Jump to content

Kaalvoet KloosterKoek Brigade


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Dit is vroeg oggend - ek het nie 'n bottel Whiskey agter die blad nie - ek het dit nie nodig nie, want dit is mos lekka Nuwe Jaar. Ek kyk so na al hierdie mense wat skryf uit Azania uit - wat nie kan wag om die Nuwe Jaar hier uit te kom nie. Klink sommer of hulle voetjies al klaar aan die dans is.

Ek gaan nou lekker M&B (moan en bitch) oor hierdie Kaalvoet Kloosterkoek Brigadier (dalk 'n hele brigade). Soos almal seker weet, het ek per toeval op die wonderlike site afgekom en ek het per ongeluk begin skryf oor die wonderlike land - oor die 'good, bad & ugly. Aan die anderkant het ek 'n naam en ek het geen rede gehad om myself weg te steek nie - ek is mos tussen my se mense.

Net soos meeste ander mense is ek ook die m@er in oor daai mooi land van ons wat nou al amper gat omhoog staan, net soos al daai ander Piesang Republieke in Afrika. Op 'n tyd het ek een aand my hart lekker laat bloei om al die gif uit te kry. Daar was 'n paar mense wat lelik op en af gespring het en julle ken die res. Dieselfde tyd het ek my blogsite op die Forum gehad - my besigheids details was daarop en natuurlik het die KKK dit beetgekry. Allerhande weird boodskappe - dit is email, telefonies en op die blog.

In die begin het ek my nie daaraan gesteur nie, maar ek het 'n paar dinge agtergekom. Elke keer as ek oor iets skryf wat of die 'bad' of die 'ugly' is - dan is daar 'n 'pattern' van aksies - ek kry so 'n vale rating (glo my, DIT pla my glad nie) - maar dit is gewoonlik die begin is van 'n weird hoop rubbish - dit begin my pla.

Ek het onlangs 'n post geplaas oor 'Krismis' oppie plaas - dit was genoeg om die KKK weer kasterolie in te jaag. Ek het fotos van my familie gepost en glo my, ek het nie tyd vir sulke nonsense nie. 'n Mens weet mos nie wat in so 'n mal ding se kop aangaan nie. Ek het die pics afgehaal.

Ek weet die persoon (e) is AFRIKAANS en is definitief in die wonderlike land van Oz. Hoekom pak jy nie maar jou goedjies en gaan terug nie - daar is baie meer om oor te M&B in Afrika.

Ek M&B nou, want dit klink weereens asof sommige mense dink die Forum is verantwoordelik vir my aksies. Glad nie so nie - dis die bleddy KKK.

Vir die KKK:

Daar is niks meer afskuwelik as 'n AFRIKAANSE 'stalker' nie - dink jy (julle) is die eerste virrie Nasie - pas nie lekker by die Volk nie. GET A LIFE.

Het jy nie 'n bek nie - kan jy nie net 'n rede gee as jy nie van iets hou nie - as jy nie van hoennerpoepolbredie en opblaaspoppe hou nie - maak jou ou koeksister bekkie oop en sê iets daaroor.

'n Hyena bly 'n hyena - met of sonder 'n AK47 - sluip in die donker rond en werk so van onder en agteraf - GET A LIFE.

Oor skrywery:

Ek weet sommige gaan nie saam met my stem nie, maar ek dink dit is belangrik as mense skryf oor hulle ondervindinge in Afrika en in Aus. Baie mense wik en weeg, of hulle harte is middeltwee geskeur. Ek lees nou die dag die laaste post van Jan Stoof en ek voel toe sommer goed. So tussen die lyne - lees 'n mens baie, baie - oor die land, oor 'n man wat nog sy voete vind - nog 'n karakter uit Afrika wat 'n wins vir die land is.

As 'n mens skryf oor jouself, jou ondervindinge en jy moet die helfte uitlos, omdat jy die KKK, in gedagte moet hou - dan verloor jy daai smaak van die land wat mense proe as hulle die hele mondvol kry. Daar is dinge in die land wat anders is, wat dalk negatief is - dit is nie te sê dat almal dieselfde ondervind nie - maar dit is goed om daaroor te skryf - gee mense 'n ander 'insight' oor LIFE DOWN UNDER.

