Jump to content

Koosjan Strontvogel se briefie


De Kat

Recommended Posts

Ek weet ek gaan innie s :) t kom oor die ene, maar kan dit nie weerstaan nie. My ou Pappa, nou al 10 jaar oorlede, het die aan my nagelaat op vergeelde ou papiere. Ek koes maar solank vir die Koeksisterbrigade anders lyk ek dalk :)

PK Putsonderwater

1 April 1962

Waarde Heer

U brief het vandag met ‘n 2c seël daarop hier aangekom. Ek en my seuns het groot plesier daaruit geput, behalwe dat dit alles wat voorafgegaan het, weer in ons gedagtes opgeroep het.

In 1945 het ek ‘n sagmeul op skuld gekoop. In 1955 het ek ‘n span perde, 2 ponies, ‘n ossewa, ‘n dubbelloop haelgeweer en twee maer varke gekoop, alles op skuld. In 1956 het die verdomde meul tot op die grond afgebrand, een van die ponies het gevrek, en ander het ek aan ‘n onnosele etter geleen wat hom van die honger laat vrek het. Toe sluit ek by die kerk aan.

In 1957 is my Pa dood en my broer is opgehang. ‘n Boemelaar het my dogter op die paal gesit en ek moes die bliksem R100 betaal om nie ‘n familielid te word nie. In 1958 het my seun pampoentjies gekry wat afgesak het na sy :whome: toe en hy moes gekapater word om sy lewe te red. Later het ons gaan visvang, toe die bleddie boot omneuk en my 2 seuns met die heel :whome: verdrink.

In 1959 loop my vrou weg met ‘n skaapskeerder wat my ‘n tweeling as aandenking nagelaat het. Ek huur toe ‘n huishoudster en trou haar later om geld te spaar. Ek het ‘n helse job gehad om haar op die paal te sit. My dokter sê toe vir my om haar skrik te maak op fyndraai. Daai aand vat ek toe die haelgeweer saam bed toe. Toe ek dink die tyd is nou reg, leun ek by die bed uit en trek ‘n skoot deur die venster af. Die gevolg was: my vrou het in die bed gek :whome: k, ek het ‘n breuk opgedoen, en my beste koei wat buite gestaan het is in haar m :censored: r!

In 1962 het ‘n vuilgat my stoetbul se eiers uitgesny, ek was in my donner en het begin drink. Ek het aangehou tot ek net my armhorlosie en ‘n swak blaas oorgehad het. Om die horlosie op te wen en te p :whome: s het my ‘n tydjie in beslag geneem. Na ‘n jaar het ek moed geskep en ‘n misstrooier, ‘n baalmasjien en ‘n koei gekoop - alles op skuld. Toe kom ‘n vloed en spoel die hele spul weg. Ek was nie verseker en en al weer in my m :censored: r. My vrou kry toe vuilsiekte van ‘n verkoopsman en ‘n ander seun van my (nie die een sonder ballas nie) vee sy jis af met ‘n giftige haasvel en vrek van ontsteking in die p :censored: l.

Jy kan dus my verbasing voorstel toe ek lees dat julle vir my gaan moeilikheid maak as ek nie binne 7 dae my rekening betaal nie. As u aan enige moeilikheid kan dink wat ek nog nie gehad het nie, sal ek dit waardeer om daarvan te hore te kom.

Om geld uit my te probeer kry, is soos om botter met ‘n rooiwarm naald in ‘n ystervark se h :censored:l te stop. Ek wens dat ‘n storm muishondstront oor julle trek en daardie klomp helle in jou kantoor wat my die brief gestuur het, vrek!

Dienswillig vir krediet.

KOOSJAN STRONTVOGEL

Link to comment
Share on other sites

Dankie tog daar is iemand anders met wie dit slegter gaan as met my. Sal my seëninge moet begin tel. Hy kan bly wees hy leef nie in ons era nie.

Link to comment
Share on other sites

:):)PML!!! :censored::censored:

Dax

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Magtag, arme siel.

Hy laat Job soos 'n amateur lyk.

En dan kla ons as die regte size mayonaise nie op die rak is nie! :ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...