Jump to content

My Swart Meisiekind.


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Julle het nie 'n idee nie, nê ;)

Yep, ek is verlief op my swart meisiekind. Partykeer ...... snags, dan gaan kuier ek vir haar - sy's so swart ek kan haar nie altyd sien nie. Dan staan ek so doodstil in die lang gras - partykeer kan ek haar hoor, annerkere nie. Partykeer voel ek net skielik haar lang oogwimpers so in my nek, haar warm asem in my nek - dan is my hart weereens gewen.

Sy's 'n probleem meisiekind - almal hou van haar, maar mense gee gewoonlik binne die eerste 5 minute op na eerste kennis making. Sien die meisiekind is 'n Clydesdale X Australian Stockhorse - dieselfde perde wat hulle hier in die rodeos gebruik. Hulle spring nie - hulle vlieg. Haar naam is Blaze en ek kan net nie van haar ontslae raak nie - sy's tog te pragtig.

Blaze was my eerste perd hier in Aus. Ek bel die mense om te gaan kyk - ek kom daar aan en ek sien sommer hier kom 'n ding. Die huis is so karig en daar speel sulke halfkaal Aboriginal kinnertjies in die voortuin - karre staan op stene, half uitmekaar gehaal. Die perde loop sommer so saam met die kindertjies in die voortuin rond en kruip so tussen die perde se bene deur. Dit is nie 'n plaas nie - net 'n gewone erf. Ek wil nie uit die kar klim nie, maar ek kyk die perde so en sien die meisiekind - ek kners my tande en klim uit.

G'day mate, sê die klein basterkindjie vir my - net so uit die doeke uit. Die meisiekind druk haar neus in my nek, 'n kaal snotneuskindjie trek haarself teen die perd se stert op. Nou kyk ek die huis so - die vuil kinders, die verf wat afdop, die dak wat ernstig vinnig vervang moet word. Nee wat, dink ek - hoe vinniger ek hier uit hoe beter - die meisiekind suig aan my nekhare. Ek kyk haar so en dink - sies tog, dit is nie die plek vir jou nie.

Ek klop aan die voordeur - Pippie Langkous maak die deur oop. Aussie vrou so in haar laat 30's met nie een enkele tand in haar se bek nie. Sulke lang vlegsels - ek soek na die kettie in haar sak, maar sien niks nie. Ek kyk vinnig so deur die huis - as ek 'n kakkerlak of rot op steroids sien, dan is ek daar uit. Julle sal my nie glo nie - daai huis is karig binne, maar silverskoon. Daar kruip nog basterkinnertjies oppie vloer rond.

Sy nooi my in en stel my voor aan manlief - 'n regte Aboriginal. Nou gesels ons perde en dinge - sy sukkel so sonner tanne en ek is ongemaklik man. Sien, ek is mos een van daai mense wat begin skeel kyk as ek met iemand gesels wat skeel is - kan nie help nie - my oog trek sommer eenkant toe. Hoe meer ek probeer om daai oog reguit in sy socket te hou - hoe skeler trek hy. As ek met iemand gesels wat hakkel, dan hakkel ek ook - maak nie saak wat ek doen nie. Sien - partykeer raak mense sommer die bliksem in vir my - dink ek spot met hulle - dan raak ek meer senuweeagtig en hakkel net meer. Nou praat Pippie Langkous so shleeptong met my en haar tong glip sommer so deur haar lippe, want die tanne is weg. Vinnig praat ek ook so en die man loer my so - suig aan sy sigarette. Gelukkig sien ek die vrou se oge raak so groot en sy gluur na iets agter my en begin erg skrou. Een van die klein snotneuskinnertjies sit op 'n bank en is besig om haar sigarette op te vreet - hy/sy druk hulle so in daai bekkie in - kieste staan soos 'n blouaap s'n. Ek is gered - die twee is kwaai vir daai stoute baba - 'n hele uur se sigarette opgevreet - geen worries oor die kanker waarskuwings op daai pakkie nie.

