Jump to content

Een jaar verby!


Blossom

Recommended Posts

Ek is dikbek.

Vanoggend wakker geword vir die soveelste keer die afgelope ruk met ‘n gevoel van onvergenoegdheid binne in my. Hoekom wonder ek terwyl ek die soveelste Advil pil drink .

Ek is moeg om vir almal te vertel hoe wonderlik Australie is, moeg om alles ‘n suikerlagie aan te smeer. Gewoonlik is ek die een wat almal moed inpraat en se moenie worry nie, alles sal reg kom.

Maar nie meer nie…….ek is vanoggend so, so vrek lus vir ‘n Wimpy wafel en room en ‘n lekker ou dik double thick chocelate malt milkshake.

Ek wil in my kar klim , garage toe ry en laat iemand vir my petrol ingooi. Ek is bang vir die donnerse petrol pompe hierso. Sweer nou die dag het een my geknyp en ek kan nooit presies net $30 ingooi nie, dis altyd te veel.

En wat weet ek van wiele pomp? Daai ding spring uit my hand uit en ek kan buitendien nie die syfertjies sien nie. Nou die dag die wiele probeer pomp, amper 4 barr…wat dit ookal beteken. Het maar huis toe gefloat.

Ek wil nie eers praat oor hoe k@k die huise gebou is nie, geen privaatheid nie…..nou die dag spontaan vir die buurman Bless you geskree toe hy in sy badkamer nies. Wonder wat hoor hy net nie alles van my nie, geen wonder hy groet my nie.

Dan my liewe maats…..die flippen ongediertes! Wat kan ek se? Net dat ek die heeltyd onder die tafel loer of die beddegoed uitskud voor ek inklim. Nou die dag het swart spinnekop saam met ons geslaap, lekker snoesig en warm.

In die garage verlede week wil ek in my kar klim om winkel toe te gaan. Maar verder as een voet in die kar en een nog buite het ek nie gekom nie. Toe ek opkyk sien ek die DING! So groot soos ‘n piering en harig, iemand vertel my dis ‘n Huntsman spinnekop. Ek weet nie wat dit is nie, wil ook nie weet nie.

Reg bokant my sit hy, reg om te spring ( spring hulle?) en my te byt sodat ek verlam daar in die garage le en hy my kan toespin op sy tyd en kan bere vir sy kinners vir kos.

Versigtig het ek agteruit beweeg tot op ‘n veilige afstand en toe my longe oefening gegee, manlief het hom gevang en laat los daar doer anderkant die muur….ek was hees vir dae.

Natuurlik moes ek van beter geweet het, waar daar een spinnekop is, is daar nog. Hulle het familie en hulle teel aan vir ‘n vale hel.

Net toe ek amper vergeet het van die moewiese ding en mak begin raak, toe gebeur dit weer. Die keer binne in die huis, op die eetkamer mat, skarrel nog een van die jag ( amper vloek ek) goggos. Weer is dit aerobics en contortions wat die ou lyf eintlik nie kan handle nie…..die keer maak ek hom toe vrek! Niks se ge-ag shame gooi hom net uit nie!

Nog is dit geen einde niet…..weer en weer kry ek die goed rondtrippel, teen die dak, op die mat, binne, buite…wat die m…moet ‘n meisie doen om nie toegespin in Australie te word nie?

Buitekant is dit nog erger, ek is te bang om in die tuin te werk sonder handskoene. Juis nou die dag sommer so stray bossie langs die driveway uitgetrek, toe die grond lewe kry en so ‘n snaakse bruin ding oor my hand drawwe. Ek kom eers tot verhaal toe ek onder die shower staan en huil. Ek Kan nie meer so skrik nie, my hart is ook al uit ritme uit van al die trauma wat ons al deur is met die groot trek.

Ek het die mooiste josefsklede geplant in langwerpige bakke en dit staan op ‘n glas tafel buite onder die pergola. Hulle wissel van dieprooi tot groen en pienk, ek is mal oor josefsklede en plant hulle met uiterse genot en welbehae.

Tot ek gisteroggend buite kom om te kyk hoe lyk my plante, het ek maar net verslae omgedraai om vir my ‘n brandy en coke in te gooi instede van my gewone koppie tee. Ek meen, gewoonlik ses uur in die oggend is dit Earl Grey se beurt, maar gister was dit ek en die branfien. Toe my man wakker word was ek al weer reg om te gaan slaap.

Om tot die punt te kom…..my mooi ou dankbare plantjies is tot op die been opgevreet deur een of ander simpel bug of vlieg of iets.

OZ krioel van die vliee, bugs, spinnekoppe, slange en as jy mooi lyk sal jy driekop drake ook sien!

