Jump to content

Patatrol


wendy
 Share

Recommended Posts

Ek het die resep by my skoonma gekry. Ek wil dit graag met julle deel so voor die kerstyd. Dis wragtig baie lekker.

Patatrol

250g botter

500g meel

15ml bakpoeier

2 eiers

125ml melk

gaar patats

Meng al die boonste bestandele om deeg te vorm. Rol plat uit en smeer die patats bo-op.

Rol op soos n swissrol. Vries dan vir later gebruik.

Die deeg moet hard genoeg gevries wees sodat jy dit in wiele kan sny. Pak skuins oormekaar in n gesmeerde oondbak.

Meng 300ml room en een kop suiker en gooi bo-oor. Bak in die oond teen 180 totdat dit begin

caramel bo-op.

Die deeg maak ongeveer 4 rolle en kan lank gevries word. Haal dit net so uur of wat voor die tyd uit om te kan sny anders krummel dit.

Geniet dit!!

Wendy

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Wendy, ek sien nou eers die resep raak, dit klink heerlik. Moet dit wit patats wees of kan dit hierdie oranje patats van OZ ook wees? Gaan dit dieselfde lyk en proe? Het nog nie wit patats hier gesien nie.

KD.

Link to comment
Share on other sites

Dit maak nie saak nie. Dit is tog baie soet met al die room en suiker op die end.

Wendy

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...