Jump to content

Afrikaans in die skole in aus


sheila

Recommended Posts

Hi Almal

Kan iemand my asb bietjie meer inligting gee oor die hoërskole in Brisbane.

ons het 'n werk offer gekry by Jaws wat ons nog oorweeg en ek het so baie vrae. :blink:

my meisiekind is nou in graad 8 (st6) en sy stres haar dood oor die skool gaanery.

dra hulle skool uniform? hoeveel is die skoolgeld. is die skole veilig?

hier in Uitsig in Rooihuiskraal is 'n outjie 'n paar jaar terug met 'n mes gesteek.

Is daar baie swartes in die skole?

soos julle kan sien is ek maar 'n leek met alles maar beried om vinnig te leer.

as iemand die tyd het om my te antwoord sal dit great wees.

ek was nou die aand op yahoo se chat ding maar ai :P die mense daar wil net fresh raak ;) ,

en ek wil net meer weet van australia en ja ongelukkig is my naam regtig Sheila

dankie vir julle tyd

Link to comment
Share on other sites

Hi Sheila, :blink:

Ek kan jou ongelukkig nie inligting gee oor Brisbane nie, maar ek kan jou sê jy gaan geen probleem hê met die uitspraak van jou naam soos die res van ons nie!

Ek het 'n seun in jaar 9, Hy was laasjaar in jaar 7 toe ons uit SA weg is, en moes dus nou in 8 gewees het. By meeste skole spring die kinders 'n jaar. My seun is effe skaam en was nog nooit een van die gewilde of sportiewe kinders nie. Hy geniet skool verskriklik hier. Volgens hom is dit baie anders as in SA, en hy het nie baie gesukkel om aan te pas nie. Hy geniet die werk, en alhoewel hy effens agter is met goed soos wiskunde, help die onderwysers hom om dit in te haal. Hy sukkel bietjie om die uitgesprokenheid van die jeug hier te aanvaar, wat natuurlik vir my goed is! Die skool is baie betrokke, en hy bring gereeld briewe huistoe vir goeie gedrag, of verbetering in 'n vak, of so iets. Hy praat ook met so 'n swaar Aussie aksent, ek sukkel om hom te verstaan as hy engels praat! Sê asb. vir jou dogter dat dit vir haar 'n nuwe avontuur sal wees, en sy moet nie te veel stres daaroor nie.

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

:blink: Baie dankie dreamy

dit is al klaar 'n groot veligting sy het sommer gesmile toe ek jou brief vir haar lees, en dit kry mens nie baie nie.

volgens haar is sy 'n sagte gothic meisie wat net swart dra maar ek weet sy is sommer pienk oraloor ;)

weer eens dankie

Link to comment
Share on other sites

Hey Sheila,

Jinne maar jy gaan lekker inpas hier met so 'n naam. Lees bietjie Jacobus se "post" in die foyer oor die name - jy behoort dit te geniet, veral omdat jy nie sal sukkel nie. Maar ek weet nie so mooi oor jou van nie - hehe!

Anyway ons bly in Brisbane en geniet dit baie - ons het ongelukkig nog nie kinders nie (eersteling oppad in Okt!) so ek kan nie baie help oor skole nie. Ek wil sommer voorstel dat jy jouself "voorstel" in die "Foyer" en so stukkie vertel oor julle agtergrond, en waarheen julle oppad is. Vra sommer baie van jou vrae (algemeen en Brisbane spesifiek) daar - jy sal sien baie sal jou daar antwoord en al ken hulle nie van die spesifieke vrae nie sal die algemene raad ook help en van toepassing wees!

Ek sien jou daar en lekkerbly!

Brissie BUG

Link to comment
Share on other sites

baie dankie Brissie Bug :blink:

Hoop ek kan jou gou ontmoet daar klink of jy 'n lekker sin vir humor het ;)

maar ek weet nie waar of hoe om op die Foyer in te kom nie :0(

Edited by sheila
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...