. Ons is egter nie spyt oor die besluit wat ons geneem het nie, maar ek kan nie wag om die kinders in die skool te sit in Aus nie. Glo my, die ouers werk net so hard!

Probeer dit gerus terwyl die kinders nog jonk is.

Baie sterkte

Euneze :rolleyes:

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...
Hi Lizelle,

My seuns is ook 5 en 7 en ek het nou net begin met die homeschooling, maar kan klaar se watse fantastiese ervarings ons het.

Ek dink dit was die beste besluit ooit. Dis jammer ons gaan nie na dieselfde plek toe nie. (Adalaide)

Sterkte en voorspoed vir die groot trek.

Lindie

Hi Pieter en Lindie

Baie sterkte met die homeschooling. Praat maar as jy vrae het. Gelukkig is jou kinders nog klein en dit is nou die beste tyd om dit te doen. Op watter program het julle toe besluit en hoe gaan dit?

Jy kan gerus vir die kinders sterretjies en plakkers aanskaf. Elke keer wanneer hulle 'n taak goed gedoen het dan kan hulle 'n plakker kies en dit in hulle boekie plak. Glo my die klein kindertjies geniet dit.

Ons gaan 4 keer in 'n jaar met vakansie omdat dit baie goedkoper is en omdat die kinders nie vas is aan 'n skoolprogram nie. Ongelukkig gaan die boeke soms saam, maar die kinders gee nie om nie want daar word in 'n rustige vakansie atmosfeer gewerk. Gewoonlik werk ons vroeg in die oggend en dan het die kinders die res van die dag af om te doen wat hulle wil. Dit moedig hulle ook aan om vinniger te werk en aandag te gee.

Baie sterkte

Euneze

Link to comment
Share on other sites

Hi Pieter en Lindie

Baie sterkte met die homeschooling. Praat maar as jy vrae het. Gelukkig is jou kinders nog klein en dit is nou die beste tyd om dit te doen. Op watter program het julle toe besluit en hoe gaan dit?

Jy kan gerus vir die kinders sterretjies en plakkers aanskaf. Elke keer wanneer hulle 'n taak goed gedoen het dan kan hulle 'n plakker kies en dit in hulle boekie plak. Glo my die klein kindertjies geniet dit.

Ons gaan 4 keer in 'n jaar met vakansie omdat dit baie goedkoper is en omdat die kinders nie vas is aan 'n skoolprogram nie. Ongelukkig gaan die boeke soms saam, maar die kinders gee nie om nie want daar word in 'n rustige vakansie atmosfeer gewerk. Gewoonlik werk ons vroeg in die oggend en dan het die kinders die res van die dag af om te doen wat hulle wil. Dit moedig hulle ook aan om vinniger te werk en aandag te gee.

Baie sterkte

Euneze

Hi Euneze,

Die sterretjie idee is n briljante idee. Gaan dit dadelik implimenteer. Ons het met die Love2learn currilulum begin en vind dit baie goed. Daar is nie ure se voorbereiding nie, jy kan net die boek oopmaak en begin. Ons het die curriculum in Engels gekry aangesien ons ook afrikaans is en die seuns moet oorskakel na engels. Ek is baie bly oor ons besluit en geniet dit baie. Die seuns is ook baie rustiger en ek dink hulle vorder baie goed.

Ons het vandag ons visa grant letter gekry en is nou so opgewonde. Ons beplan om November se kant in Adalaide aan te kom. Dit is nou waar homeschooling goed werk, geen worries oor watter tyd van die jaar en stress oor nuwe skole nie.

Wel, goed gaan

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Hi all,

I have not read all of the thread as i struggle a bit with the afrikaans. I am not anti home schooling but just wanted to add my 2c worth. I work with a colleague who is home schooling her two teenagers in JHB. She is struglling alot with them in terms of their social development,. although they are really shining academically. They are not making friends and are missing out on things like matric farewells, birthday parties etc!

I am sure that these issues can be managed, but i think that they are really important. School is not only about academic education, but also about learning to interact with people who are different from you, playing sport, being part of a team, undergoing multiple rights of passages, finding yourself as seperate from your family of origin.

Just a thought.

Link to comment
Share on other sites

Hi almal

Sjoe, ons wik en weeg nog baie op die oomblik. Op die oomblik is tuisonderrig 'n baie sterk opsie, so nie sal ons na 'n plattelandse privaatskool kyk. Weens verskeie redes het altwee opsies vir ons positiewe en negatiewe punte. Moet toegee, tuisonderrig wen so bietjie.

