Jump to content

Die Ou Tannies se Plekke


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Vir die van julle wat my diëetplanne gelees het - dis Vrydagaand, my 24 uur van chaos - waar ek kan doen wat ek wil, vreet wat ek wil en heeltemal stupid gesuip kan raak - lekka op my ooghare rondloop. Die res van die week moet ek weer 'n haas wees en blare vreet en groente sap suie.

So .... ek suie aan 'n lekka Chardonnay, so na 'n lang dag innie son. Ek werk nog steeds by die ou Tannie se plek. Ek moet nou eers die colourbond heining regmaak wat hierdie Aussie karakter so lekka opgeneuk het. Dan moet ek nou my Jamie Durie doen - so na 'n ou Tannie se smaak - glo my, mens moet hare op jou tanne hê in die job.

Hier is 'n pic van die Aussie se skewe pale - hy't seker op sy kop geval met geboorte:

Ooooop - ek kannie pics opsit nie - sien daar's net 93.31k Global space left :whome: Iemand het seker pics van hulle katte en Eskom Grappies geplaas.

Vir die van julle wat nog so gemaklik daar in SA lewe en vrees om alles self te doen hier - moenie worry nie. As julle nog nooit 'n colourbond fence man alleen opgeslaan het nie - dan het jy nog niks alleen gedoen nie. In die geval moet ek nou die Aussie se gemors afhaal - al sy ou skewe pale uitgrawe - al die konkreet van daai pale afhaal en die heining weer van vooraf bou. Geen handjies nie - nie wittes nie, nie swartes nie - definitief geen geles nie. Net my eie ou Boere handjies.

Dit is al lankal gedoen man - so vandag kry ek die Kanga in - ek het pics vir julle geneem, maar dit is mos depressie oppie forum - dalk sal hulle dat ek wit en swart pics plaas - dit is mos waaroor alles in Azania gaan. In elke geval - 'n Kanga is 'n Aussie uitvindsel - 'n paar boere het die ding ontwerp - seker omdat hulle nie handjies het wat help nie. Dit is so 'n handige masjien wat die werk van 10 mense kan doen. Die ding kan gate en slote grawe - helse gewig optel, hope sand vinnig skuif ens. Ek wonder wat daai regering in Azania sal doen as ek sê ek wil 'n Kanga employ ipv al daai ou handjies.

Ek grawe 'n helse plek uit en breek konkreet fondasies uit met ou Kanga - ek is vandag vir 8 ure op die masjien - die son is lekka warm en ek is amper kaalgat op daai Kanga. Beter as 'n rough ride daar in die pretparke by die Gold Coast. Ek gooi my trailer vol, gaan gooi dit weg, dan ry ek weer vir ou Kanga. As die plek nou gelyk is, dan gooi ek weedmat neer en klippertjies bo-oor. Sien, dit is nou om die tannie van oor die 70 die moeite te spaar om onkuid uit te trek.

Haar buurman is 'n anner Aussie tannie, ook naby die 70. Die twee bly alleen en julle moet hulle grasperke sien - hulle doen dit self - geen handjies nie. Die een Tannie het een van hierdie 'vacuum cleaners' wat jy buite gebruik en sy suie al haar blare en gras op. ALLES wat in daai tuine gebeur doen die ou tannies self - sny gras, doen die onkruid, brand die takke uit wat so uit daai bloekombome val ens, ens.

Na die tannie se plek moet ek my anner job gaan opmeet - besig met 'n kroeg wat ek uit graniet bou. Môre moet ek 'n stukkie landscaping by 'n wynplaas gaan begin - net om te maak asof ek vreeslik aan die gang is. Dan is daar die veranda en deck wat wag. Om nie te praat van die vreeslike waterfeature nie. Ek raak sommer depressief en suip meer - daar is heinings en heinings en kwotasies en kwotasies wat wag. Werk wat al laasjaar klaar moes gewees het - ek kan nie my agterent draai nie.

Dan is daar die perde - ai tog, die perde - as dit nie vir hulle was nie, het ek al lankal opgegee en gaan visvang en boogjag vir die res van my lewe. Elke keer na so 'n harde dag, dan kom ek terug en ek werk 'n perd of ek ry 'n perd - dan is ek sommer weer mens.

Môre is Saterdag - ek begin so 5h30. Oormôre is Sondag, dan werk ek weer soos gewoonlik. Ek M&B nie - laat net vir julle weet daar in Aus en die wat twyfel hier - na 12 jaar werk ek nog steeds my agterent af - wil dit nie anders hê nie. Ek's happy. Moet die land nie onderskat nie - mense werk hier ...... sonder handjies.

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz, lekker gelees en sien uit na die volgende episode, Lekker werk en geniet Australia day.

Groete R

Link to comment
Share on other sites

Jammer ons kan nie die ou fototjies sien nie! :blush:

Manlief doen ook fences en allerhande dinge hier in SA. Miskien sal dit goed wees om 'n ou 'Kangatjie' hier te kry, sal seker nie 2x al my computers uit die kantoor gesteel het nie :)

Link to comment
Share on other sites

Lekker gelees M! Dankie.

So by the way het nou al amper 2kg in 2 weke verloor, jipeeeeee! Al wat ek gedoen het is GEEN Coca Cola in die huis nie en minder carbs, baie minder carbs, olive oil en net 'n bietjie minder van alles. Maar dit vat aan my ek voel "lam innie g@t" seker maar die detox!

Adele as ou swaerie nou hier in Aussie soos M begin werk met die Kangatjie en all het hy een van die dae daai pens verloor! Nog 'n vooruitsig?!?

Edited by Nilo
Link to comment
Share on other sites

>>Iemand het seker pics van hulle katte en Eskom Grappies geplaas.<<

Ek het my een grappie van 68k gedelete, net vir jou, Mauritz. Maar ek dink nie dit gaan enige invloed hê nie, jy sal dalk 'n paar fotos van jou katt.. e .. perde moet delete.

Ek sien elke ou het net 2MB vir attachments, gaan na "manage your attachments" en kyk hoeveel persoonlike spasie het jy oor.

En ja, ek hoop rerig dat jy die piccies post, sommer die hele "voor" en "na" reeks, dat ons kan sien hoe lyk 'n ordentlike heining.

Edited by De Kat
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...