Jump to content

"Kunstenaars" van die nag,


Blossom

Recommended Posts

Gekke en dwase skryf op mure en glase. Wonder wat noem mens die wesens wat die mure, strate en besighede so ontsier hier in Adelaide?

Ek het gedink graffiti is 'n probleem in Johannesburg, maar hier is dit nog erger. Erens is daar 'n thread van negatiewe dinge in OZ, wel hierdie is een van die minus punte, ek dink dis redelik erg hier.

Op pad winkel toe in Hallett Cove......teen die buurman se colourbond heining sit die wit verf op die groen muur, die stopteken is swart geskryf. Op die teerpad self is daar een of ander swets ding teen die polisie in groot, rooi letters geskryf en tot selfs teen die sypaadjie se wit rande sit die swart tekens. Op die notice bordjies langs die pad, op die gevaar versperrings langs die pad en teen die klippe by 'n rusplekkie by die park.

Jy kan bykans nie lees wat se die bordjie by die winkel nie en teen die plek waar die trollies in gebere word staan daar ook nonsens geskryf.

Nou die dag by die haarkapster sien ek die mense druk besig om die vensters skoon te maak en die mure te behandel. Ja, se die dame daar, dis die tweede dag nou dat hulle moet laat skoonmaak want dis nou hulle (die haarkapper) se beurt om deur te loop onder die jakkalse wat so loop by die nag.

Daar is blykbaar baie geld in die graffiti verwyderaar besigheid...vrek duur.

Daar is nie een oop oppervlak van my huis af tot by die winkel wat nie bekrap is nie......

En die beste is dat jy kan sien dat sommige van die mense 'n talent het...hulle ken van sierskrif!

Hoekom almal die selfde tipe letters gebruik kan ek net raai, dalk is hulle deel van 'n bende of dalk is dit in een of ander taal wat ek nie verstaan nie. Loop die swerkaters dan klas in graffiti, want hoekom lyk dit of dit alles geskryf is deur die selfde persoon? En hoekom verskaf die plaaslike regering nie plek aan die mense sodat hulle , hulle ou sieletjies kan uit paint op iets anders nie. En wanneer slaap die lot dan want hulle verf beslis na 2 in die oggende?

En waar kry hulle die spuitverf as al die verf toegesluit is by die hardeware en ander winkels?

Wat kry die mense daar uit om die wereld so te bekrap, waar is hulle gedagtes dan?

Wonder regtig...

KD.

Link to comment
Share on other sites

Dis skool vakansie, so sekere "cherubs" (Aussie onnies se naam vir stouterds) het:

tyd op hulle hande,

en in hulle hande is spuitkanne

en hulle dink hulle is grootmanne

Of iets in die lyn... :whome::blink:

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

G'n mens kan daai snert lees nie maar hier in Melbourne het 'n unieke sub-culture ontwikkel wat nogal mooi goedjies verf. Was oor kerstyd in die stad en die stadsraad het 'n laang stegie tussen Bourke en Collins street beskikbaar gestel vir die lot om hul kreatiewe streke uit te leef. Ek wil nog gaan kyk hoe lyk dit, dis seker al voltooi. Daar is nog so 'n steeg tussen Flinders street en Flinders lane en daar staan amper altyd toeriste en foto's neem. Daai steeg is vol restaurante en vibe. As dit beheer word, kan dit nogals 'n positiewe ding wees. Ongelukkig is die jeug net soos 'n reunhond... hulle moet hul merk maak op alles. ;)

Link to comment
Share on other sites

Ongelukkig is die jeug net soos 'n reunhond... hulle moet hul merk maak op alles.

Dit is nou wraggies waar! Ek het op 'n stadium 2 teengage seuns in die huis gehad. O liewe land ek WEET hoe waar daardie stelling is!!

Ek stem oor die beheer en dat grafitti werklik "art" kan wees!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...