Jump to content

Geskrywery met Mej Chardonnay


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Dit is weer Vrydagaand - tyd vir my en Mej Chardonnay - 'n groot gevry. Ek's stuitig, ekke loop op my ooghare rond, ek bokspring ek's sad en ek's bly - alles in 'n split sekonde.

Ek's besig om hierdie wynplaas te landscape - die eienaars is baie, baie nice. Nie meer jonk nie, bly nie eers hier nie - het nog 'n besigheid by die kus. Hulle kom naweke af en werk dan in die winery - hardwerkende goeie mense. Hulle is besig om hulle wynplaas baie mooi te maak - ek sal later foto's stuur. Mens kan nie die plekke vergelyk met wynplase in die Kaap nie - hierdie areas is baie jonk en die mense het nie arbeid nie - gelukkig het hulle krag.

Dit is 'n vakansie dag in Stanthorpe - skou dag. Gewoonlik neem my kinders deel met hulle perde, maar die jaar is alles dood agv die bloody perde griep - so daar is maar min perde by die skou. Lank terug is daar kaartjies gekoop vir hierdie 'Outbak Adventure' by die Gold Coast - kos 'n fortuin - nou kan ek nie gaan nie. Vroulief en kinners gaan saam met 'n ander vriendin en haar kinners. Ek moet werk die naweek - die werk hou nie op nie - ek wil ook graag na die perde gaan kyk, maar nou ja.

Vandag is 'n lekka dag, maar ek is dieselfde tyd ook die m@er in. Wat gaan aan in Suid-Afrika???? Weet enige iemand???? Hoe het die mense in die regering beland???? Gaan dit ooit eindig???? Ek is al 12 jaar hier, hoekom worry ek nog steeds????? Wanneer gaan ons weer oorlog maak?????? My kit is klaar gepak - ek wil gaan skoonmaak - hierdie hele ding is verkeerd. Hoekom kan die bloody Isrealis nog aangaan en ons moet nou op 'n hoop sit en skuldig voel?????? Die bloody hyena sit op my dag en my voete jeuk - ek en Mej Chardonnay - ek is vanaand nie lus vir vry. iAfrika is 'n gemors - die land van die Swaap - ek's gatvol. Dalk moet ek gaan jag.

My onstuimige gemoed loop oor na die eienaars van die wynplaas. Ek sit en drink koffie saam met hulle - hulle stel baie belang in iAfrika en wat nou daar gebeur - ek lees die Leviete voor in oormaat - dit donnerweer en hael - die kraaie slaan vrek neer. Ongelooflik hoe min die mense weet. As daai "Minister" met haar Kuns graad wit was en gekwyl het wat sy gekwyl het - as daai regering wit was en die moontlikheid was daar dat al daai mense hulle werk gaan verloor - wat dan??????? Nou is almal swart soos Eskom se donker tye en niemand kraai 'n kraai nie. Ek en Mej Chardonnay - dalk gaan ons vanaand vry.

Vanaand na al die ontstuimigheid kom ek terug - my perde wag vir my. Dit was vrek warm vandag - ek het sommer 8L water gesuie - ek's gecharge soos 'n Duracell battery. Ek gaan doen 6km te voet met die nuwe Arabier meisiekind - ek's amper weer mens ....... totdat ................ ek die eerste soen vat van Mej Chardonnay - ons is besig om hard te vry.

Verskoon my mense, die dame is vurig ................ ek moet nou gaan :) .

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Mmmmm... bly om te sien ek is nie die enigste een wat soms so voel nie!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...