Jump to content

Medies en gewig ?


Anton welgemoed

Recommended Posts

Hi julle

Ons het die aansoek in April ingedien en nog niks van n co gehoor nie.Ons moet dus nog die medies en polisie clearancee doen.Is daar iemand wat vir my raad het oor watter

gewig aanvaarbaar is want ek is lank en breed maar redelik swemfiks.Waarna kyk die dokters alles by die medies en watter dokters kan julle aanbeveel in Pretoria.

Groete uit n donker Pretoria :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ek is al te lank weg om nog die perd se naam en adres te onthou. Maar ek dink dit was in Hatfield. Op die Suid Westelike hoek van Hilda en Bruinette (ek dink so) Die perd moet swaksiende wees want my dikgat het hy nie raak gesien nie. Groete.

Link to comment
Share on other sites

Hi Anton,

Ek het nou lekker gelag. :ilikeit:

Die dokters kyk of jy enige aansteeklik siektes het bv TB. Maar eintlik is ditnet om seker te maak dat jy nie die gov mediese stelsel haang uit honger nie.

Ek het wel van my suster wat nou in Sydney is gehoor dat as jy vreeslik oorgewig is "pass" hulle jou nie. Maar sy het gese iemand wat soos 35 kg moet verloor het by haar werk aansoek gedoen vir PR en is toe 3 maande gegee om gewig te verloor.

Dit was die eerste keer wat ek ooit van so iets gehoor het

:lol:

Nats

Link to comment
Share on other sites

Hi julle

Ons het die aansoek in April ingedien en nog niks van n co gehoor nie.Ons moet dus nog die medies en polisie clearancee doen.Is daar iemand wat vir my raad het oor watter

gewig aanvaarbaar is want ek is lank en breed maar redelik swemfiks.Waarna kyk die dokters alles by die medies en watter dokters kan julle aanbeveel in Pretoria.

Groete uit n donker Pretoria ;)

My niggie en haar man is ook oppad Ozzieland toe, albei oorgewig. Sy is 1,6m lank en het 87kg geweeg ten tye van die mediese ondersoek. Ek skat sy's ten minste so 38kg oorgewig. En hulle PR136 is onlangs goedgekeur! Ek dink daar is tog hoop.

Link to comment
Share on other sites

Anton

Toe ons oorgekom het, het ons 'n Britse paartjie ontmoet wat ernstig oorgewig was. Albei van hulle kan skaars by die deur inkom sonder om skuins te draai. Hulle het 'n visa gekry.

Iemand het eenkeer vir my gese hulle kyk na die BMI (body mass index). As jou BMI tot 30 is, is dit geen probleem nie (oor 26 is oorgewig). Tussen 30 en 35 is dit OK as jy nog gesond is en dan bo 35 is dit blykbaar waar die probleme inkom.

Ek weet nie hoe waar dit is nie, en dit lyk my dit hang ook maar partykeer af van watter dokter mens sien.

Hier kan jy jou BMI uitwerk:

http://www.nhlbisupport.com/bmi/bmi-m.htm

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Ek dink die perd in Hatfield se naam is Lingenvelder, of so iets, maar hy is baie gaaf. :holy:

My man het 110kgs geweeg (hy's lank), en die dokter het vir hom gese hy moet 10kgs verloor, maar dit het niks gedoen aan die aansoek nie.

Hulle het net lekker saam gelag daaroor.

;):whome:;)

Link to comment
Share on other sites

:rolleyes: So lyk my dan is dit nie 'n probleem nie! Shoe!

Nats

Link to comment
Share on other sites

Hi julle

Ons het die aansoek in April ingedien en nog niks van n co gehoor nie.Ons moet dus nog die medies en polisie clearancee doen.Is daar iemand wat vir my raad het oor watter

gewig aanvaarbaar is want ek is lank en breed maar redelik swemfiks.Waarna kyk die dokters alles by die medies en watter dokters kan julle aanbeveel in Pretoria.

Groete uit n donker Pretoria :rolleyes:

Dankie vir al die reaksie ek waardeer dit.Ek het vandag gehoor dat ek die medies moet gaan doen.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Hi almal!

