Jump to content

Nog dag Down Under - Sat, 5 Januarie


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Dit het gister begin reen en nog nie opgehou nie - soos gewoonlik kry ons die oorblyfsels van al die reen by die kus, maar ons kla nie. Ek is al amper 3 jaar in Stanthorpe en ek sien nou vir die eerste keer goeie reen - oornag is ons dam sommer vol - water loop orals.

Dit is ongelooflik om so by die vensters uit te kyk en net water te sien - die perde lyk soos seemonstertjies in die paddocks. Ek staan al vir ure soos 'n dwaas en staar na die nat bedryf - by kakebeen hang amper op my nippels - ek kan nie ophou loer nie.

Ek praat nou die dag met ou Cavalaro - die geharde graniet steenvrugboer van Stanthorpe - my buurman. Sy appelboord was amper aan die vrek - dra baie appels, maar hulle het begin blare verloor van die stres. Dit is baie hard vir die boere die laaste jare - hy moes klaar helfte van sy perske bome uithaal - die man se damme is leeg en die swaarkry hang swaar onder sy oë. Sy vrou moes werk vat by die ouetehuis snags - sy kom vroeg soggens terug en later in die dag sien ek haar weer werk oppie plaas. Na 12 jaar skud ek nog partykeer my koppie as ek sien hoe hierdie Aussies kan werk - hulle is nie meer jonk nie - gaan net aan, niks kan hulle onderkry nie.

Ek staan nou-nou so en staar na die nattigheid en ek sien 'n fox hardloop oorkant die pad. Ek roep my een meisiekind en ons hou die gedoente dop. Hy hardloop sulke sirkels in die rëen - ek dog eers hy's of laf of die gediertetjie het hondsdolheid of iets. Skielik sien ons nog 'n gedierte hardloop - 'n papnat hasie - sy huisie het seker oorstroom. Altwee hardloop nou sirkels, maar nou weet ek dit is 'n goeie oggend vir moord vir arme hasee en 'n kwessie van 'n lekka 'bacon & eggs' breakfast vir ou vossie. Wraggies waar hy vang daai hasie, gee hom so een skud en hardloop se lekka trots, borsie uitgestoot, reg deur ons blok die lang gras in.

Ek kan nie wag vir die reen om net so 'n bietjie te breek nie - as dit so nat is, is hierdie harde wêreld baie sag en dit is dan tyd vir my om my Boesman stertriem aan te trek, my boog te vat, die water te volg en te gaan jag vir vark en 'deer'.

Nie ver van ons nie 'n Girraween National Park - ek skiet sommer so oor die koppe en ander boere se grond, dan gaan stap ek partykeer daar - die wêreld is mooi - al hierdie groot rotsformasies. Partykeer wat ek die 3 Simpsons en ons gaan stap en swem daar in die watergate.

Ek ken nou al 'n hele klomp Aussies hier en het so 'n bietjie naam gemaak met die boog. Sien, baie van die blokke hier is klein en mense wil nie graag met vuurwapens skiet nie, mag dalk vir buurman onder sy glasie Chardonnay weggskiet. As hulle 'n vark het wat pla of van die 'deer' vreet hulle boorde, dan bel hulle my. Dan sluip ek tjoepstil daar rond asof die plek myne is en dan jag ek tog te lekker.

Ek het nou 'n lekker breek gevat - juis om te gaan jag, maar dit lyk nou of ek eerder my kano moet regkry - ons mag dalk oorstroom.

Partykeer werk ons die perde in die reen - die meisies het gister soos wilde goed in die reen rondgejaag - net modder orals. Die perde se hormone bokspring sommer lekker in die reen en almal dink dis weer Krismis. As die reen net so 'n bietjie gaan opklaar, dan gaan ek my 'Dry-as-a-Bone' en my Aussie cowboy hoed gryp en daai perd flou ry in hierdie koppe. Mens kan dan ook lekker sag beweeg en so amper op 'n roo se stert trap of 'n vark vang met sy snoet so lekka innie modder en sy ogies toegeknyp.

Ek doen horseback archery - dink ek is die enigste een in Aus wat mal genoeg is. Ek jag nog nie van 'n perd af nie - 'n perd hou mos nie van 'n vark nie. Jy moet 'n perd sien as 'n vark so skielik onder sy bene deurloop - perd se oge gaan op 'stalks' - perd sy bene word langer - lyk soos 'n bleddy Hottentotsgot op steroids en hy vra dan nie vrae nie - hardloop net alles plat. Ons het nie luiperds en renosters hier nodig vir 'n bietjie aksie, soos daar op Waterberg nie, elke perd en sy maat dink 'n vark is 'n vreeslike renoster.

So, dit is nie 'n goeie idee om met vlymskerp pyle en 'n duur boog rond te jaag op 'n perd nie - vat ook lank om hulle te leer.

Ek hou van Stanthorpe - as ek my hardloopskoene aantrek, dan is ek binne 2 minute innie bos. Te perd is Girraween en al die lekker 'fire breaks' wat die bosbrandweer so oop hou sommer om die draai. Partykeer gooi ons die perde op die 'horse float' dan gaan ry ons in die State Forest wat net om die draai is. Ek kan my kano laai en binne 20 minute vang ek lekka 'yellow belly', cod en varswater 'kreef.' Enige aand as die heyna my roep - dan bel ek net iemand en vra of ek kan gaan skiet. Dan laai ek die .22 (die het 'n spotlight op die scope), gryp ou Rufus (my mooi jaghond) - dan gaan skiet ons hasies en dalk 'iets' anders ook.

Ons het 2 wynplase binne 1.5km van ons af - ek ry sommer met die perd daarin, dan drink ek lekka wyn. As 'n mens die railway line vat - die trein loop so 1 keer 'n maand - dan kan 'n mens tot in Stanthorpe regdeur na Warwick toe ry. Anderkant toe, regdeur Tenterfield toe - die pad gaan verby baie wynplase - ek dink daaraan om wyntoere met perde te doen. Weereens is dit al die Aussies met hulle bleddy 'red tape' - sal kyk of ek dit kan aanvat - dan kan julle lekka gesuip raak op so van 'n perd se rug af.

Link to comment
Share on other sites

Lekka lekka Mauritz, oppas net vir babelaas, boudsere en bosse daar met die perd saam. ;)

Link to comment
Share on other sites

Pragtig geksyf Mauritz. ;) Wanneer kan ons jou boek in die winkels verwag??? :P

Link to comment
Share on other sites

Dankie Mauritz, jy maak 'n mense se dag! ;)

Dax

Link to comment
Share on other sites

Ek is nou glad nie 'n perdryer nie - het 'n stangbyt gehad toe ek ses was. die doring-en kareebome se takke het my van die bledding merrie se rug af gevee. My gat omtrent afgeval. Daarna was dit bloots donkies - was vir my beter want 'n ou val nie so vêr nie.

Ek gaan nog kom kyk daar waar jy bly. Dis net 'n kwessie van tyd!!!

Lekker gelees M!! ;)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...