Van hierdie onhebbelike hitte wil ek nie eers praat nie. Ek het nie gedink ek sal ooit in my lewe 45 grade oorleef nie…ek is heelwat sterker as wat ek gedink het, ek gedy in hierdie weer. Ek word net al hoe ronder en gesonder!

Ek skryf nou al heeldag so stuk stuk aan die brief…vanoggend wou ek met alle geweld terug gaan Suid Afrika toe. As jy vanoggend met my gepraat het sou ek jou oortuig het dat ek reg is om terug te gaan

Intussen het die dag mooi geword en ek is van my tydelike waansin genees.

Sien more is ons net mooi een hele volle jaar hier in Adelaide. Ek vind dit moeilik om te glo dat tyd regtig vlerke het.

Ek sit en twyfel ook of ek die brief moet plaas op die forum…..miskien moet ek sodat almal kan sien dat alles nie altyd mooi, lekker of goed is nie. Dinge kan maar lekker :censored: wees ook partykeer.

Maar tussen vanmore en vannaand het daar iets gebeur, weet nie wat nie, maar ek is nie meer dikbek nie. Al wat nou nog dik is, is my derriere!

Oi, oi, oi!

KD.

Link to comment
Share on other sites

Ai, ek het nou lekker gelees, en stuk-stuk ook lekker geglimlag! :ilikeit: Hou so aan, ons vind baat by jou stories, en ek is bly dit gaan klaar weer beter!

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Weer is dit aerobics en contortions wat die ou lyf eintlik nie kan handle nie…..

Ai tog Tannie Kannidood - ek is bly hier is ten minste nog 'lywe' in Aus wat 'n dame tot Jane Fonda kan dryf sonner die videos :ilikeit:

Ek het 'n 'black house spider' - gedoop Mandela, wat so 'n lekker web in die hoek van my bakke se dashboard het. Ek weet nie hoe lank hulle lewe nie, maar hy's al lank daar. Hy het vir ou Fang vervang - 'n redback op steroids wat eers dieselfde ou nessie gehad het.

Sien, vroulief moet partykeer my bakkie ry - dan M&B (moan & bitch) sy vreeslik oor hoe vuil die bakkie is. Ek werk mos man - ek is nie 'n bleddy papierdier nie - ek ry 'n bakkie, ek is 'n boer en dit is dit. Ek gebruik nie 'n aircon nie - dis vir poofters (kasterolie vir die KKK) - ek maak die venster oop op 'n stofpad sodat ek lekker kan dink aan Suidwes as ek so ry. So, die bakkie is altyd 'vuil' - dan moet ek nou en dan opgeskeep sit met die M&B van vroulief - totdat ou Fang opgedaag het. Ek het een aand, soos baie aande, die bakkie se venster oopgelos - ou Fang maak toe 'n lekka huisie en vroulief weier om in die bakkie te ry.

Eendag dooi haar Holden en sy moet die bakkie vat - sy gryp daai lelike spuitgif en vermoor vir Fang - ek het sommer vir 'n week nie met haar gepraat nie. Gelukkig klim ou Mandela toe in en vat ou Fang se huisie oor - ek het moord gesweer as vroulief vir Mandela vermoor - wat sal die wêreld nie sê nie.

Ek het nog 'n spinnekoppie wat in die bakkie bly - ek weet net nie altyd waar hy is nie. Hy is soos Kannidood sê, so groot soos 'n piering en omdat hy soos 'n kreef lyk, het ek hom Kriewels gedoop - 'n Huntsman. Ek sien hom net as ek grondpad ry (hulle kom gewoonlik snags uit) - dink nie hy hou van die vibrasies nie. Hy sit baie keer op hierdie 'sonflappe' en as die bakkie so lekka vibrate en die stof klim so by die venster in, dan steek hy sy lang pote so na my kop toe uit - dan salute ek hom ook - hy's tog te oulik.

Ek het nog 'n Huntsmen in die shed - hy's al lank daar - hy bly onder die bench grinder. Elke keer as ek die ding aansit en die tafel vibrate so lekker, dan klim hy uit en steek sy lang pote so uit - ek beweeg dan so 'n bietjie nader, dan klim hy op my belt en sit daar tot dit masjien weer af is, dan haal ek hom maar weer af.

Elke keer as ek die kinders skooltoe vat of iets en daar is 'n vlieg in die bakkie - dan maak ons vensters toe - groot gedoente om die insek te vang en dan gooi ek hom in Mandela se web. Hy kom dan met 'n spoed uit en suig daai vlieg asof dit 'n blik kondensmelk is. Die kinners dink dis baie cool.