Hoe interessant - ek het net nou die dag 'n thread geplaas oor "Wat check hulle in die medical" juis met die verskuilde agenda om te probeer uitvind wat gebeur met die oorgewig kwessie! Ek is een van daai kort mensies met bietjie te veel om die boude... Net genoeg om my te worry oor die medical!! :blush:

Ek is egter bly oor wat ek hier lees - miskien het ek nie soveel om oor te bekommer soos ek gedink het nie! Ek het myself egter op 'n erge dieet geplaas en al 2 kg verloor in 6 dae - hoera!!! Nog 8 om te gaan en ek behoort dit te maak! :lol:

Maar op 'n ernstiger noot - sover ek weet is die groot "concern" rondom gewig en die medies die beginfases van Tipe 2 diabetes, waarby oorgewig 'n groot faktor is. Hulle sal dus waarskynlik na jou BMI kyk, in konteks met jou bloedsuiker soos deur die bloedtoets vasgestel, en die bloeddruk lesing, wat ook baie belangrik sal wees. :holy:

So dis maar my 2 c - sterkte vir almal. Ons gaan oor 9 weke vir die medies, so ek kan nog so paar kilos skud. Moet net nie verkeerd eet nie..... :whome:

Link to comment
Share on other sites

Legalbuff ek weet nie of dit nou al verander het nie, maar niemand het ons suiker getoets toe ons 2 jaar gelede gegaan het vir ons medies nie. Al bloedtoetse wat hulle gedoen het was vigstoetse. Moenie worry nie!

Link to comment
Share on other sites

Dankie Michelle! B)

Ek dink ek het myself nou al so opgepsych vir die bleddie medical!! :blush: Ek sal heel waarskynlik fine wees, ek is net angsbevange ek kry een of ander "healthnut" vir 'n CO en hy dink so my homself: Hmm, my ouderdom, en lekker obese... En net daar vlieg my en manlief se drome van aus met vet vlerke deur die venster!! :angry:

Nou diet ons maar - die risiko is net DALK te groot- as hulle jou "deny" is dit te veel werk om als van voor af te doen, of te dispute of hoe ook al mens dit doen!!

Sterkte vir almal!! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

moenie worry nie, ek was by `n dr in moreleta park, meer as `n bietjie oorgewig, was soos jy ook erg senuweeagtig, Het ook `n paar operasies gehad, waaroor ek bang was. Maar als was piekfyn. hy het nie `n woord gese nie!

Link to comment
Share on other sites

Hi

His name is Dr Lingerfelder and he is at Hatmed in Hatfield, Pretoria (Hilda Street). You'll find his number in the telephone directory (don't have it with me right now). We have been doing a little research as we still have to go for our medicals too and from what we can gather he is one of the few that send the medicals within a two week period - some of the other Drs really drag their feet............ As for the weight don't most of us have a few kilo's extra - as I understand as long as your BMI is not above 35 you should be okay. Hope this helps.

Cross Clan

Link to comment
Share on other sites

Ag, wens ek nou ek was in SA naby Pretoria vir daai Dr in Hatfield! (Eerste keer wens ek ek was IN sa...) :lol:

Nee, ons is in die Midde Ooste en ek moet na ene Dr Mulalini of iets dergeliks toe gaan. :blink:

Nou ja - hier by ons werk dit so: Jy kry OF 'n Dr wat SO uptight is jy kan nie 'n gram oorgewig wees nie, dan "label" hy jou sommer "Morbidly" obese. Dis oor die ander helfte van die nasie almal probeer om soveel Amerikaanse kitskos in hul monde te prop as wat hulle kan en dus almal dik verby is. Omtrent almal is tipe 2 diabete, maar eet verder want hulle verstaan nog nie so lekker die gevolge van die toestand nie. :D

Die ander kant is dat jy moontlik 'n baie "laid back" ou kry (waarvoor ek hoop). Hulle is die tipe wat jou sommer net so kyk gee en sê: "Yes, you look fit enough....". So ons kan maar net hoop daarvoor. :holy:

Die catch 22: Uptight dr gaan sien ek is vet MAAR medicals VINNIG Aus toe stuur.