Net 'n paar dinge - ek wil net gou die KKK weer kasterolie injaag.

Waar het jy nou 'n land gesien wat gereeld (in comedy) iemand aantrek as Jesus en dan onderhoude met Hom voer???

Programme wat genoem word 'Thank God You're Here'????

Radiostasies & TV wat elke jaar met "Clean up Australia Day" 'n tyd van die nuus vat en met smaak verduidelik hoeveel opblaaspoppe die kinders en werkers die jaar opgetel het????

Ek is nie die grootse Christen op aarde nie, maar ek het dit in die begin moeilik gevind om te sluk. Beteken nie dat ek NIE daaroor gaan skryf nie. Mense hier sien baie, baie dinge anders as mense wat van pas oorgekom het van SA af. Baie van hierdie dinge is vir mense 'n issue en definitief vir die KKK. Hulle mission is om 'n mens stil te maak.

Ek hou van die goed en die sleg in die land - al klink dit weird. In enige goeie land en in enige goeie mens se lewe is daar nie net goed nie - daar is 'n BALANS tussen goed en sleg. Dit is waarin ek belangstel - as die een TE word - dan is dit gewoonlik gat omhoog, soos wat ons mos geleer het in Suid-Afrika.

Net my 'humble' opinie. In Suid-Afrika het ons hard gewerk om ons te verwyder van die 'sleg' - so hard dat baie van ons dit nie meer raakgesien het nie - neuse daarvoor opgetrek het - verby geloop het - niks daaraan gedoen het nie. As sleg naby jou is, om jou is en jy kan 'oop' daarna kyk, dan het jy 'n beter kans om iets daaraan te doen.

Voorspoedige Nuwe Jaar (ja vir jou ook, jou ou KOEK)

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

EK is bly jy het die post geskryf want wat te erg is, is te erg. Ek het die afgelop jaar baie lief geword vir die forum want ek hou daarvan om ander te help en ook leer ek elke dag iets nuuts en is ek mal oor jou en oor Jan Stoof en oor vriendin Kannidood se "journals" wat anyway nie meer hier skryf nie.

Die forum het 'n persoonlikheid net soos 'n mens 'n persoonlikheid het waarvan ander hou, of nie. Ek weet die hosts doen 'n great job agter die skerms maar deesdae wonder ek of iemand dan nou 'n "bitter" pil gesluk het of het iemand nou 'n "chip" op die skouer?

Kom aan julle ek weet julle moet keer dat dinge hand uit ruk maar demmit, RELAX 'n bietjie!

Groete

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Man, ek is nou nie 100% agter die kap van die KKK byl nie, maar ek kan genoeg tussen die lyne lees om 'n redelike idee te kry. EK ken ook nie die hele agtergrond nie, so kannie regtig kommentaar lewer nie, behalwe om te se as enige iemand nie van enige post hou nie, dan moet hy hier in die openabaar waar die post geplak is so se en sy redes motiveer en uiteensit. Dalk per PM opvolg ten ergste. In my opinie om iemand persoonlik per e-mail en foon aan te vat oor die inhoud van 'n post is effens oor die lyn van redelikheid, aan die verkrampte kant, dalk tot waansinnige kant van die dun lyntjie wat aanvaarbaar en nie opkerf.

Praat van aanvaarbaar. Jy noem die voorbeelde van TV program name wat jou bietjie swaar laat sluk. Jy sien, dit is die lekker van verskillend wees, vir my persoonlik is daar nie veel aanstoot in enige van die 2 programame se name nie. Die een is wel stront( self-gesensorde woordjie :ilikeit: ) om te kyk vir my, maar net omdat ek nie van die formaat hou nie, boggerol met die naam uit te waai nie.Maar ek verstaan alte goed waar die anstoot vandaan kan kom, net ek sien sit anders. Dit beteken ook nie ek is nou 'n slegte christen of ketter nie, net ek sien dit anders. Ek het dalk ander goed hier wat my de hel in maak ( weer gesensor :whome: ), dalk maak hulle jou of ander weer nie die herrie in nie, alles deel van balans. Die punt is, dit oorheers nie my bestaan hier nie, dit weeg maar bitter lig op teen die helse sware aanwins van die beter lewe hier en die agerlate van die bestaan wat mens gevoer het in Suid Afrika. Weereens, nie alles in SA is snert nie, net die gehalte van alledaagse lewe hier is aansienlik beter, warts and all teen die ten beste beskryfde bestaan wat mens voer en gewoond raak aan in Suid Afrika.

