Jump to content

Pap!


Blossom

Recommended Posts

Wil net iets deel met die mense wat lus is vir pap en vleis.

Loop deur Coles se rakke en kry toe 'n pakkie polenta, ken dit nie, weet nie hoe dit proe nie, lus vir iets anders.

Klaar 'n vleisie gaar gemaak met 'n laaaang sous en toe maak ek die polenta.

Hoe maklik is dit nie?

1 koppie polenta gemeng met 1 koppie water en 1 teelepel sout.

Gooi dit in 'n pot met 2 koppies kookwater,

roer en roer met 'n whisk vir 10 minute en siedaar!

Pap en vleis. Dis nou wel geel 'pap' maar so lekker dat ek weer gaan maak.

KD.

Link to comment
Share on other sites

Klink vir my heel regverdig, julle 2!! :whome:

Al gewonder of ek 'n sak Iwiza in die container moet sit - maar wat doen ons die eerste maand??? :P

Net bang dit muf langs die pad en dan sit ons met 'n klomp wurmpies met die inspeksie! ;)

So by the way, al die mense wat so cholesterol behep is - ek is so by the way ook een van hulle - ek drink my pille elke oggend! Pap het GEEN cholesterol as jy dit eers laat koud word en dit dan weer opwarm nie! Goeie nuus, is dit nie?? :o:lol:

Maak die polenta in die middag, en warm dit net weer op vir die braai - hoe gesond kan 'n mens dan nie eet sonder om skuldig te voel nie?!?!?!? :D

Hoekom sal ons nou met 'n alien name brand pap in Oz sit? :)

Julle het die oplossing, geelpap of te nie - thanx!!

Link to comment
Share on other sites

Braai pap en mieliemeel is maklik te kry by die SA shops of bestel sommer by Springbokfoods online vir aflewering by die huis.

Link to comment
Share on other sites

Thanks Wendy,

maar ek wou nie rerig uit my pad uit gaan om Suid Afrikaanse produkte te gaan koop nie. Dit was my voorneme om in Oz te bly en om die nuwe lewens wyse te embrace. Ek kan regtig nie worry oor koeksisters, boerewors en melktert nie. As ek dit nie maklik kan koop nie, maak ek my eie of eet Ozzie brands. Ek sal dit net koop as dit oor my pad loop. :P

Ek verlang veel meer na die geselskap en die samesyn van 'n regte boere braai as die kos self. Die polenta was net gisteraand 'n bonus. :)

Hier by Coles het ek regte, egte Marmite ook gekry en op 'n sny brood met botter was ek happy. :whome:

Dankie vir die info oor die S.A. winkel, :lol:

mooi bly,

KD.

Link to comment
Share on other sites

Ek weet, ek het myself ook voorgeneem om net OZ brands te koop maar manlief en die kids kan nie sonder pap nie. Daar is baie min wat ek by die SA shops koop. Maar mieliemeel, cross en blackwell is n moet.

Ek bak ook eerder beskuit en melktert voor ek dit koop.

Wendy

PS. KD. Die laptop het toe net n paar dae gehou toe begin hy rook. Sommer so in die middel van die keybord lekke bolle wit rook.

Link to comment
Share on other sites

Those of you who are interested, I get my mealie meal from an Australian organic producer, where you can order online and have it shipped to you. When I get mine I place the cotton bag of flour into two plastic shoppings bags, well tied up, and into the freezer it goes!

http://www.kiallafoods.com.au/shopping.asp?lCategoryId=16

Link to comment
Share on other sites

Wil net iets deel met die mense wat lus is vir pap en vleis.

Loop deur Coles se rakke en kry toe 'n pakkie polenta, ken dit nie, weet nie hoe dit proe nie, lus vir iets anders.

Klaar 'n vleisie gaar gemaak met 'n laaaang sous en toe maak ek die polenta.

Hoe maklik is dit nie?

1 koppie polenta gemeng met 1 koppie water en 1 teelepel sout.

Gooi dit in 'n pot met 2 koppies kookwater,

roer en roer met 'n whisk vir 10 minute en siedaar!

Pap en vleis. Dis nou wel geel 'pap' maar so lekker dat ek weer gaan maak.

KD.

hi daar :ilikeit:

ek het al self daardie polenta getoets die kinders het dit geniet was nie te sleg nie. :ilikeit: het julle al cous cous gemaak.ek het n bokkie gekoop maar nog nie probeer nie.dit is iets soos rys dink ek. :huh:

groete pollie

Link to comment
Share on other sites

Pollie

Ek is mal oor cous cous (koeskoes). Is nie heeltemal soos rys nie, fyner en "papper", maar word vinnig gaar en is baie njammies. Effens duur, maar dis tog in my koskas vir daai kere wanneer my idees op is of ek net lus is daarvoor of omdat dit so vinnig is om te maak! Maak dit baie keer saam met vis of hoender schnitzels.

Link to comment
Share on other sites

Pollie

Ek is mal oor cous cous (koeskoes). Is nie heeltemal soos rys nie, fyner en "papper", maar word vinnig gaar en is baie njammies. Effens duur, maar dis tog in my koskas vir daai kere wanneer my idees op is of ek net lus is daarvoor of omdat dit so vinnig is om te maak! Maak dit baie keer saam met vis of hoender schnitzels.

hi alibaba

dit klink lekker ek dink ek gaan dit sommer more vir ete maak :P

pollie

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

sien dis 'n ou thread...maar as julle Polenta regtig lekkerder wil maak --- as dit klaar gekook is, gooi bietjie melk by . ek klits dit so met 'n whisk. dit is dan heerlik romerig.

het dit hier begin eet omdat die Italian Toolnut moes oppas vir die glycemic wat te hoog begin raak het.

dis medium GI en ek dink mieliepap is high GI

mens kan ook as dit klaar gaar is dit in 'n broodpannetjie sit - jy hoef dit nie noodwendig weer te bak nie, laat dit net bietjie stol dan sny jy dit in skyfies soos 'n broodjie. warm of koud sommer met Bovril (niks Vegemite vir my nie dankie) of uie en tamatiesous. Dit lyk heel baie fancy en indrukwekkend ipv 'n homp pap.

party plekke braai (fry) dan ook die skyfies polenta.....

njam njam ipv chippies

Link to comment
Share on other sites

Dankie FW girl,

Ek het die oorskiet polenta mooi glad gemaak in 'n bak in die yskas. Toe in skyfies gesny met gerasperde kaas op. Gesmelt in die microwave en geeet saam met 'n tjoppie. lekker. Moet se ek kan gewoond raak aan die geel pap.

Link to comment
Share on other sites

No, instead of using water replace it with milk and then when ith is cooked add a handful of grated parmesan heavan who cares about the guilt its too yummee....

EDIT - My other half wrote the above, not me...... so any complaints i'll forward to her! - (She is right though)

Edited by choog
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...