Laid back dr gaan nie sien ek is vet nie,maar JARE vat om die goed weg te stuur.... :D

Ai ja jai.....

Link to comment
Share on other sites

Ek wil graag weet of dit 'n probleem sal wees dat my seun 'n tipe 1 diabeet is? Ons het nog nie vir ons mediese gegaan nie. Dit lyk darem nie vir my of die oorgewig regtig 'n probleem is nie. Sjoe ek is omtrent bly want ek en my man is altwee :ilikeit: oorgewig. My dogter is ook so 'n bietjie. My seun is darem nie regtig oorgewig nie - maar wel 'n diabeet.

Gaan dit 'n probleem vir ons wees?

Link to comment
Share on other sites

Try Dr Momberg too if Dr Lingenvelder is not available - same place - I was also very nervous about being overweight, but I was fine. They do the xrays & blood tests at the same place, very convenient!

Hatmed

Hatfield Gables North

454 Hilda Street

Hatfield

Pretoria 0028

Telephone: (27-12) 362 7180

Fax: (27-12) 362 7181

Doctor(s):

Dr Erwin Lingenvelder

Dr Johan Momberg

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Ek het onlangs vir my visa medies gegaan. Ek weeg 112, en is maar 1.77m lank, en ek het hoe bloeddruk. Dit gee my 'n BMI van 36. Die paneeldokter het my na 'n internis verwys om sekere toestande uit te skakel. Ek het EKG gedoen, reeks bloedtoetse (cholesterol, glukose toleransie ens, ens). Hy het vir my 'n verslag geskryf dat ek gesond is, en die oorgewig nie aan enige mediese kondisie toegeskryf kan word nie. Die toetse was om mediese redes vir die oorgewig te bepaal, of uit te sluit.

Die paneeldokter het die verslag een kyk gegee, en gese ek het niks om my oor te bekommer nie. Solank hulle in OZ kan sien jy is nie te sieklik nie, en kan en is besig om iets aan die gewig doen, is hulle tevrede.

Link to comment
Share on other sites

Ek het onlangs vir my visa medies gegaan. Ek weeg 112, en is maar 1.77m lank, en ek het hoe bloeddruk. Dit gee my 'n BMI van 36. Die paneeldokter het my na 'n internis verwys om sekere toestande uit te skakel. Ek het EKG gedoen, reeks bloedtoetse (cholesterol, glukose toleransie ens, ens). Hy het vir my 'n verslag geskryf dat ek gesond is, en die oorgewig nie aan enige mediese kondisie toegeskryf kan word nie. Die toetse was om mediese redes vir die oorgewig te bepaal, of uit te sluit.

Die paneeldokter het die verslag een kyk gegee, en gese ek het niks om my oor te bekommer nie. Solank hulle in OZ kan sien jy is nie te sieklik nie, en kan en is besig om iets aan die gewig doen, is hulle tevrede.

Baie dankie vir jou antwoord. Ek het al begin bekommerd raak. Weet jy moontlik waar kan ek uitvind vir die IELTS test in Durban?

Groete,

Loma

Link to comment
Share on other sites

Ai toggietjie tog.... ons gaan more vir ons medies! Ek stres my amper morsdood - en hoe meer ek stres hoe meer wil ek eet! Maar ek hou aan myself belowe - net MAANDAG sal ek minder eet en meer oefen ;)

Hierdie medies was tot dusver die ergste ding om te doen!

Link to comment
Share on other sites

Mrs Maritz,

Moenie worry nie, dit is nie so erg nie. Jy sal sien. jylle moet seker beskawing toe kom vir die medies, glo nie daar is so iets soos paneeldokters in Secunda nie. Ek het lank op Kriel gebly. Gelukkig is ek in 2001 Pretoria toe agter my vrou aan.

Sterkte, n laat weet hoe dit gegaan het

StevenP

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir jou antwoord. Ek het al begin bekommerd raak. Weet jy moontlik waar kan ek uitvind vir die IELTS test in Durban?

Groete,

Loma

Loma,

Ek weet nie van Durban nie, ek dink hulle website is www.ielts.org. Anders google dit

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...