Jump to content

Aussie Krismis Oppie Plaas


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek het die post ge-edit en die familie pics uitgehaal, want die KKK (Kaalvoet Klooster Koek brigade) is weer so aan die beweeg en werk my so lekker van agter af. Soos almal kan sien - ons het 'n LIFE hier in Aus en wat 'n LIFE. Eienaardig dat sommige mense altyd so suur moet wees.

Hier is die waatlemoen version:

Ons ken nie eintlik van kalkoen vir Kersfees nie - maar 'n Skotse vriendin van ons, bring een vir Kersfees - gemaak oppie Skotse manier. Sy is 'n midwife en werk Kersdag - so sy maak sommer die kalkoen daar in die hospitaal se oond terwyl sy met die anner hand babatjies vang. Sy kom hier by ons aan met haar ute vol gebraaide kalkoenwalms en my lelike wolfhounds loop op hulle agterpote ommie bakkie met hulle neuse innie lug - hulle het ook nog nooit so 'n gedoente gesien of geruik nie.

Ons het 3 soorte prons vir voorgereg - word vinnig oppie Aussie gas chamber gebraai - perri perri, salt & pepper en net plain prons vir die kinders. Die Skotse dame maak vir ons smoked salmon goedjies met suurlemoen, swart peper en bruinbrood - ek vreet my oor 'n mik.

Die kinners slaan geblinddoek 'n 'pinyatta' met 'n stok - daar is blykbaar lollies in - ek suig aan 'n bier.

Ek moet nou die groot voël opsny wat so vol cranberries en ander lekka goete is. Ek kyk die ding so. Ons eet baie hoenner en ek en die kinners baklei altyd oor die hoenner se ooooooops. Daar is blykbaar 'n land waar hulle net hoenneroooooooopsbredie eet - ek wil graag soontoe gaan. Hier in Aus noem hulle dit die ooooooops se oooooooops- ek ken nie die oooooooops nie en ek het nog nooit na sy neus gekyk nie - hy moet darem maar 'n lelike oooooooooops neus hê. Ek kyk daai groot voël se oooooooooops so en my bek water - ek steek hom so en gee hom een sny en daar lê hierdie groot oliekannetjie in my bord - voordat enige iemand iets kan sê. Ek het nou die aand oooooooooops se neus op telly gesien - julle weet mos die een wat so lekker ooooooooops nadat hy stout was. Wraggies, dink ek - ek weet nie van daai oooooops innie gewaad se neus nie, maar die lyk nes oooooooooops se neus. Ek steek hom met daai vurk en ek sny en sny en die olie loop so teen my se ken af - daai voël het wraggies waar 'n lekka oooooooooooooops . Ek gaan hulle sommer begin teel net vir dit. Pic van die 'turkey alla landmine'

Karen bring virrie kinners sulke grillerige takbokke. Mens sit hierdie chocolate coated rosyntjies - ons het dit ooooooooops in Suidwes genoem - binne die dierasies en dan werk jy die stert so op en af - dan ooooooooooops die dierasies die goed nou orals oppie tafel. Op 'n tyd sukkel Sean en Karen vra vir hom wat fout is (hy is 5) - nee, sê hy, vreeslik ernsitg - sy takbok is oooooooooops- daar rol almal oppie grond vannie lag.

Ons het 'n skaapboud, maar ek is te dik gevreet. Die bottels wyn staan almal gat omhoog en ons kuier te lekker. My meisiekind (10) het 'n pavlova en 'n chocolate moose in kelkies gemaak - daarvoor het ek sommer altyd plek.

Ons maak 'n groot vuur buitekant en die kinners braai marsmallows en hardloop wild rond.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Mauritz, dankie vir die vertel van julle Kersdag!! Dit klink so lekker ek maak sommer volgende jaar ook 'n kalkoen en kom eet hom daar by julle! Of ons sal hom dalk moet weg gooi want ek het nog nooit ene gemaak nie! En so by the way kan ek maar die hele fam damily saambring want sien ek is baie seker ons gaan die hele lotte by ons he volgende jaar hier in Aussie!! My 3 kinners en hulle man en vrou en my liewe sussie en haar 4 en swaerie!! Jy sal maar daai buite toilet en shower moet bou jong!!

En by the way jy kan maar die poephol kry ek sal hulle sommer vir jou begin bymekaar maak, hoe lank hou die poepholle gevries? Sien ons eet ook baie hoener!!

Wel my maat nou is dit volgende week New Year!! Dis nou 'n perd van 'n anner kleur!!!

Edited by Nilo
Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Julle Kersdag klink soos 'n fees hoor....dit kon net lekker wees!

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz, Klink na 'n suksesvolle Kersdag :unsure: Lekker gelees dankie Jy ht mos baie plek vir 'n paar turkeys, goeie idee :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Dit klink of dit eens op 'n tyd 'n uitstekende storie gewees het. Nou is dit natuurlik opgeneuk :ilikeit: Wat de ...

Link to comment
Share on other sites

Ek stem Annette! Watse ding is 'n ooooops? Sal ek nou ook maar my post edit?

Link to comment
Share on other sites

I checked with Marius, he has his reasons for removing the photo's, a pretty good one at that... Could I ask that we leave him be? The removal of photos had nothing to do with this website.

Link to comment
Share on other sites

Hehe, nee Mara ek praat van die oooopse, nie die foto nie ;) Mens kan so naastenby uitwerk waaroor dit gaan (thanks to Nilo! :P ), maar in plaas van om te rol van die lag, voel ek nou sommer omgeallie omdat iemand duidelik hulle preutse neuse in Mauritz se kalkoen kom indruk het ( ;):whome: )....

Ek verkneukel my so aan die geskribbels van Bun Booyens, Dana en Toast in die Weg tydskrifte wat my ma vir my saamgebring het uit SA en ook Nataniel se gorrels in Sarie ens... alles baie in dieselfde trant as Mauritz se geskrywe. Mauritz skryf vir my so eg Afrikaans en met veral 'n goeie skoot Suid-Wester ingegooi. Ek hoor sommer die Piet-my-vrou skree en die Hienas lag as ek sy goeters lees... :ilikeit: Hy praat met die unieke AFrikaanse stem van Afrika. Daar is 'n uitstaande Afrikaanse storievertel tradisie - iets wat mens nogal in Australie ook kry, maar daar is darem net een manier om 'n ding in Afrikaans te se en dis "to call a spade a spade". Dit was nog altyd so gewees en dit MOET so wees! :blush:

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Jy het reg Annette, sy stories laat my nogal partykeer dink aan Jan Spies, vir die wat hom nog onthou....so droog, maar dit maak jou slap van die gelag!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...