Jump to content

Skaap boud


Dedrei

Recommended Posts

Hi julle

Ek wil vir ons skaap boud (roast leg of lamb) maak vir Kersfees, maar het geen idee hoe nie.

Enige maklike en eenvoudige raad wat julle het sal baie waardeer word. :ilikeit:

Groete

xx

Link to comment
Share on other sites

Ontdooi die boud, steek met die punt van 'n mes gaatjies in die vleis en druk knoffel huisies daar in, (net so veel as wat jy wil en van sal hou) sprinkel nou mildelik met sout en pepper oral en rol dan die boud in koekmeel. Sit in 'n oondskottel (toe met 'n deksel of tinfoil) dan in die oond vir so 3+ ure op 180 -200 maak oop en los in oond vir nog 'n half uur om lekker bruin te word, draai so nou en dan.

Link to comment
Share on other sites

Of doen die Griekse Lam manier.... ALLA Nigella !

Sit die boud in 'n oondbak wat kan toe maak;

Gooi omtrent 'n hele bottel suurlemoen-sap (500ml) oor die boud dat die boud in omtrent 1-2cm suurlemoensap lê.

Smeer die boud DIK met die "crushed" knoffel;

Maal koljander as jy het... gooi so 3+ teelepels gemaalde koljander oor en lekker baie peper en sout na smaak. Jy kan ook 'n 1/2 teelepel mint in die suurlemoen-sous sit (opsioneel)...

Maak skottel toe en sit vir so 5 ure op 140"C (stadig) in die oond en dan vir 'n uur op 180'C...

Dis die SAGSTE wat jy 'n boud sal kry... jy 'trek' sommer die been uit en sny in skywe.

Sit bietjie koekmeel by die suur-sous om dik te maak & roer...

Dit het BAIE die smaak van die "mint-sous" by skaapvleis! Ongelooflik lekker, heel anders... jy kan dit ook met oond-tjoppies probeer as jy wil...

Link to comment
Share on other sites

Wat van roast veggies to go with it? Some Kumera, sort of sweet potato which is an orange salmon colour inside, cut in chunks with skin on, potatoes, whole carrots, pasnips, chunks of pumpkin, whole peeled onions and cloves of garlic. Pour 'n little olive oil over and bake in oven. Could bake in oil from the meat too. Yummmy.

Link to comment
Share on other sites

Vreeslik dankie julle.

Moet ek adjustments maak vir die temp as ek 'n fan-forced oven het?

Sal moet bietjie die resepte gaan uit try.

I&J, 6 ure klink darem vreeslik lank. Is dit reg?

Link to comment
Share on other sites

Yip, my Ma sit hare in OORNAG, maar dan net op so 110'C... SLOW COOKING... dan 'val' die vleis amper uitmekaar van sagheid, en is nie droog nie - oor die lae hitte!

Ek het al "weggekom" met so 4 ure op 120'C... kyk en probeer.

Ek het nie 'n 'fan' nie... kyk maar... Jy kan dit altyd die dag voor die tyd maak...

Geniet dit !!

Link to comment
Share on other sites

Hi Dedrei

The time would be correct, for that temperature! I do it the same way, with a slight variation.

Salt and peper the leg, and I also sprinkle ground cloves, we love the taste. Place leg of lamb into a baking bag. Now take about four onions chop them up, place this in the bag as well. Add about 1 cup of wine, white or red. Tie up the bag and place the whole lot in a roasting dish that has a lid. Make sure your oven is pre-heated to around 200 celsius (fan forced) and place the dish in the oven for around an hour. Then you turn the oven down to around 110 celsius and leave it for the next six hours. I usually prepare mine early evening. Leave it to stand until around 11pm, I put it in the oven, go and shower, etc. and at midnight I turn the oven down and go to bed. When I get up at 6am, wow, that meat is absolutely falling off the bone and the onions are lovely and browned, just ready, with the sauces, to make the gravy. Absolutely delicious!

Link to comment
Share on other sites

Julle girls maak nie reg nie!!!

Ons sou braai vir Kersdag, maar nou is ek lus vir skaapboud met groente en uie by die boud! :blink:

Link to comment
Share on other sites

Ja jong met die fan moet jy so bietjie kouer gaan. 10 graade. Druk pynappel ook in soos die knoffel. Hoe langer hoe sagter. Druk sout saam in die gaatjies voor jy die knoffel en pynappelstukke insit. :blush: Ek het 'n gemsbokboud in die vrieskas en ek is nou lus om hom gaar te maak. Die belangrikste is om hom goed te laat ontdooi. Ja kan die boud seël ook voor jy hom bak, dan bly hy sappig en is nie droog nie. (Braai hom op 'n warm plaat tot bruin aan albei kante). Dis nie so baie werk nie net 'n warm kombuis :ilikeit:

Lekker eet.

