Jump to content

"Party Crashers" en die "Human Genome"


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Vir die van julle wat in Aus is - julle het seker die 'clown/convict' gesien wat nou so nuus maak. Die land is so bleddy vervelig - die seemeeue vleig onderstebo en 'n 16 jarige idioot is voorblad- en hoofnuus. Agter sy geel brilletjies is hy 'n Breker - die rede hoekom ek in Angola rondgehardloop het.

Vir die wat in SA is en nie 'n clue het nie - die Aussie laaitjie se mammie en pappie (wat nooit sy gat aan die brand geslaan het nie) is weg iewers heen. Hy hou 'n lekka party by die huis - volgende oomblik daag 500 mense op - groot chaos - polisie en dinge. Glo my, dit is 'n normale affêre hier in die wonderlike land van Oz - alles gebeur hier.

Ek gaan vir julle my storie vertel - hoe ek hierdie tipe mense hanteer Down Under. Ek wou dit al lankal skryf, maar ek is aan die eenkant 'n bietjie skaam daaroor. Sien, 12 jaar terug was ek 'n anner mens - Hitler op steroids. Danksy die land en 'n baie, baie goeie man - is ek vandag 'n anner mens. My vrou vertel altyd vir mense dat sy besluit het om land uit te gaan ..... anders sou ek iets vreesliks in daai land SA aangevang het. Toe ons hier kom - toe is ek erg man, die lont is kort en iemand kan my net skeef aankyk, dan is dit tickets. Vandag gee ek my ander wang, dan my linker boud wang, dan my regter boud wang - ek is so rustig jy kan met my sweis.

Ons is so 'n paar jaar of wat in die land van Oz - as iets nie werk nie, dan bliksem ek dit totdat dit werk. Ek het 'n besigheid, ek swot voltyds by 'n Universiteit hier en ek doen nog 'n graad deeltyds. Julle dink ek praat nonsense nê - al hierdie mense wat so op en af spring omdat hulle nie geld maak nie - julle weet F%%%^^&*.

Daar is nou ook twee babas innie huis - onner 3. Die wêreld kook en is onderstebo.

Ons trek in 'n straat in - naby my Industrial Shed. Die straat lyk so 'n bietjie suspect - ek bel die polisie vooraf. Ek sê vir hulle - ek's 'n Boer, my draad is kort - is daar enige probleme in daai straat (Glo my, die is goeie raad as julle huiskoop of huur - bel die polisie en vra). Neeeeee sê hulle, allles is kuis - Bob's my Uncle. Ons trek in.

Hintza, my Rhodesian Ridgeback, is ook daar. Ek swot, die babas huil, vrou is kwaai - die hond wil hardloop en vir Ta soek - die besigheid is besig - vet pret. 'n Groot eksamen kom op - ek moet die Human Genome swot - tyd is min en die babas huil ..... die babas huil. Ek het een aand oor en ek is reg - babas is stil, hond is moeg, vrou is moeg - die hele aand is myne.

Sommer vroeg aand sien ek hier kom 'n ding - oorkant die straat, begin die karre so saamtrek - al hierdie jongklomp klim uit. Bubblegum trappers, puisie gevrete, penisse met backpacks - die hele lot - lankal klaar gesuip. Ek sit onmiddellik vir Hintza weg - want hy kwyl en knor al lankal.

Man, daai karre stop nie - voor my hek - oppie pavement - die mense kom te voet, met opgewarmde karre - die musiek brul - ek is $$##%^^ die %$$%%^&& in. Ek moet hierdie eksamen deurkom. Die babas moet slaap, ek moet swot.

Sommer gou gou hoor ek hierdie 15 jarige vroumense gil hier buitekant - hulle skud aan my hek: "Where's the dog, where's the dog." Ek kannie swot nie. Mense baklei innie straat, mense gooi op voor my hek. Ek raak bekommerd - ek kannie swot nie - die Human Genome wag, die babas gaan wakker word. Hintza kry kittens innie shed.

