Jump to content

Speelgoed Down Under


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

So 'n tyd terug was dit die koedoe kalf, Sean, se verjaarsdag – hy kry geskenke van al sy pellies en al ons vriende. Die volgende dag by die kleuterskool kry hy nog geskenke. Later die middag kom ek by die huis en ek is besig om my bakkie af te laai. Ek hoor so ‘n suigende klap agter my - voel ‘n slag op my gat – ek dog ek slaan 'n kontak en val amper plat ...... ek hoor ‘n gegiggel. Een van sy pellies het vir hom so ‘n rocket gegee wat met lug werk – jy pomp die ding so en dan skiet die ding – klink soos ‘n mortier. Hy het lank vir my gewag agter die Grivilia bos en my ge-ambush – skiet my op my gat, die klein bliksem. Nou suffer die honde, perde, sy sussies en alles, as hulle hom sien kom, dan hardloop hulle dat die stof so staan - hy skiet alles wat 'n hartklop het – elke nou en dan moet ek op die bloody dak klim om die geel gevaarte af te haal. Ek hoop een van die honde vreet die ding sommer gou op.

Die middag kom ek die huis in – in die kombuis is ‘n waterbakkie met so ‘n kissie in – so groot soos ‘n vuurhoutjie boksie. Ek dog eers Sean het dalk nou weer ‘n verskrikte insek gevang en dit in die boksie gesit. Ek vra vir vroulief– “wat se ding is dit die??” Nee, sê sy – dit is ‘n doodskis wat so oppie water drywe – een van sy vriendjies se geskenke - ............ ek wonder watse geloof die ouers nou is? Daar gaan na ‘n paar dae blykbaar ‘n groot monster uitklim. Die instruksies is blykbaar Chinees - ek lees, maar ek verstaan nie die ching chong chinaman stuff baie goed nie.

Die kissie se deksel gaan blykbaar een of ander tyd oop – dan klim die monster uit. Watse gemors dink ek – wat sal mense nou nog nie uitdink nie – alle nonsense net om die arme kinders sulke gemors te laat koop. Volgende oggend kyk ek in die bakkie – wraggies waar, die deksel is af – maar geen monster nie – ek lag myself 'n papie. Ek wil die ding weggooi – die kinders kry amper ‘n oorval. Nee, reken hulle – ons moet die ding kans gee. Die aand loer ek weer in die ou water bakkie – my wragtig, daar is ‘n vreeslike lelike mannetjie besig om uit die kissie te klim. Hy is klein, net so 40mm groot – maar ‘n lelike, lelike gevreet – genoeg om ‘n uitgegroeide man nagmêrries te gee - tokolosi op steriods.

Volgende oggend is ek nou ook deur die gogga gebyt – ek gaan loer in die bakkie – man, die ding is lelik – lyk nou soos Frankenstein op steroids en sommer m@erse groot – amper 200mm groot. Nou raak ek bekommerd – net nou klim die ding uit daai bakkie en begin in die huis rond sluip snags. Ek dink dit is tyd om die .22 te gaan haal en daai monster ‘n koeël deur die kop te jaag. Ek moet nou vinnig oor monsters begin lees oppie Net – as dit ‘n vampire is, dan moet ek blykbaar ‘n hout spike deur sy hart steek – maar die bloody Chinese instruksies sê niks wat ek kan verstaan nie.

Ek sê vir die kinners – die ding is nou uit sy kis uit – hy moet nou ashoop toe gaan - eintlik is ek vrek bang vir die lelike mannetjie . Weereens ‘n spektakel – nee, ons moet wag, die ding gaan blykbaar nog regop sit ook. So ..... ek loer so af en toe – as daai bliksem gaan regop sit – dan jaag ek ‘n koeêl deur sy kop en ek druk ‘n tannestok deur sy hart en net vir veiligheid – een deur sy lelike ore.

Julle sal my nie glo nie - die aaklikge mannetjie begin toe so waar as wragtig regop sit in daai waterbakkie - sy ou kissie dryf so om hom rond. Ek het genoeg ..... ek sê vir die kinners om die perde te gaan voer. Ek kap 'n paar huisies knoffel op - gooi dit in 'n plastiek sak - vat die braaivleis tang - knyp daai mannetjie aan sy bakore en gooi hom in daai sak. Ek gooi sommer nog knoffel in daai sak - knyp die ding toe en daar gaan dit - in die vuilgoed bin. Ek skink sommer 'n dop - daar het jy dit nou jy klein bliksem, daar uit chinaland - jy het nou jou gat behoorlik gesien - gaan spook nou maar met daai knoffel walms.

Link to comment
Share on other sites

WAA,KAA, KAA...Lag ek nou weereens lekker oor jou Penvrug !!! Doe zo voort, vriend!

Adele

NS. Ek het so pas my studies oor berading vir slagoffers uit die Okkulte voltooi...as ek daar in Oz aanland het jy die eerste afspraak! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...