Jump to content

ONS IS NUUT - HI DAAR ALMAL!!!


Nel2Aus

Recommended Posts

Nou ja, hier is ons.

Voor ek begin wil ek net sé Voorspoedige Nuwe jaar aan almal en mag dit wat julle wil bereik in die nuwe jaar vervul word.

My naam is Ronél (26) en my man is Leon (30), ons het twee kindertjies (Dylan - 4 en Suzel - 1). Ons bly tans in Komatipoort op 'n plaas, so 100km van Nelspruit af. Ja, ons is hier in die bos maar geniet elke oomblik hiervan, veral die kinders en pa wat nou kan boer...

Ons is bekend gestel aan die Forum deur my ma en stiefpa wat die 18de Januarie imigreer na Australië, Brisbane :ilikeit:

Dit is vir ons 'n baie hartseer en emosioneel, maar dit is wat hulle baie graag wil doen en nie ek of my man gaan in hul pad staan nie. Ons vermoed hulle neem die groot stap om ons gesinnetjie ook op die ou einde daar te kry.. Ek sal nie omgee nie want dit wat ek nou al sover gelees het op die Forum en dit wat ek hoor van mense wat al klaar daar is is net positief en vol beloftes. My man sal ook gaan maar ek is bevrees hy is 'n baie familie geheg en al sy familie is nog hier in S.A. So, ek hoop en bid dat hy sal dink aan sy gesin, wat ek sien geen toekoms vir ons hier in S.A. nie, GLAD NIE!!

Ek is wel bewus dat daar nog nagmerries voorlé om wel eendag in Aus uit te kom wat, dit het my ma-hulle seker 2 jr geneem om eindelik hulle Visa te kry en al vlieg hulle binnekort is die styd nog nie verby nie..

My man is 'n dieselwerktuigkundige/werkswinkel bestuurder en blykbaar is dit 'n betrekking wat volop in aanvraag is in Australië. Kom ons hoop so, want as hy 'n werkie kan kry daar sal dinge dalk makliker gemaak word.. 'n Mens weet nooit.

Wel.. Ek gaan nou maar vir eers weer gaan, ek hoop daar is iemand wat ook in dieselfde posisie sit as ons.

Toedels vir eers!!

Link to comment
Share on other sites

Welkom hier en hoop jou man sien gou die lig! Ek sien so baie mense wat oorweeg om na Australia te trek, maar dan is hulle groot verskoning dat hulle te "familie-vas" is om tot die stap oor te gaan. Natuurlik mis mens jou familie en vriende as jy 11,000km ver woon, maar wat my betref moet 'n mens se man/vrou & kinders voorkeur geniet bo jou ouers, broers en susters. 'n Mens moet een of ander tyd die nes verlaat en kan nie heeltyd aan jou ouers se rokspante vasklou nie. In elk geval, met deesdae se tegnologie (i.e. Skype) kan mens goedkoop met vriende en familie regoor die wêreld gesels, en hulle terselfdertyd sien ook!

Moenie wag totdat dit te laat is nie, te oordeel aan deesdae se nuus lyk dit of S.A. net al hoe vinniger agteruitgaan. Baie mense hoop maar dat dinge beter sal gaan, maar in Afrika sal hulle baie geduld moet hê, en wat help dit om jou hele lewe lank te bly hoop en niks verbeter nie? Kom sit liewer veilig in Australia en hoop. Jy kan altyd teruggaan, maar jy's nie gewaarborg dat jy altyd S.A. sal kan verlaat nie.

Sterkte.

Link to comment
Share on other sites

SPRINGBOK

Dankie vir die raad en moed in praat. Ek hoop ook my man sien die lig voor dit te laat is. Ek dink hulle gaan al moeiliker begin maak om te imigreer Australië toe aangesien al wat leef en beef in S.A. dit nou oorweeg.

Ek sal maar die bal aan die rol moet sit en hoop my manlief val in... wie nie waag nie gaan nie wen nie!

Ek sien dat jy in Sydney is, jy's baie gelukkig!! Sterkte vir jou ook en mag jy jou Australiaanse burgerskap in 2009 verkry.

Link to comment
Share on other sites

Baie Welkom hier by ons. Hoop jy vind die dinge hier interessant.

Wendy

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom op die forum :D

Ronel al wat ek kan se is gee dit vir die Here en laat hy met dit werk op sy tyd.Jy moet net glo wat jy vra[bid]en dit sal so wees.

Elke ding gebeur met n doel.Ek is seker die Here sal met Leon se hart werk op sy tyd.

Byt tog net vas en bly positief :lol:

Sterkte maat.

Ursula x

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom Ronel!

Gee hom so rukkie, hopelik sien hy gou die lig.

Sterkte met die pad vooruit! Ons is maar in die begin sessie van die proses, maar sien baie daarna uit vir die dag wat ons visa's reg gaan wees vir ons.

