Jump to content

Ek wil ook Diet


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek wou eers die post op daai 'Health and Wellness' site, maar dit lyk na 'n te ordentlike plek om my plan en aksies te beskryf.

Ek wil ook fancy raak, soos al daai yuppies, en diet. Ek wil net nie soos daai Tannie van my maak nie - sy't soos 'n rolbos in 'n oranje Hindi kleed gelyk. Sy het boonop nog in 'n bloedrooi mini rondgejaag en so 'n pienk gefrilde mandjie rondgedra met 'n vet Bulldog in. As julle ooit in Verwoerdburgstad gaan hare doen het - dan het sy dit dalk gedoen, terwyl die Bulldog so kwylende na jou kyk.

My antie het alles probeer - toe kom daai ding uit waar hulle jou kakebene aanmekaar vasskroef. Hulle bliksem dan twee van jou tanne aan die een kant uit - blykbaar vir die strooitjie, want jy mag net liquids drink. Ek was toe nog jonk en ek kan die storie nie so lekka verstaan nie. Al daai pyn om vet af te gooi - is dit nie makliker om net minder te vreet en om die blok te hardloop nie?? In elke geval hulle slaan haar tanne uit en skroef haar kakebene aanmekaar vas. Sy betaal hierdie smart dokter 'n helse klomp geld en drink toe chocolate milkshakes vir 'n paar weke - die diet werk toe glad nie, toe haal hulle die skroewe uit en sy is toe 'n volle twee tanne ligter.

Voor die konkreet trok besigheid vanoggend, gaan hardloop ek en Rufus - ek's mos op vakansie. Elke nou en dan hoor ek iets, dan stop ek - Rufus kyk my dan so stupid aan. Ek hoor die heeltyd iets, maar sien bokkerol. Ek raak bekommerd, dalk raak ek oud - Ta jaag my helder oordag en ek kan hoor, maar niks sien nie.

Ek stop en laat vir Rufus sit - dan hardloop ek so oppie plek - wraggies waar - daar hoor ek dit weer - klink soos 'n trop klein olifantjies wat exited is. Ek hou my skaduwee dop, soos ek nou daar oppie plek draf - Cavalaro en sy vrou kom verby in hulle plaas bakkie - loer my vreeslik bekommerd aan. Ek kom toe agter dit is my gat en tiete wat so skud en lawaai maak. Agge nee sies man, dink ekke - ek gaan nou begin lyk soos van hierdie Aussie en Amerikaanse mans - ek moet nou plan maak.

Ek hardloop nog steeds 'n 2.4km met boots en 'n 1kg waterbottel innie sand onder 12 minute. So oor 'n koppie koffie vra ek vir Karen of my gat te dik is - mens kan mos nie vir jou vrou vra nie - hulle lieg mos om jou beter te laat voel. Karen val amper vannie stoel af soos sy lag. Ek glo haar ook nie - ek weeg 15kg swaarder as toe ek in die army was. Ek wil hierdie 400 - 600km endurance races met perde gaan doen - ek wil gaan deelneem daar in Namibia - daai Duin 7 gaan ry/hardloop met 'n perd.

Om alles erger te maak - ek vat laat middag vandag vir Cherokee uit - my ou ex-cutting horse. Ons ry daar in die berge en die bliksem sak toe so pensdiepte innie modder in - hy kry amper kittens - sy oge op stalks. Ek klim af van daai perd af en lei hom toe verder - wraggies waar, hy sink nie weg nie - sien, ek het julle gesê my gat is te dik.

Ek wil nie turksvysap en pomelos eet nie. Ek wil ook nie op my kop staan en Sarie Marais deur my ooooooops sing nie. Ek het klaar 'n plan - weereens my eie uitgewerkte Boere plan. Ek gaan julle almal om hoogte hou van my progress - dan kan ek nie lieg nie. Ek sal my môre weeg en dan gaan die sports begin - ek gaan 15kg afval. Ek wil gaan hardloop sonner daai olifant troppie. Maggies man - weet julle hoe swaar 15kg is - sies man.

Ek sluit 'n pic van my en Cherokee in.

