Jump to content

Sommer net nonsense op 31 Desember 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 31 Desember 2007

Ek sit en skryf die stukkie want my office is 30 grade en buite is dit 40. Niemand wil werk nie, in elk geval nie ek nie. Ons aircon veg om voor te kom en ek wil nie dink wat die krag rekening gaan wees nie want hy hol al ‘n week sonder ophou. Ek het so ‘n stukkie gras met die stort water probeer groen hou, maar Nick het ander planne. Als is tot niet. Gesels netnou met ‘n vriend in Kanada, daar sneew dit en dit is 4 grade. Hy kom toe net van Mexico af waar dit 34 was. Wonder wat is dit nou in NZ. Kan doen met ‘n bietjie koelte.

Is ons 3de Oujaar in Oz, alhoewel ons nog net 19 maande hier is. Een keer was met ‘n LSD. Gaan vanaand saam met die “inlaws van dogter” die nuwe jaar in vier. Die perde het gelukkig ‘n swembad en ek is seker dit is waar ek gaan wees net na 12 want more is dit weer innie hogere 30’s. Die perde is Iere en ons gaan weer die Ierse whisky seer maak, dink en hoop ek. Was mos nou die dag in Flinders hospitaal vir ‘n hart check up. Die dokters sê toe ek moet weg bly van alcohol af. Niks oor whisky wat die nectar vannie gode is, gesê nie. Sal maar matig gebruik, net incase.

Van Flinders hospitaal gepraat. As daar een rede is om te immigreer, dan is dit oor die hospitale. Ek het vroeër jare goeie sorg in RSA gekry, teen ‘n prys. Hoe dit vorentoe gaan word sal net die tyd leer en ek was nie bereid on daai kans te vat nie. In elk geval. Ek kry toe die pyn innie bors in ‘n Fliek. Kon die kwaadkatte gewees het maar ons is toe hospitaal toe. Daar doen hulle binne 5 minute ‘n EKG op my en trek bloed. Ek lê sommer innie voor portaal in ‘n wag area. Ons is seker so 10 wat wag om deur te gaan na die noodsorg afdeling. Hulle stoot die een na die ander in, maar ek lê. Ons het 8:30 daar gekom. Hier by 12 uur was ek lekker gatvol en wil loop. Nee seg hulle, jy moet wag virrie bloed uitslae en mag onder geen omstandighede jou voet uit die hospitaal sit voor die dokter nie sy toestemming gegee het nie. Toe strip my moer. Ek sal loop as ek wil. Kalm seg sy ek moet rustig wees en lê want ek is ook onder observasie. Ek bedaar en vra toe, sê nou ek wil loop, wat dan? Sy hoop nie dit gebeur nie maar sy bel net ‘n paar perde en hulle sal my laat bedaar. Ek sien toe later wat sy bedoel. Daar kom ‘n ander perd wat ook wou donder en bliksem. Voor jy kon sê mes, was daar twee officers. Hulle moet toorgoed saamdra want daai perd koel in 5 sekondes af en al die tyd is hulle dood vriendelik. Later kom daar nog twee officers met ‘n perd wat geOD het. Hulle hou hom om die beurt dop en haal nie hulle oog van hom af vir ‘n sekonde nie. Toe hy bewusteloos raak moet jy sien hoe hol daai ER rond. Hulle red hom want ‘n paar ure later word hy uitgestoot na ‘n saal toe en almal is al smiles. Almal behalwe ek. Hier by 2 uur die oggend hoor Annatjie een dokter mompel hy soek vir Jann. Dis toe ek. Hulle het al die tyd al my uitslae gehad. Maar raai wat? Hulle soek toe al die tyd ‘n donnerse vroumens. Want in die land van Oz, is Jann ‘n vroumens se naam. Al wat die perd red dat ek hom nie vloek nie is dat hy om verskoning vra en sê dat hy oorspronklik van ZIM af kom maar hy het vergeet dat Van der Merwe net ‘n Suid Afrikaner kan wees. Toe moet julle sien hoe treat hulle my. Bring vir my toebroodjies en koffie en lek my dinges behoorlik blink. Annatjie is toe huis toe en ek word na ‘n saal gestoot vir verdere toetse. Hulle trek nog 3 keer bloed voor ek op ‘n trapmeul klim en my longe uithol. Ek wou tou opgooi maar daar is twee girls,