Hoop jy het ook 'n wonderlike 2008!

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Hi daar,

welkom van my ook! Ek dink dit is moeilik vir 'n man om so 'n groot stap te neem want hulle is geskape om die voorsiener te wees. Dit is maar 'n kwessie in my huis ook want Steven is bang dat hy nie dieselfde sal kan voorsien as hier in SA nie. :lol: Hy moet aan sy vrou en kinders dink. Dan is die ander kwessie dalk dat jou man se familie nog in SA is. Al is mens getroud vat dit nie die band weg nie. Vir jou is dit makliker siende dat jou ma'le ook Oz toe gaan. Ek is in 'n soortgelyke bootjie siende dat ek nou op my "ou dag" 'n weeskind is, ma in 2000 dood en pa in 2006. Suster reeds in Oz so daar is nie regtig familie wat my hier hou nie. Maar my skoonma lewe nog en is bloedjonk en daarom seker vir manlief bietjie van 'n probleem. Sterkte dus vir jou ook, saak van gebed soos al die ander ook se. :D

A x

Link to comment
Share on other sites

Hallo van my kant af ook, en welkom op die forum.

Ek is Adele se sussie wat reeds in Oz is. Die dat ons nou "wees" is het dit eintlik maklikker gemaak om te migreer maar daar is nog baie dae wat ek wens ek kon een van my ouers bel om te se ma/pa dit is nou waar ons is en dit is hoe ons gebless word! Ek WEET hulle sou baie trots op ons gewees het, baie!

Omdat julle nou op 'n plaas bly en relatief veilig voel, wel sekerlik veiliger as in die stad kan dalk die hele besluit proses so bietjie moeiliker maak, maar moet seblief net nie te lank wag nie hoe ouer mens is waneer mens migreer hoe moeiliker is dit.

Baie sterkte en ons is almal hier vir jou.

Lovies

N

Link to comment
Share on other sites

Gizmo, thanx for the warm welcome, its nice to know there is such nice people around here!!!!

Wendy, Dankie, ek is serker ek gaan dinge baie interresant vind!

Ursula, Vreeslik baie dankie vir jou boodskap, met boodskappe soos hierdie sien ek kans vir enige iets. Ek is oortuig daarvan dat die Here met my man se hart sal werk, ek moet net tyd gee.

Dankie hoor!!!!

Michelle, Sterkte vir jou ook. Ek is seker jy kan nie meer wag om julle visas te kry nie. En ek is seker dat gaan in hierdie jaar gebeur....

Groete aan almal

Ronél

Link to comment
Share on other sites

Ja, Mosterd na die Maal val ou Legalbuff ook uit die boom om te sê WELKOM!!! :blink:

jong, ek dink jy moet maar so op jou ys begin doks en papiere en dinge aanvra. Ek en man het eendag opgestaan, mekaar in die oë gekyk en gesê - ONS IMMIGREER AUS TOE. Ons het nou lank genoeg gehmm en ge aaa en nou is ons spyt ons het nie vroeër begin met die administratiewe sy van die ding nie. As jy al jou unabridged sertifikate, up to date paspoorte ens het, kan dit nie enigsins skade doen nie, al besluit julle selfs om te bly. So begin maar so drupsgewys... God se timing is perfek, hy sal die werk doen in jou man se hart, waar niemand kan sien nie. :whome:

En moenie bekommer oor die hele "broodwinner" ding nie - my man ly aan dieselfde kwaal. Hy is erg angstig hy gaan nie werk kry nie. :ilikeit: Ek is heel positief hy sal - hy is 'n chemiese ingenieur en dis nogal 'n joppie wat heel "in demand" is, so ek is seker die Here sal voorsien - alles werk mos ten goede mee vir sy kinders!! So ek dink dis maar 'n manlike ding. :) En ag, as ek moet burgers flip in McDonalds vir dollars, doen ek dit ook, solank ek net nie in die nag inbrekers hoef te stoei vir die asem in my longe nie!! :P

Link to comment
Share on other sites

:whome:

Hallo van my kant af ook, en welkom op die forum.

Ek is Adele se sussie wat reeds in Oz is. Die dat ons nou "wees" is het dit eintlik maklikker gemaak om te migreer maar daar is nog baie dae wat ek wens ek kon een van my ouers bel om te se ma/pa dit is nou waar ons is en dit is hoe ons gebless word! Ek WEET hulle sou baie trots op ons gewees het, baie!

Omdat julle nou op 'n plaas bly en relatief veilig voel, wel sekerlik veiliger as in die stad kan dalk die hele besluit proses so bietjie moeiliker maak, maar moet seblief net nie te lank wag nie hoe ouer mens is waneer mens migreer hoe moeiliker is dit.

Baie sterkte en ons is almal hier vir jou.