Link to comment
Share on other sites

Mooi photo Mauritz :)

Ek sien nie teveel vettejies nie, Maar as jy better wil voel dan kan jy maar net minder eet en meer exercies. :)

Link to comment
Share on other sites

Mooi photo Mauritz :)

Ek sien nie teveel vettejies nie, Maar as jy better wil voel dan kan jy maar net minder eet en meer exercies. :huh:

Baie mooi perd Mauritz :)

Link to comment
Share on other sites

Jy het darem die gawe om sommiges de bliksem in te maak. Ek lag terwyl ek hier tik want ek kan nie heeltemal sê wat ek wil nie. Genoeg om te sê dat jy ek reken 'n groot deel van jou aanhangers gaan my join. Jy is 'n maergat en 'n bragger. Ons, wat van ons kos hou, hou nie van maergatte nie. Hoe moet ons voel? Ek kan ok nie my vloek rympie opsê nie want dan is ek ok in die dogbox. Maar, beskou jouself as gevloek. Wanner laas het jy beestert en afval potjie geet? Skaapribbetjies? Ons koop dit hier vir 'n bargain want die Ozzies dink mos dit is honnekos. Nee man hou op bragg en kom kuier. As jy hier weggaan, sal jy 'n paar kilos swaerder wees. Tong innie kies. Groete (NS. Ek drink ook nie KWV en diet coke nie, net die ware Jakob is goed genoeg.)

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Jy het darem die gawe om sommiges de bliksem in te maak. Ek lag terwyl ek hier tik want ek kan nie heeltemal sê wat ek wil nie. Genoeg om te sê dat jy ek reken 'n groot deel van jou aanhangers gaan my join. Jy is 'n maergat en 'n bragger.

Ek's bly julle dink ek is 'n ou maergat. Ek het vir die eerste keer in my lewe sulke rolle hier om my middel en alles skud as ek hardloop - 'n helse skok, glo my :) . Eendag was ek lekka skraal, volgende dag is 15kg swaarder - as dit nie vet is nie, dan weet ek nie. As ek so kaalgat in die spiëel na myself kyk, dan is dit definitief nie spiere nie.

Julle dink ek maak 'n grap. Ek het klaar pics geneem van my vetsug - ek is klaar aan die beweeg - ek gaan meer as 15kg afgooi. Ek weeg nou 87.5 kg - meer as ooit in my lewe - ek wil weer 70kg weeg en baie gou ook. Ek sal my program/plan vir julle op wit & swart sit - ongelukkig is daar nie skaaprib en dinge in nie :)

So 10 jaar terug het 'n Chinese dokter my so gewig laat verloor - ek het afgekom na 68kg toe - beste wat ek ooit in my lewe gevoel het. Ek gaan deels sy program volg en deels my eie. Wag maar - julle wat dink ek bragg en maak grappies hier. Julle gaan hierdie lang maer blonde man nie erken man - 007 se agterent.

Nou om 'n bietjie ernstig te raak - ek moet dit eintlik doen. Onlangs die uitslae van die spesialis gekry - al daai tropiese siektes vang my nou lelik - lewer en niere lekker opgeneuk. Ek is 2 weke terug getoets vir alles onder die son en nog meer - Bilharzia is nog daar en hulle vermoed tekens van chroniese malaria en Ross River.

My sisteem kan nie oorgewig hanteer nie. My lyn van besigheid is baie fisies en as ek nie iets aan myself doen nie, dan kan ek maar ophou.

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Stekte vir jou :oops: en asb deel dit met ons - die dieet. Ek wag vir dit hoor, nie eers as jy klaar die gewig verloor het nie, sommer so gou jy kan.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Howzit,

Ja Mauritz, gee vir ons ook die dieet. Miskien werk die Oz diëte, want hier in RSA werk diëte nie!

Miskien is dit omdat ons nie 'n perd het, dat dit nie werk nie!