pragtig by the way, wat my smeek om uit te hou. Ek maak dit toe tot net voor ek dood neerslaan. Uitslag. My hart is Ok maar hulle wil ‘n angiogram doen, net incase. Toe lek ek hulle dinges. Dit sou beteken ek moet Kersfees innie hospitaal wees. Hulle laat my toe gaan met doepa om ander my tong te spuit as die pyne weer sou kom en maak my belowe om weer 14 Januarie in te klok vir verdere toetse. Ek het sederdien al 2 briewe gekry om my te herhinner aan my afspraak. Eerste wêreld. Nou vir die groot skok, DIE REKENING. Raai hoeveel? Niks, zilts, nikkies, F all. In RSA het daai trippie jou seker ‘n paar duisend rand terug gesit, medies of te nie. EN, dit is noggie klaar nie. Niks, nikkies, F all te betale vorentoe, hoor ek.

Ek lees ook oppie site vannie polemiek rondom NT. My twee RSA en Oz twee sente sê.

‘n Mens mag ok nie meer jou opinie uitspreek, reg of verkeerd, of jy word geslag en opgevreet. Beter om tjoepstil te bly. Ek het klaar gefight en wil nou net as my vrou se enigste lover bekend staan. Dit is nie te sê ek mag nie dink daai nursies is pragtig nie.

Ons het ongeveer twee jaar gelede ons goed laat stoor in RSA. Vyf dae voor ons na Oz toe sou vlieg, het Allied Pickfords my goeters kom pak. Daai 5 perde wat toegedraai het, het hul storie geken. Hulle het twee dae gevat. Soos hulle aangegaan het, het ek begin worry. Hulle ook. “Eish, hys banja maar Gert is good. Hy sal hom inkry” Gert is toe blykbaar die baaspakker en hy druk alles in. Ons het ‘n 20 voeter gehad. Toe hulle daai goed uit die stoor uithaal en begin inpak toe sien ek hier kom moeilikheid. Die een girl sê ek moenie worry nie en die ander een sê hulle het vir my ‘n 40 voeter. Teen ‘n prys natuurlik. Ek begin goeters een kant sit wat ek maar vir RDP sal skenk. Hulle druk daai goetrs in daai container in. Daar bly net my boardroom tafel se pote oor. Ek seg, los maar. Nee sê een, as hulle hom saag kry hulle alles in. Maak toe so. Hier in Oz moes ek nou die dag ‘n 4 by 3 meter shed koop want alles kon nie in ‘n drie slaap kamer huis kom nie.

Moral of the story. Ons Suid Afrikaners het te veel goeters wat ons saamdra.

Ek lees elders oppie site die mense wonner oor ontsmetting. Ons het nie. Ek dink die naam van Allied Pickfords is goed hier in Oz. Kan ok nie anders nie. Ek hoor hulle trek deesdae omtrent 1 tot 3 SAners per dag na Oz. Die doane het aan hierdie kant vir hulle sekere pakkies laat oopmaak. Het my geld gekos, maar nie baie nie. Verder geen probleme nie. Hulle kom pak uit vir jou net waar jy wil. Ek wou nog help uit dra. Maar die twee fris knape wil van niks hoor nie.

Gaan ek weer terug? Ek twyfel. Al voordeel sal wees om my dollars met 6 te laat vermeerder en dan vir my ‘n plaas te gaan koop wat ek net weer vir RDP sal moet gee.

Ek dink my vrou sal maar my asse op my neefs se plase gaan uitstrooi. Sela.

