Jump to content

Klein Dingetjies innie Lewe


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

In Suidelike Afrika was alles altyd groot - groot geld, groot huis, groot kar, groot besigheid ens. Dalk was dit maar net ek, maar dit is wat ek onthou.

In die Kavango was dit vir my altyd die klein dingetjies wat saakgemaak het - die breek van 'n kurper in die rivier, die gehuil van 'n vis uil, 'n visarend alleen in 'n droë boom.

Vanaand skemer sny ek nog gras - die gras is groen vir 'n slag, maak sommer my oë seer. Die perde is klaar geskuif, geen tyd gehad om te ry nie. Nog storms dreig noord en oos - daar's ontug innie lug. Ek dink diekant toe, ek dink daaikant toe - mediteer oor life, terwyl ek die rasende besoedelende monster heen en weer stoot.

My oudste dogtertjie kom om die hoek, baie opgewonde - ek skakel die monster af. "Daddy, daddy come and look - it's full moon." Ek stap saam met haar om die blikhuis en daar is die maan - spierwit so tussen al die donker wolke. Ek skakel sommer af, staan daar en alles is reg. As die klein meisiekind van my daai maan kan sien en waardeer, dan doen ek iets reg.

Hoeveel kinders sit daai tyd die Simpsons en kyk of is vasgeketting aan 'n iPod, computer of wat ookal. Die maan is iets wat hulle nou en dan op TV sien. Die perde se koppe is almal af, neuse innie groen gras, die maan is vol planne vanaand - gaan al daai anner planete vuurwarm vry en alles wat buitekant is opstook - die wêreld is sommer ok.

Vandag het ek die ou Tannie se plek begin. Sy het my so voor Kersfees gebel - "Are you like Jamie Durie - I want a Jamie Durie", sê sy. Die klong is 'n groot landscape guru op TV - maak meer geld uit sy mooi gevreetjie, as uit die landscaping. Ek sê vir die ou Tannie, "I'm not sure if my work is the same as old Jamie's, but I'm definitely sexier than him." Daai ou Tannie lag te lekker - ek kry die job.

Ek moet 'n area vir haar landscape, maar ek kyk die colourbond heining so - die ding val om. Een van hierdie Aussie tradies het die ding opgesit ....... soos sy gat. Die twee ou buur Tannies het die heining saam betaal en die ou is weg met hulle geld. Ek weier om enige iets daar te doen - ek landscape nie langs 'n skewe bleddy heining nie, sê ek vir die Tannies. Ek gaan sien die supplier, hy kom kyk - is lekka suur vir die ou wat die nonsense aangejaag het. Daar kry ek nou al die supplier se werk en ek kan die heining vervang - hy sal my betaal sê hy. Ek maak dit duidelik dat ek hom sommer gaan bliksem as hy my nie betaal nie. Sien, dis soos die Boer hier aan die gang gekom het, 12 jaar terug - maak al hierdie Aussies se gemors reg - jy kry vinnig 'n naam en daar gaat jy.

Vandag begin die heining - grawe al daai skewe pale uit - werk al daai karige konkreet van daai pale af - stoksiel alleen. Dit is mos soos die hier werk - ek design die hele area en al die werk (ek meen ALLES) word dan deur eerwaarde gedoen. Ek het 'n Kanga geboek vir vroeg more oggend - dit is nou hierdie klein masjiene wat alles doen. Mens werk hulle sommer self - hulle grawe slote, grawe gate vir pale, die ding het ook 'n 'bucket' - jy kan groot rotse rondskuif en grond skuif ens. More werk ek daar, as ek klaar is, dan gaan grawe ek gate vir 'n groot deck waarmee ek besig is - dan gaan ek na 'n ander plek toe om die driveway reg te maak waarin 'n concrete trok geval het. Sien, een persoon doen die werk van omtrent 10 handjies daar in goeie ou Afrika.

Vandag was dit vrek warm - ek het sommer 8L water gedrink terwyl ek daai pale uitgrawe. Ou Rufus hou die ou Tannie besig - sy't haar TV daar oppie stoep en Rufus slaap met sy kop op haar voete. Die ou Tannie is 72 en rook nog soos 'n tiener. Sy's nog lekka fiks en doen alles in die tuin op haar eie.

Ek eet my lunch daar saam met haar, sy gaan rook vinnig haar sigarette om die hoek. Ek sê vir haar sy moenie worry nie - neeee, sê sy, die goed is nie goed vir 'n mens nie. Ek frons maar net????????? Ek eet my bokkos, ek's mos op 'n diet, ons kyk na Dr Phil wat 'n helse vet vrou probeer red. Die Tannie vertel my haar life stories - ek luister terwyl ek blare vreet.

Lekka ou dag.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Hey Mauritz .... of moet ek se "Oom Schalk"

Jy weet darem hoe om 'n storie te vertel

Thanks vir die storie, ek kon al sien (en my inleef) hoe sit jy daar met die tannie

Groete

Jan

Link to comment
Share on other sites

Ek eet my bokkos, ek's mos op 'n diet, ons kyk na Dr Phil wat 'n helse vet vrou probeer red. Die Tannie vertel my haar life stories - ek luister terwyl ek blare vreet.

Mauritz jy praat die waarheid!! Nie dat ek ooit gewonder het nie?!?! Dr Phil het wragtag gister, lunchtyd, gedoen wat jy se op Channel 10!!!

En hier in Brissie was dit net so lekker warm en bedompig. O so by the way ek het verlede week 500g verloor. Net bietjie my diet verander, bietjie meer bok kos en minder fries of any kind!! Gebruik mos nou Olive oil!!?? Goeie vet!

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Het jy nie lus vir so 'n kuiertjie hier in Melbourne nie? Ek het iemand nodig om vir my 'n 'Jamie Durie' te doen op my tuin! LOL

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Jammer om te hoor van die ondergrondse, ongebalanseerde KKK. Ek "like" jou (al jag jy) en ek "like" jou stories. Hulle bring my in die moeilikheid want die kos brand aan, die kinders ly honger en is verveeld en die man eet laat as ek eers begin lees. Jy het my herinner aan 'n Suid-Afrikaanse skrywer en ek het uiteindelik sy naam onthou: Herman Charles Bosman. Hy het stories geskryf oor die Groot Marico. Ons het 'n kortverhaal van hom gedoen op skool. Dit het gegaan oor 'n swartman en witman wat saam gesterf het en net hulle bene bly oor. Die swart man het 'n hond gehad. Hulle begrawe toe die wit man se bene en toe kom le die hond op die graf. (Ja dit was voor 1995.) Jy het 'n gawe man, dankie dat jy dit met ons deel en my dag ten minste ophelder.

Link to comment
Share on other sites

Hi M,

Die verhale - nie stories nie, is kookwater man!!! Hou so aan!!

Ek en Mariana was hoeka by die dokter vir al die voorskrifte vir die oorgaan. Ek klim toe oppie skaal - 'n hele 3kgs af!!! Seker maar die onderliggende stres!!

Groete

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...