Lovies

N

Hallo Nilo

Dankie vir die boodskap. Julle is almal so vriendelik hier, ek kan nie glo ek het jul nie lankal ge"join" nie.

Jy is so gelukkig om reeds in Australie te wees.. Ek sien jy is in Brisbane. Dit is waarheen my ma-hulle nou gaan en my tannie bly ook in Brisbane nou al vir 'n paar jaar. Sy kan nie uitgepraat raak oor hoe dinge daar is nie. Sy haat dit om S.A. toe te kom, die verkeer maak haar absoluut mal en dan is daar natuurlik ander dinge ook wat haar geheel en al afsit. As dit nie is vir die feit dat sy my ma-hulle mis nie (dis nou as sy kom kuier), klim sy sommer op die eerste vliegtuig terug Aus toe. :)

Ek is regtig jammer om te hoor dat jy en jou sussie jul ouers so onlangs verloor het. Ek dink ook hulle sou trots wees op julle!!!

Wat veiligheid hier by ons betref, dit is eintlik glad nie so veilig nie. Ons is altyd op die uitkyk vir iets om te gebeur en leef elke dag met die hoop dat ons more nog gaan lewe... Dit maak dit net soveel erger met klein kindertjies wat jy 24/7 moet dophou en oppas. Hulle het vryheid hier op die plaas, hier is spasie so veel soos wat enige kind wil hé.. maar tog het hulle nie regtig vryheid nie... :blink:

Nou ja, op 'n positiewe noot, dankie weereens vir die vriendelike boodskap, met mense soos jy se ondersteuning en raad kan ding net goed gaan.

Tatta!! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ja, Mosterd na die Maal val ou Legalbuff ook uit die boom om te sê WELKOM!!! :blush:

jong, ek dink jy moet maar so op jou ys begin doks en papiere en dinge aanvra. Ek en man het eendag opgestaan, mekaar in die oë gekyk en gesê - ONS IMMIGREER AUS TOE. Ons het nou lank genoeg gehmm en ge aaa en nou is ons spyt ons het nie vroeër begin met die administratiewe sy van die ding nie. As jy al jou unabridged sertifikate, up to date paspoorte ens het, kan dit nie enigsins skade doen nie, al besluit julle selfs om te bly. So begin maar so drupsgewys... God se timing is perfek, hy sal die werk doen in jou man se hart, waar niemand kan sien nie. :ilikeit:

En moenie bekommer oor die hele "broodwinner" ding nie - my man ly aan dieselfde kwaal. Hy is erg angstig hy gaan nie werk kry nie. ;) Ek is heel positief hy sal - hy is 'n chemiese ingenieur en dis nogal 'n joppie wat heel "in demand" is, so ek is seker die Here sal voorsien - alles werk mos ten goede mee vir sy kinders!! So ek dink dis maar 'n manlike ding. :whome: En ag, as ek moet burgers flip in McDonalds vir dollars, doen ek dit ook, solank ek net nie in die nag inbrekers hoef te stoei vir die asem in my longe nie!! :P

Legalbuff

Shoe, ten minste het albei jy en jou man besluit om Aus toe te gaan. Met my kan dit nogal 'n stryd af gee.

Om 'n lang storie kort te probeer maak. :rolleyes: My man is baie familievas. Hy sé vir my hy sal Aus toe gaan, maar ek dink hy bluff bietjie.. Ek dink as dit op die push kom, gaan hy begin terugtrek.

Elkgeval.. Hy sal definitief gaan as sy ma ook gaan (sy pa is oorlede), en sy ma het gesé sy sal gaan as my man se broer wat in NST bly en sy suster wat in Secunda bly ook gaan. Ongelukkig is my man se broer 'n bloubloed Suid Afrikaner en sy suster in Secunda het haar eie gesin. Haar man wil ook eintlik Aus toe gaan agv die haaglike toestand waarin ons land tans is, maar sy ouers is albei ook in Secunda en hy is nét so familievas.. So, heelaas.. dit voel asof ek nie iewers gaan uitkom nie. Maaaaarrrrr, nes jy sé, die Here

werk met sy kinders en ek moet tenminste probeer om positief te wees....

Link to comment
Share on other sites

Hello Nel en welkom hier! Ek het nou net in 'n ander pos gevra wat aangaan daar in die laeveld, want ek kry soveel kliente daarvandaan! Dit was altyd so rustig en kalm daar. Ek kom in Januarie soontoe, want my ouers en broer bly in Witrivier en ek gaan so bietjie kuier. Gaan ook na Edeni toe (my broer se plek). My dogter kom saam om haar 'boyfriend' aan haar ouma en oupa to kom voorstel! Ek gaan ook werk doen terwyl ek daar is en met mense wat belangstel om te immigreer konsultasies hou. Ek sien uit daarna om familie te sien, maar ek is altyd so ongemaklik terwyl ek daar is! Hopelik sal julle binnekort hierdie kant wees!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...