Verder bly ons lekker en ek kannie wag om die Iere ‘n les te gaan leer nie. Voorpoed virrie nuwe jaar en mag julle kinners ryk skoonouers kry.

NS. Hoor nou net weer telefonies van Flinders Hospitaal. EERSTE Wêreld. Sela kwadraad.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Voorspoedig Nuwe Jaar Jan Stoof :)

Jy moet meer skryf - tussen die lyne is daar vrek baie inligting oor die land van Oz - mooi verpleegsters en al.

Moenie worry oor die wat so afskiet nie - dit is die KKK (Kaalvoet Kloosterkoek Brigade) :ilikeit: - ek gaan 'n bottel whiskey drink en dan oor hulle skryf.

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan en Mauritz,

Het ek nou erg julle twee posts geniet. Laat weet as julle ooit saam kuier want ek sal betaal om teenwoordig te wees. Jan, ek is ook eintlik 'n gedoopte Jan Frederik Pieter Jacobus en voorsien klaar probleme met vorms invul en offisiele voorstel aan mense wanneer ek aanland in Maart. Het maar gewonder of ek nie die Jannie ding moet probeer nie want het ook besef die Jan van Oz is 'n ander geslag as die Jan van RSA!

Seën vir julle vir 2008 en wense vir nog baie "nonsense" op menige dae in die nuwe jaar! Geniet die nektar van die gode!!!

J

Link to comment
Share on other sites

Wat 'n lekker storie om te lees!

Mauritz, jy beter daai whiskey klaardrink en nog 'n storie skryf!

Link to comment
Share on other sites

HOOR-HOOR...en CHEERS !! :ilikeit:

Kom nou net tuis. Die Iere erken die boere is beter rugby spelers as hulle. Wat die koning vannie vat betref sal ons die geveg op 'n anner dag voortsit. Die ingeligtes erken ook dat KWV koningskos is. Jannie, verander jou naam mate, Johnny sal beter werk. Ek dra 'n rugby trui met my naam "Jan" op as standaard toerusting by die werk of by 'n social. Hulle battle nog steeds. Jy kan sien dat die perde se oge na benede daal en wonder wat steek ek in daai broek weg. Ek was al lus om my broek uit te trek en te skrou 'boys ek's 'n man" Die lot dink nou maar eenmaal dat Jann 'n vroumens is en klaar. Met Johnny het jy nog 'n kans, maar met Jannie, vergeet dit. Ek weet nie wat jou van is nie maar as dit Hoenderdos is het jy moerse probleme. Ai maar ek is slim. Nie ekke nie mar Jameson se maat. Mauritz, ek kannie wag vir jou kuiertjie nie. Gaat nou slap. Vroulief moerig. Moet in har goeie boekies kom. Hoop ek snork ne vannag nie. Moeilik om opppie ouderdom anner vrou te vat. Cheers virs eerrs. Hik. Voospoedgeseende nuer jar. Lossie LOTTO uit, hys myne.

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit:

Dis lekker om al die stories te lees. Ek hoop jy hou lank aan skryf, Jan.

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan

Dankie, ek het weereens lekker gelees en 'n paar dinge geleer. :ilikeit: Hoop jy voel al beter na die ou jaar en die Koos Wye Voete. :ilikeit:

Sterkte met die angiogram. Kyk maar net vir die mooi nursies en jy sal ok wees. Jou ou Bok. :ilikeit:

Wag om te hoor hoe dit gegaan het.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Moeilik om opppie ouderdom anner vrou te vat.

Eish!! :whome:

EN

10/10 aan al ons storie skrywers oppi forum! :ilikeit:

Groete van huis tot huis

Tania

Link to comment
Share on other sites

He, he, hot tongue and cold shoulder for dinner I bet! :D

Jammer Jahn :whome: , weet nie hoe om dit in Afrikaans te se nie! :lol:

LOL

Andre S

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...