Jacqueline le Grange

Link to comment
Share on other sites

Hallo julle

Het vir ons leg of lamb vandag by die butcher gekry. Daar het hulle toe sommer klaar een wat gemarinade en gespice is die lot en toutjies om vir dieselfde prys as die normales. Koop toe van die wat klaar gedoen is.

Nou vir die vrae. Die stuk wat ek by die butcher gekoop het seem baie klein, toe koop ek maar nog 'n stuk. Nou my vraag is vir Mara en haar oven bag. Do you make holes in it with a knife at all or do you just close the bag and then put it in the roast dish with lid?

Link to comment
Share on other sites

Hi Dedrei

No, I do not make any holes in the bag. Make sure that you tie the bag quite close to the meat. If you tie it too loose, then it may push the lid off the roasting dish when it heats up and inflates.

In the morning, cut open the bag, ensure your meat is done, brown it a bit in the oven at around 200 celsius, if you feel the need, then take it out and put it onto a platter (for cutting). Empty the onion sauce into a pot, so that you can thicken it with cornflower and gravy powder for a lekker sous!

Please be aware that you will probably not be able to slice it into pretty slices, as the meat just falls apart. When I do a leg like that, I usually just pull it apart into chunks, rather than trying to slice it.

Please let us know how it went!

Link to comment
Share on other sites

Kannie slaap nie. Is honger. Toe lees ek vannie skaapboud. Ek het 'n maat gehad in Pretoria, wie se vrou 'n lektrise by die Technikon was. Hulle het Sondae vir mense gekook teen betaling. Hule wenresep het uit die "Kook en Geniet" gekom. Ek doen hom ook vir Kersdag. Die lekker is dat jy hom braai. Al probleem is dat die ontbeende boud vir 3 dae in die mengsel moes lê. Te laat vir Kersfees maar wat van Nuwe Jaar?

Ontbeen 'n skaapboud. Lekker groot. Jy kan hom dunner en egalig kap met 'n vleishamer of piering.

Lat lê hom vir drie dae in in so 250ml suurlemoen en 250ml olyfolie mengsel. Draai daagliks om. Bestrooi hom mildelik met knoffel en fyn gekapte uie. 'n Bietjie sout en peper kan ook nie skade doen nie. Plaas in 'n toeknip rooster en braai tot lekker bruin op kole.

Ek slaat die Ingelse elke keer plat met hom en hulle dink die boer kan kook. Min weet hulle van "Kook en Geniet" Afrikaanse weergawe natuurlik sodat hulle nie my geheime kan lees nie.

Maak twee, ek vreet gewoontlik een self op.

Link to comment
Share on other sites

Ek lieg soos gewoontlik.

Kom uit "Knuppeldik aan Koningskos" Bl 130

Maar, ek lieg nie oor die een wat ek alleen opvreet nie.

Link to comment
Share on other sites

Darn, you lot are bad, I am hungry for roast, and its only 9am... Grrrr ;):whome:

Link to comment
Share on other sites

Hello almal wat lus is vir SKAAPBOUD

Ek het so pas myne uit die oond uit gehaal na twee ure... gebak teen 180 C... Ek gooi 'n klompie asyn oor sodat die vleissie lekker nat is.. dan bestrooi ek hom met sout en dan... wat hom die lekkerste maak... gekapte naeltjies en koljander.. sommer baie daarvan.... Ek het hom uit gehaal en was besig om die kombuis op te ruim en toe ek weer sien het my manne in hom ingevaar.... more kry hulle net 'n halwe skaapboud:

Hoop almal sinne kom so lekker uit... maar din Jan Stoof se resep is die volgende wat ek gaan gebruik... klink goed die suurlemoensap en olyf olie... kan net werk.

Lekekr eet

L'mari

Link to comment
Share on other sites

Hi Almal.

Ek sit hier en ruik die reuk van die skaapboude in die oond. MMMMLekker kan nie wag vir more se lekker christmas lunch.

My resep bietjie laat maar probeer dit gerus.

Stop skaapboud met knoffel, geur met sout en peper gooi bottel Greek Salad dressing oor. In oondbak met deksel op 100 vir omtrent 4 ure. Heerlik lekker sappig en glad nie droog nie.

Geniet julle kersete almal.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...