Jump to content

Nog 'n dag Down Under - Sondag 13 Jan '08


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Vandag was Sondag - 'n voldag. Opgestaan - my 3km gaan hardloop, sonner 'n perd (vir al julle smart @rses wat so lekka spot met die Ruiter in Swart). Daarna gaan ek en die Simpsons reguit na Dennis toe - my Aussie hunting & fishing pal. As julle nou iemand wil ontmoet wat lekka kan nonsense praat, wat nie weet hoe om poelitical koerektness te spel nie en wat enige smart @rse vinnig verkeerd kan opvryf - dan is dit Dennis.

Dennis is die beste skut wat ek nog in my lewe gesien het - met enige wapen. Hy skiet hase in die hardloop met 'n recurve (houtboog) - hy skiet eende uit die lug uit - ek het hom gesien. Op 'n manier het ek baie om voor dankbaar te wees - alhoewel ek van kleinsaf boogskiet (Kavango Boesman manier) - het Dennis my alles geleer wat ek nou weet. Dennis het alles gewen in Aus met kleiduifskiet en alle skietkompetisies wat ooit gehou is. Hy was Australian Champion oor en oor met vuurwapens en archery.

Hier is Dennis - hy is 'n painter by trade - skouers soos jy nog nie gesien het nie - hy gooi daai paint rollers rond elke dag van sy lewe. Hy trek 'n groot boog asof dit 'n ou rekkie is. Hy het 36 huise in sy lewe gekoop en verkoop. 'n Selfmade man.

Hier is Dennis se 'gunroom' - net die helfte van die een muur.

Hier in Aus het die kinners mos nie oupas & oumas en dinge nie - Dennis is soos 'n surrogaat oupa vir my kinnertjies. Hy het al hierdie wilde papagaaie en dinge wat mak is en uit jou hand eet.

Dennis het 'n baie nice plek - 'n plaas in die middel van nêrens met al hierdie damme. Die possums is elke aand op sy verandah en hy het so 20 wallabies en roo's wat op sy gras om sy huis wei.

Dennis se huis. Vroulief en kinners maak reg om in die plaasdam te gaan swem

Verandah wat ek vir Dennis gebou het.

Ons swem in Dennis se dam - net langs sy huis. Ek en Dennis vang Murray Cod en Yellowbelly in die riviere en gooi dit in die dam.

Koedoekalf se duik.

Daar het baie gebeur vandag - my dogtertjie het op 'n redbelly black snake getrap - gelukkig nie gepik nie (fotos van die slangelang geneem). Sal later daaroor roggel - die ding sê nou vir my hy's vol - ek kan nie meer pics plaas nie.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Dankie Maurtiz dat jy so met ons deel. In vergelyking met JJ se storie van sy farwell is hierdie die tipe posts wat SAners wil hoor en sien sodat hulle kan weet hul besluit is die regte een!!

Link to comment
Share on other sites

Dankie Mauritz, ek sien altyd na nog een van jou stories! Klink na 'n interessante man om te ontmoet hierdie Dennis. Ek wil tog eendag deur jou kontrei kom toer. Sal jou laat weet sodra ek my voete in Aus gevind het en in daai rigting toer. :whome:

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

EK het gewonder, praat jou kinders Afrikaans ook of is hulle net Aussie ? Ek wonde rmaar net, ek onthou jy is al 12 jaar hier en die kinders lyk jonger, so moes hier gebore gewees het.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
EK het gewonder, praat jou kinders Afrikaans ook of is hulle net Aussie ?

Ek en Nicolette praat net Afrikaans met mekaar. Die kinders het niks anders gehoor, behalwe Afrikaans nie. Om een of ander rede het hulle dit nooit opgetel nie - partykeer verstaan hulle - te goed :ilikeit:

Ons het hulle nooit in 'n rigting probeer druk nie. Sommige mense raak bietjie ontsteld as ek sê - dit pla my glad nie as hulle nie Afrikaans kan praat nie. Hulle kan kommunikeer en ons het nie veel te doen met Afrikaanse mense in Aus nie. Die paar kinnertjies met wie hulle wel te doen gehad het, praat Engels.

Persoonlik hou ek van die manier hoe 'n mens kan 'express' in Afrikaans. Volgens my, iets wat nie eie aan Afrikaans is nie, maar meer te doen het met die 'vryheid van woord en gees.' In my opinie - die manier hoe sommige mense grootgeword het, soos byvoorbeeld in Suidwes.

Ek ontmoet nog SA's wat nie kan booo of baaa sonder om daar te staan en dink nie - 'n mens kan sien hoe hard mense probeer om te sê waarvan hulle dink jy sal hou. Dit is seker so van alle tale. Sien, ek sien dit so - as iemand sê wat hulle regtig wil sê - wat oppie hart is - dan hoef jy nie te dink en babbels te hap nie - dit kom net uit. 'n Mens kan dan Bobbejaantaal ook praat en jy sal nie 'n probleem hê nie. Dink dit is hoekom tale en dinge my nie pla nie. Ek hoef nie te staan en dink aan die regte manier om dinge te sê nie. As jy regtig opreg is - dan voel mense dit aan - dit is KOMMUNIKASIE. As jy staan en babbels hap omdat jy die regte ding wil sê - die ding wat 'normaal' is, wat die ding is wat meeste mense sê, omdat almal dan glo dit is 'reg' - dan voel ek so vals soos kan kom.

As 'n mens skryf dan is dit 'n anner storie - mense kan nie jou oë sien nie - kan nie jou energie voel nie. Jy sal altyd sien, dat die persoon wat reguit praat, jou altyd in die oë kyk. Die ander kyk na watse skoene jy aanhet, probeer jou deodorant ruik - kyk agter jou om te sien watse kar jy ry - sodat hulle dan die regte nonsens kan roggel.

My kinners moet praat wat oppie hart is - dan sal hulle nie 'n probleem hê nie - kan dan Xhosa praat ook as hulle wil - dit is nou om al daai Brekers in hulle .@$$%&@#$ in te stuur.

Link to comment
Share on other sites

"Sommige mense raak bietjie ontsteld as ek sê - dit pla my glad nie as hulle nie Afrikaans kan praat nie. Hulle kan kommunikeer en ons het nie veel te doen met Afrikaanse mense in Aus nie. Die paar kinnertjies met wie hulle wel te doen gehad het, praat Engels."

Mauritz - Yup, ek stem saam. :P Pla my ook nie, ons kind was al 13 toe ons land, so sy praat nog Afrikaans met my, al van kind af praat sy net Engels met haar ma ( wat 'n soutie is, so ver-boerde een :ph34r: ). Die kind het ook nou 'n lekker Aussie geurtjie aan haar Engels, die kruip nou ook in haar Afrikaanse aksent in hoor ek, maak hom so ronderig uitkom. Maar soos jy se, die kommunikasie gaan voort, in watter taal ookal.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...