Jump to content

Bloed & Hare oppie Plaas


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek drink Chardonnay - trek die keyboard uit ...... stoot dit terug - doen dit oor & oor - sal ek nou nog skryf vandag of nie - that's the question???????

Vandag is net een van daai dae - alles gebeur en ek dank alles en almal dat ek in die ou land is. Kan ek nog skryf of nie?????? Gaan die KKK (selfde as K A K net bietjie erger) weer M&B. Gaan iemand op my ou koppie spring - Simbamba Mama se kindjie - trap op sy kop dan is hy dood???

Ek het nie 'n saak nie - ek het amper 'n botteltjie Chardonnay agter die blad - 'n local een - gemaak deur 'n Suid-Afrikaanse wynmaker nogal - soos julle alreeds weet. Ek het bloed op my hande, bloed op my klere en die wêreld is reg. Ek wil pics neem van my spinnekoppe, maar dit sous. Ek wil my Swart Meisiekind in die buurman se dam gaan inbreek, maar dit sous. Ek wil gaan jag, maar dit sous. Dit het blykbaar 10 jaar terug so gesous - my dam is vol - al my tenks is vol. Die hele plek is onner water.

Daar is so ietwat van 'n breek en ek vat die 4 honne om te gaan kyk na die droë rivierloop daar op die Swiss couple se grond (hulle is in Brisbane). Daai rivier loop soos enige rivier daar in Suidwes - die water is wild en bruin. Ek loop met so 'n sprong - ek dink ek lyk soos 'n kruising tussen 'n Kahalari Boesman en 'n New York Tap Dancer - ek loop met my boude so benoud en elke tweede stap, dan tap dance ek so 'n bietjie. Man die wêreld is reg, die water loop - Cavalaro lyk sommer 20 jaar jonger - die perde bokspring - die honne is mal - my boude en voetjies dans. Wat wil ek nou nog meer hê???

Die volgende dag:

Voel maar oes vanoggend - pics van reen in een dag. Ek het die eerste een gister vroeg oggend geneem - net so regs van Takhaar se blou shed lê so 'n plassie water - dit is waar ek die mêrrie wou inbreek.

Gisteraand was die hele dam vol (ek het die pic vanoggend geneem) - die dam lê oor die wydte van 'n lang 10 akker blok. Die wit huisie is S & N se blok, dit is waar hierdie vreeslik dam is - die water begin nou vêr regs van Takhaar se blou shed eng aan nou vêr links verby hulle huisie en is aaneen met 'n dam op 'n blok langsaan.

Die hoeveelheid water wat in ongeveer 12 uur geval het, was ongelooflik. Dit het gisteraan ophou reen, maar daai dam loop nog steeds oor vanoggend - die pad is nog steeds toe - water gaan vir 'n paar dae loop. Daai dam is nou so diep ek sal nie eers 'n kameelperd daar kan inbreek nie.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Ons swem ook, maar is baie dankbaar vir die reen. Die wereld is mooi groen hier, maar die wolke pak alweer dik en donker, so die reen is nog nie oor nie. Die rivier is 2 mtr oor die brug en loop sterk van wal tot wal. Beste Wense vir die nuwe jaar

Groete aan almal. :)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...