Jump to content

einselec: bly waar julle is


einselec

Recommended Posts

Hello uit SA

Bly julle ouens maar eerder daar. Dit is baie veiliger. My seuntjie is op 1 Junie 2006 gebore en ek weet nie wat se toekoms daar vir hom hier gaan wees nie. Ons bly in Brackenfell naby Kaapstad en ons het alweer blackouts want Koeberg Kernkragsentrale het alweer vir die soveelste keer in die laaste paar maande afgeskop. Lekker sonder krag met 'n pasgebore baba in die huis.

Geniet dit eerder daar en onthou dat niemand om sesuur in die middag jou voertuig van jou oprit sal probeer steel soos wat dit hier met ons laas Sondag gebeur het nie.

In 2-maande is meer as 20 mense reeds doodgeskiet tussen Kraaifontein en Bellville in Taxi geweld en die roete loop maar net deur Brackenfell se hoofstraat. As ek my vrou en baba na die winkels hier stuur weet jy nie of hulle weer terugkom en of iemand hulle dalk verkeerdelik mag raakskiet nie. Dit het met 'n vrou gebeur wat maar net oppad werk toe was en toe in die spervuur tussen Taxis doodgeskiet is.

Baie van ons petrolstasies bly deesdae maklik vir 3 tot 4 dae sonder petrol of diesel.

Ons minister van veiligheid en sekuriteit het 'n week terug in die parlement opgestaan en gesê dit is net blankes wat kla oor geweld en indien dit hulle pla hulle maar eerder hulle goed moet vat en die land verlaat. Ek sal graag by hom wil hoor waarheen ons kan gaan want dit lyk of niemand anders ons wil hê nie.

Geniet eerder die rustige nagte daar by julle en as jy na SA verlang moet jy maar weer my brief kom lees en dan behoort jy beter te voel!!!!

SA Groete

Einselec

Link to comment
Share on other sites

Hi Einselec

Ja-ongelooflik hoe vinnig ons vergeet. Sterkte daar en baie geluk met die geboorte van julle kleintjie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Einselec,

Ja jou brief is baie "sobering" en dit maak my sommer verdrietig tot in my siel. Soos meeste van ons hier op die forum het ons 'n besluit geneem om te immigreer (in verskeie stadiums van die proses - sommiges besig om rond te speel met die idee tot sommiges wat al hier vir baie jare is - en selfs andere wat sommer weer terug getrek het!) Meeste hier het egter nog hegte familiebande in SA en ons kan nie heeltemal ons oe toehou vir die dinge wat daar gebeur nie, alhoewel dit soms makliker is om mee te "cope".

Ons minister van veiligheid en sekuriteit het 'n week terug in die parlement opgestaan en gesê dit is net blankes wat kla oor geweld en indien dit hulle pla hulle maar eerder hulle goed moet vat en die land verlaat. Ek sal graag by hom wil hoor waarheen ons kan gaan want dit lyk of niemand anders ons wil hê nie.

Geniet eerder die rustige nagte daar by julle en as jy na SA verlang moet jy maar weer my brief kom lees en dan behoort jy beter te voel!!!!

Amper al my familie is nog daar en ons bekommer ons oor hulle veiligheid en algemene welstand. Afrika is nie vir sissies nie se hulle, maar wat my baie kwel is uitsprake soos die. Dis asof almal al so gewoond geraak het aan al die probleme dat die ministers eerder energie spandeer om mense wat kla aan te vat as om te luister (maak nie saak van watter oorde dit kom nie, wit of swart) en iets drasties te doen. Plek los hy sy rassistiese uitkyk, waarin hy fokus op witmense wat kla, en luister na die breer gemeenskap en blerrie doen iets. Ek dink Afrika het 'n ongelooflike (soos in nie goed nie) "tolerance" vir "adversity" (kyk maar na geskiedenis en die huidige voorbeelde) en boetie dit gaan baie vat voor daar geluister word na klagtes, vanuit enige oorde, let alone vanaf witmense! Die "padda in die kookpot sindroom". Gans te veel vir my "sensitiewe" westerse gestelheid sal ek ruiterlik erken!

