Jump to content

Watter kerk en wat van Sondagskool?


Heymanse

Recommended Posts

Vir dié van julle wat uit een van die 3 susterskerke kom, spesifiek die NG kerk, na watter kerk het julle oorgeskakel in Oz en is daar vir die kinders iets soos Sondagskool?

Link to comment
Share on other sites

Ons het by die Reformed Church of Australia ingeskakel. Hulle het Afrikaanse dienste 2 maal per maand hier in Adelaide in verskillende dele van die stad. Ons gan ook na die Baptiste kerk hier naby wat baie goed is.

Hulle het katkisasieklasse in die aande (vir die wat aangeneem gaan word). Sondagskool vind plaas gedurende die diens op 'n Sondagoggend.

Link to comment
Share on other sites

Annette,

Dis wonderlik om te hoor dat daar darem nog Sondagskool plaasvind! Mens wonder maar altyd of ander lande ook dié tipe van ding doen en of dit net iets is wat deur die "Boere" ingestel is jare der jare gelede.

Dankie weereens vir die spoedige antwoord.

Groete

Lurinda

Link to comment
Share on other sites

Ek weet nie waar julle gaan in Aus nie, maar is die Afrikaanse kerk in Perth se webwerf: www.parc.org.au

:angry:

SueB

Link to comment
Share on other sites

Nee jong, ek het ook al gehoor van die Afrikaanse kerke in Perth, maar ons gaan Sydney toe. Ek gee nie om vir die Engelse kerke nie, inteendeel, soos my amper 16 jarige dogter vir my gister sê, sy hou meer van die engelse preke as die Afrikaanses. Ons NG Kerk se jeugdienste wat op Sondagaande in die Kerk gehou word, is baie "lively" en hulle sing omtrent net Engelse Christelike rock liedjies met 'n live band en al, en ek moet sê, ons self geniet daardie dienste meer as die stywe oggend dienste.

Link to comment
Share on other sites

Nee jong, ek het ook al gehoor van die Afrikaanse kerke in Perth, maar ons gaan Sydney toe. Ek gee nie om vir die Engelse kerke nie, inteendeel, soos my amper 16 jarige dogter vir my gister sê, sy hou meer van die engelse preke as die Afrikaanses. Ons NG Kerk se jeugdienste wat op Sondagaande in die Kerk gehou word, is baie "lively" en hulle sing omtrent net Engelse Christelike rock liedjies met 'n live band en al, en ek moet sê, ons self geniet daardie dienste meer as die stywe oggend dienste.

Jy kan met Koert Grobler kontak maak. Hy is 'n predikant wat in Sydney bly. Ek weet hulle het ook 'n Afrikaanse kerk begin. koert@optusnet.com.au

Groete

Marietjie

Edited by Mahricky
Link to comment
Share on other sites

Baie dankie Marietjie,

Sal hom beslis kontak. Het net die kontakbesonderhede van 'n ander predikant in Perth gehad, ene Basie van Rooyen, weet nie of iemand al van hom gehoor het nie. Heg sy besonderhede aan, hoop dis nog dieselfde. Hy het my baie gehelp deur die eerste proses van ons immigrasie en sal hom ewig dankbaar wees.

"Basie van Rooyen

Pastor Christian Reformed Churches of Australia

27 Challenge Place

Balcatta

WA 6021

vanrooyenb@bigpond.com tel:

mobile: +61 (0)8 9345 0672

+61 (0)403 955 957"

Groete

Lurinda

Link to comment
Share on other sites

You can have a look at www.Hillsong.com they have Sunday School for all the different age groups. They are similar to the AGS in SA. A number of ex- NG Saners have joined the church

The fuel age group years 6-8 http://www2.hillsong.com/united/fuel/hills/index.html

Wildlife http://www2.hillsong.com/united/wildlife/hills/index.html

Powerhouse ( Stays in the main service )http://www2.hillsong.com/united/powerhouse/hills/index.html

Primary Age http://www2.hillsong.com/kids/default.asp?pid=352

Early Childhood http://www2.hillsong.com/kids/default.asp?pid=351

Voltage students in years 5 and 6.

Edited by sonnetjie
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...