Jump to content

Perde Koop is Duur Koop


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek wil mos my gat dun kry, sodat ek kan begin met endurance racing. Nou moet ek van my pragtige perdjies verkoop - hartseer affêre - sodat ek endurance perde kan koop.

Ek het hierdie vriendin in iAfrika wat sommer baie hoog in die wêreld is met endurance riding. Agv van die 'African Horse Sickness' kan sy nie met haar perde in die buiteland deelneem nie. Nou koop ek perde vir haar hier in Aus, sodat sy hier kan kom deelneem en die Aussies kan uitstof. Ek soek wyd en suid en kry 'n goeie perdjie met potensiaal. Ek en Karen ('n perde vriendin van ons) gaan kyk - ons ry 11 ure heen en weer van Stanthorpe na Kenilworth. Die wêreld is mooi - so groen, my oge begin sommer fotosinteer. Ek wil sommer daar gaan bly.

Daar is so 'n thoroughbred mêrrie wat in vul is - ek weet Karen kan hulle nie weerstaan nie. Sy wil nie eers gaan kyk nie. Ons kyk na daai endurance perdjie - 'n Anglo Arabian mêrrie - ons ry haar, vat haar hartklop, kyk in haar se bek, kyk na voete en bene ens. Ons besluit om haar te vat. Ek sê vir Karen - gaan kyk bietjie na daai mêrrie - die Skotse dame is lekka vies vir my, maar sy gaan kyk. Daar koop ons nog 'n mêrrie - wat sommer swaar in vul is deur 'n endurance Arabier hings. Ek stry daai mêrrie af met 'n $1000 - ek's mos 'n regter Boere Jood. Karen praat steeds nie met my nie, al het ek so goed gedoen- loer my net so asof sy wil byt.

Ons kan nie die perde skuif nie agv die perde griep hier in Aus - moet eers allerhande permitte en dinge kry. Twee weke later gaan ons - ek vat my horse float - ons is ge-organise. Net een probleem - ons moet 'n 14 uur detour vat agv die perde griep - mag nie hier ry nie, mag nie daar ry nie. Ons ry vir 21 uur aaneen - stop net elke 4 ure om daai dragtige mêrrie te laat strek. Daai twee dames is so ordentlik, ek's sommer skaam in hulle teenwoordigheid. Hulle is mooi aangetrek (gerug) vir die die trip - beentjies geboot en verbandjies om - hulle het sulke lekka vol nette met hooi en vreet hulle oor 'n mik.

Pic van die pragtig dragtige dame, met die naam Beauty - sy is 16.2hh:

Pic van "my" mooiste meisiekind - Star - 15.1hh en groei nog steeds. Sy's die een met die blou broek aan :ilikeit: :

Moet nie te veel na my gat kyk nie - dis nog nie reg nie - het sopas 6km gehardloop en geskud soos 'n trop olifantjies - ek is darem al 3kg af.

Sien, die oulike dame in iAfrika moet nou (in een week) 'n R 1275.00 meer betaal vir daai perdjie - net omdat Azania se Minister of Minerals en Resources haar Arts degree in Parlement gebruik het en sê: "Go to sleep earlier so that you can grow and be cleverer. Boil less water" - nou is die Rand sommer heeltemal in sy moer in, dit binne 'n week. Ek dink daar is dalk nou nog 'n dame wat kwaai is vir my.

Intussen is Karen heeltemal smittens met die dragtige Beauty. Altwee meisiekinners is nou by my. Ek het vir Star vir 'n 6km stap gevat - wat 'n pragtige meisiekind. Ek gaan haar nog so 'n bietjie leer volgende week en dan gaan ek haar ry vir 'n rukkie.

Intussen werk ek hard en ek hardloop hard - my gat raak dunner en 007 is besig om te ontwikkel - beware :holy:

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

...oi, jy gaan my vrou mal maak...nee die perre gaan haar mal maak...sy't nie verniet 4x Fauresmith 200's agter die blad nie, as sy nie nou swanger was nie was ons lankal weer op die diere se case...

ek mar nog 'n leerder, laas jaar net 3x 80km gedoen

lyk my ek bring tog my leon liversage saal oor oz toe (sien www.trailrider.co.za )

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...