Ons gaan buite toe en ek vra vir die vrou of sy die perd sal ry - neeeeeeeeeeee, sê sy - sy sal een van die kinders die perd laat ry. Sy tel daai een klein baba op en sit hom/haar net so op daai mêrrie se rug. Die baba gryp daai maanhare en sit so lekka en smile. Sy los die baba en die perd vreet aan die 'grasperk' - ek wil net keer, heel op my senuwees. Ons gesels so en ek hoor 'n slag - daar lê baba langs die perd, huil nie eers nie - sy sit hom/haar net weer op.

Ek vertrou die storie nie so lekker nie - ek kyk in die perd se bek - sy's nie gewoond daaraan nie - ek sien die perdjie is baie jonk. Neeeeee, sê sy, die perd is ingebreek. Ek vra vir haar om die perd se voete op te tel. Geen probleem nie, sy tel die voorvoete op - die perd sukkel nie. Ek vra vir haar om die agterpote te doen - neeeeee, sê sy - sy doen nie agterpote nie. Nou weet ek hier is 'n slang in die gras.

Vroulief bel my, terwyl ek daar is - vra vir my wat aangaan. Ek sê, nee die perd lyk goed - baie beter as die 20 kinners wat kaalgat daar rondhardloop - almal ADHD gevalle. Vroulief gaan kyk later op haar eie - kan nie haar oge glo nie - die familie nou nie. Vroulief is nie 'n perde mens nie, maar voel jammer vir die meisiekind in die klein erf. Daar koop ek die perd.

Bring haar huis toe en na 'n paar dae saal ek haar op. Ek klim die meisiekind, sit so 'n bietjie - klim af - klim op en loop haar so 'n bietjie - sy weet niks nie man - so toe soos 'n klei os se gat. Ek wil haar aan die trot kry - skop haar so 'n bietjie ..... ek word wakker, ek lê oppie grond en sy suig aan my nekhare. Ek staan op - sy hardloop nie eers weg nie - mos gewoond aan daai babas wat so val en bounce om haar. Ek weet toe, hier het ek 'n grooooot probleem. Ek klim haar weer - my nek styf, my werwels almal opmekaar gedruk net so bokant my gatbeentjie. Ek sit maar net so vir 'n rukkie en klim weer af.

Ek kry mense in wat reken wat weet wat hulle doen - almal 'n klomp skape - die mêrrie gee hulle net so een kyk en dan gaat sy vir hulle - hulle wil niks weet nie - reken sy moet geskiet word. Ek begin met haar werk, alles van voor af. Ek gaan hardloop met haar - doen spesifiek 'natural horsemanship' met haar - kry haar so dat ek haar pote kan hanteer.

Ek spandeer baie tyd saam met haar - nou raak ons so ietwat verlief. Sy volg my orals en die farrier kan net haar voete doen as ek by is. Niemand kan naby haar kom as sy alleen is nie. Eendag hardloop ons en sy begin my so in die hardloop met haar kop druk. Ek stop en gee haar 'n lekka klap teen die kop - sy hou net aan druk my met haar neus hier na haar flank toe. Ek het net 'n hardloop broek aan en tekkies - sy het 'n saal op, maar geen toom nie - net 'n halter. Ons is in die middel van nêrens. Sy druk my so na die saal toe. Ek klim daai swart meisiekind net daar - so kaalgat soos wat ek is en daar gaat ons. Ek ry haar vir 'n maand, elke liewe dag, net met 'n halter - sy sit nie 'n voet verkeerd nie.

Eendag is ek lekka stupid - ek sit 'n stang in haar bek - klim haar bloots ...... word weer wakker en sy suig aan my nek. Dit was dit - sy het my nooit weer toegelaat om haar te ry nie.