Ek staan daar innie bosse, soos Rambo - ek loer die storie so. Twee sulke lang latte - vroegs 20's kom staan voor my het en skreeu: "Why don't you come out you Wog - bloody coward" Ek staan so 'n meter van hulle af - begin so stadig abdominaal asemhaal - ek's reg vir TA. Julle sal my nie glo nie - hulle gooi hulle bierbottels stukkend in my driveway en pee deur die hekke op my driveway. Kyk, hierdie Boer sien rooi spikkels man - long, tong, poepol - die hele lot. Ek dog ek gaan daai twee se watsename gryp en knoop deur daai hek en dan vir Hintza loslaat. Neeee, ek kan dit nie doen nie - dan is die polisie daar en die babas word wakker en ek kannie swot nie.

Ek is deur die groot Universiteit van die Kavango - ek jag en ek kan vir Ta vang in sy eie agterplaas - so ek wag, ek haal asem, ek ontspan vere. Daai twee latte stap aan - 3 anner volg hulle - hulle stap so innie straat af - ek kyk en ek haal asem. Ek sien waarheen hulle gaan - ek spring agter oor die buurman se draad en wag vir hulle so 'n blok weg. Die anner 3 staan en gil daar innie pad, maak almal wakker - die twee lang latte stap aan. Toe hulle so naby my is, toe stap ek uit. Hulle kyk my so. Die een sê nogal: "Who the F&*^ are you? Ek hang my skouertjies soos 'n afvlerkvoëltjie en sleep my se voetjies. Die anner een sê: "He's just 'n F%%^&& walking duck." Ek stap aan.

So 'n rukkie later draai ek om - Boere skouers en kakebeen op aandag. Hulle het elkeen 'n bier innie hand en is baie tough. Ek stap deur hulle - een lê oppie grond - kakebeen morsaf - anner een het 'n afvlerkie. Een oppie grond huil vreeslik en vra: "Who are you???" Ek sê: "The f$%%^&@ walking duck - remember???"

Sien, die anner 3 hardloop sommer weg - nog nooit 'n Suidwes Bosvark met bloed in die oge gesien nie. Ek gaan terug en drink 'n dop - mission complete. Nie lank na dit nie kom die polisie aan - groot makietie - party uitmekaar - jaag almal huistoe.

Die babas slaap - Hintza patroleer die heinings en ekke swot lekka aan die Human Genome. Ek kry 87% volgende dag - kan vir julle die uitslae wys - sien wat 'n bietie adrenalien vir 'n Boer kan doen - sy Ingels is sommer 200% die volgende dag.

Volgende dag natuurlik oppie radio en innie koerant - twee onskuldige jong manne wreed aangerand. Se gat dink ek, terwyl ek later die glas van my driveway afvëe.

Link to comment
Share on other sites

Bruce Lee se maatjie, Mooi so :thumbdown::ph34r: Mos gese dis 'n slim brak daardie.

Link to comment
Share on other sites

Lekker man Mauritz! Sou graag vir ou af-kakebeen en af-vlerkie wou sien! Hulle het duidelik nog nie voorheen van 'n moeilike boer gehoor nie!

Link to comment
Share on other sites

Goeie een Mauritz! :thumbdown:

Hier is vir jou 'n link na 'n ander forum waar iets soortgelyks bespreek was

PorkChop spectators and Party Idiots

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Daar is selfs 'n berig in die Beeld vandag oor die partytjie. Klein beriggie nl. "mypartytjierukhanduit.com". Lyk my die outjie het groot gegaan!

Groete

Sonja

Link to comment
Share on other sites

Mooi man!!!!

Moenie die leeu se stert trek nie - veral nie as hy 'n Boer is nie!!

Het jy die pad geveë daai kant en is dit nou rustiger vir ons Saffers?

Groetnis

JJ

Link to comment
Share on other sites

www.slapcorey.com

Someone ought to do it in real life...

Edited by Tracy
Link to comment
Share on other sites

nee wat corey se claim to fame het vinnig tot 'n einde gekom - boys in blue het hom gaan haal vir daai fotos wat die mense nie klere aan het nie.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...