Jump to content

Beenleigh


alex van der merwe

Recommended Posts

Hi daar

Kan iemand my dalk se hoe is Beenleigh, Ormuea en Yatala. Ek het n seun wat volgende jaar in matriek is en het gekyk na Helensvale state school. Dit lyk na n goeie skool en omgewing. As daar iemand is met raad laat weet asb!!!

Alex

Link to comment
Share on other sites

Alex, waar gaan jy werk? Dit sal help om so na as moontlik aan die werk te bly want die verkeer in die oggende is nogal iets om te aanskou, en ek glo nie jy wil regtig die challenge aandurf nie.

MAW wat ek se is probeer so na as moontlik aan die werk 'n geskikte buurt te kry.

Link to comment
Share on other sites

Hi Nilo

My werkgewer het gese aangesien ek heel wat gaan ry en ek so tussen Gold Coast en Brisbane gaan werk dit die area is wat ek moet konsentreer.Wat ek wil weet of die bly omgewing goed is.

Ek bly in die stad en is gewoont aan baie verkeer. Hoop ek gaan gou aanpas.Die omgewing lyk op die "net "nogal goed.

Alex

Link to comment
Share on other sites

Nee boetie Alex, jy weetie van hierdie verkeer nie!! Ons het ook in Benoni gebly en my man het anderkand Jhb gewerk, die is 'n perd van 'n ander kleur!! Omdat die rivier Brisbane in die helfte verdeel en daar nie baie brue is nie kan dit regtig besig raak!

Maar soos jy se het jy nuwe werkgewer vir julle gese watter areas om op te konsentreer so dit help baie. Beenleigh is ok maar dis net wat ek gehoor het, en so ook sekere areas van Yatala ken nie Ormuea nie. Daar is ook baie SAners in Cleveland wat ook so half en half in die middel is. Ek is seker waar julle ookal gaan bly gaan goed wees, hier in Australie is die woonbuurte nie vreeslik verskillend nie, oral is ok!

Edited by Nilo
Link to comment
Share on other sites

Wel sal maar eers daar moet kom ,maar dankie ons is steeds opgewonde wil net se vandat jy hier weg is het daar 10 000 "taxis" by gekom so ek is amper daar.

Link to comment
Share on other sites

Hi Alex

Helensvale is ver van Beenleigh.

My man se besigheid is in Yatala, en ons woon op Hope Island(reg langs Helensvale). Dit neem hom 20 minute werk toe.

Helensvale High het nie n goeie reputasie nie. Dit is n probleem met disipline. Ook n BAIE groot skool 2000 kinders, van graad 8-12. Die fasilitieite is uitstekend. Aan die ander kant het ek kinders ontmoet wat goed daar doen. Die kinders wat sleg "behave" word agter in die klas gesit en basies ge-ignoreer. Die wat wil leer doen presies dit-hulle leer. Ek weet jou seun stel in meer tegniese dinge belang, en Helensvale het uitstekende Vocational Training.

Ormeau is n baie "nice" area maar daar is nie n skool nie tensy mens Beenleigh High toe gaan of privaat nl. Rivermount. Beenleigh op sig self is n "rowwe" area.

n Ander opsie sal moontlik wees Pacific Pines High. Dit is in Pacific Pines, omtrent 25 minute se ry van Yatala.Dis op die Noordelike Gold Coast

Helensvale is n baie nice middelklas suburb. Goeie inkopies en fasiliteite. julle sal hier n huis kan huur vir tussen $300-$400 n week. Ouer huise, waar Pac Pines baie nuwer huise het, vir dieselfde tiepe huur.

Link to comment
Share on other sites

Dankie

Ek wou jou ge PM het maar jy het my voor gespring.Dit is waardevolle inligting.Jy het laas iets genoem van Pimpama. Is daar goeie skole daar .Ek sien huur huise is ook bekostigbaar.Lyk my n mens moet maar eers daar kom om regtig n besluit te neem.

Alex

Link to comment
Share on other sites

Pimpama is net oorkant die hoofweg van Ormeau. Lekker area.probleem-net een skool naby en dit is Rivermount in Yatala, en dit is privaat.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...