Vandag reen dit lekker en die buurman se dam kry so 'n meter water in. Vandag is 'n goeie dag om dood te gaan dink ekke. Ek dink sterk daaraan om haar te saal en in daai dam te gaan ry vandag.

Ek sien partykeer vir Pippie Langkous en haar se man innie dorp. Julle sal dink ek praat nonsense - hulle dra daai babas in plastiek shopping bags in die dorp rond, so saam met die anner groceries. Sy is altyd kaalvoet - ek het haar nog nooit met skoene gesien nie.

Link to comment
Share on other sites

:lol: Good luck Mauritz, it was nice knowing you! :P

Sy's darem 'n baie mooi meisiekind! ;)

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

I love reading your journal entries about your farm in Australia, and understand your love for Swart Meisiekind. We had 3 in Texas, all with their own personalities, we just loved them so much. 2 quaterhorses,(palomino and buckskin) and a thoroughbred (adopted from the race course). Swart Meisiekind is so cute, wish you luck.

Your description of the people and the place where you bought Swart Meisiekind reminds me of a book I read about a girl on a farm in Australia during the Second World War, the title "Jessica."

Good read; couldn't put it down until I finished it. :whome: My daughter lives in Townsville, she loves the place.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Mauritz,

I love reading your journal entries about your farm in Australia, and understand your love for Swart Meisiekind.

Hi Edwina :(

Just to make it clear - it is actually not a farm - only 10 acres. After living in in town for the larger part of their short lifes- the kids call it a farm :D All the blocks around us are 'in the bush' - creating a real rural atmosphere. We have access to some of the larger farms riding distance from us - so we don't really need more land. The farmers in Aus are great - very open and friendly. I'll write something soon - all about horses and 'rural living' in my area (we have 6 horses) - great fun :whome::D

Link to comment
Share on other sites

Hi Edwina :)

Just to make it clear - it is actually not a farm - only 10 acres. After living in in town for the larger part of their short lifes- the kids call it a farm :D All the blocks around us are 'in the bush' - creating a real rural atmosphere. We have access to some of the larger farms riding distance from us - so we don't really need more land. The farmers in Aus are great - very open and friendly. I'll write something soon - all about horses and 'rural living' in my area (we have 6 horses) - great fun :ilikeit::ilikeit:

Hi Mauritz

Jy leef my droom. Ek het nou begin met 2 akker, 6 hoenders, 2 eende en my bassits...kan nie wag tot ek eendag kan opgradeer na 10 akker en n paar perde...sodra ek daai ozzie lotto wen

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Ek hou van die stories man, ek sien dit on my kop. As ek hulle lees dink ek altyd altyd aan ou Juffrou Van Staden, ons Afrikaanse onnie in St 1, sy het altyd 'n aar gebars as mens nie genoeg mooi beskrywing in opstelle en stories plaas nie. Ek dink sy sou jou 'n goue sterretjie op jou voorkop geplak het of olifant op jou hand gestempel het, jou keuse.

Ek ry baie hier in die country area rondom Adelaide rond en sien baie van die plotte waarvan jy praat. Ons het self al gedink om een te kry, in teen deel is nou besig om na 'n paar te kyk, asook huise in die suburbs. Maar, ek is geen bedrewe boer en definitief geen ruiter nie, maar hou intens van diere en die natuur, so wil graag bietjie natuur om my he, ons sal maar sien. As jy Adelaide to kom ooit, laat my weet.

Link to comment
Share on other sites

:oops: Mauritz,

Ek moet vir jou se ek het nou regtig jou posting van swart meisiekind geniet. Het nogal myself in hierdie storie ingeleef. Het eers gedog toe ek na die "my swart meisiekind" kyk, dat jy iemand van hier (SA) laat saam emigreer het en nou van haar praat. Gelukkig was dit toe 'n pragtige perd. Ons is nog in SA en bekyk nou al die opsies om ook te emigreer. Sou julle wou terugkom of nie? En waardie area in Aus stel jy voor? groete, Loma

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...