Ek dink ek stem saam met jou, mens kan wel klein negatiewes hier sien na 'n ruk. In my opinie is sulke klein negatiewes slegs onbenullige skewe verf hale van die kwas op die groot skildery wat die lewe hier in Australia is. As jy terug staan en die groot prent bekyk sien jy nie die klein onegalige kwas haaltjies plek plek nie en hulle maak geen aftrek aan die skildery nie. Die probleem is as mense net na die klein skewe haaltjies kyk en daarop gefikseer is, mis hulle noodwendig die groot prent se boodskap.Dieselfde kan gebeur met wat mense bydra tot die samelewing, kyk na die groot prent.Ek dink jy kyk na en vertel die groot prent,nes hy is, skewe hale en al en daar is dalk ander wat te veel na die skewe hale kyk en nie genoeg na die groot prent nie.

'n vrind in Suid Afrika het altyd gese " hardlywigheid van die brein lei noodwendig en altyd na verbale diaree" want K** vat die korste pad uit.Mens kry maar mense met brein hardlywigheid oral, moet jou nie te veel aan hulle steur nie.

Hou aan stories plaas en bydra, dit is alles deel van die doel van balans hier.

Link to comment
Share on other sites

Jislaaik Marius, dis nou die mees uitstekende analogie wat ek in 'n lang tyd gesien het! Bravo! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Terwyl ons soortvan op die onderwerp is van wat sommige as 'normaal' beskou - ek het die vanoggend gelees:

NATURAL VERSUS NORMAL

Natural is what Mother Nature provides for us and allows us to work with.

Normal is what everybody does that everybody else is doing when they have half a mind to. The only reason everybody does what everybody else is doing is because everybody else is doing it. In other words, peer pressure.

But what's normal changes every 60 miles and every 6 months. What everybody does in one location is different than what everybody does north, south, or west of them. So normal is not worldwide or universal. It changes, not only from month to month and season to season, but from location to location.

We go through life being pressured to become normal. If everybody is doing it, we think it must be right. One thing that normal does is put a thick shell on our imaginations.

Normal has synonyms like good, common, average, ordinary, usual, conforming, typical and mediocre. Normality is our adversary.

Some synonyms for natural are native, instinctive, inborn, inherent and intuitive.

Moral of the story: Ek dink ek het met geboorte op my kop geval - 'n 'natural process' - ek is definitief nie normaal nie. Wat normaal is in een plek is dalk nie so normaal in 'n ander plek nie - van lande weet ons mos ook nou al. Partykeer moet ons wat normaal is so 'n bietjie opsy skuif - dan gee ons die verbeelding 'n bietjie kans - dan is die wêreld sommer perdfris lekka en daai skewe kwashaal in 'n skildery die geboorte van 'n masterpiece.

Of ...... jy kan die KKK uitkyk op die lewe hê - sit voor die blikbrein met 'n maer groukat op jou skoot - julle eet saam aan 'n blikkie Homebrand Tuna - jy tik met jou visvingertjies op daai keyboard - jou oge so groot soos pierings - krullers innie hare - pienk japon en baba pienk pantoffels aan lelike pote - jy klou so vas aan wat 'normaal' is - die lewe gaan verby ....... die lewe gaan verby .......... die klein jakkasies vreet jou op en die groukat smag na 'n meer 'natural' lewe daar buitekant.

Link to comment
Share on other sites

Ek stem saam Annette! Goed gestel Marius!

Mauritz,

Ek is jammer om te hoor van jou stalk probleem, 'n mens wens jy kon sulke skerminkels werklik in die hande kry en hulle regsien.

Het jy al sy IP Adres probeer kry? Gaan kuier so 'n bietjie by hierdie website, daar is inligting oor hoe om stalkers se IP adresse te kry ten einde hulle vas te vat.