Ek het voorheen 'n ander huntsman in die bakkie gehad - wat ook vreed vermoor is. Ons het 'n vriendin van Skotland vat 'n midwife is. Ek wat haar eendag hospitaal toe in die bakkie en die huntsman klim toe in haar werksak. Toe sy by die hospitaal is en haar lunch uithaal - toe sit hy so ewe op die Tupperware bakkie soos 'n ware Tupperware salesman. Die nurses hardloop toe rond en doen Jane Fonda oppie tafels - groot makietie - daar vermoor hulle hom sumier met 'n besem - Karen se lunch platgeslaan. Nou wil die midwife nie meer in my ute ry nie - sy's bang sy kraam dalk in my bakkie.

Ek het baie ander spinnekoppe wat in die raamwerk van my bakkie bly - snags kom hulle uit en spin hulle webbe orals. Bedags dan maak hulle alles skoon en kruip weg - ek hou van sulke ordentlike huurders. Dit reen nou, so ek kan nie fotos neem nie - sal môre neem van Mandela, dan kan julle sien.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Ha en nou gaan jy my seker vertel jy en jou spinnies sit en drink saans 'n skemerkelkie en gesels wereld sake. ne? As ek jou vrou was, het ek daai bakkie laat fumigate!

M, ek het 'n foto van my spinnekop geneem met my selfoon. Ek sal dit ook more opsit dan kyk ons wie sin is die grootste, ok?

:ilikeit:

Vriendelike groete,

Kannidood.

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

Dis lekker om te hoor van ander mense se ondervindings hier. Ek het ook n ding wat hier in my binneste broei.

Wendy

Link to comment
Share on other sites

Hi KD

Dis lekker om te hoor van ander mense se ondervindings hier. Ek het ook n ding wat hier in my binneste broei.

Wendy

Praat met my Wendy, ek belowe ek sal luister en HOOR. Liefdegroete, KD.

Link to comment
Share on other sites

Hoe lekker het ek nie nou gelees nie!!LOL!! Julle altwee kan met 'n storie toor!!

Nee wat ons is nog so ver lucky hier in Brissie noggie baie goggas gesien nie. EK dink hulle hol by voorbaat weg wat my LM spuit omtrent elke aand 'n blikkie Doom uit voor hy in die bed klim! Sien hy't 'n ding teen muskiete!! Die Fen is tot die hele aand aan sodat hulle nie vatplek op sy lyf kry nie.

Lekker Aussie met al ons nuwe ondervindings!

Link to comment
Share on other sites

Haai Betsy, dis nou 'n baie mooi geskrywe! 'n Heelwat meer gebalanseerde manier om uiting te gee aan mens se frustrasies as die verlange te veel word as party ander op die forum :P:lol:

Ek het nou baie lekker gesmile vir jou en Mauritz se gekrabbels. My man, Marius, is so bang vir spinnekoppe jy kan met hom toor en die res van ons is mal oor hulle, so jy moet sien hoe spring ons om te keer as ons hom met die besem nader sien kruip! ;) Ek was egter so trots op die man gister - ek kom toevallig by die kombuis ingestap en daar sluip die OH by die deur uit met Ta (einste Kriewels se tweeling) in 'n kosblik om hom te gaan vrylaat... seker besluit daai ou gaan te 'n groot vetkol laat as hy hom moet verpletter! ;)

Ons het 'n klein "conservatory" (so 'n glaskamertjie) aan die agterkant van die huis en in die hoek van elke houtraam sit daar 'n black house spider. Hulle maak sulke "cool" neste wat lyk soos 'n funnelweb wat vergeet het hoe om mooi te spin. 'n Vet tonnel met 'n magdom chaotiese drade wat 'n trampolientjie vorm buite die nes. Dan van my kinders miere of woodlice en laai hulle op die trampolientjie en kyk hoe ta uithardloop en die outjie vermoor en toespin kompleet nes daai groot spinnekop in Lord of the Rings :huh:

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Annette Hi,

Ek is so vrek bang vir goggas en insekte, dit grens aan 'n fobie. Motte met hulle blink ogies moenie naby my kom nie en jy moet sien hoe hardloop ek weg vir 'n tor wat so woer woer deur die lug! As ek aan die goed dink of daaroor skryf kry ek koue rillings. Movies oor spinnekoppe kyk ek deur my vingers of glad nie.

Snaaks genoeg is ek glad nie bang vir 'rodents' nie. Ek dink muise en rotte is te oulik en ek klim nie op die tafel as ek hulle sien nie. Wit rot gehad vir 'n troeteldier as kind tot my Ma hom laat 'weg' raak het.

Die mens is maar 'n komplekse ding ne? Vol fieterjassies! :P

Ek wonder hoekom het ek nie na 'n koue land soos Kanada verhuis nie....nou sit ek hier in die spinnekop 'capital' van die wereld. ;)

Groete, KD.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...