Jump to content

Kersvakansie op die plaas


chester

Recommended Posts

Ons vat alweer die lang pad plaas toe, die ou stasiewa en trailer is gepak, hond (springer spaniels) hang by die half oop venster uit,sy oe skrefies getrek, velle styf terug getrek en jy sien net ore flap maar gelukkige geen spoeg drele nie. Almal kyk die gedoente as hulle verby ry :ilikeit: Sy oumajie Lacy le lekker en slaap op die sitplek. Knight parade op en af as of hy die baas van die plaas is, jag vir die twee hans grootgemaakte magpies weg anders sit hulle sommer aan tafel en help hulself aan jou ontbyt, draai net jou rug. Magpie kuier so saam saam waar jy werk en praat te lekker veral as jy 'n ietsie haar kant toe gooi om te eet.

Ons overnight net, en trek weer weg oppad Brisbane toe vir Xmas met die kinders, Skoondogter het goed gedoen met alles, lekker geeet en lekker gekuier. Liewe Seun kry mos 'n grassnyer vir kersfees, so net vir die oefeninge dis wanneer hy nie fietse ry en met die klein mannetjies speel nie. Hulle het altyd sakgeld gekry as die gras gesny moet word. Kersvader het sommer baie pressies gebring, Cobi het sommer breed gesmile vir daardie peewee met al die safety gear. LS het hard gewerk aan die bike en kan trots voel on a job well done. Ek gesels met LS gister, hy sal a regulator moet aan sit, die mannetjie raak maak vir spoed. Luke is 2 weke ouer maar kleiner gebou, het 'n bike gekry van sy pa.

Die twee mannetjie kom saam terug plaas toe, wil nie by MacDonalds stop nie, maar eers moet hulle 'n bietjie speel. Pla nie oor die happymeals nie, net agter die speelgoed aan. Omdat daar nog nie krag is nie, brand ons kers en citronella torches, help vir die mozzies ook. Vroeg oggend word hulle wakker, die mis hang nog swaar, die een haak mos af en se vir oupa "Grandma must stop burning so many candle, look at all the smoke, you can't even see the trees" Hulle speel so lekker in die modder, jy sien net die wit van hulle oe, moet maar hulle afspoel in die groot plastic skottel, wonder of die klere gaan skoon kom. Ons het belowe om hulle Port MacQuarie toe te vat, om stoomtrein te ry, ponies te ry en dan die KoalaPark. Hulle slaap te lekker oppad huis toe, moeg gespeel.

Die reen wil ook nie ophou nie, ons slip en slid by die plaas hek uit, kry nie wel gedoen nie. Die brug waar die kinder geswem en visgevang het, is 2 mtr onder bruin modderwater. LS het met sy Toyato Maxima lekker trekker gespeel en nou moet ons maar grys klippies daar langs die pad gaan oplaai sodat ons in ons driveway kan in. Met die kleinjies terug by hul ouers kan ons begin werk, palle plant vir die hoenderhok en so helfde van die 79 palle vir die fence insit. Dis nou a monster van 'n fence, nie jou gewone plaas een met draad nie, nee treated timber posts met hardwood slats wat geverf moet word en ons is maar halfpad klaar met dit. Dit lyk 'n million$$$$.

3 weke vlieg so gou verby en ons moet maar weer oppak vir Sydney. Die Pacific Highway is besig, die Cops sit net en wag vir jou om te speed sodat jy double demerit punts kan verloor en ook duur betaal vir die kaartjie. By hornsby staan jy bumper vir bumper en verstik amper aan die petrol fumes, jou moed sak sommer in jou skoene........... WELCOME TO SYDNEY........

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die pragtige vertel, wens ons kon daar by julle kom kuier het!! Sal maar annerdag. Sorrie ons kon nie ontmoet nie, met die dat ons WA toe is!!

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Hulle speel so lekker in die modder, jy sien net die wit van hulle oe, moet maar hulle afspoel in die groot plastic skottel, wonder of die klere gaan skoon kom. O

Die land, is 'n land vir kinders - 'n plek waar kinders nog buitekant kan slaap en kaalgat in die modder kan speel. 'n Land waar kinders kan kies of hulle 'n house painter of 'n veearts gaan word - altwee kan ewe goed doen vir hulle self.

Dit is 'n land waar kinders alleen kan gaan hase jag met die honne - 'n land waar kinders alleen kan gaan perd ry.

Die is 'n land waar jy jou eie nessie in die middel van nêrens kan uitskop en jou eie klein paradys kan 'create' - nes julle nou doen. Die is 'n land waar jy alles self doen, met sweet op jou voorkop en 'n koppie boeretroos in die agtergrond.

Die is 'n land waar mense bou en bou - vir hulle kinders.

Hierdie is nou my land.

Goeie beskrywing chester :ilikeit: - ek voel sommer lus om in die modder te gaan rol en weer iewers op 'n lang pad in 'n kar aan die slaap te raak - wakker te word met 'n nuwe avontuur om elke draai.

Link to comment
Share on other sites

Hoop julle is uitgerus na die vakansie, Rina en 'n voorspoedige 2008 vir jou.

Dankie vir al jou replies op my posts....

KD

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir die vertelling Chester.

Soos Mauritz se, Oz is 'n plek waar kinders se kinderjare soorgelyk is aan die kinderjare wat mense soos ekin die 60's & 70's geniet het. :ph34r:

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Nice Chester,

Sal nog daar fence kom kyk waaraan julle so hard werk!!

Voorspoed vir julle!!!

Link to comment
Share on other sites

Weet julle wat goed was, daar was geen TV of DVD's nie, en nie een keer het hulle gevra nie. Jy staan op as dit lig word en gaan eet, was en slaap as dit donkerword. Dis nou na dat jy eers die sterre so mooi bekyk het, die vliegtuig na Brisbane se liggies kan jy mooi sien oorvlieg so elke 30 min, eers hoor jy dit.

It was lekker ou dae, die 60's & 70's. Onthou hoe ons plat op ons rug gele op die gras en wolke kyk. :ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...