IP Adress Com

Moet nie dat 'n "Dominee Dooieweerd" jou baasraak nie. Ek ken sulke "kiljoys" al van my kinder dae af. Om een of ander rede kan, of wil hulle nie ander se sake insien nie, slegs hulle is reg en slegs hulle het al die antwoorde.

Ek het ook 'n ligte menigsverskilletjie met 'n stalker gehad so 6 maande gelede, maar nadat hy agtergekom het ek is effens meer IT geletterd as hy, het hy gebogger-off. Die einltike rede was miskien dat hy my "dark-side" full-blast gekry het. (Dit was nie iemand van hierdie forum nie.)

Die ergste ding vir 'n stalker is om uitgevang te word. Die lekker ding van daai sagteware is dat al kan jy nie 'n stalker se straat adres kry nie, kan jy nogtans met sateliet tegnologie in-zoom op sy dorp/voorstad/straat.

ek vermoed my stalker het sy grasangeliertjie weggeskrik to ek 'n redelike akkurate beskrywing gee van sy woonbuurt. Het seker gedink ek sit in 'n kar met 'n haelgeweer in sy driveway.... :ilikeit:

Cheers,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Mauritz... he he... individualiteit is vir my 'n mooi ding en hier in Australie is die mense vir my soos bloeisels... hulle bloei van die individualiteit. :D Ongelukkig is ons Suid Afrikaners groot gemaak om te 'conform' en enige form wat afwyk van die voorgestelde norm, was erg aangeval om die minste te se. ;) Let's not go there... ;)

Ek moet jou eerlik se, partykeer 'cringe' ek wanneer ek jou goed lees. Jou individualiteit het so goed ontwikkel, op jou eie unieke manier hier in Australie dat mense geinteresseerd is in jou, maar tog ook 'cringe' omdat hulle eie lewe en comfort zone so ver van joune verwyderd is. Ek moet ook 'confess' dat ek gereeld 'cringe' vir baie van die dinge wat mense se hier. Die Afrikaner se boerewors, rugby, bier mentaliteit (nie ek nie!), lang arm sakkie-sakkie bymekaarkom (nie ek nie! dankie tog!), afrikaanse musiek (cringe!), die Afrikaner se white-guilt (get over it and mooove on! :ilikeit: ) ensovoorts. :P Lekker lag ek nou vir myself.

Ek het so baie verander vandat ek die vryheid en vrymoedigheid voel om myself te ontdek en uit te druk. Ek wonder baie keer wat my preutse tannies en oompies van my sal se. :P En ek kry nie eens skaam nie. :blush: Ek mag mos myself wees, al 'cringe' mense vir my. :D

Lank lewe INDIVIDUALITEIT! :( Shame, conformity and guilt, may you die a quick death!

Aan die KKK: Australie is vol mense soos Mauritz en erger. Mense wat hul lewe lank al gewoond is aan dinge soos tatooes, vrouens wat slons, hoon-drivers :whome: en red necks (mense wat naweke hul karre tune) en hulle kry nie skaam daarvoor nie. Regtig! Nie eers 'n bietjie nie.

Edited by ~Sunflower~
Link to comment
Share on other sites

Ek klap hande en hou my bek. Die geskrifte gaan nog Ozzie Afrikana word.

Baie bly ek skryf net nonsense en as ek nou en dan iemand innie gesig vat my Nuwe Jaars voorneme is om net vriende te maak. So ek vra by voorbaat om verskoning. Kwadraad x Kwadraad x Kwadraad.

Het ek julle al vertel ek gaan Oupa word? Die Ozzie familie worry nou al oor die Afrikaanse vloekwoorde wat die perdjie gaan leer.

Link to comment
Share on other sites

Ag nee wat, ek om verskoning vra, hoegenaamd nie. As mense nie hou van wat ek se nie is dit hulle probleem... Ek het mos genoeg vriende, so as hulle nie hou van wat ek te se het nie, jammer om van hulle k@k te hoor... :D

Link to comment
Share on other sites

Haai Mauritz,

Ek is nog maar 'n bietjie groen op hierdie site en konsentreer nog maar om in die land in te kom. As jy eers daar is, begin fase twee en dan word mens regtig, mynsinsiens 'n volwaardige lid van die oud-Afrika-in-Oz binnekring. Dis wanneer so 'n gemeenskap of "community" begin werk vir jou. Die feit dat almal 'n soortgelyke lewenservaringsgeskiedenis deel.