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Ek verstaan waar jy vandaan kom. Het dieselfde probleem! As die kleretjies aan lyf is lyk alles skaflik maar sou hulle netjies in die kas hang ... nou ja! Wat kan 'n man sê, die borskas het 'n paar jaar gelede in 'n hangkas verander! Maar gelukkig is ek ook sterk aan die werk met 'n plan. Nuwe land, nuwe lewe, nuwe jaar, nuwe lyf!!!!

Loer na hierdie! Op YouTube gekry, 4 verbande advertensies, nommer 2! Sou dit ooit gebeur moet jy weet dit is ernstig tyd om in shape te kom!

Sterkte met al die dieete en dinge! Ken jou pyn!!!

J

Link to comment
Share on other sites

Hi Maurits

Ja, ek het 3 keer Bilharzia gehad toe ek klein en jonk was, man, dis 'n lelike ding. Deesdae gaan dit beter met die behandelings, maar die lewer trek maar swaar...

Ek het my baie jong dae daar onder die Hartebeespoort dam groot geword, in die kanale vanaf die dam geswem in daai groen slyk water, geski op die nat groen slyk soos wafferse akrobaat, in modder plaasdamme geswem, vis gevang ens ens. Vandaar die Bilharzia. Die dokter vertel mos toe vir my, jy kan in 'n dam swem as hy oorloop, want die slakke hou nie van bewegende water nie. Toe kry ek dit weer, want die donder het nie gesê hoe groot die dam of voor moet wees nie!

Vir die bogenoemde moes ek elke middag 3uur inklok by dr. Burger of Pretorius vir my daaglikse inspuiting. In die aar aan die binnekant van die elmboog. Een dag links - een dag regs. Ek was voos gesteek en het horing gevoel tot die bleddie ding dood is. As ek reg onthou, was dit 15 inspuitings per behandeling. Jy weet mos - jy's moeg maar jy weet nie hoekom nie!

Toe trek ons Bosveld toe - st 3. Weer in die plaasdamme, maar die grond is gruis en dis ver van Harties af. Min het ek geweet die water kom nog steeds daarvandaan. Weet bloed in my piepie. Ek weier inspuitings - nou-nou groei my are nie weer toe nie. Ek kry pille - charp man! Maar die dieet!!! Geen proteine, vet en al daai lekker dinge. Elke middag is ek so bleddie honger dat ek vir myself een moerse bak wortels rasper en net dit eet - tot my pens vol is - soos 'n haas. Ek word so maer jy kan kitaar speel op my ribbebene!! Die maer word storie is goeie nuus vir jou, maar dis nie lekker nie.

Niks kan jou laat beter voel nie - die yster in jou is weg - maar dit gaan beter word. Hou moed!

Jy beter beter word Boeta - voor ons op jou gaan toesak soos mistige weer - ek's nog nie daar nie, maar het alreeds 'n paar pêlle wat my gaan help om jou te kom opkikker!! En daai lewer beter in shape wees!!!

Sterkte!!!

Link to comment
Share on other sites

Mauritz

My Boerboele is nou al moeg vir USN Mass fuel en ek het nog so 3 emmers vol. As ek so na jou foto kyk kan die Mass fuel n' ding of twee vir jou doen om gewig aan te sit. Laat weet maar dan pak ek dit in.

(grappie want my vrou is ook al gatvol vir mass fuel en sy tel ook geen gewig op nie)

Ek voel elke mens moet gelukkig voel in jou eie liggaam en of jy nou groot op klein is maak dit nie saak nie.Ek vind dat die meeste groot anties n' baie mooi persoonlikheid het.

Piet & Madelene :):)

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Julle almal maak my soos 'n bleddy besem voel - ek gaan vreet sommer 'n vet skaap op. Nee wat - ek's nie gewoond aan daai binneband om my middel nie - ook nie aan daai geskud as ek hardloop nie. Ek is klaar aan die oefen en op my special diet - ek gaan 15 kg verloor. As julle my dan sien, moet net die die welsyn bel nie. :D

Ek's net so onner 40 - ek gaan weer 'n 6-pack hê - ek gaan weer 'n 21km hardloop - ek gaan Duin 7 in Walvisbaai met 'n Arabier meisiekind uithardloop. EK GAAN 15KG AFGOOI :):):blush:

Link to comment
Share on other sites

Laat weet my van die dieet en hoe dit werk, ek het ook so tyre of twee om die midrif om af te skud! Ek moet so 18 kg verloor, die jaar nog!!