Ek sal graag by hom wil hoor waarheen ons kan gaan want dit lyk of niemand anders ons wil hê nie.

Wat is julle posisie? Ek merk jou quote hierbo - het julle al rondgekyk en was julle afgekeur vir immigrasie. Ons sal graag meer wil hoor miskien is daar van ons wat kan help of wat kan raadgee?

Knorrige BUG

Edited by chatterbug
Link to comment
Share on other sites

Guest Seoul Sister

Hi einselec,

Firstly congratulations on your new bundle of joy !

I used to work in the area you are describing and am very sad to hear how things have deteriorated. I read about the way complaining South Africans were told to leave if they don't like the current situation. This callous and may I be so bold as to say mindless comment of the minister made me very angry and very sad. I feel very sad that those Saffers who have shown their loyalty to the country by sticking around, paying their taxes, and trying to earn an honest living (with the odds stacked up against them) are being treated this way. It is just more proof of how the African Renaissance (fancy word for Africanizing South Africa instead of building on the resources and Globalizing her) is pulling South Africa down. Yes many black ppl in South Africa have grown up with this kind of violence and are used to it and this is a relatively new way of living for many other South Africans. SO WHAT, how does that justify the current situation ? Why should 1st world thinking South Africans be satisfied with having their entire country turned into one big township ? (As we are being told this is what life in the townships have been like all along). Why not strive for more ? In my opinion the government's refusal to do something drastic about the current situation and to ensure the safety if its voters/citizens, is a conscious and deliberate choice with a specific purpose and result in mind... :thumbdown:

Thanks for the reminder ! No way in hell I am coming back to that !

Good luck and let us know if we can offer assistance in getting you out.

Love from Korea

SS

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Einselec

jy gaan nie glo hoe seer my hart nou is nie... :(

Ons het in 1997 ons eerste ou huise in Brackenfell (de Tuin) gekoop en later afgetrek na Morgenster. Ons het so lekker daar gebly. ek kan nie glo dat dit so agteruit gegaan het in die 17 maande wat ons weg is nie.

aan die een kant wil ek bly wees want ons is daar weg, maar mens dan breek my hart vir almal wat nog daar is.

Ek het sulke lekker memories van Brackenfell....my dogter was daar in die skool, die bure het almal saam om 'n lekker vuur gekuier, en ons het so baie mense daar ontmoet.

Jissie ou kyk of julle nie nou kan plan maak en daar uit kom nie. As dit in 17 maande so agteruit gegaan het, hoe gaan dit oor paar jaar wees. :ilikeit:

As ek mag vra, waar in Brackenfell bly julle?

Sterkte vir jou en vroulief. ek dink aan julle. En pas julleself mooi op asb en kyk mooi na baba.

Lindy-Lee

:thumbdown:

Link to comment
Share on other sites

Dankie vir al die briefies wat ons sover ontvang het.

Ek is 'n elektrisiën en my vrou 'n onderwyseres. ons bly in Protea Hoogte in Brackenfell en my vrou gee skool by Bastion Laerskool. Ek glo nie ons behoort 'n probleem te hê as ons wil immigreer nie aangesien alby van ons beroepe skaars is daar by julle. Victoria lyk my sal selfs bereid wees om ons te sponsor indien ons wil kom.

Ek het 'n baie suksesvolle elektriese kontrakteurs besigheid hier en het hard gewerk om dit in die 8jaar te bou tot wat dit vandag is maar sal dit dalk maar binnekort moet opgee vir die veiligheid en welvaart van my kind.

My swaer bly in die Gold Coast in Miami en ons oorweeg dit tans of ons die skuif moet maak. Miskien kan julle ons dalk vertel van hoe dit is om in Ozz te woon en van die werksgeleenthede daar.

SA Groete

Einstein

Link to comment
Share on other sites

Einselec

Just thought I would ask whether you are aware that in order to work as an Electrician in Australia you have to be registered? It is not good enough to just have trade papers. Perhaps somebody else can shed more light on this for you or you can the details from the following pages

http://www.workplace.gov.au/NR/rdonlyres/5...ctApril2005.pdf

Good luck!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...