Het iemand 'n idee of die vereistes vir die ouderdom waarop skool onderrig begin moet word ook van toepassing is op tuisskool en wat is die vereiste/reels in die verband.

So bietjie lig op die onderwerp asseblief.

Martin

Link to comment
Share on other sites

Hi, julle ! Gaan kyk gerus by die websites: www.homeschooling.com.au en: www.homeschoolads.proboards51.com. Julle behoort by hulle al die relevante inligting vir tuisskoolvereistes in Aus te kan kry - hou ons asb op hoogte van wat julle wys raak !!

Link to comment
Share on other sites

Hi almal

Sjoe, ons wik en weeg nog baie op die oomblik. Op die oomblik is tuisonderrig 'n baie sterk opsie, so nie sal ons na 'n plattelandse privaatskool kyk. Weens verskeie redes het altwee opsies vir ons positiewe en negatiewe punte. Moet toegee, tuisonderrig wen so bietjie.

Het iemand 'n idee of die vereistes vir die ouderdom waarop skool onderrig begin moet word ook van toepassing is op tuisskool en wat is die vereiste/reels in die verband.

So bietjie lig op die onderwerp asseblief.

Martin

Hallo Martin

So ver ek weet is daar nie 'n ouderdom perk op tuisskool nie. Ek persoonlik sou se begin so gou moontlik. In Aus gaan die kinders vroeg skool toe, dus kan jy op dieselfde ouderdom begin. Die kinders werk op hulle eie tempo en ek het al gehoor van kinders wat 2 grade in 1 jaar voltooi het. Hoe hulle dit gedoen het weet ek nie, want soos ek genoem het is die werk baie veral as die kinders ouer is. Ek het ook genoem dat my dogter van 16 op haar eie werk en dat ons niks vir haar doen nie, behalwe om haar vraestelle vir haar te gee en om dit na die tyd te merk. Haar werk is tans so moeilik dat ons haar nie meer met "Mathematics" en "Science" kan help nie. Onthou ook dat die kinders op hierdie ouderdom nie soveel blootstelling in die praktiese sy van wetenskap ontvang nie, aangesien mens nie al die instrumente en apparate vir eksperimente het nie. Hoewel daar ook hulp is in die verband as mens dit verlang.

Hierdie onderwerp is iets waaroor 'n mens baie goed moet besin, baie bid en as ouers saam stem! Ouers werk baie hard en moet baie geduld he. Ek wil mense nie ontmoedig nie. Dit het wonderlik vir ons gewerk en as ek eendag tyd het sal ek al die negatiewe en positiewe punte hiervan uitlig. Omstandighede van mense verskil en ek het nie kans gesien om my kinders in die skole in ons omgewing in Pretoria te sit nie. Daaroor is ek nie spyt nie, maar ek wil die kinders in Australie so gou moontlik terug sit in die skool sodat hulle met die Aussies kan kommunikeer.

Dit is wonderlik om die beste tyd saam met jou kind te spandeer. Ons is tog nie hier vir die tydelike nie, maar om ons kinders op die Ewige voor te berei.

Baie sterkte vir al die ouers wat dit oorweeg en mag die Here julle die regte leiding gee.

Vra gerus as daar enige vrae is. Ek sal help waar ek kan.

Groete Euneze

Link to comment
Share on other sites

  • 2 years later...

Hi,

I know this thread is quite dated now, but I would like to revive it a bit and ask....

Has anyone officially registered as a home schooler?

I see there are procedures to follow - looking for someone who has been through this?

http://www.det.wa.edu.au/homeeducation/detcms/portal/

http://www.det.wa.edu.au/schoolsonline/district.do

Kind regards, Gail

Link to comment
Share on other sites

Hi Lindie

My children were 4 and 6 when we arrived in Australia (they could only speak Afrikaans). Now 8 and 10. I do agree with exposing the kids to state schooling, as someone mentioned before, but I was, exactly just like you. A bit apprehensive to do so. That's why, for the first 3 years I did an average of 4 hours volunteer work at the school per day. Splitting my time with both my children. Not only did it help my children socially, but academically as well, and I learned how things are done here in Australia, and could therefor help my children. My children are now fully adapted. My son (10) is not an academic, and struggles a bit, but I am able to help him at home with the help he needs. Last year I was appointed as a teachers aide at the school, and things have worked out wonderfully for me.

If you can go this route, I would highly recommend it, there’s only advantages for you in it.

Hope my experience help you with your decision.

Best of luck, Monica.

Edit : Corrected my addressee. Haven't been on saaustralia since the new face, have to catch up with technology!

Edited by Monica_
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...