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Ek het so 'n 'ietsie' gegorrel oor my ou windgat diet (Jan Stoof :D ) daar onner die ordentlike plek - "Health & Wellness". Dit is nou in Duitswes Ingels - baie, baie gevaarlik. Sal meer skryf as mense belangstel.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Sterkte daar met die spek afgooi. Ek self het nou al net oor die 30kg verloor oor die laaste net meer as 2 jaar vandat ons in Aussie aangekom het. Nuwe land, nuwe lewe, nuwe permanente eet en oefening gewoontes. Van die slegte gewoontes in SA gelos waar hulle hoort. Wel, meeste in elk geval :ilikeit:B) Ek self moet bieg was aan die dikgat kant van die skaal, rerig baie duidelik sigbaar en het nodig gehad om die gewig te verloor.My eie skuld, jare se slegte gewoontes. Bly ek het dit verander en die spek afgegooi. :ilikeit:

Sterkte en laat weet hoe jy vorder.

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz. Dankie virrie diet. Sal hom nog ontleed en verder navors. Ek is so opgewonde dat ek al klaar reelings met my Ozzie skoonseun getref het om sy perd te leen virrie party. Hy was maar bra onwillig, maar, toe ek dreig om te onterf, stem hy in. Hy dink ek wassie opgewasse om die perd te ry nie. Is glo bang die ding sal my afgooi. Toe ek aan hom verduidelik dat ek 'n HR license het en ek met die perd moet hol, was hy meer gerus. Hy wonder toe maar net of ek die perde hollery 'n bietjie te swaar gaan vind nie. Moet sê ek was self 'n bietjie geworry want die perd is swaar en dit gaan moeilik wees. Maar wat ek is gemotiveerd en gaan deurdruk. As ek net halfpad soos Marius kan lyk, is ek al weer op pad na my Robert Redford dae. By the way. Het ek al gesê dat skoonseun se perd se naam Yamaha is? Noggie? Wel nou weet julle. Weeg glo sowat 500kg. Gaan maar bars gaan om met hom te hol.

Wat die Duitswes Ingels aan betref, jy lieg weer, soos gewoontlik. Daai Ingels is defnitief Oxford of Cambridge. Ek sukkel om al daai hogere woorde te verstaan. Duitswes Ingels sou deurspek van Duits, Wambo, Herero en Roheboth Baster gewees het. (Spelling? was lanklaas daar)

Verder wil ek net my leedwese met jou getuig dat jou se kinners nooit hulle se pa se geskrifte sal kan waardeer nie. Tekens van onsse tye. My Ozzie kleinkind gaan darem 'n paar Afrikaanse vloekwoorde leer ken.

Groete. Brei daai diet uit. Ons almal wag in spanning om te sien of ons dit kan oorleef. Het klaar coke laat staan. Gooi nou water by die KWV. (Weens 'n te kort aan voor genoemde drink ons nou maar St Agnes)

Link to comment
Share on other sites

Ek's net so onner 40 - ek gaan weer 'n 6-pack hê - ek gaan weer 'n 21km hardloop - ek gaan Duin 7 in Walvisbaai met 'n Arabier meisiekind uithardloop. EK GAAN 15KG AFGOOI :ilikeit::ilikeit::ilikeit:

O gaats ek dink iemand het male menopause!

Sê 'n tannie met 'n BAIE mooi persoonlikheid!

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
O gaats ek dink iemand het male menopause!

Sê 'n tannie met 'n BAIE mooi persoonlikheid!

:ilikeit:

Ek's nie 'n man wat pause nie :whome: - ek's klaar aan die go - klaar 2.5kg verloor die laaste week - 2 arabier perde gekoop vandag - Duin 7 in Namibia het klaar my naam op :ilikeit:

Ek sien julle dink ek het of 'koppie' verloor of my hormone is deurmekaar nê - hou net dop .... hou net dop :whome:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...