Wees gerus, noudat jy 'n stalker het, beteken dit dat jy "celebrity" status bereik het. Ek is seker jy kan saam met Steve Hofmeyer en Angelina Jolie B&M! :D Ek sal nou moet soek vir jou stories - klink stimulerend en "offbeat". Onthou net, you can't please all of the people all of the time!

Verkramptes en Lombards het ek ook nie tyd voor nie. (Lots Of Money But A Real D@@s) Ek's bly daar is 'n kleurvolle karakter op die forum en die paar posts van jou wat ek al gesien het het heeltemal aanvaarbaar gelyk vir my. Ek kan ook maar 'n rou Afrikaner wees as jy my op my verkeerde kant vang. Ek stem saam met jou observasie dat mense 'n balans is van goed en sleg, net jammer party mense is te besig om hulself in die spieeel te bewonder en dink hulle is perfek. Dis seker die KKK wat jy na verwys.

Ek het onlangs ook met my voet in die kaka getrap. My skoonpa is 'n professor in elektriese ingenieurswese vir Eskom. My nuwejaarsboodskap aan al my vrinne was: "may the light shine on you in 2008 and may your path be lit always, when you are in darkness, remember the great provider, Eskom." Skoonpa was die m&%$ in vir my (ek's nie verbaas nie). Partymaal moet mens die skerpioen optel, al weet jy dis gevaarlik. :lol: Een ding weet ek al klaar, ingenieurs het nie 'n skerp sin van humor nie, so dit sal jou dalk help om jou stalker op te spoor!

Lekker 2008!

Andre S

Link to comment
Share on other sites

Andre, ek het nou so lekker gelag vir die ding met jou skoonpa, dit was regtig fantasties!

Link to comment
Share on other sites

ha ha Marius, :lol: great new years message. :lol:

We have lots of family working for Eskom, hubby was there too, maar ek dink ook nie hulle sal die grap baie goed vat nie! Gaan dit nou vir manlief stuur!!

Link to comment
Share on other sites

Howzit,

Hoera vir Mauritz en Jan Stoof! :lol:

Ek het die afgelope paar dae 'n bloutjie geloop met my tante uit die Kaap. Ek dink sy is die voorsitster van Mauritz se KKK!

In 'n gesprek om die ete tafel vra my engelsman wat beteken die woord fickle in afrikaans. Sonder om twee keer te dink, se ek dit beteken - jy's vol stront.

Sy se toe ewe - a nee a, dis nie mooi om so te praat nie! Ek vra toe wat's fout met die woord stront? Sy se dit is nie vroulik om sulke woorde te gebruik nie.

Nou het ek intussen sinus opgetel (sal liewer nie se hoe nie) en ek kuier die hele dag gister so al snuiwende en blasende met 'n boks tissues onder die arm. My ma bring naderhand vir my tablette en ek se toe - ek is nou letterlik 'n snotkop!

Ek word vir die soveelste keer oor die kole gehaal oor my woordkeuses. Maar toe vererg ek myself so liggies en ek probeer hard om nie verergd te klink nie - die woorde wat ek gebruik is nie godslasterlik nie, en so afrikaans soos biltong en braaivleis. Sy reken 'n vrou behoort nie 'slang' te gebruik nie.

Het ek dan nou my vermoe verloor om behoorlik afrikaans te praat? Is ek onvroulik omdat ek woorde soos stront, snotkop en dik gevreet (my hond!) gebruik?

Is stront 'n vloekwoord en moet ek dit eerder so skryf? s*&@$t. Hoe weet jy dan wat om te lees, as dit so geskryf is?

Ek gee op!

Waar's die boks tissues dat ek my neus kan blaas. Skies - my neus snuit, met 'n doekie uit die sneesdoekie houer!

Tot weer siens

Milo

sorry Mauritz, ek het 'n naam - Yvette

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...